S v Viljoen

JudgeKriegler R en Mynhardt R
Judgment Date27 September 1988
Citation1989 (3) SA 965 (T)
Hearing Date27 September 1988
CourtTransvaal Provincial Division

Mynhardt R:

Die beskuldigde het in die landdroshof te Belfast terreggestaan op drie aanklagte. Die eerste aanklag was een van strafbare manslag. Dit was beweer dat die beskuldigde op 8 Maart G 1988 naby Leeufontein in die distrik van Belfast wederregtelik en nalatiglik die dood van 'n ander persoon, naamlik Josua Joubert, tydens 'n motorvoertuigongeluk veroorsaak het. Die tweede aanklag het bestaan uit 'n hoofklagte en 'n alternatiewe aanklag. Die hoofklag was dat die beskuldigde die bepalings van art 140(1) van die Ordonnansie H op Padverkeer 21 van 1966 (T) oortree het deurdat hy op 8 Maart 1988 op die Belfast-Leeufonteinpad, 'n openbare pad in die distrik van Belfast, wederregtelik 'n voertuig met registrasienommer en -letters FVH 626 T bestuur het terwyl hy onder die invloed van sterk drank of 'n verdowingsmiddel wat 'n narkotiese uitwerking het, was. Die alternatiewe aanklag was dat die beskuldigde die bepalings van art 140(2) van I gemelde ordonnansie oortree het deurdat hy op gemelde datum en op gemelde pad wederregtelik bogemelde voertuig bestuur het of in die bestuurdersitplek daarvan gesit het terwyl die enjin daarvan geloop het, terwyl die konsentrasie alkohol in sy bloed nie minder as 0,08 gram per 100 milliliter was nie, naamlik 0,16 gram per 100 milliliter. Die J derde aanklag teen die beskuldigde was dat hy die bepalings

Mynhardt R

A van art 56(1) van gemelde ordonnansie oortree het deurdat hy op gemelde datum gemelde voertuig op gemelde pad bestuur het terwyl hy nie in besit was van 'n lisensie wat aan hom uitgereik was ooreenkomstig die bepalings en voorwaardes van hoofstuk III van gemelde ordonnansie nie.

Die beskuldigde het skuldig gepleit op die eerste aanklag sowel as op die hoofklag van die tweede aanklag en ook op die derde aanklag. Wat B die derde aanklag betref het die landdros besluit om die bepalings van art 112(1)(a) van die Strafproseswet 51 van 1977 toe te pas.

Ingevolge die bepalings van art 112(1)(b) van die Strafproseswet is die beskuldigde ondervra, eerstens, ten aansien van die eerste C aanklag. Hierdie ondervraging het onder andere soos volg verloop:

'V: U het skuldig gepleit aan strafbare manslag, met ander woorde dat u nalatiglik vir ene Josua Joubert gedood het. Erken u dat u sy dood op 'n nalatige wyse veroorsaak het?

A: Ja.

V: Hoe het die motorongeluk gebeur?

D A: Ek het in Belfast se rigting gery en toe het ek links van die pad afgegaan en toe skrik ek. Ek pluk toe die motor terug op die pad en toe gaan ek regoor die pad. Met die regter voorwiel vang ek toe een van daai klen (sic ) wit paaltjies aan die anderkant van die pad. As gevolg van die stamp het die agterwiele dwars geswaai in die gras in en die voertuig het begin skuif oor die gras. Die gras het toe opgehoop langs die wiele en die voertuig E steek vas en slaan toe om.

V: Wat was die rede dat u die pad na links verlaat het voordat u geskrik het?

A: Ek het aan die slaap geraak agter die stuurwiel en toe skrik ek eers wakker toe ek reeds van die pad af is en toe pluk ek die kar terug.

V: Waarom het u aan die slaap geraak?

F A: Ek het alkoholiese drank ingeneem en dit het my baie vaak en dronk gemaak. Ek het as gevolg van die drank aan die slaap geraak.

V: Erken u dus dat as gevolg van u drank inname u anders opgetree het as die redelike motorbestuurder onder die omstandighede?

A: Ja. Die redelike motorbestuurder sou nie so opgetree het nie.

V: Met ander woorde, as u anders as die redelike man opgetree het, erken u u was nalatig?

G A: Dis reg.

V: Erken u ook dat die intrede van Josua Joubert se dood uitsluitlik te wyte was aan u nalatige optrede?

A: Dit is reg. Ek is skuldig.'

Die landdros het daarop voortgegaan om die beskuldigde te ondervra H ten aansien van die tweede aanklag. Hierdie ondervraging het onder andere soos volg verloop:

'V: Was u tydens u bestuur onder die invloed van sterk drank?

A: Dis reg.

V: Het u gedrink voordat u bestuur het of daartydens?

A: Voor dit en tydens die ry.

I V: ...

A: ...

V: Hoeveel drank het u ingeneem?

A: Ek het nie getel nie, genoeg om my aan die slaap te maak.

V: Het die inname van die sterk drank u bestuursvermoë aangetas?

A: Ja, ek het as gevolg daarvan aan die slaap geraak en toe is ek J in die ongeluk betrokke, waarin Josua dood is.

Mynhardt R

A V: Handel hierdie aanklag oor dieselfde tydstip van bestuur as wat aanklag 1 oor handel?

A: Ja, ek het net daardie een keer dronk bestuur.'

Nadat die beskuldigde op aanklag 2 ondervra is soos hierbo uiteengesit het die landdros sy bevinding ten aansien van die eerste aanklag, naamlik dat die beskuldigde skuldig bevind word, geboekstaaf. Die landdros het daarop dit toe ook geboekstaaf dat hy van oordeel is dat B 'n skuldigbevinding op die tweede aanklag 'n onbehoorlike vermenigvuldiging van skuldigbevindinge teweeg sou bring

'... aangesien beskuldigde se nalatige strafwaardige handeling wat aanklag 1 aanbetref geheel en al die misdryf vermeld in aanklag 2 omvat'.

C Ingevolge die bepalings van art 113 van die Strafproseswet 1977 is 'n pleit van onskuldig toe genotuleer ten aansien van die tweede aanklag. Die Staatsaanklaer het daarop aangedui dat hy geen verdere getuienis wens aan te voer ten aansien van die tweede aanklag nie maar het te kenne gegee dat hy wel die alternatiewe aanklag tot die hoofklagte soos vervat in die tweede aanklag, aan die beskuldigde wil stel. Die Staatsaanklaer se standpunt was voorts gewees dat dit toegegee word D dat '... die nalatigheid en handeling waarop aanklag 1 berus wel dieselfde is as wat beweer word in die hoofaanklag tot aanklag 2'. Gemelde alternatiewe aanklag is daarop aan die beskuldigde gestel deur die Staatsaanklaer en die beskuldigde het skuldig gepleit daarop. Die beskuldigde is weer eens ondervra ingevolge art 112(1)(b) van E die Strafproseswet 1977 en na aanleiding van hierdie ondervraging is die beskuldigde toe ook skuldig bevind op die alternatiewe aanklag. Aangesien daar geen getuienis aangebied is op die hoofklagte van die tweede aanklag nie en omdat die Staatsaanklaer weer eens toegegee het dat 'n vermenigvuldiging van skuldigbevindinge teweeggebring sou word F as beskuldigde skuldig bevind word op die eerste aanklag en die hoofklagte vervat in die tweede aanklag, het die landdros die beskuldigde vrygespreek op die hoofaanklag maar hom skuldig bevind op die alternatiewe klagte.

Die landdros het al drie die aanklagte saamgeneem vir die doeleindes van vonnis en die beskuldigde soos volg gevonnis:

G 'Beboet R800 of by wanbetaling agt maande gevangenisstraf. Daarbenewens word beskuldigde gevonnis tot 'n verdere agt maande gevangenisstraf welke gevangenisstraf in die geheel opgeskort word vir 'n tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie skuldig bevind word aan strafbare manslag as gevolg van 'n motorongeluk of aan bestuur van 'n motorvoertuig op 'n openbare pad in die RSA op 'n H roekelose of nalatige wyse of terwyl hy onder die invloed van sterk drank of verdowingsmiddels is of terwyl die konsentrasie alkohol in sy bloed hoër is as 0,08 gram alkohol per 100 milliliter bloed nie en wat gepleeg is gedurende die termyn van opskorting nie.'

I Toe die saak voor my gelê is op hersiening het ek die landdros versoek, eerstens, om my van sy kommentaar te voorsien oor die vraag of sy benadering tot die eerste en tweede klagtes korrek is in die lig van die beslissings in S v Grobler 1972 (4) SA 559 (O) en S v Koekemoer 1973 (1) SA 909 (N). Ek het die landdros ook versoek om kommentaar te lewer oor die korrektheid al dan nie van die opskortingsvoorwaardes vervat J in die vonnis, welke versoek ek soos volg geformuleer het:

Mynhardt R

A 'Aangesien 'n motorongeluk kan plaasvind bloot as gevolg van geringe nalatigheid en 'n persoon as gevolg daarvan gedood kan word sodat die beskuldigde dan weer aangekla kan word van strafbare manslag wil dit voorkom of die opskortingsvoorwaardes nie korrek geformuleer is nie. Behoort die addisionele tydperk van agt maande gevangenisstraf nie op die volgende voorwaardes opgeskort te word nie:

B "Daarbenewens word beskuldigde gevonnis tot 'n verdere agt maande gevangenisstraf welke gevangenisstraf in die geheel opgeskort word vir 'n tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie skuldig bevind word aan:

(i)

strafbare...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • S v Engelbrecht
    • South Africa
    • Invalid date
    ...found not to be duplications E of convictions. (See S v Koekemoer 1973 (1) SA 909 (N); S v Grobler 1972 (4) SA 559 (O); S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T).) The ratio behind these cases seems to be that all the elements of the culpable behaviour cannot be brought into the ambit of only one cha......
  • S v Murbane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...gevolgtrekking normaalweg gemaak kan word dat die beskuldigde wesenlik slegs een misdaad gepleeg het.' Per Mynhardt R in S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op 974B-C. Hierdie D riglyn is eintlik maar in wese dieselfde as die tweede hulpmiddel waarna in die Benjamin-saak verwys word. Die getuie......
  • Erasmic v Botha
    • South Africa
    • Invalid date
    ...in 1968 van die huidige Landdroshofreëls, te gevolg het. Kyk Hahlo en Kahn The SA Legal System and its Background op 257; S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op 971G - I; Dendy 'Stare decisis and the Maverick Magistrate' (1990) 107 SALJ Interessantheidshalwe sal ek met die argument handel dat, ......
  • S v Anderson
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 3 February 1992
    ...word in dié verband verwys na Hahlo en Kahn The South D African Legal System and its Background op 257 en ook S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op Aangesien reg nie behoorlik geskied het nie, moet die endossementbevel klaarblyklik tersyde gestel word. Ek sou gevolglik gelas dat die bevel deur......
  • Request a trial to view additional results
8 cases
  • S v Engelbrecht
    • South Africa
    • Invalid date
    ...found not to be duplications E of convictions. (See S v Koekemoer 1973 (1) SA 909 (N); S v Grobler 1972 (4) SA 559 (O); S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T).) The ratio behind these cases seems to be that all the elements of the culpable behaviour cannot be brought into the ambit of only one cha......
  • S v Murbane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...gevolgtrekking normaalweg gemaak kan word dat die beskuldigde wesenlik slegs een misdaad gepleeg het.' Per Mynhardt R in S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op 974B-C. Hierdie D riglyn is eintlik maar in wese dieselfde as die tweede hulpmiddel waarna in die Benjamin-saak verwys word. Die getuie......
  • Erasmic v Botha
    • South Africa
    • Invalid date
    ...in 1968 van die huidige Landdroshofreëls, te gevolg het. Kyk Hahlo en Kahn The SA Legal System and its Background op 257; S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op 971G - I; Dendy 'Stare decisis and the Maverick Magistrate' (1990) 107 SALJ Interessantheidshalwe sal ek met die argument handel dat, ......
  • S v Anderson
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 3 February 1992
    ...word in dié verband verwys na Hahlo en Kahn The South D African Legal System and its Background op 257 en ook S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op Aangesien reg nie behoorlik geskied het nie, moet die endossementbevel klaarblyklik tersyde gestel word. Ek sou gevolglik gelas dat die bevel deur......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT