Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Steyn HR, van Blerk AR, Rumpff AR, Wessels AR en Jansen AR |
Judgment Date | 01 December 1969 |
Citation | 1970 (1) SA 394 (A) |
Hearing Date | 12 September 1969 |
Court | Appellate Division |
Steyn, H.R.:
Hierdie is 'n appèl teen die handhawing van 'n eksepsie teen 'n pleit van estoppel by 'n rei vindicatio. Die respondent, die D beweerde eienaar van 'n motorvoertuig, het dit in die Hof a quo uit die besit van die appellant opgeëis. Gerieflikheidshalwe sal ek die respondent die eiser noem en die appellant die verweerder. Volgens die pleitstukke erken die verweerder die besit van die voertuig, maar ontken die eiser se eiendomsreg. Daar is ook 'n alternatiewe pleit. Daaruit en E uit nadere besonderhede wat verstrek is, blyk dit dat die verweerder die betrokke voertuig van ene Fakier gekoop het. Laasgenoemde het hom meegedeel dat hy die eienaar is, en, toe die verweerder bewys daarvan verlang, het Fakier hom na die eiser verwys. Die verweerder het daarop telefonies met die verteenwoordiger van die eiser in verbinding getree, en dié het hom verwittig dat die eiser voertuie met ene Fakier geruil het, dat Fakier niks op die ruil verskuldig is nie en dat die voertuig F sy eiendom is. Na aanleiding van hierdie gesprek, pleit die verweerder - 'in so informing defendant, plaintiff thereby induced defendant to believe bona fide and reasonably that Fakier had a good title to sell the said motor car, and defendant, so induced, did act upon such belief to his prejudice by concluding an agreement with Fakier in terms whereof defendant purchased (and took delivery of) the said motor car from Fakier by way of a 'trade in' of defendant's Valiant motor car and payment of the sum of R700'.
G Uit hoofde van die voorgaande word estoppel opgewerp teen enige ontkenning deur die eiser van Fakier se reg om die voertuig te verkoop, en ook daarteen dat die eiser op sy eiendomsreg sou steun om die verweerder sy besit van die voertuig te ontneem. In 'n versoek om nadere H besonderhede wou die eiser weet, eerstens, of dit beweer word dat hy nalatig was by die verstrekking van bedoelde inligting, en indien wel, in welke opsig; en tweedens, of dit beweer word dat dit deur sy nalatigheid is dat hy by die verweerder die oortuiging gewek het dat Fakier die reg het om die voertuig te verkoop, en indien wel, in welke opsig hy nalatig was; en of dit beweer word dat sy nalatigheid die enigste oorsaak daarvan was dat die verweerder ingevolge bedoelde oortuiging gehandel het.
Die antwoord op al hierdie vrae, behalwe die heel laaste, is die volgende:
Steyn HR
'Defendant does not make the allegation that plaintiff was negligent. Defendant says that plaintiff knew - when it informed defendant that the vehicle was Fakier's property - that defendant was contemplating purchasing it from Fakier, that he (defendant) was making enquiries from plaintiff as to whether plaintiff still had any interest in the ownership of the vehicle in order to satisfy himself that Fakier had A good title to sell it, and that defendant would in all probability act on the information then being given to him by plaintiff; defendant says further that plaintiff, by its own act in giving the said information to defendant, held out to him that it was not the owner of the said vehicle and that Fakier was indeed the owner thereof.'
Die antwoord op die heel laaste vraag kom daarop neer dat Fakier wel ook die verweerder meegedeel het dat hy die eienaar is, maar dat hy, toe B bewys van hom verlang is, die verweerder na die eiser verwys het, en dat die verweerder, toe hy die voertuig van Fakier gekoop het, staat gemaak het op die inligting wat die eiser aan hom verstrek het.
Die eiser het eksepsie aangeteken teen die alternatiewe pleit soos aangevul deur die nadere besonderhede, op grond daarvan dat by ontstentenis van aangevoerde nalatigheid by die verstrekking van die C inligting waarop die verweerder gehandel het, die verweer van estoppel nie die verweerder ten dienste staan nie. Die Hof a quo het die eiser hierin gelyk gegee.
Ten aanvang is in hierdie Hof namens die verweerder betoog dat by estoppel 'n verskil getrek moet word tussen nalatigheid wat verband hou D met die besef dat die voorstelling wat gemaak word onjuis of moontlik onjuis is, en nalatigheid wat verband hou met die besef dat die persoon aan wie die voorstelling gemaak word (wat ek 'die ander' sal noem) moontlik in vertroue op die voorstelling sou handel. In die eerste geval sou die redelike voorsienbaarheid van die moontlikheid dat die ander op E die voorstelling sal handel, bygevoeg moet word, en in albei gevalle ook die redelike voorsienbaarheid van nadeel vir die ander. In die eerste geval sou nalatigheid wel aanwesig kan wees, maar dit is my nie duidelik hoe die tweede geval, by ontstentenis van 'n besef van onjuistheid of moontlike onjuistheid van die voorstelling, wat by 'n redelike persoon aanwesig sou wees, as nalatigheid teenoor die ander F aangemerk sou kan word nie. Indien die persoon wat die voorstelling doen, eerlik en sonder nalatigheid meen dat die voorstelling waar is, is dit moeilik in te sien welke verwyt hom sonder meer en bloot op grond van die voorstelling kan tref, al sou hy besef dat die ander moontlik in vertroue daarop sou handel. Vir huidige doeleindes sal ek aanvaar dat 'n G voorsienbare nadeel onder sulke omstandighede denkbaar is; maar in die onderhawige geval, altans, sou 'n moontlike nadeel wat die ander kan tref, nouliks onder sulke omstandighede redelikerwyse te voorsien wees, en dit sou nie gesê kan word dat 'n redelike persoon stappe sou gedoen het om die intrede van so 'n nadeel te verhinder nie. Dit wil my daarom voorkom dat die etiket van nalatigheid misleidend sou wees by die beweerde tweede vorm daarvan.
H Vermoedelik met die oog op die pleitstukke, is namens die verweerder in hierdie Hof nie op eersgenoemde vorm van nalatigheid gesteun nie, maar wel op laasgenoemde. Afgesien daarvan dat laasgenoemde nie hier onder die begrip nalatigheid tuis te bring is nie, word, soos ek die alternatiewe pleit met die nadere besonderhede verstaan, 'n bewering van nalatigheid, blykens die verweerder se antwoord op die vrae wat die eiser onder bogenoemde twee hoofde aan hom gestel het, in albei hierdie
Steyn HR
vorms uitdruklik ontken. Die eintlike vraag is dus of die verweer van estoppel by hierdie eiendomsvordering kan slaag sonder dat nalatigheid van enige aard die eiser ten laste gelê word. Die tersaaklike bewerings A is dan dat die eiser, wetende dat die verweerder die voertuig van Fakier wou koop en wou uitvind of die eiser nog enige belang by die voertuig het en of Fakier die reg het om dit te verkoop, en wetende dat verweerder na alle waarskynlikheid op die gevraagde inligting sou handel, die verweerder meegedeel het dat Fakier niks aan hom op die geruilde voertuig verskuldig is nie en dat dit sy eiendom is, dat hy die B verweerder daardeur laat glo het dat Fakier die reg het om die voertuig te verkoop, en dat die verweerder bygevolg tot sy nadeel op bedoelde inligting gehandel het. Wat oorweeg moet word, is of hierdie bewerings, sonder enige byhaling van nalatigheid, voldoende is vir die aangevoerde estoppel.
C Die strekking van die betoog namens verweerder is dat sulke bewerings volgens Engelse reg wel voldoende sou wees, en dat die formulering van die desbetreffende grondliggende beginsels ook vir ons reg deur ons Howe onderskryf is. Wat die Engelse reg betref is verwys na Halsbury, Laws of England, band 15, para. 430, bl. 228. Hy stel die vereistes wat dan na bewering ook hier ter sake sou wees, soos volg:
D 'It is not necessary that the representation should be false to the knowledge of the party making it, though in early cases this appears to have been the law, provided that (1) it is intended to be acted upon in the manner in which it was acted upon, or (2) the person who makes it so conducts himself that a reasonable man would take the representation to be true, and believe that it was meant that he should act upon it in that manner.'
Hy voeg egter by -
E 'and it has been added that the doctrine of estoppel by representation ought not in most cases to be applied unless the representation is such as to amount to the contract or licence of the party making it'.
Spencer Bower, Estoppel by Representation (2de uitg., soos hersien deur Turner), para. 3 op bl. 4, verwys in sy basiese omskrywing van 'estoppel by representation' na 'the intention (actual or presumptive) . F . . of inducing the representee on the faith of such representation to alter his position to his detriment'.
Verder sê hy (para. 99 op bl. 89 en 90):
'There must have been an intention, actual or presumed, on the part of the representor to induce the particular representee, or a class to which he belongs, to act upon the representation . . . the intention need not necessarily be established directly: it may - indeed it generally must - be presumed or inferred from other facts; and, G particularly, from voluntary use of language, or conduct, on the part of the representor which was of a nature to induce a normal person in the circumstances of the particular case to act as the representee did, and which was calculated in this sense to have that effect, though not in the sense of a personal design. In such cases, it is not in the least necessary to show that the representor actually set before himself as an object the influencing of the representee in the alleged, or in any particular, manner; still less that he proposed to mislead or deceive him.'
H Blykbaar moet daar volgens Bower 'n subjektiewe element aanwesig wees, maar wat hierdie passasie, gelees met die basiese omskrywing, omtrent verwytbaarheid of nie-verwytbaarheid wil sê, indien enigiets, is my nie duidelik nie. Die opset, volgens ons reg, om 'n ander te oorreed om sy posisie tot sy nadeel te verander, veronderstel 'n bewustheid van die nadelige of moontlik nadelige gevolg; maar as bewys van woorde of gedrag wat uiteraard bereken is om 'n normale persoon om te haal om tot sy nadeel te handel, voldoende is, dan hoef daar nie noodwendig so 'n...
To continue reading
Request your trial-
Makate v Vodacom Ltd
...(2000 (2) SACR 349; 2000 (10) BCLR 1079; [2000] ZACC 12): dictum in para [21] applied B Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd 1970 (1) SA 394 (A): referred Joint Liquidators of Glen Anil Development Corporation Ltd (in Liquidation) v Hill Samuel (SA) Ltd 1982 (1) SA 103 (A): referred......
-
On Constitutive Formalities, Estoppel and Breaking the Rules
...Policy in Co ntract” (1991) 2 Stell LR 91 and the sources cited i n n 3 above. 111 Johaadien v S tanley Porter (Paa rl) (Pty) Ltd 1970 1 SA 394 (A) 403A per Steyn CJ.272 STELL LR 2016 2© Juta and Company (Pty)...
-
Die estoppelleerstuk : hoofstuk 8
...Motor Co Ltd v Sentraal Westelike Ko-operatiewe Maatskappy Bpk 1964 2 SA 47 T op 49A-53H; Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd 1970 1 SA 394 A; Oakland Nominees (Pty) Ltd v Gelria Mining & Investment Co (Pty) Ltd 1976 1 SA 441 A op 452A-H; B & B Hardware Distributors (Pty) Ltd v Adm......
-
B & B Hardware Distributors (Pty) Ltd v Administrator, Cape, and Another
...v National Bank of SA Ltd 1921 AD 121; Ross v Barnard 1951 (1) SA 414 (T) at 418E - 419; Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd 1970 (1) SA 394 (A); Martin v De Kock 1948 (2) SA 719 (A) at 735; Resisto Dairy (Pty) Ltd v Auto Protection Insurance Co Ltd 1963 (1) SA 632 (A); Joubert (ed......
-
Makate v Vodacom Ltd
...(2000 (2) SACR 349; 2000 (10) BCLR 1079; [2000] ZACC 12): dictum in para [21] applied B Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd 1970 (1) SA 394 (A): referred Joint Liquidators of Glen Anil Development Corporation Ltd (in Liquidation) v Hill Samuel (SA) Ltd 1982 (1) SA 103 (A): referred......
-
B & B Hardware Distributors (Pty) Ltd v Administrator, Cape, and Another
...v National Bank of SA Ltd 1921 AD 121; Ross v Barnard 1951 (1) SA 414 (T) at 418E - 419; Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd 1970 (1) SA 394 (A); Martin v De Kock 1948 (2) SA 719 (A) at 735; Resisto Dairy (Pty) Ltd v Auto Protection Insurance Co Ltd 1963 (1) SA 632 (A); Joubert (ed......
-
Thompson v Voges
...Motor Co Ltd v Sentraal Westelike Ko-operatiewe Maatskappy Bpk 1964 (2) SA 47 (T) op 60A; Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd 1970 (1) SA 394 (A) op J 400H; OK Bazaars 1988 (1) SA p695 A (1929) Ltd v Universal Stores Ltd 1973 (2) SA 281 (K) op 287H - 288A; Standard Bank of SA Ltd v......
-
Konstanz Properties (Pty) Ltd v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk
...1983 (4) SA 172 (T) Grosvenor Motors (Potchefstroom) Ltd v Douglas 1956 (3) SA 420 (A) Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd 1970 (1) SA 394 (A) Land and Agricultural Bank of SWA v Howaltd and Vollmer 1925 SWA 34 MacDonald v Radin NO and the Potchefstroom Dairies & Industries Co Ltd ......
-
On Constitutive Formalities, Estoppel and Breaking the Rules
...Policy in Co ntract” (1991) 2 Stell LR 91 and the sources cited i n n 3 above. 111 Johaadien v S tanley Porter (Paa rl) (Pty) Ltd 1970 1 SA 394 (A) 403A per Steyn CJ.272 STELL LR 2016 2© Juta and Company (Pty)...
-
Die estoppelleerstuk : hoofstuk 8
...Motor Co Ltd v Sentraal Westelike Ko-operatiewe Maatskappy Bpk 1964 2 SA 47 T op 49A-53H; Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd 1970 1 SA 394 A; Oakland Nominees (Pty) Ltd v Gelria Mining & Investment Co (Pty) Ltd 1976 1 SA 441 A op 452A-H; B & B Hardware Distributors (Pty) Ltd v Adm......
-
Bibliografie
...v Henderson (1849) 13 QBD 744 JM & JH Robertson v Beatson, M’Leod & Co Ltd 1908 S.C. 921 281Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd 1970 1 SA 394 AKelner v Baxter 1866 LR 2 CP 174Kelly v Bell 254 A.2d 62 (Del.Ch. 9169)Keystone Leasing Corporation v Peoples Protective Life Insurance Co ......
-
Inleiding
...Parlour (Pty) Ltd 1999 1 SA 624 W.40 Sien hoofstuk 3.41 Alhoewel die Appèlhof dit in Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd 1970 1 SA 394 A dit duidelik gemaak het dat skuld in die meeste gevalle ’n vereiste vir die aanwending van die estoppelleerstuk is, het die hof dit duidelik gema......