Die estoppelleerstuk : hoofstuk 8

Pages197-219
Published date01 January 2008
DOI10.10520/EJC74101
AuthorPierre Jacques Rabie
Date01 January 2008
197
HOOFSTUK 8
DIE ESTOPPELLEERSTUK
8.1 Doelwit en werkswyse
Die doel van hierdie hoofstuk is om die toepassing van die estoppel-
leerstuk in die Suid-Afrikaanse maatskappyereg te ontleed. Die onder-
soek word beperk tot die ontleding van die estoppelleerstuk in die
Suid-Afrikaanse maatskappyereg, aangesien die estoppelleerstuk
nie ’n leerstuk eie aan die maatskappyereg is nie.
Die werkswyse is om eerstens die ontstaan (in Engeland) en die
resepsie van die leerstuk in die Suid-Afrikaanse reg te bestudeer.
Die aard van die estoppelleerstuk, die vereistes wat nagekom moet
word vir die leerstuk om toepassing te vind, sowel as die verhouding
tussen die estoppelleerstuk en die exceptio doli word daarna onder-
soek. Die verhouding tussen die estoppelleerstuk en die ultra vires-
leerstuk sowel as die Turquand-reël word voorlaastens onder die loep
geneem. Laastens word daar gepoog om ’n praktiese oplossing rakende
die hantering van die estoppelleerstuk in die Suid-Afrikaanse reg daar
te stel.
8.2 Inleiding
Die estoppelleerstuk word deur die howe in die Suid-Afrikaanse reg
toegepas, waar ’n persoon (die estoppelopwerper) op grond van die
skuldige skynverwekking deur sy teenparty (die estoppelontkenner)
tot sy nadeel handel. Die estoppelontkenner word nie toegelaat om
die juistheid van sy wanvoorstelling te ontken nie.1
1 Blacman et al 2002:4.43-4.46; Rabie en Sonnekus 2000:2; Du Plessis
1991:290; Joubert 1979:109. Vir ’n oorsig van die algemene ontwik keling
en toepassing van die leerstuk van estoppel in die Suid-Afrikaanse reg,
sien Waterval Estate Gold Mining Co Ltd v New Bullion Gold Mining Co
Ltd 1905 TS 717 op 722-723; Baumann v Thomas 1920 AD 428 op 434-
436; Union Government v National Bank of South Africa Ltd 1921 AD
121; Union Government v Vianini Ferro-Concrete Pipes (Pty) Ltd 1941
AD 43 op 49; Grosvenor Motors (Potchefstroom) Ltd v Douglas 1956 3
SA 420 A op 427-428; Resisto Dairy (Pty) v Auto Protection Insurance
Co Ltd 1963 1 SA 632 A op 642G-643G; Poort Sugar Planters (Pty)
Ltd v Minister of Lands 1963 3 SA 352 A op 363D-365C; Hauptf‌leisch
v Caledon Divisional Council 1963 4 SA 53 K op 56E-57F; Connock’s
(SA) Motor Co Ltd v Sentraal Westelike Ko-operatiewe Maatskappy Bpk
1964 2 SA 47 T op 49A-53H; Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty)
Ltd 1970 1 SA 394 A; Oakland Nominees (Pty) Ltd v Gelria Mining &
Investment Co (Pty) Ltd 1976 1 SA 441 A op 452A-H; B & B Hardware
Distributors (Pty) Ltd v Administrator, Cape 1989 1 SA 957 A; Saf‌lec
Security Systems (Pty) Ltd v Group Five Building (East Cape) (Pty) Ltd
1990 4 SA 626 E op 634I-635G.
198
Appélregter Corbett het in Aris Enterprises (Finance) (Pty) Ltd v Protea
Assurance Co Ltd2 die toepassing van die leerstuk van estoppel in
die Suid-Afrikaanse howe soos volg beskryf:
The essence of the doctrine of estoppel by representation is that
a person is precluded, i.e. estopped, from denying the truth of
a representation previously made by him to another person,
if the latter, believing in the truth of the representation, acted
thereon to his prejudice.
Appélregter Corbett het in bogenomde saak met goedkeuring na die
beskrywing van Rabie3 aangaande die aanwending van die leerstuk
van estoppel verwys.4
Die effek van die leerstuk van estoppel is dat die maatskappy daarvan
weerhou sal word om op die ware toedrag van sake staat te maak
indien die derde die volgende drie aspekte kan bewys: Eerstens, dat
die maatskappy opsetlik of nalatig die wanvoorstelling gemaak het
dat ’n agent oor die nodige volmag beskik het om die ooreenkoms
namens die maatskappy aan te gaan. Tweedens, dat die derde as
gevolg van hierdie wanvoorstelling beweeg is om die ooreenkoms
met die maatskappy aan te gaan, en laastens dat die derde bena-
deel is as gevolg van die wanvoorstelling.5
Dit is veral belangrik dat die estoppelleerstuk en die Turquand-reël as
afsonderlike leerstukke in die maatskappyereg beskou moet word,
aangesien die vermenging van hierdie leerstukke al tot grootskaalse
verwarring gelei het.6
2 1981 3 SA 274 A op 291D-E.
3 Rabie het die aanwending van die leerstuk in LAWSA soos volg ge-
formuleer: “[A] person is precluded, i.e. estopped, from denying the
truth of a representation previously made by him to another person if
the latter, believing in the truth of the representation previously made
by him to another person if the latter, believing in the truth of the re-
presentation, acted thereon to his prejudice.”
4 Rabie en Sonnekus 2000:2.
5 Cilliers et al 2000:193; Williams 1997:196-197; Van Huysteen en Van
der Merwe 1990:86; Joubert 1979:109-122. Sien ook Insurance Trust
and Investments (Pty) Ltd v Mudaliar 1943 NPD 45; Big Dutchman
(South Africa) (Pty) Ltd v Barclays National Bank Ltd 1979 3 SA 267
W 282E-H; B & B Hardware Distributors (Pty) Ltd v Administrator,
Cape 1989 1 SA 957 A; Saf‌lec Security Systems (Pty) Ltd v Group Five
Building (East Cape) (Pty) Ltd 1990 4 SA 626 E 634I-635G.
6 Sien hoofstukke 7 en 8.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT