Konstanz Properties (Pty) Ltd v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk

JurisdictionSouth Africa
Citation1996 (3) SA 273 (A)

Konstanz Properties (Pty) Ltd v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk
1996 (3) SA 273 (A)

1996 (3) SA p273

Citation

1996 (3) SA 273 (A)

Case No

362/94

Court

Appèlafdeling

Judge

Botha AR, E M Grosskopf AR, Nienaber AR, Marais AR, Scott AR

Heard

March 7, 1996

Judgment

March 27, 1996

Counsel

J J Botha namens die appellant (eiser).
W de Haan namens die respondent (verweerder).

Flynote : Sleutelwoorde B

Eiendomsreg — Verkryging van — Accessio — Pompe, pype en verwante toerusting geïnstalleer in pomphuis as deel van besproeiingstelsel vir plaas — Installeerder C het toerusting as los artikels gekoop kragtens huurkoopooreenkoms in terme waarvan eiendomsreg deur groothandelaar voorbehou is hangende betaling van volledige koopprys — Of koper/grondeienaar deur accessio eienaar van toerusting geword het voordat koopprys volledig betaal is — Moderne benadering is dat subjektiewe bedoeling waarmee aanhegting geskied deurslaggewend is en D voorkeur geniet bo aard van artikel en wyse van aanhegting — Of relevante bedoeling die van verkoper/eienaar van los goed, die van aanhegter of die van koper/grondeienaar is — Hof veronderstel dat toets in toonaangewende saak, naamlik dat bedoeling van verkoper/eienaar van los goed heers, steeds geld — In casu het groothandelaar nooit bedoel om van eiendomsreg afstand te doen E alvorens betaling daarvan item vir item nie ten volle geskied het nie — Accessio het nie plaasgevind nie.

Estoppel — Deur gedrag — Wat uitmaak — Respondent, 'n groothandelaar, het goed op krediet met voorbehoud van eiendomsreg aan kleinhandelaar verkoop met F wete dat dit deel van laasgenoemde se handelsvoorraad sou word en as sodanig vryelik en in gewone loop van sake vervreembaar sou wees — Respondent het in sodanige omstandighede voorstelling aan klante van kleinhandelaar gemaak dat kleinhandelaar oor bevoegdheid beskik om eiendomsreg daarin aan kopers oor te dra — Respondent moes redelikerwys voorsien het dat niksvermoedende klant G van kleinhandelaar moontlik mislei en benadeel kon word — Respondent kan nie voorbehoud van eiendomsreg teenoor onskuldige koper handhaaf nie.

Headnote : Kopnota

Die appellant, die eienaar van 'n plaas, het deur middel van sy bestuurder 'n ooreenkoms met P BK, 'n H beslote korporasie, aangegaan om 'n besproeiingstelsel op die plaas op te rig. P BK koop die komponente vir die stelsel (pompe, pype, sluitstukke, kleppe, ensovoorts) as los items by die respondent, 'n groothandelaar. Kragtens die ooreenkoms tussen P BK en die respondent behou die respondent egter eiendoms-reg in elke item totdat P BK die volledige koopprys betaal het. P BK I installeer die stelsel op die plaas en die appellant betaal vir P BK, maar P BK laat na om die respondent op sy beurt te betaal. Die stelsel behels onder meer 'n baksteen pomphuis met twee elektriese pompe gekonnekteer aan 'n ondergrondse besproeiingstelsel wat 'n area van ongeveer 1,5 hektaar bedien en met 800 sproeiers toegerus is. Die respondent verkry verstekvonnis teen P BK waarin die adjunk-balju beveel word om by wanbetaling op die toerusting beslag te lê, waarop die appellant by 'n Provinsiale Afdeling aansoek doen vir 'n bevel wat verklaar dat hy die eienaar is van die items in sy besit waarop die bevel betrekking het. Veral twee kwessies het J

1996 (3) SA p274

A ter sprake gekom: of die toerusting deur aanhegting deel geword het van die appellant se eiendom en of die respondent deur estoppel belet word om hom op sy voorbehoue eiendomsreg te beroep. Die advokate vir die partye het ooreengekom dat die respondent afstand doen van enige reg wat hy op enige komponent wat nie in die pomphuis geïnstalleer is nie mag hê. Die Hof a quo beslis beide kwessies ten gunste van die respondent en gelas die appellant om die respondent toe te laat om die toerusting te verwyder. Op appèl na die Appèlafdeling, B

Beslis, wat betref die kwessie van aanhegting, dat of los goed deur aanhegting vas word, van omstandighede afhang. Die 'nuwe' benadering is dat die subjektiewe bedoeling waarmee die aanhegting geskied (met die nadruk daarop of die aanhegting beoog was om blywend te wees) deurslaggewend is - die aard van die roerende saak wat aangeheg word en die wyse van aanhegting is as 'n kwessie van graad slegs aanduidend van die bedoeling waarmee dit aangeheg is. (Op 281A en 281E/F.)

C Die volgende vraag was na wie se bedoeling gekyk moes word: die eienaar van die los goed, die aanhegter of die eienaar van die grond? In MacDonald Ltd v Radin NO and the Potchefstroom Dairies & Industries Co Ltd 1915 AD 454 (waar, soos in die onderhawige geval, die eienaar van die los goed en die aanhegter nie dieselfde persoon was nie) is beslis dat die bedoeling van die eienaar van die los goed deurslaggewend was. Die Hof a quo was aan hierdie siening gebonde en het sy D uitspraak ronduit daarop gegrond. Die advokaat vir die appellant het ook nie op appèl betoog dat hierdie benadering heroorweeg moes word nie en die vraag is dus nie beredeneer nie. Die advokaat vir die appellant se standpunt was dat die hele besproeiingstelsel bestem was om blywend deel van die plaas te wees en fisies, ekonomies en funksioneel 'n eenheid uitgemaak het, met die gevolg dat dit nie nodig was om in te gaan op die bedoeling waarmee die aanhegting verrig is nie. Indien daar egter wel na die respondent se bedoeling gekyk moes word, het hy hom in elk geval met die permanente aanhegting van sy los goed op die grond van die appellant E vereenselwig.

Beslis, dat om slegs na die aard en wyse van die aanhegting te kyk in wese daarop neerkom dat daar nie aan die 'nuwe' benadering voorkeur verleen word nie, en dat indien daar wel na bedoeling gekyk word, dit opvallend was dat die eienaar van die los F goed (die respondent) nie 'n klaargemaakte stelsel verkoop het nie, maar 'n aantal los artikels, onder aparte fakture, elk met sy eie prys. Vanuit sy oogpunt beskou, was daar dus nie sprake van 'n ekonomiese of funksionele eenheid nie. (Op 283I-J.)

Beslis, verder, dat die advokaat vir die appellant se alternatiewe betoog daarop berus het dat dit juis die respondent se bedoeling was wat van belang was en dat hy bedoel het dat die verkoopte items blywend deel van een of ander onbekende persoon se eiendom sou word. (Op 284C/D-E.) G

Beslis, verder, dat hierdie betoog egter lynreg bots met die bepaling in die ooreenkoms tussen die respondent en P BK dat die respondent eienaar van die goed sou bly totdat betaling daarvan item vir item ten volle geskied het. (Op 284E-F.)

Beslis, verder, dat, alhoewel dit so was dat indien die respondent se bedoeling beslissend was, die Hof a quo korrek was oor die kwessie van aanhegting, dié gevolgtrekking berus het op die aanvaarding van 'n dogmatiese standpunt wat, in die lig H van bedenkings wat veral teen die benadering in die MacDonald-saak uitgespreek is, in die toekoms heroorweeg mag word. In die onderhawige geval het die appellant egter nie sy saak op daardie grondslag aangevoer nie en kon daar ten gunste van die respondent aanvaar word dat die MacDonald-toets steeds geld en dat die respondent se bedoeling moes heers. Gevolglik kon die appèl op die grondslag van aanhegting nie slaag nie. (Op 284F/G-H.)

Beslis, verder, wat betref die kwessie van estoppel, dat, alhoewel dit so was dat 'n eienaar nie sy eiendomsreg in gedrang kon bring bloot deur die saak aan 'n ander se I sorg of besit toe te vertrou nie, daar hier iets meer ter sprake was: 'n groothandelaar het teen krediet goedere aan 'n kleinhandelaar verskaf terwyl hy geweet het dat dit laasgenoemde se bedryf is om die goedere aan die publiek te verkoop, met ander woorde dat dit deel sou word van laasgenoemde se handelsvoorraad en as sodanig vryelik en in die gewone loop van sake vervreembaar sou wees. In so 'n geval maak die groothandelaar deur sy gedrag die voorstelling aan enige klant van die J

1996 (3) SA p275

kleinhandelaar wat die goed koop dat die handelaar oor die bevoegdheid beskik om die eiendomsreg daarin aan die koper oor te dra. (Op 286D/E, 286F en 288B/C-C/D.) A

Beslis, verder, wat betref die kwessie van nalatigheid, dat die voorbehoud van eiendomsreg die voorsienbare moontlikheid geskep het dat 'n niksvermoedende klant van P BK soos die appellant die betrokke artikels sou koop en daarvoor betaal menende dat hy deur lewering eienaar sou word: vandaar die nalatigheid en vandaar die estoppel. Die resultaat was dat die respondent se voorbehoud van eiendomsreg nie B teenoor 'n onskuldige koper kon deug nie; dit sou alleen werking hê indien die goed by opeising nog in P BK se besit was. (Op 288H.) Die appellant se beroep op estoppel is dus verkeerdelik deur die Hof a quo van die hand gewys. (Op 288J-289A.) Appèl gehandhaaf.

Die beslissing in die Kaapse Provinsiale Afdeling in Konstanz Properties (Pty) Ltd v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk omvergewerp. C

Flynote : Sleutelwoorde

Ownership — Acquisition of — Accessio — Pumps, pipes and ancillary equipment installed in pumphouse as part irrigation system for farm — Items purchased individually by installer from wholesaler in terms of hire-purchase agreement according to which wholesaler reserved ownership pending payment of full purchase price — Whether purchaser/landowner became owner of equipment D through accessio before purchase price paid in full — Modern approach is that subjective intention with which attachment was made taking precedence over nature of article and degree and manner of annexation — Whether relevant intention that of annexor, that of seller/owner of movable or that of purchaser/landowner — Court assuming that test set out in leading case, viz that intention of owner of movable decisive, still applicable — In casu, wholesaler never having intended to part with ownership before every item paid for in full — Accessio not having taken place. E

Estoppel — By conduct — What...

To continue reading

Request your trial
18 practice notes
  • Makate v Vodacom Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 99 (N): C referred to Klopper v Van Rensburg 1920 EDL 239: referred to Konstanz Properties (Pty) Ltd v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk 1996 (3) SA 273 (A) ([1996] ZASCA 28): referred Legg & Co v Premier Tobacco Co 1926 AD 132: referred to Leketi v Tladi NO and Others [2010] 3 All SA 519 (SCA......
  • Unimark Distributors (Pty) Ltd v Erf 94 Silvertondale (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Chrome (Pty) Ltd v MCC Contracts (Pty) E Ltd 1993 (1) SA 77 (A): applied Konstanz Properties (Pty) Ltd v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk 1996 (3) SA 273 (A): Leal & Co v Williams 1906 TS 554: referred to MacDonald Ltd v Radin NO and The Potchefstroom F Dairies and Industries Co Ltd 1915 AD 454:......
  • Airports Company South Africa Ltd v Airport Bookshops (Pty) Ltd t/a Exclusive Books
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1984 (3) SA 155 (A): referred to Karim v Baccus 1946 NPD 721: referred to Konstanz Properties (Pty) Ltd v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk 1996 (3) SA 273 (A) ([1996] ZASCA 28): referred KPMG Chartered Accountants (SA) v Securefin Ltd and Another 2009 (4) SA 399 (SCA) F ([2009] 2 All SA 523; [20......
  • Makate v Vodacom (Pty) Limited
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 26 Abril 2016
    ...(W); Pretorius v Loudon 1985 (3) SA 845 (A); and Konstanz Properties (Pty) Ltd (Edms) v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk [1996] ZASCA 28; 1996 (3) SA 273 (A). [77] One Stop Financial Services (Pty) Ltd v Neffensaan Ontwikkelings (Pty) Ltd and Another 2015 (4) SA 623 (C) at para [78] Oriental Pro......
  • Request a trial to view additional results
16 cases

2 books & journal articles
  • Book Review: German Corporate Governance in International and European Context
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 Mayo 2019
    ...(Pty) Ltd 1963 (1) SA 102 (A), Reck v Millsen ’n Ander 1990 (1) SA 751 (A), Konstanz Properties (Pty) Ltd v WmSpilhaus en Kie (WP) Bpk 1996 (3) SA 273 (A), Senekal v Roodt 1983 (2) SA602 (T), Eskom v Rollomatic Engineering (Edms) Bpk 1992 (2) SA 725 (A),(2012) 24 SA Merc LJ254© Juta and Com......
  • Book Review: Law of Property Casebook for Students/Sakereg Vonnisbundel vir Studente. By AJ Van der Walt
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 13 Mayo 2019
    ...(Pty) Ltd 1963 (1) SA 102 (A), Reck v Millsen ’n Ander 1990 (1) SA 751 (A), Konstanz Properties (Pty) Ltd v WmSpilhaus en Kie (WP) Bpk 1996 (3) SA 273 (A), Senekal v Roodt 1983 (2) SA602 (T), Eskom v Rollomatic Engineering (Edms) Bpk 1992 (2) SA 725 (A),(2012) 24 SA Merc and Brink v Van Nie......
18 provisions
  • Makate v Vodacom Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 99 (N): C referred to Klopper v Van Rensburg 1920 EDL 239: referred to Konstanz Properties (Pty) Ltd v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk 1996 (3) SA 273 (A) ([1996] ZASCA 28): referred Legg & Co v Premier Tobacco Co 1926 AD 132: referred to Leketi v Tladi NO and Others [2010] 3 All SA 519 (SCA......
  • Unimark Distributors (Pty) Ltd v Erf 94 Silvertondale (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Chrome (Pty) Ltd v MCC Contracts (Pty) E Ltd 1993 (1) SA 77 (A): applied Konstanz Properties (Pty) Ltd v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk 1996 (3) SA 273 (A): Leal & Co v Williams 1906 TS 554: referred to MacDonald Ltd v Radin NO and The Potchefstroom F Dairies and Industries Co Ltd 1915 AD 454:......
  • Airports Company South Africa Ltd v Airport Bookshops (Pty) Ltd t/a Exclusive Books
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1984 (3) SA 155 (A): referred to Karim v Baccus 1946 NPD 721: referred to Konstanz Properties (Pty) Ltd v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk 1996 (3) SA 273 (A) ([1996] ZASCA 28): referred KPMG Chartered Accountants (SA) v Securefin Ltd and Another 2009 (4) SA 399 (SCA) F ([2009] 2 All SA 523; [20......
  • Makate v Vodacom (Pty) Limited
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 26 Abril 2016
    ...(W); Pretorius v Loudon 1985 (3) SA 845 (A); and Konstanz Properties (Pty) Ltd (Edms) v Wm Spilhaus en Kie (WP) Bpk [1996] ZASCA 28; 1996 (3) SA 273 (A). [77] One Stop Financial Services (Pty) Ltd v Neffensaan Ontwikkelings (Pty) Ltd and Another 2015 (4) SA 623 (C) at para [78] Oriental Pro......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT