Inleiding

DOI10.10520/EJC74108
Published date01 January 2008
Pages1-9
Date01 January 2008
AuthorPierre Jacques Rabie
1
HOOFSTUK 1
INLEIDING
1.1 Onderwerp van studie
Die onderwerp van hierdie studie is die ontleding van die verteenwoor-
digingsreg soos dit binne maatskappyregtelike verband aanwending in
Suid-Afrika vind. Dit word gedoen deur die onderneming van ’n regs-
historiese sowel as ’n regsvergelykende studie. In die regs historiese
studie word die gemeenregtelike1 posisie ontleed, statu têre bepa lings
in hierdie verband bestudeer en moontlike oplossings word voor gestel
vir gebreke geïdentif‌iseer in hierdie vertakking van die Suid-Afrikaanse
ondernemingsreg. Die regsvergelykende gedeelte bevat ’n ondersoek
na die toepassing van die verteenwoordigingsreg soos dit aanwen ding
vind in korporatiefregtelike verband binne die Anglo-Amer ikaanse reg-
stelsels. Spesif‌ieke aandag word geskenk aan die regsposisies in
Engeland, Australië en die Verenigde State van Amerika.2
1.2 Doel van studie
Die doel van die studie is om eerstens die Suid-Afrikaanse ver teen-
woordigingsreg, sover dit maatskappye geregistreer in terme van die
Maatskappywet 61 van 19733 aanbetref, te evalueer ten einde gebreke
te identif‌iseer en analiseer. Tweedens sal daar gepoog word om deur
middel van evaluering deur ’n regsvergelykende studie op lossings vir
hierdie gebreke voor te stel.
1 Die gemeenregtelike posisie in Suid-Afr ika jeens verteenwoordiging
was oorspronklik in wese die er kenning van die Romeins-Hollandse
posisie aangaande direkte verteenwoordiging gekoppel aan die om-
vangryke stel reëls in verband met die verhouding tussen die verteen-
woordiger en die prinsipaal. Die verhouding tussen prinsipaal en ver-
teenwoordiger is slegs in breë trekke in die Romeins-Hollandse reg
gereël. Daar het ’n sterk behoefte aan die ontwikkeling van die ver-
teenwoordigingsreg in Suid-Afrika ontstaan. Hierdie behoefte het tot
gevolg gehad dat daar na die Engelse reg gegryp is, instede dat daar
by kontinentale stelsels (wat ’n nouer verbintenis met die Romeins-
Hollandse reg het) vir hulp aangeklop is. Dit het tot gevolg dat alhoewel
die Suid-Afrikaanse ver teenwoordigingsreg ’n Romeins-Hollandse
basis het, dit sterk deur die Engelse reg beïnvloed is. Hierdie verbas-
tering het tot die ver r y king van die Suid-Afrikaanse verteenwoordig-
ingsreg gelei. Daar word ongelukkig verskeie probleme ondervind en
die vraag kan baie beslis gevra word of die kool werklik die sous werd
was? Sien Joubert 1979:17-18; Trust Bank van Afrika v Eksteen 1964
3 SA 402 A; Baumann v Thomas 1920 AD 428; Blower v Van Noorden
1909 TS 890; Van Blommenstein v Holliday 1904 SC 11.
2 Hierna VSA.
3 Hierna Maatskappywet.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT