S v Prins en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Jansen AR en Joubert Wn AR
Judgment Date01 June 1977
Citation1977 (3) SA 807 (A)
Hearing Date09 May 1977
CourtAppellate Division

Joubert, Wn-A.R.:

Die appellante in hierdie saak is op 16 A September 1976 deur Regter BAKER en assessore in die Kaapse Provinsiale Afdeling te Kaapstad skuldig bevind aan moord met versagtende omstandighede asook aan roof met verswarende omstandighede. Die klagstaat bevat die volgende besonderhede insake die twee aanklagte:

"Deurdat die beskuldigdes, persone bo die ouderdom van 18 B jaar, op Maandag, 8 Desember 1975, en te of naby Old Farmweg 41, Rondebosch, in die distrik Wynberg,

Eerstens:

vir Emile Joseph Hensburg, 'n Blanke persoon, wederregtelik, onwettiglik en kwaadwilliglik met 'n gevaarlike wapen, te wete 'n hark, aangerand het, en hom toe en daar op sy kop en liggaam C geslaan het en hom daardeur sekere dodelike beserings toegedien het as gevolg waaraan die genoemde Emile Joseph Hensburg op 17 Desember 1975, in die Groote Schuur Hospitaal, in die distrik Die Kaap, oorlede is; en aldus het die beskuldigdes die genoemde Emile Joseph Hensburg wederregtelik, D onwettiglik en kwaadwilliglik gedood en vermoor, en

Tweedens:

vir Emile Joseph Hensburg, wederregtelik en onwettiglik aangerand het, en toe en daar met krag en geweld van die persoon en uit die besit van genoemde Emile Joseph Hensburg, 1 beurs bevattende ñ R100 kontant, sy eiendom of in sy wettige besit, asook die goedere beskryf op aanhangsel A, die eiendom E van Wendy Boy, maar in sy wettige besit of onder sy wettige beheer, en 1 plastiese sak en 1 paar 'Hush Puppy' skoene, die eiendom van H. C. Boy, maar in sy wettige besit of onder sy wettige beheer, geneem het en hom daarvan beroof het, terwyl by die geleentheid toe die roof gepleeg was, hetsy voor, gedurende of na die pleeg daarvan, die beskuldigdes, hetsy die een die F ander of almal, gedreig het om genoemde Emile Joseph Hensburg, ernstig te beseer, en genoemde Emile Joseph Hensburg werklik ernstig beseer en /of gedood het deur hom verskeie kere met 'n hark op sy kop en liggaam te slaan, en aldus die misdaad van roof, met verswarende omstandighede, gepleeg het."

Wat die versagtende omstandighede ten aansien van die aanklag G van moord betref, het die Verhoofhof bevind dat daar slegs 'n baie skraal mate van versagtende omstandighede aanwesig is. In die geval van appellant nr. 1 is bevind

"dat sy grenslyn-intelligensie en sy oënskynlike swak karakter hom in die kategorie van 'n jeugdige plaas, in dié sin dat hy H verstandelik en geestelik jeugdig mag wees alhoewel hy amper 30 jaar oud is"

en verder dat dolus directus nie deur die Staat bewys is nie. In die geval van appellant nr. 2 is met 'n mate van huiwering sy betreklike jeugdigheid van 20 jaar ten tye van die pleeg van die moord as versagtende omstandighede bevind. Hierbenewens is ook in ag geneem die feit dat dolus directus nie deur die Staat bewys is nie.

By die oorweging van vonnis het die Verhoorregter onder andere ook rekening gehou met die feit dat albei appellante vorige veroordelings het

Joubert, Wn-AR

van misdade waarvan geweld 'n element is. Hy het gebruik gemaak van die statutêre diskresie wat art. 330(1) van die A Strafproseswet, 56 van 1955, aan hom verleen om beide appellante op die aanklag van moord ter dood te veroordeel. Hy het insgelyks gebruik gemaak van sy statutêre diskresie om beide appellante op die aanklag aan roof met verswarende omstandighede ter dood te veroordeel. 'n Aansoek van appellant nr. 2 om verlof om op verskeie gronde na hierdie Hof te appelleer is deur die Verhoorregter verwerp. Uit hoofde van art. 363(8) is verlof verleen aan appellant nr. 2

B "om te appelleer teen sy skuldigbevinding op die tweede aanklag van roof met verswarende omstandighede en teen die oplegging van die doodvonnis ten aansien daarvan. Hierby word ingesluit of die Verhoorhof geregtig was om die ernstige beserings van die slagoffer as verswarende omstandigheid van die roof te beskou waar hierdie ernstige liggaamlike besering ook C 'n element is van die moord wat deur die eerste aanklag gedek is."

Sedertdien het die Verhoorregter soortgelyke verlof om na hierdie Hof te appelleer aan appellant nr. 1 toegestaan.

Die Verhoorhof se bevinding met betrekking tot die feite insake die omstandighede waaronder en die wyse waarop Hensburg, die D oorledene, deur die appellante vermoor is en die goedere, soos in die klagstaat vermeld, deur hulle uit die huis verwyder is, is nie in geskil voor hierdie Hof nie. Die tersaaklike feite soos deur die Verhoorhof bevind, is kortliks die volgende.

Die oorledene was 'n spoorwegpensionaris van 78-jarige leeftyd. E Hy het by sy getroude dogter, mevrou Boy, haar eggenoot en haar jong dogter te 41 Old Farmweg, Rondebosch, ingewoon. Maandagoggend, 8 Desember 1975, het die oorledene homself alleen in die huis bevind met ongeveer R100 kontant in sy beurs. Die Boy-gesin het geen tuinjong gehad nie. In die loop van die oggend het die appellante egter daar opgedaag en as togarbeiders tuinwerk gesoek. Hulle het daarin geslaag om die F taak te kry om die blare in die tuin bymekaar te maak. Ten einde hul taak te verrig het die oorledene aan hulle 'n tuinhark en 'n grasbesem gegee. Hulle het inderdaad 'n hoeveelheid blare bymekaar gemaak en in die agterplaas by die vullisbak op 'n hoop gegooi. Die appellante het egter die plan gesmee om die oorledene te beroof. Hul gemeenskaplike doel was G om die oorledene met die tuinhark aan te rand indien nodig om in hulle doel te slaag. Met hierdie doel voor oë het hulle die tuinhark met hulle saamgeneem en daarin geslaag om toegang tot die kombuis te verkry onder die voorwendsel dat hulle drinkwater wou hê. In die kombuis het een van hulle die oorledene met die tuinhark oor die kop, arms en hande geslaan H sodat hy bewusteloos inmekaar gesak het. Dit het nie saak gemaak wie van hulle die aanrander was nie omdat hulle mededaders is. Volgens die mediese getuienis het die oorledene aan die linkerkant van sy...

To continue reading

Request your trial
52 practice notes
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1970 (3) SA 476 (A); S v Moorman 1976 (3) SA 510 (A) at 512F; S v Bergh 1976 (4) SA 857 (A) at 864 et seq ; S v Prins en 'n Ander 1977 (3) SA 807 (A) at 814H; S v Williams en Andere 1980 (1) SA 60 (A) at 63F; S v Hlolloane I 1980 (3) SA 824 (A); S v Felix 1980 (4) SA 604 (A) at 611E; S v Ma......
  • S v Tloome
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A); R v Cain 1959 (3) SA 376 (A); R v Constance en 'n Ander 1960 (4) SA 629 (A); S v Prins en 'n Ander 1977 (3) SA 807 (A); S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A); S v S 1987 (2) SA 307 (A); S v Kubheka 1979 B (2) PH H100 (A); S v Makie 1991 (2) SACR 139 (A); S v Khundul......
  • S v Tloome
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A); R v Cain 1959 (3) SA 376 (A); R v Constance en 'n Ander 1960 (4) SA 629 (A); S v Prins en 'n Ander 1977 (3) SA 807 (A); S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A); S v S 1987 (2) SA 307 (A); S v Kubheka 1979 (2) PH H100 (A); S v Makie 1991 (2) SACR 139 (A); S v Khundulu ......
  • S v Mampa
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Grange for the State relied particularly upon the decisions in S v Grobler en 'n Ander 1966 (1) SA 507 (A) and S v Prins en 'n Ander 1977 (3) SA 807 (A). In the Grobler case, first appellant had entered a cafe armed with a pistol, I threatened the owner's daughter with the pistol, then shot......
  • Request a trial to view additional results
51 cases
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1970 (3) SA 476 (A); S v Moorman 1976 (3) SA 510 (A) at 512F; S v Bergh 1976 (4) SA 857 (A) at 864 et seq ; S v Prins en 'n Ander 1977 (3) SA 807 (A) at 814H; S v Williams en Andere 1980 (1) SA 60 (A) at 63F; S v Hlolloane I 1980 (3) SA 824 (A); S v Felix 1980 (4) SA 604 (A) at 611E; S v Ma......
  • S v Tloome
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A); R v Cain 1959 (3) SA 376 (A); R v Constance en 'n Ander 1960 (4) SA 629 (A); S v Prins en 'n Ander 1977 (3) SA 807 (A); S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A); S v S 1987 (2) SA 307 (A); S v Kubheka 1979 B (2) PH H100 (A); S v Makie 1991 (2) SACR 139 (A); S v Khundul......
  • S v Tloome
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A); R v Cain 1959 (3) SA 376 (A); R v Constance en 'n Ander 1960 (4) SA 629 (A); S v Prins en 'n Ander 1977 (3) SA 807 (A); S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A); S v S 1987 (2) SA 307 (A); S v Kubheka 1979 (2) PH H100 (A); S v Makie 1991 (2) SACR 139 (A); S v Khundulu ......
  • S v Mampa
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Grange for the State relied particularly upon the decisions in S v Grobler en 'n Ander 1966 (1) SA 507 (A) and S v Prins en 'n Ander 1977 (3) SA 807 (A). In the Grobler case, first appellant had entered a cafe armed with a pistol, I threatened the owner's daughter with the pistol, then shot......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Recent Case: Specific crimes
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 3 Septiembre 2019
    ...of a person. Where a perpetrator throws a bomb at two persons intending to kill both, two crimes of murder are committed. In S v Prins 1977 (3) SA 807 (A) the court emphasised that the essence of the crime of murder was that it was a crime against life. In Naidoo the court held that the sam......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT