Tydskrif van Suid Afrikaanse Reg

Publisher:
Juta Journals
Publication date:
2021-07-05
ISBN:
0257-7747

Description:

This multilingual periodical is published quarterly by Juta for the Faculty of Law, University of Johannesburg. This scholarly and practical journal covers a broad spectrum of topics pertinent to the legal community.

Latest documents

  • Judicature: When is a sectional title scheme rule a conduct rule and what are the requirements for the validity of a conduct rule in a sectional title scheme?

    WANNEER IS 'N REËL VAN 'N DEELTITELSKEMA 'N GEDRAGSREËL EN WAT IS DIE VEREISTES VIR DIE GELDIGHEID VAN 'N GEDRAGSREËL IN 'N DEELTITELSKEMA? Ingevolge reël 9(e) van die Melville-skemareëls was alle deeltitelbewoners verplig om die veiligheidsmaatreëls wat van tyd tot tyd ingestel word na te kom, insluitende operasionele prosedures soos ooreengekom tussen die regspersoon en die sekuriteitsonderneming. Ingevolge hierdie skemareël het die regspersoon 'n sekuriteitsprotokol aangeneem waarvolgens alle diensverskaffers hul aankoms via die interkom aan die wag by die hoofingang van die skema moet aankondig. Die wag moet dan die besteller van die goedere per telefoon inlig dat die bestelling by die hoofingang afgehaal kan word. Indien die bestelling van so 'n aard is dat dit nie redelikerwys by die hoofingang afgehaal kon word nie, is die diensverskaffers slegs toegang tot die deeltitelskema verleen indien hulle vergesel word deur die besteller. Daarom moet die besteller die verskaffer by die hoofingang ontmoet en na sy of haar woonstel en daarna weer terug na die ingang begelei. Die beregter (adjudicator) bevind dat die feit dat die trustees en die lede van die regspersoon op 'n spesiale algemene vergadering die veiligheidsprotokol goedgekeur het, beteken dat hulle slegs veiligheidsmaatreëls volgens skemareël 9(e) goedgekeur het, en dat dit nie die goedkeuring van 'n gedragsreël behels het nie. Die vergadering waarop die beregter se beslissing berus het was nie belê om 'n spesiale besluit of wysigings van die gedragsreëls te oorweeg nie en die lede wat gepoog het om die protokol goed te keur, het nie vyf en sewentig persent van die lede in getal en waarde verteenwoordig nie. Op appèl op 'n regsvraag na die hooggeregshof in Johannesburg beweer die appellant dat die veiligheidsprotokol neerkom op 'n gedragsreël wat die goedkeuring van die hoof ombud ingevolge artikel 10(5)(b) van die Wet op die Bestuur van Deeltitelskemas vereis. Die regspersoon het die vereiste goedkeuring omseil deur die protokol ingevolge reël 9(e) deur 'n gewone meerderheid goed te keur as 'n veiligheidsmaatreël op grond van pogings tot inbrake en die teenwoordigheid van talle verskaffers van dienste gedurende die Covid-19 pandemie. Die hof bevind egter dat die veiligheidsprotokol as gedragsreël nie geldig goedgekeur en in werking gestel is nie. Gevolglik word die regspersoon ingevolge artikel 39(3)(c) van die Wet op die Ombuddiens vir Gemeenskapskemas beveel om 'n nuwe skemagedragsreël te registreer en die ongeldige veiligheidsprotokol te verwyder. Die volgende lesse kan uit hierdie beslissing van die hooggeregshof in Johannesburg geleer word: (1) Die hof grond sy beslissing op die Stenersen-beslissing van dieselfde hof dat die appèl 'n eng appèl is met betrekking tot 'n regsvraag op die feite-bevinding van die beregter. Na my mening verskil die hof op goeie gronde van die Wes-Kaapse uitspraak in die Shmaryahu-saak waarin beslis is dat die appèl 'n aansoek op hersiening van die beregter se bevel is. (2) Die hof bevind dat die regsvraag waaroor die hof moes beslis, was dat die beregter die betoog van die appellant verwerp het dat die hof wesenlik besig was met die wysiging van 'n gedragsreël wat deur die ombuddiens goedgekeur moes word. (3) Die beregter het bevind dat dit juis was om 'n bevel ingevolge artikel 39(4)(b) en 39(4)c)(i) en (ii) uit te reik wat handel oor prosessuele aangeleenthede, soos die vereiste kworum en meerderheidbesluit. Die appellant het egter aangedring op 'n bevel dat die veiligheidsprotokol ongeldig is wat deur die regspersoon ingevoer is. Die hoë hof beslis dan ook tereg dat die regspersoon ingevolge artikel 39(3)(c) beveel word om 'n nuwe skemareël aan te neem om die protokol te verwyder. (4) Die hof beslis dat hoewel die Melville-skemareëls huisreëls genoem word, die huisreëls slegs gedragsreëls óf bestuursreëls kan wees. (5) Die hof beslis dat die veiligheidsprotokol inderdaad 'n gedragsreël is omdat die protokol die bewoners verplig om hul afgelewerde goedere by die ingang te gaan afhaal of anders die diensverskaffers na hulle woonstelle en terug na die hoofingang persoonlik te begelei. (6) Die hof beslis tereg dat die kernprobleem met skemareël 9(e) is dat die reël die regspersoon magtig om met 'n veiligheidsonderneming ooreen te kom dat alle skemabewoners vaste veiligheidmaatreëls moet gehoorsaam. Die uitkoms van hierdie reël (die protokol) is ongeldig omdat dit poog om die bestuur van die skema deur hierdie ooreenkoms met die veiligheidsonderneming te kontroleer in plaas van 'n gedragsreël wat deur die ombuddiens goedgekeur moet word. (7) Hoewel die hof geldige redes aanvoer waarom die hof nie wou beslis oor die vraag of die protokol onredelik was nie, is dit interessant om te bespiegel of die protokol wél onredelike gevolge vir sommige bewoners ingehou het. In die hoofde van betoog het die appellant aangevoer dat die aflewering by die hoofingang verkeersprobleme op die besige straat voor die skema veroorsaak; dat die afleweringspunt by die hoofingang die bewoners somtyds aan ongure weerstoestande blootstel; dat die afstand na die hoofingang vir sommige bewoners meer as 90 meter was en dat veral die ouer bewoners nie tot die hoofingang kon loop of alleenstaande moeders nie hulle kinders alleen kon laat om hul bestellings daar af te haal nie. (8) Die hof beslis dat die stappe geneem deur die trustees om die protokol goed te keur, naamlik 'n vergadering wat aan die minimum kworumvereiste voldoen en 'n gewone meerderheidsbesluit, nie voldoende was om 'n gedragsreël goed te keur nie omdat die aanvaarding van 'n gedragsreël 'n spesiale besluit en die goedkeuring deur die ombuddiens vereis. (9) Wat die koste-bevel betref, beveel die hof dat die regspersoon party-en-party koste moet betaal, maar omdat al die lede proporsioneel volgens hul deelnemingskwotas tot die koste sal moet bydra, word die appellant verskoon van hierdie verpligting.

  • PRASA’s open-door commuter trains remain a reliable source of income for legal practitioners: A survey of recent case law

    PRASA SE OOPDEUR PENDELTREINE BLY 'N BETROUBARE INKOMSTEBRON VIR REGSPRAKTISYNS: 'N OORSIG VAN ONLANGSE REGSPRAAK Ofskoon die spoorwegstelsel in Suid-Afrika reeds vroeg ontwikkel het en tydens die vorige eeu 'n hoogtepunt van effektiwiteit én diensbaarheid bereik het, het dit oor die laaste dekades erg verval, in die besonder wat pendeldienste deur voorstedelike treine betref. Hierdie toestand het aanleiding gegee tot die stigting van die Rail Commuters Action Group wat in 2005 in Rail Commuters Action Group v Transnet t/a Metrorail daarin geslaag het om die konstitusionele hof daarvan te oortuig dat die Passenger Rail Agency of South Africa (PRASA) wat vir pendeldienste verantwoordelik is, 'n publiekregtelike verpligting het om pendelaars veilig te vervoer. Dieselfde hof het in 2016 in Mashongwa v Passenger Rail Agency of South Africa beslis dat PRASA se verpligting teenoor pendelaars ook privaatregtelik van aard is en dat verbreking daarvan die grondslag van 'n deliktuele vordering kan vorm. In 2023 is daar verskeie uitsprake in die SAFLII hofverslae gerapporteer, waarvan die volgende vyf gehandel het oor beserings opgedoen deur pendelaars wat tydens hul reis by oop treindeure uitgeval het en ernstig beseer is: Mthethwa v Passenger Rail Agency of South Africa (PRASA), Maphela v Passenger Rail Agency of South Africa, Mathekga v Passenger Rail Agency of South Africa, Mavhungu v Passenger Rail Agency of South Africa en Davids v The Passenger Rail Agency of South Africa. In hierdie bydrae word elk van hierdie uitsprake krities ontleed om te bepaal hoe die howe die geykte beginsels van die deliktereg probeer toepas om die toenemende aantal sake van dié aard te besleg. Slegs een van die uitsprake is as rapporteerbaar aangemerk (die Maphela-saak), wat aanduidend is van die feit dat die regters (met die uitsondering van die voorsittende beampte in die Davids-uitspraak almal waarnemend) nie van oordeel was dat hulle oorspronklike bydraes tot die regspleging gemaak het nie. Ofskoon dit die geval blyk te wees, bied hul uitsprake waardevolle voorbeelde vir die praktyk van hoe veral die onregmatigheids- en nalatigheidselement van die onregmatige daad in dié soort geval benader en toegepas word. Ongelukkig skiet meeste van hierdie uitsprake in 'n mindere of meerdere mate tekort ten aansien van die hantering van die regsteorie, byvoorbeeld wat die uiteensetting en toepassing van die toets vir nalatigheid betref. Dit kom ook voor of daar nie deurgaans duidelikheid heers oor die grense van die onregmatigheids- en nalatigheidselemente nie. Verder blyk dit dat die meerderheid regters tevrede was om die kousaliteitsvraag slegs met verwysing na feitelike kousaliteitsbeginsels te besleg, sonder om juridiese kousaliteit uitdruklik te oorweeg. Dit blyk duidelik dat dringende stappe nodig is om die infrastruktuur van ons pendel-spoorverkeer te verbeter ten einde te verhoed dat die soort ongeval wat in hierdie bydrae onder die loep geneem word, voortduur, of selfs vererger. Tot tyd en wyl dit geskied, sal PRASA se treine met oop deure 'n betroubare inkomstebron vir regpraktisyns verseker.

  • Aantekeninge: Trustaktes en die risiko’s van ’n onnadenkende kopiëring van template

    TRUST DEEDS AND THE RISKS INVOLVED IN INDISCRIMINATELY RELYING ON WELL-USED TEMPLATES The formulations used in many deeds for a trust inter vivos are probably examples of the type of fallacy that accepts that because there are thousands if not millions of trust deeds for a trust inter vivos that have an identical preamble, they must be legally valid. In many of these trust deeds the preamble and first clause in essence reads: 'TRUST DEED XYZ TRUST ENTERED INTO BETWEEN XYZ Identity Number 801023 4567 089 (hereinafter referred to as FOUNDER) and XYZ Identity Number 801023 4567 089 And ABC ID nr And DEF ID nr (hereinafter referred to as TRUSTEES) ON BEHALF OF: THE INCOME AND CAPITAL BENEFICIARIES AS DEFINED IN PARAGRAPH 1.2.1 OF THIS TRUST DEED WHEREAS the founder is desirous of creating the trust herein referred to for and on behalf of the aforementioned beneficiaries subject to the terms and conditions as hereinafter set forth in more detail. AND WHEREAS the trustees declared themselves willing to accept the donation and to hold and utilise it on behalf of the beneficiaries subject to the conditions as set forth by the founder and as it is recorded in this deed of trust; The founder hereby donates to the trustees the amount of R100 (One Hundred Rand) which immediately vests in the trustees in their official capacity to be held in trust and administered according to the terms of this deed. The current trustees are as scheduled in the preamble to this deed ...' (emphasis added). In the example the agreement is seemingly concluded with itself by XYZ acting simultaneously as the founder and as primary trustee. However, it is an established legal and logical principle that a legal subject, with the possible exception of a recognised agency construction with an existing principal, cannot enter into an agreement with himself and that any attempt to establish such a construction is necessarily doomed to complete nullity. In the initial editions of LAWSA, this principle was repeated without qualification with regard to a representative construction: 'a contract is a juristic act for which expressions of common intention by at least two persons are required'. The later qualification in the case law applies only to the said existing principal and agency arrangements. The envisaged future trust inter vivos can be established, however, at the earliest after all the parties involved have signed the document to express their agreement to the terms incorporated in the agreement. Until then, there is still no trust, and no one can 'in an official capacity', in the sense that Honoré argues that trusteeship is an 'office', represent the non-existent trust. Where a person seeks to conclude an alleged agreement with himself, the law attaches as little value to it as to an arbitrary New Year's resolution – no legal consequences flow from it. Such an 'agreement' is ab initio void and without any legal consequences. Void agreements cannot later be rectified. This is not to be confused with an incorrectly recorded agreement where any of the parties to the existing agreement is entitled to rely on their real consensus and to have the document formally corrected to express their true common intention. Apparently, the trust deed in the example of the XYZ Trust above is void from the outset regardless of whether or not the master of the high court officially registered it later. The administrative act of registration by the master cannot amend the legal position and breathe legal life into a void document. It is submitted that there is an easy way out of the self-caused 'practice crisis' where the naïve use of the trusted template of the trust deeds unintentionally jeopardises the validity of these trusts because of the unnecessary cloning of the founder as primary trustee. The trusted template should be amended so that the founder does not allegedly contract with himself as trustee but merely enters into the agreement with the other two persons identified as the original trustees of the XYZ Trust. In order to give effect where applicable to the interest of the founder to retain as a trustee (albeit effectively as one of the controlling trustees) say in the execution of 'his' trust, a simple additional conditional clause may provide for a resolutive condition that applies if the other two trustees with whom he as founder initially signed the trust deed do not enter into an agreement with him within the prescribed period in order to add him as an additional trustee on his acceptance of all the controlling powers provided for in the deed. The template often provides for the later appointment of additional trustees: 'The current trustees are as scheduled in the preamble to this deed ... but the trustees are entitled to appoint additional trustees of their own choice ... .'

  • Judicature: The trade and production of income requirements for the deductibility of interest

    DIE BEOEFENING VAN 'N BEDRYF EN IN DIE VOORTBRENGING VAN INKOMSTEVEREISTES VIR DIE AFTREKKING VAN RENTE Ten einde 'n rente uitgawe wat voortspruit uit 'n skuldinstrument te kan aftrek, moet 'n belastingbetaler aan beide die vereistes van 'in beoefening van 'n bedryf' en 'die voortbrenging van inkomste' voldoen. Die beoefening van 'n bedryf-vereiste behels dat die belastingbetaler moet aantoon dat hulle 'n positiewe stap geneem het, nie bloot 'n passiewe rol vertolk nie. Ten einde aan die voortbrenging van inkomste-vereiste te voldoen, moet die belastingbetaler aantoon dat die uitgawe nou verwant is aan die voortbrenging van inkomste soveel so dat dit as deel daarvan geag kan word. Alhoewel die algemene aftrekkingsformule vereis dat die belastingbetaler 'n bedryf moet uitoefen en die uitgawe vir doeleindes daarvan aangegaan moes wees, vereis die spesiale reëls betreffende die aangaan en toevalling van rente, sowel as die insluiting en aftrekbaarheid van rente, soos vervat in artikel 24J van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962, nie so 'n skakel nie. Die belastingbetaler in Unitrans Holdings Ltd v CSARS ((A3094/2022) 2024 ZAGPJHC 3 (9 Jan 2024)) het probeer om meer as wat nodig was aan te toon om 'n aftrekking te eis, naamlik dat dit 'n bedryf as 'n geldskieter beoefen het, terwyl dit voldoende sou wees om aan te dui dat dit 'n bedryf, enige bedryf, beoefen het. Hierdeur het die belastingbetaler 'n risiko geloop om die geskil op die vraag van die beoefening van 'n bedryf te verloor, maar het eintlik die saak verloor omdat daar nie bewys is dat die rente-uitgawes aangegaan was in die voortbrenging van inkomste nie. Alhoewel die bedoeling om 'n wins te maak nie 'n vereiste vir die beoefening van 'n bedryf is nie, ontken die gebrek daaraan die doel van die voortbrenging van inkomste. 'n Direkte skakel tussen die uitgawe en die voortbrenging van inkomste word steeds vereis. Indien daardie skakel nie bestaan nie, of gebreek is, is die uitgawe nie aftrekbaar nie. Dit is ook die geval waar die uitgawe, soos in casu, bedoel is om belastingvrye inkomste voort te bring. Die Suid Afrikaanse Inkomste Diens se voorneme om die praktyk te staak om rente-aftrekkings toe te laat op geleende geld wat teen 'n hoër of laer rentekoers herleen word, beklemtoon die belang van artikel 24J van die wet en die nakoming van die reëls daarvan.

  • Comment: Three cases on jurisdiction

    DRIE BESLISSINGS OOR JURISDIKSIE Hierdie bespreking handel oor die vereistes om jurisdiksie oor 'n peregrinus te vestig, naamlik arres en beslaglegging, en die ontwikkeling daarvan in die Suid-Afrikaanse regspraak. In sy uitspraak hieroor het die hoogste hof van appèl beslis dat dit onkonstitusioneel is om arres as 'n vereiste vir jurisdiksie te stel en as vervanging daarvoor is die gemenereg ontwikkel. Daar is bepaal dat jurisdiksie oor 'n peregrinus gevestig kan word deur betekening van die dagvaarding op hom of haar in Suid-Afrika en daarby die bestaan van gerieflike en toepaslike faktore wat die hof met die geskil verbind. Regspersone kan natuurlik nie gearresteer word nie en die hof het hom ook nie hieroor uitgespreek nie. Gerieflikheid alleen is dus nie 'n bron van jurisdiksie nie. In twee beslissings van die mededingingsappèlhof is die gemenereg egter nóg verder ontwikkel en is beslis dat jurisdiksie oor peregrini-banke wat geen verbintenis met Suid-Afrika het nie, wel gevestig word indien hulle deel is van 'n sogenaamd omvattende sameswering met plaaslike en ander banke om die rand-dollar wisselkoers te manipuleer. Hierdie twee beslissings word krities vergelyk met die uitspraak van die tribunaal van die finansiële dienste-sektor wat gehandel het oor twee individue, beide peregrini, wat beboet is terwyl hulle nie in Suid-Afrika gewoon, gedomisilieer óf teenwoordig was nie. Daar word aan die hand gedoen dat laasgenoemde uitspraak korrek is en dat die verdere ontwikkeling van die gemenereg in die twee eerder gemelde uitsprake van die mededingingsappèlhof nie oortuigend is nie.

  • ’n Perdepaspoort, logboek, mantel of die invecta et illata in huureiendom is geen objekte van ’n retensiereg van die besitter nie

    A HORSE PASSPORT, LOGBOOK, COAT OR THE INVECTA ET ILLATA IN RENTED PROPERTY ARE NOT OBJECTS OF A LIEN OF THE HOLDER A retentorderives no real security right from either an obligatory agreement or a real agreement with the owner of the thing he is retaining under his lien. Therefore he is not on the same footing as the holder of a right of hypothec, mortgage or pledge who is in possession of the thing of another as holder of a limited right of real security. With the exception of the pledgee with an additional entitlement agreed to by the pledgor to use the object of the pledge (pactum antichreseos), it is common to all the said limited real security figures that the retainer derives no entitlement to take advantage of the property of another in his possession. However, notwithstanding the fact that he may derive no benefit from his withholding of the object, he is responsible for preserving the object against damage or risk at his own expense as the de facto custodian of the object, although no agreement of bailment came about. It would be wrong to assume randomly that all examples of rightful retention of another's goods are examples of liens. It may also be the entitlement of a limited real security right such as the tacit hypothec of a landlord or patron of a restaurant. The ius retentionis of the holder of a lien is merely the limited entitlement of the creditor without any preceding agreement between the owner of the object being retained and the creditor entitling the latter to retain it as long as the owner as debtor is in default of paying his dues to the holder of the lien for costs incurred by the latter regarding the object of the lien. No lien comes into play unless the required nexus exists regarding the parties involved and the object retained. In contrast, in the cases of a tacit hypothec of a landlord or innkeeper, there is no question of any coherence or nexus between the claim of the landlord to the invecta et illata or hotel-keeper to the coat of the guest as creditor and the object being retained. Subject to special statutory regulation, no limited real security right can be established on an integral part of a thing. Only a thing that meets all the requirements as an object of a real right can be the object of a real right and this also applies to a limited real right. Possession of a thing requires exclusive control over it and not simply possession of an integral part or symbol of the object of the debtor's real right of ownership if the object is classified as a movable. Possession is, however, no requirement for a derivative mode of acquisition of a real right on immovable property. It is submitted that mere possession of the passport of a horse or the logbook of an aeroplane does not suffice as symbolic possession of the horse or the aeroplane. Withholding part of the due performance under a reciprocal agreement until the counterparty has fully performed or because by agreement the debtor wishes egto occupy the new house for three months to see what defects in the construction comes to light before delivering the agreed retention money to the builder, is no example of a lien. The retaining of the agreed portion of the final performance by the mandator is neither an entitlement of a limited real right nor a lien. This is part of the agreed terms of the building contract and any attempt by the creditor to compel performance before the condition had been met can be averted with the exceptio non adimpleti contractus.

  • Judicature: Appeal will not remedy a guilty plea presented for the wrong reasons

    'N APPÈL SAL NIE 'N VERMEEND VERKEERDE PLEIT VAN SKULDIG REMEDIEER NIE Met aankoms op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in Windhoek, Namibië verskaf twee senior advokate van die Johannesburg balie vals inligting aan die immigrasiepersoneel van die buurland oor die rede vir hul besoek aan die land. Die eerste appellant het aangedui dat hy die land wil binnekom vir 'n besoek, terwyl die tweede appellant aangedui het dat hy 'n vergadering kom bywoon. Beide se oogmerk was egter om Namibiese kliënte in 'n borgaansoek in die landdroshof te verteenwoordig. Op grond van hul mededelings is besoekerspermitte aan beide uitgereik. Beide appellante is die volgende dag by die landdroshof waar hulle namens kliënte wou verskyn, gearresteer. Met hul verskyning laat dieselfde Vrydagmiddag in die Windhoek landdroshof, pleit beide appellante skuldig op twee aanklagte van oortreding van artikels 29(5) en 54(e) van die Namibiese Immigration Control Act 7 van 1993. Beide word na behore deur die landdros ondervra ingevolge artikel 112(1) (b) van die Strafproseswet 51 van 1977 en ná skuldigbevinding gevonnis tot betaling van boetes met gevangenisstraf as alternatief. Die appellante appelleer teen die skuldigbevindings en vonnisse na die Namibiese hoë hof en ná afwysing van die appèl, na die hooggeregshof. Die eerste grond van appèl handel oor die interpretasie van artikel 29(5) van die Immigration Control Act. Die appellante voer aan dat 'n enkele verskyning in 'n borgaansoek nie aangemerk kan word as die bedryf van 'n professie as advokaat soos bedoel in die immigrasiewetgewing nie. As sodanig sou na bewering 'n besoekerspermit voldoende wees en sou 'n werkpermit nie vereis word om die land binne te kom om in slegs 'n enkele saak te verskyn nie. As tweede grond is aangevoer dat beide appellante in besit was van 'n sertifikaat uitgereik deur die Namibiese hoofregter waarin toestemming ingevolge artikel 85(2) van die Legal Practitioners Act 15 van 1995 verleen is vir hul verskyning in die Namibiese hof. Die appellante versoek dat die skuldigbevindings en vonnisse ter syde gestel word en die aangeleentheid na die landdroshof terugverwys word vir 'n de novo verhoor. Die appellante dui aan dat hulle skuldig gepleit het vanweë druk wat uit die omringende omstandighede ontstaan het en veral weens vrees dat hulle oor die naweek in hegtenis aangehou sou word. Die hoogste hof dui aan dat die artikel 85(2)-sertifikaat nooit aan die landdroshof voorgelê is nie en dat die hof van appèl nie geregtelik kennis kan neem van die bestaan daarvan nie. Die hof verwerp ook die appellante se betoog dat die landdros onreëlmatig, onbillik en onkonstitusioneel teenoor hulle gehandel het. Uit die uitsprake van die twee howe van appèl blyk dit dat die appellante bewus was van die interpretasie wat die Namibiese immigrasiebeamptes heg aan die betrokke immigrasiewetgewing en dat daar vereis sou word dat die appellante vooraf aansoek moes doen vir werkpermitte. Ten spyte van hierdie besef het die appellante doelbewus wanvoorstellings aan die immigrasiebeamptes gedoen en op sterkte van besoekerspermitte en sertifikate uitgereik deur die hoofregter voortgegaan om hul kliënte te verteenwoordig. Met hul arrestasie op oortreding van die immigrasiewetgewing is die appellante uiteraard as verbode immigrante in hegtenis geneem en aangehou. Die keuse was in die oë van die twee aangehoudenes om óf die vertolking van die immigrasiewetgewing in die hof te laat toets by wyse van 'n verhoor óf om skuldig te pleit en die aangeleentheid sodoende spoedig af te handel. Aangesien daar uiteraard geen waarborg kon wees vir die tydperk van aanhouding in hegtenis vir die duur van 'n verhoor nie, het die appellante besluit om die laaste uitweg te volg en die aangeleentheid daarna op appèl te probeer beredder. Hierdie benoude spronge het egter geen byval gevind in enige van die appèlhowe nie en die appèlle is tereg van die hand gewys.

  • Judicature: “A veritable cesspool of lawlessness”: Upholding impartiality and decorum in South African judgments

    'A VERITABLE CESSPOOL OF LAWLESSNESS': HANDHAWING VAN ONPARTYDIGHEID EN DEKORUM IN SUID-AFRIKAANSE REGSPRAAK Die onpartydige beslegting van geskille deur die regbank is 'n grondliggende kenmerk van 'n legitieme en beskaafde regsisteem. Hierdie beginsel is onheuglik tot die Suid-Afrikaanse reg en ontspruit uit die Romeins-Hollandse stelreël nemo iudex in sua causa potest (niemand is geskik om as 'n regter in hul eie saak op te tree nie). Sedert 1996 word regterlike onpartydigheid deur die grondwet onderskryf wat, tesame met die gemenereg en 'n ryk regspraak, regterlike onpartydigheid reël. Dit is oor die algemeen onbetwis dat misdadigheid en korrupsie deesdae in Suid-Afrika gedy. Voorsittende beamptes word, uit hoofde van hul amp, waarskynlik nog meer blootgestel aan dié realiteit as die deursnee-Suid-Afrikaner. Hierdie blyk duidelik vanuit 'n onlangse uitspraak in die Gauteng afdeling van die hooggeregshof te Pretoria, waar hierdie ongelukkige toedrag van sake gekritiseer word in 'n meestal obiter dicta relaas, wat nouliks verband hou met die aangeleentheid onder besleg. Dié aantekening neem die uitspraak in die Mogoai-saak krities in oënskou en voer aan dat die opperheerskappy van die reg as kernbeginsel – asook die onafhanklike funksionering van die SuidAfrikaanse howe as deel van die trias politica– vereis dat hofuitsprake onpartydig, behoorlik deurdag en gepas moet wees tot die dekorum van (formele) regsverrigtinge. Ten eerste analiseer die aantekening die uitspraak van waarnemende regter Ngalwana om vas te stel wat die regsvraag is waaroor besleg moes word, asook om uit te lig waar die grense van 'n behoorlike, onpartydige uitspraak oortree word. Daarna kontekstualiseer die aantekening die normatiewe regsbeginsels binne die regsprofessie ten einde hofuitsprake te kategoriseer as 'n besondere genre van (formele) skryfwerk. Laastens, word die uitspraak in die Mogoai-saak gejukstaponeer teen die uitgelegde normatiewe bepalings en word aan die hand gedoen dat voorsittende beamptes selfbeheersing aan die dag moet lê en berekend moet wees by die skryf van hofuitsprake (en hofverrigtinge oor die algemeen). Dit verseker dat die integriteit en waardigheid van die regbank bewaar, en die opperheerskappy van die reg gehandhaaf word. Hierdie aantekening bespreek uitsluitlik die wyse waarop die hof sy uitspraak uitdruk in die Mogoai-saak. Die meriete van die onderskeie partye se sake, en die beslissing aan die hand daarvan, word nie bespreek nie. Hierdie aantekening voer aan dat die waarnemende regter die grense van sy amp oortree en as't ware 'n partydige toespraak (eerder as 'n uitspraak) gelewer het. Die gevolg van die irrelevantpolemiese uitspraak is 'n verwarrende en swak beredeneerde ratio wat nie in belang van geregtigheid is nie.

  • The Legal Practice Act regulations on community service for candidates and legal practitioners in South Africa: Are they adequate in promoting access to justice for the indigent?

    DIE REGULASIES VAN DIE WET OP REGSPRAKTYK OOR GEMEENSKAPSDIENS VIR KANDIDATE EN REGSPRAKTISYNS IN SUID-AFRIKA: IS DIT VOLDOENDE OM TOEGANG TOT GEREGTIGHEID VIR HULPBEHOEWENDES TE BEVORDER? Die Wet op Regspraktyk 28 van 2014 reguleer alle aspekte van regspraktisyns en kandidaatregspraktisyns se optrede, insluitend die toelatingsvereistes vir kandidate en die vereistes om voort te gaan om te praktiseer vir toegelate praktisyns. Artikel 29 van die Wet op Regspraktyk maak voorsiening vir gemeenskapsdiens deur (a) kandidaatregspraktisyns en (b) praktiserende regspraktisyns. Op 11 Augustus 2023 is gemeenskapsdiens geïmplementeer met die publikasie van die regulasies met betrekking tot die uitvoering van gemeenskapsdiens. Gemeenskapsdiens deur regspraktisyns en kandidate word as deurslaggewend beskou as deel van die proses om die tekort aan regshulp vir behoeftiges in Suid-Afrika aan te spreek. Hierdie regulasies bestaan uit twee afsonderlike dele. Die eerste hou verband met gemeenskapsdiens as 'n klein deel van die praktiese beroepsopleiding van kandidaatregspraktisyns. Beroepsopleiding is die vereiste praktiese opleiding tussen voltooiing van 'n regsgraad en toelating as regspraktisyn. Die tweede deel dek voortgesette gemeenskapsdiens deur praktiserende regspraktisyns. Ingevolge die regulasies word van kandidate – wat reeds in diens is – vereis om agt uur gemeenskapsdiens onder toesig per jaar van hul een of twee jaar se beroepsopleiding te doen. Dit word as 'n jammerlik onvoldoende aantal gemeenskapsdiensure beskou vir kandidate, beide omdat baie beperkte toegang tot regswerk in so 'n tydperk gebied kan word, en omdat kandidate minimale blootstelling sal kry aan die sake van behoeftiges. Dit sal ook nie toegang tot die reg bevorder nie. Verder word geen nuwe indiensneming geskep om gemeenskapsdiens te verrig vir gegradueerdes wat steeds op soek is na praktiese beroepsopleidingskontrakte om te kan kwalifiseer nie, wat problematies is in die konteks van die hoë werkloosheidsyfer van regsgegradueerdes in Suid-Afrika. Wat toegelate regspraktisyns betref, word daar ingevolge die regulasies van hulle verwag om 40 uur gemeenskapsdiens per jaar op 'n deurlopende basis te verrig. Hierdie 40 uur is 'n verhoging van die grootliks onafdwingbare 20 en 24 uur per jaar vir verskillende vertakkings van die regsberoep wat voorheen voor die inwerkingtreding van hierdie bepalings van dié wet in plek was. Die outeur voer aan dat gemeenskapsdiens vir kandidate (soos uiteengesit in die regulasies) onvoldoende is, hoewel die voorsiening vir toegelate praktisyns belowend is. Bogenoemde gevolgtrekkings is gemaak teen die agtergrond van 'n ontleding van die regsposisie in Nederland en België, eersgenoemde wat 'n gebrek aan gemeenskapsdiensvereistes vir toegelate praktisyns het en laasgenoemde wat slegs beperkte diensvereistes vir kandidate toon. Daarteenoor word aangedui dat in ander jurisdiksies in Afrika soos in Malawi en Uganda, wat weliswaar nie deel van die Suid-Afrikaanse gemenereg vorm nie, wel vir verpligte gemeenskapsdiens voorsiening gemaak word.

  • Novel aspects of the proposed African Principles on the Law Applicable to International Commercial Contracts

    VERNUWENDE ASPEKTE VAN DIE AFRICAN PRINCIPLES ON THE LAW APPLICABLE TO INTERNATIONAL COMMERCIAL CONTRACTS Die voorgestelde African Principles on the Law Applicable to International Commercial Contracts is vernaamlik gebaseer op die Rome I Regulation on the Law Applicable to Contractual Obligations en die Hague Principles on Choice of Law in International Commercial Contracts. Hierdie bydrae bespreek egter die oorspronklike en vernuwende aspekte van die African Principles ('die Afrika-Beginsels'). Sowel gedeeltelike as veelvuldige regskeuse word in die Afrika-Beginsels, benewens op sekere dele van die kontrak, ook van toepassing gemaak op verskillende aspekte van 'n kontrak (bv bepalings insake monetêre eenheid of indemniteit). Die keuse van regsreëls wat nie op staatlike soewereiniteit gebaseer is nie, word slegs toegelaat met betrekking tot sekere omskrewe instrumente op die regionale, supranasionale en internasionale vlak. Die Afrika-Beginsels maak ook uitdruklik voorsiening vir die inkorporasie van nie-staatlike regsreëls deur middel van voldoening aan die vereistes daarvoor van die reg wat op die kontrak van toepassing is. Die Afrika-Beginsels stel streng vereistes vir stilswyende regskeuse, onder meer dat die keuse baie duidelik moet blyk uit die bepalings van die kontrak of die besondere omstandighede van die geval. Daar word bepaal dat die jurisdiksionele keuse van 'n hof of gelokaliseerde arbitrasietribunaal nie genoegsaam is vir die aanname van 'n stilswyende regskeuse nie maar dat dit wel 'n rol in die verband mag speel. Die Afrika-Beginsels stel voor dat konflikterende regskeuseklousules in standaardbedinge mekaar uitsluit, in elk geval as uitdruklike regskeuse. Die Afrika-Beginsels bevat 'n aantal bepalings waaronder die substantiewe reg 'n selfstandige rol mag speel binne internasionaal-privaatregtelike verhoudings, en wel met verwysing na sekere internasionale instrumente. Die Afrika-Beginsels inkorporeer artikel 5 van die Haagse Beginsels binne 'n wye alternatiewe aanwysingsreël vir formele geldigheid, wat geïnspireer is deur 'n verskeidenheid van modelle. Die Afrika-Beginsels maak voorsiening vir 'n meer presiese omskrywing van die lex loci solutionis as wat gebruiklik is in die verband van voorrangreëls. Dit verskaf ook 'n voorstel vir die oplossing van die probleem van die toepassing van derdelandsreg benewens die lex loci solutionis. Die Afrika-Beginsels inkorporeer in die internasionale kontraktereg twee beginsels insake bestraffende skadevergoeding uit die reg insake die erkenning en afdwinging van buitelandse vonnisse. Daar word aan die hand gedoen dat die formulerings in die Afrika-Beginsels gebruik kan word in toekomstige projekte vir die kodifikasie van internasionaal-privaatregtelike reëls insake kontrakte, nie slegs in Afrika nie, maar ook daarbuite.

Featured documents

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT