S v Viljoen

JurisdictionSouth Africa

S v Viljoen
1989 (3) SA 965 (T)

1989 (3) SA p965


Citation

1989 (3) SA 965 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Kriegler R en Mynhardt R

Heard

September 27, 1988

Judgment

September 27, 1988

Flynote : Sleutelwoorde F

Strafproses — Akte van beskuldiging en aanklag — Onbehoorlike splitsing van aanklagte — Beskuldigde het 'n motorvoertuig bestuur terwyl hy onder die invloed van drank was en het aan die slaap geraak agter die stuurwiel van die voertuig met die gevolg dat sy motor omgeslaan het en 'n persoon gedood is — Nie 'n onbehoorlike splitsing van aanklagte nie as beskuldigde G aangekla word van strafbare manslag en die bestuur van 'n motorvoertuig terwyl hy onder die invloed van drank was ter oortreding van art 140(1)(a) van die Ordonnansie op Padverkeer 21 van 1966 (T).

H Strafproses — Hersiening — Bevoegdheid van Hooggeregshof — Hersieningshof bevoeg om skuldigbevinding te verander na 'n meer ernstige misdryf.

Strafreg — Verkeersoortredinge — Strafbare manslag en bestuur onder die invloed van drank ter oortreding van art 140(1)(a) van die Ordonnansie op Padverkeer 21 van 1966 (T) — Vonnis — Aanklagte saamgeneem vir doeleindes van vonnis — Opskorting van vonnis of gedeelte daarvan — Bepalings van I behoorlike opskortingsvoorwaardes uiteengesit.

Hof — Presedent en stare decisis — Landdroshowe ook gebonde aan beslissings van ander Afdelings as dié waarin hof geleë is.

Headnote : Kopnota

Die beskuldigde het in 'n landdroshof verskyn op aanklagtes van (1) strafbare manslag; (2) bestuur terwyl hy onder die invloed van drank J was ter oortreding van art

1989 (3) SA p966

A 140(1)(a) van die Ordonnansie op Padverkeer 21 van 1966 (T), alternatiewelik bestuur terwyl die konsentrasie alkohol in sy bloed meer as 0,08 gram per honderd ml was ter oortreding van art 140(2) van die ordonnansie; en (3) bestuur sonder 'n geldige bestuurderslisensie ter oortreding van art 56(1) van die ordonnansie. Die beskuldigde het skuldig gepleit aan aanklagtes 1 en 3 en op die hoofaanklag van aanklag 2. Die beskuldigde is ingevolge art 112(1)(a) van die Strafproseswet 51 van 1977 skuldig bevind op die derde aanklag. Ten opsigte van die B ander aanklagtes is hy deur die landdros ondervra ingevolge art 112(1)(b) van die Strafproseswet. Sy antwoorde het aangedui dat hy erken het dat hy onder die invloed van drank was toe hy die motorvoertuig bestuur het en dat hy aan die slaap geraak het agter die stuurwiel van die voertuig as gevolg waarvan hy beheer oor die voertuig verloor het wat omgeslaan het en die oorledene gedood het. Die landdros het die beskuldigde skuldig bevind op aanklag 1 maar het 'n pleit van onskuldig aangeteken ten opsigte van aanklag 2 ingevolge art 113 van die C Strafproseswet aangesien hy van mening was dat 'n skuldigbevinding ten opsigte van daardie aanklag op 'n onbehoorlike duplikasie van skuldigbevindings sou neerkom. Die alternatiewe aanklag is aan die beskuldigde gestel waarop hy skuldig gepleit het. Die landdros het die beskuldigde toe ondervra en hom skuldig bevind daaraan. Die saak is op hersiening gestuur en die Hersieningsregter het die landdros sy redes vir skuldigbevinding gevra en, spesifiek, waarom hy nie die beslissings D wat aangedui het dat in daardie omstandighede dit nie sou neerkom op 'n onbehoorlike duplikasie van skuldigbevindings nie, in ag geneem het nie. Die landdros het geantwoord dat hy nie gebonde was aan daardie beslissings nie aangesien hulle van ander Afdelings van die Hooggeregshof afkomstig was. Op hersiening,

Beslis, dat die landdros fouteer het deur te bevind dat hy nie aan die beslissings van die ander Provinsiale Afdelings gebonde was nie.

Beslis, verder, dat in elk geval in die onderhawige geval dit E nie verkeerd sou wees om die beskuldigde aan strafbare manslag sowel as aan 'n oortreding van art 140(1)(a) van die ordonnansie skuldig te bevind nie.

Beslis, verder, dat dit bevoeg was vir die Hof op hersiening om die skuldigbevinding op die tweede aanklag te vervang met 'n skuldigbevinding aan die meer ernstige misdryf van 'n oortreding van art 140(1)(a). Die Hof het gevolglik die skuldigbevinding verander op die tweede aanklag.

F Wat behoorlike opskortingsvoorwaardes uitmaak in 'n geval waar die vonnis of 'n gedeelte daarvan opgeskort word waar die beskuldigde aan strafbare manslag en bestuur onder die invloed van sterk drank ter oortreding van art 140(1)(a) van Ord 21 van 1966 (T) skuldig bevind is en die aanklagte vir doeleindes van vonnis saamgeneem word, uiteengesit.

Flynote : Sleutelwoorde G

Criminal procedure — Indictment and charge — Improper splitting of charges — Accused driving motor vehicle whilst under the influence of alcohol and falling asleep behind the steering wheel which caused car to overturn and person to be killed — Not improper splitting of charges to charge accused with culpable homicide as well as driving under the influence of alcohol in contravention of s 140(1)(a) of Road Traffic Ordinance 21 of 1966 (T).

H Criminal procedure — Review — Power of Supreme Court — Competent for Court on review to change conviction to a conviction of a more serious offence.

Court — Precedent and stare decisis — Magistrates' courts bound by decisions of Divisions of Supreme Court other than Division within whose jurisdiction they fall.

Criminal law — Traffic offences — Culpable homicide and driving under the influence of intoxicating liquor in contravention of s 140(1)(a) of the Road Traffic Ordinance 21 of 1966 (T) — Sentence — I Charges taken together for purposes of sentence — Suspension of sentence or portion thereof — Provisions of proper conditions of suspension set out.

Headnote : Kopnota

The accused appeared in a magistrate's court charged with (1) culpable homicide; (2) driving under the influence of alcohol in contravention of s 140(1)(a) of the Road Traffic Ordinance 21 of 1966 (T), alternatively driving whilst the concentration of alcohol in his blood was more J than 0,08 grams per 100 ml in contravention of

1989 (3) SA p967

A s 140(2) of the ordinance; and (3) driving without a valid driver's licence in contravention of s 56(1) of the ordinance. The accused pleaded guilty to counts 1 and 3 and to the main count of count 2. The accused was convicted in terms of s 112(1)(a) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 on the third count. In respect of the other counts he was questioned by the magistrate in terms of s 112(1)(b) of the Criminal Procedure Act. His responses indicated that he admitted that he was under the influence of alcohol when he drove the vehicle and that he fell asleep behind the wheel as a result of which he lost control of B the vehicle which overturned, killing the deceased. The magistrate convicted the accused on count 1 but entered a plea of not guilty on count 2 in terms of s 113 of the Criminal Procedure Act as he was of the opinion that a conviction on that count would amount to an improper duplication of convictions. The alternative charge was put to the accused to which he pleaded guilty. The magistrate questioned him on this count and convicted him. The magistrate, asked for his reasons for conviction by the reviewing Judge and, specifically, why he had not C taken into account decisions which were to the effect that in those circumstances there would not be an improper duplication of convictions, replied that he was not bound by those decisions as they were from other Divisions of the Supreme Court. On review,

Held, that the magistrate was incorrect in finding that he was not bound by the decisions of other Provincial Divisions.

D Held, further, that in any event in the instant case it would not have been incorrect to convict the accused of culpable homicide as well as a contravention of s 140(1)(a).

Held, further, that it was competent for the Court on review to substitute the conviction on the second count with a conviction of the more serious offence of contravening s 140(1)(a). The Court accordingly altered the conviction on the second count.

What constitute proper conditions of suspension in a case where the sentence or portion thereof is to be suspended where the accused has been convicted of culpable homicide and driving under the influence E of intoxicating liquor in contravention of s 140(1)(a) of Ord 21 of 1966 (T) and the charges are taken together for the purposes of sentences, set out.

Case Information F

Hersiening.

Judgment

Mynhardt R:

Die beskuldigde het in die landdroshof te Belfast terreggestaan op drie aanklagte. Die eerste aanklag was een van strafbare manslag. Dit was beweer dat die beskuldigde op 8 Maart G 1988 naby Leeufontein in die distrik van Belfast wederregtelik en nalatiglik die dood van 'n ander persoon, naamlik Josua Joubert, tydens 'n motorvoertuigongeluk veroorsaak het. Die tweede aanklag het bestaan uit 'n hoofklagte en 'n alternatiewe aanklag. Die hoofklag was dat die beskuldigde die bepalings van art 140(1) van die Ordonnansie H op Padverkeer 21 van 1966 (T) oortree het deurdat hy op 8 Maart 1988 op die Belfast-Leeufonteinpad, 'n openbare pad in die distrik van Belfast, wederregtelik 'n voertuig met registrasienommer en -letters FVH 626 T bestuur het terwyl hy onder die invloed van sterk drank of 'n verdowingsmiddel wat 'n narkotiese uitwerking het, was. Die alternatiewe aanklag was dat die beskuldigde die bepalings van art 140(2) van I gemelde ordonnansie oortree het deurdat hy op gemelde datum en op gemelde pad wederregtelik bogemelde voertuig bestuur het of in die bestuurdersitplek daarvan gesit het terwyl die enjin daarvan geloop het, terwyl die konsentrasie alkohol in sy bloed nie minder as 0,08 gram per 100 milliliter was nie, naamlik 0,16 gram per 100 milliliter. Die J derde aanklag teen die beskuldigde was dat hy die bepalings

1989 (3) SA p968

Mynhardt R

A van art 56(1) van gemelde ordonnansie oortree het...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • S v Engelbrecht
    • South Africa
    • Invalid date
    ...found not to be duplications E of convictions. (See S v Koekemoer 1973 (1) SA 909 (N); S v Grobler 1972 (4) SA 559 (O); S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T).) The ratio behind these cases seems to be that all the elements of the culpable behaviour cannot be brought into the ambit of only one cha......
  • S v Makofane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van 'n Hoërhof van 'n ander gebied as dié waarbinne die laerhof funksioneer nie. Daardie vraag is reeds aangespreek in S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op 971G - I. Wat die onderhawige saak betref is dit natuurlik so dat die streekhof te Lydenburg binne die regsgebied van die Transvaalse Pro......
  • S v Murbane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...gevolgtrekking normaalweg gemaak kan word dat die beskuldigde wesenlik slegs een misdaad gepleeg het.' Per Mynhardt R in S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op 974B-C. Hierdie D riglyn is eintlik maar in wese dieselfde as die tweede hulpmiddel waarna in die Benjamin-saak verwys word. Die getuie......
  • Erasmic v Botha
    • South Africa
    • Invalid date
    ...in 1968 van die huidige Landdroshofreëls, te gevolg het. Kyk Hahlo en Kahn The SA Legal System and its Background op 257; S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op 971G - I; Dendy 'Stare decisis and the Maverick Magistrate' (1990) 107 SALJ Interessantheidshalwe sal ek met die argument handel dat, ......
  • Request a trial to view additional results
9 cases
  • S v Engelbrecht
    • South Africa
    • Invalid date
    ...found not to be duplications E of convictions. (See S v Koekemoer 1973 (1) SA 909 (N); S v Grobler 1972 (4) SA 559 (O); S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T).) The ratio behind these cases seems to be that all the elements of the culpable behaviour cannot be brought into the ambit of only one cha......
  • S v Makofane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van 'n Hoërhof van 'n ander gebied as dié waarbinne die laerhof funksioneer nie. Daardie vraag is reeds aangespreek in S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op 971G - I. Wat die onderhawige saak betref is dit natuurlik so dat die streekhof te Lydenburg binne die regsgebied van die Transvaalse Pro......
  • S v Murbane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...gevolgtrekking normaalweg gemaak kan word dat die beskuldigde wesenlik slegs een misdaad gepleeg het.' Per Mynhardt R in S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op 974B-C. Hierdie D riglyn is eintlik maar in wese dieselfde as die tweede hulpmiddel waarna in die Benjamin-saak verwys word. Die getuie......
  • Erasmic v Botha
    • South Africa
    • Invalid date
    ...in 1968 van die huidige Landdroshofreëls, te gevolg het. Kyk Hahlo en Kahn The SA Legal System and its Background op 257; S v Viljoen 1989 (3) SA 965 (T) op 971G - I; Dendy 'Stare decisis and the Maverick Magistrate' (1990) 107 SALJ Interessantheidshalwe sal ek met die argument handel dat, ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT