S v Mavuso

JudgeFlemming R en Mynhardt R
Judgment Date20 September 1988
Citation1989 (4) SA 800 (T)
Hearing Date20 September 1988
CourtTransvaal Provincial Division

Flemming R:

Die beskuldigde is skuldig bevind op twee aanklagte van strafbare manslag. Die twee oorledenes was sy vader en sy tante wat passasiers was in 'n voertuig wat die beskuldigde besig was om na sy regterkant van die pad te stoot toe dit getref is deur 'n motor wat van voor aangekom het. Onderhewig aan die vraag wat die landdros laat I besluit het om hersiening van die saak aan te vra, is die verrigtinge in orde.

Die verdediging het aangevoer dat dit op dubbele skuldigbevinding neerkom indien beskuldigde twee maal skuldig bevind word. Desondanks en met kennis van die beslissing in S v Mampa 1985 (4) SA 633 (K) is dit J juis wat die landdros gedoen het. Sy siening is dat indien die riglyne

Flemming R

A nagevolg was wat blyk uit die beslissings in S v Grobler 1966 (1) SA 507 (A); S v Prins 1977 (3) SA 807 (A) en S v Benjamin 1980 (1) SA 950 (A) sou die 'uitspraak in die Mampa -beslissing heel anders gewees het as wat dit uiteindelik was'. Dit is onwenslik om te volstaan daarmee dat daardie beslissings nie die presiese punt dek nie en ook nie die B genoemde gevolgtrekking regverdig nie. Soos blyk uit 'n bespreking van die voorsittende landdros wat gepubliseer is in Die Landdros vol 22 op 14, is dit vir die landdros 'n saak van erns.

Die landdros sê dat hy nie aan die Mampa -beslissing gebonde is volgens die presedenteleer nie aangesien daar nog nie deur die Transvaalse Provinsiale Afdeling 'in 'n gerapporteerde beslissing' duidelik riglyne C neergelê is nie. Indien bedoel is om 'n kontras te trek met ongerapporteerde beslissings, is dit 'n ongeregverdigde onderskeid. Die gesaghebbendheid van 'n beslissing hang nie daarvan af of die uitgewers van regsverslae dit vir hulle kommersiële doeleindes goedgevind het om die uitspraak in druk te laat verskyn nie. Indien bedoel was om te sê dat daar geen beslissing in hierdie Afdeling is nie, is dit foutief. D Daar is beslissings (wat seker nie aan die landdros bekend is nie). Dit is ook nodig om die standpunt te noem dat 'n landdros gebonde is aan 'n Hooggeregshof beslissing van 'n ander Afdeling indien die Afdeling wat in sy gebied jurisdiksie het, nog nie 'n bepaalde punt bereg het nie. Alhoewel daar by die skrywer dalk elemente mag wees van vermenging E tussen wat is en wat behoort te wees, toon bl 325 van die 1967 SA Law Journal die volgende standpunt van Kahn:

'Absent a governing case of the Appellate Division or the Division of his area, it would seem in principle that the magistrate should follow the decisions of other Divisions, because fundamentally magistrates' F courts are portion not of the hierarchical structure of the Supreme Court but of a republic-wide organisation of inferior tribunals.'

Vgl S v Louw 1966 (4) SA 17 (GW) op 18D - E wat beslis is toe De Aar reeds binne die gebied van die Griekwaland-Wes Plaaslike Afdeling geval het. Dit is nie nodig om in hierdie saak die mate van gebondenheid te G beslis nie.

Ek meen dat die kern van die landdros se benadering te vinde is daarin dat hy in die genoemde beslissings, veral die Benjamin -saak op 957, gesag sien vir relevansie daarvan dat moord en strafbare manslag elk 'n 'gevolgsmisdaad' is, 'n misdaad wat nie begaan word deur 'n spesifieke H tipe handeling te begaan nie maar deur op enige (onomskrewe) wyse die afsterwe van 'n persoon te veroorsaak. Sy argumentering is dan dat vir soveel keer as wat afsonderlike gevolge veroorsaak word, die misdryf begaan word. Vir die argument word steun gevind daarin dat dit by moord so is dat die moord van vyf persone vyf skuldigbevindings regverdig. Die landdros trek ook peil daarop dat strafbare manslag met betrekking tot I die dood van die huidige appellant se vader bewys kon word sonder om 'n woord van sy tante te sê en andersom. Bewys van die een misdryf behels in daardie sin nie implisiet die bewys van al die elemente van die ander misdryf nie.

Die benadering betrek 'n hele aantal proposisies, argumente en J oorwegings soos uit die tydskrif-artikel blyk. Ek verkies daarom om so

Flemming R

A direk as moontlik daarby te kom om die korrekte benadering te verduidelik sonder om alle argumente te bespreek.

Selfs by misdrywe waar die strafbedreiging gerig is teen 'n omskrewe handeling, rus die beswaar teen dubbele skuldigbevinding nie op streng logika of op die noodwendige ontstaan van die een of ander standpunt B sodra 'n bepaalde komponent aanwesig of afwesig is nie. Dikwels kan by 'n stelling wat vir een geval korrek is, gewys word op inkonsekwentheid met dit wat geld by 'n (skynbaar) dergelike geval en ook korrek is. Dit is 'n terrein waarop nie gesê kan word dat omdat 'n appelkoosboom se opwaartse groei hom onderskei van 'n Europese denneboom se afwaartse groei, die volgende boom met opwaartse groei ook 'n appelkoosboom is nie. Dit is vir perspektief nodig om terug te tree en te bepaal waarom C dit eintlik gaan voordat 'n mens weet wat om te dink van die woud wat betree moet word.

Die howe vind nie twee maal vir...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
  • S v Mofokeng
    • South Africa
    • Invalid date
    ...664 (NC): referred to S v Masingili and Others 2013 (2) SACR 67 (WCC): criticised and not followed J 2014 (1) SACR p230 A S v Mavuso 1989 (4) SA 800 (T): referred to S v Mbuli 2003 (1) SACR 97 (SCA) ([2002] ZASCA 78): referred to S v Mgedezi and Others 1989 (1) SA 687 (A): referred to S v M......
  • S v Herman
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to S v Hlapezula and Others 1965 (4) SA 439 (A): referred to C S v Khumalo en Andere 1991 (4) SA 310 (A): referred to S v Mavuso 1989 (4) SA 800 (T): referred S v Shezi 1984 (2) SA 577 (N): referred to S v V 1972 (3) SA 611 (A): referred to S v Van Aswegen 2001 (2) SACR 97 (SCA): referred t......
  • S v Herman
    • South Africa
    • South Gauteng High Court, Johannesburg
    • 6 May 2010
    ...R v Kuzwayo 1960 (1) SA 340 (A) at 344B; S v Whitehead and Others 2008 (1) SACR 431 (SCA) ([2008] 2 All SA 257) at para 35; S v Mavuso 1989 (4) SA 800 (T) at 804G - H; S v Davids 1998 (2) SACR 313 (C) at 316d; S v De Vries and Others 2009 (1) SACR 613 (C) at para [8] 2003 (2) SACR 36 (W) at......
  • Recent Case: Specific crimes
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 3 September 2019
    ...specificity of the required social consequence of the misconduct' (at para 35). The court in Naidoo also disagreed with S v Mavuso 1989 (4) SA 800 (T). In the latter the court accepted that where a person throws a bomb into a room intending to kill a specific person but does not care whethe......
  • Request a trial to view additional results
4 cases

  • S v Naidoo and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to S v Grobler en 'n Ander 1966 (1) SA 507 (A): applied S v Mampa 1985 (4) SA 633 (C): criticised and not followed C S v Mavuso 1989 (4) SA 800 (T): applied in part and doubted in S v Prins en 'n Ander 1977 (3) SA 807 (A): applied. Case Information Appeal from a decision in the Natal High C......
1 books & journal articles
  • Recent Case: Specific crimes
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 3 September 2019
    ...specificity of the required social consequence of the misconduct' (at para 35). The court in Naidoo also disagreed with S v Mavuso 1989 (4) SA 800 (T). In the latter the court accepted that where a person throws a bomb into a room intending to kill a specific person but does not care whethe......
5 provisions
  • S v Mofokeng
    • South Africa
    • Invalid date
    ...664 (NC): referred to S v Masingili and Others 2013 (2) SACR 67 (WCC): criticised and not followed J 2014 (1) SACR p230 A S v Mavuso 1989 (4) SA 800 (T): referred to S v Mbuli 2003 (1) SACR 97 (SCA) ([2002] ZASCA 78): referred to S v Mgedezi and Others 1989 (1) SA 687 (A): referred to S v M......
  • S v Herman
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to S v Hlapezula and Others 1965 (4) SA 439 (A): referred to C S v Khumalo en Andere 1991 (4) SA 310 (A): referred to S v Mavuso 1989 (4) SA 800 (T): referred S v Shezi 1984 (2) SA 577 (N): referred to S v V 1972 (3) SA 611 (A): referred to S v Van Aswegen 2001 (2) SACR 97 (SCA): referred t......
  • S v Herman
    • South Africa
    • South Gauteng High Court, Johannesburg
    • 6 May 2010
    ...R v Kuzwayo 1960 (1) SA 340 (A) at 344B; S v Whitehead and Others 2008 (1) SACR 431 (SCA) ([2008] 2 All SA 257) at para 35; S v Mavuso 1989 (4) SA 800 (T) at 804G - H; S v Davids 1998 (2) SACR 313 (C) at 316d; S v De Vries and Others 2009 (1) SACR 613 (C) at para [8] 2003 (2) SACR 36 (W) at......
  • Recent Case: Specific crimes
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 3 September 2019
    ...specificity of the required social consequence of the misconduct' (at para 35). The court in Naidoo also disagreed with S v Mavuso 1989 (4) SA 800 (T). In the latter the court accepted that where a person throws a bomb into a room intending to kill a specific person but does not care whethe......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT