S v Louw

JurisdictionSouth Africa
Judgede Vos Hugo R en Jacobs R
Judgment Date31 March 1966
Citation1966 (4) SA 17 (GW)
Hearing Date19 March 1966
CourtGriqualand-West Local Division

Jacobs, R.:

Die beskuldigde het in die landdroshof op de Aar tereggestaan op 'n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy het skuldig gepleit en nadat getuienis gelei is, is hy deur die landdros skuldig bevind en gevonnis tot 6 maande gevangenisstraf. A Die volgende vorige veroordelings is deur beskuldigde erken:

17.10.44

£7 10s 0d of 3 maande g.s.

vir gewone aanranding

10.1.50

£2 0s 0d of 20 dae g.s.

vir onsedelike aanranding.

31.1.51

4 maande g.s.

vir diefstal

1.12.51

3 mande g.s.

vir aanranding met doel om ernstig liggaamlike leed te berokken.

11.9.56

6 weke g.s.

vir aanranding met doel om ernistig liggaamlike leed te berokken.

7.8.59

£2 0s 0d of 14 dae g.s.

vir diefstal

24.8.60

5 jaar g.s. en 6 houe (klagtes saam geneem vir vonnis)

vir verkragting en roof

C Weens die beskuldigde se vorige veroordelings is die volgende navraag aan die landdros gerig.

'Aangesien beskuldigde se vorige veroordelings sulks is dat dit hom binne die bepalings van art. 335 van die Strafproseswet laat val en hy, indien hy voor 'n Hoërhof of hof van 'n streekafdeling verskyn het tot gewoontemisdadiger verklaar sou word, was die landdros nie minstens verplig om beskuldigde te vonnis tot gevangenisstraf vir korrektiewe D opleiding nie? - sien R v Letebele, 1960 (4) SA 663 (O); R v van Wyk, 1961 (3) SA 511 (K); R v Dhlamini, 1961 (3) SA 455 (N), maar sien hierteenoor R v Shuping, 1960 (2) SA 281 (T) en R v Bornman, 1960 (3) SA 878 (OK).'

Die landdros is natuurlik in elk geval aan die uitspraak van die Kaapse Hof in R v van Wyk hierbo genoem gebonde maar aangesien hy, te oordeel E aan hersieningsake wat van sy distrik deurgestuur is, kort tevore op de Aar diens aanvaar het en moontlik in navolging van die laaste twee beslissings hierbo genoem kon gehandel het, is die betrokke twee sake ook in die navraag vermeld.

In sy antwoord sê die landdros dat hy die bepalings van art. 335 van die Strafproseswet uit die oog verloor het maar dat die omstandighede van F die misdaad in elk geval nie 'n omskepping van die verhoor in 'n voorlopige ondersoek ingevolge art. 93 (2) van Wet 32 van 1944 regverdig het nie. Hy voer dan verder aan dat art. 334 ter van die Strafproseswet glad nie van toepassing is nie en dat die sake waarna in die navraag verwys word en veral die van R v Dhlamini, 1961 (3) SA 455...

To continue reading

Request your trial
6 practice notes
  • S v Mavuso
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 20 Septiembre 1988
    ...not of the hierarchical structure of the Supreme Court but of a republic-wide organisation of inferior tribunals.' Vgl S v Louw 1966 (4) SA 17 (GW) op 18D - E wat beslis is toe De Aar reeds binne die gebied van die Griekwaland-Wes Plaaslike Afdeling geval het. Dit is nie nodig om in hierdie......
  • S v Mavuso
    • South Africa
    • Invalid date

  • S v Viljoen
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 27 Septiembre 1988
    ...waarbinne die landdroshof funksioneer. Kyk Hahlo en Kahn The South African Legal I System and its Background op 257; S v Louw 1966 (4) SA 17 (GW) op 18C - E. In die tweede instansie is ek ook die mening toegedaan dat dit nie baat om gemelde twee beslissings op grond van die onderskeid tusse......

  • Request a trial to view additional results
6 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT