Van Aswegen v Fourie

JurisdictionSouth Africa
JudgeErasmus R
Judgment Date19 March 1964
Citation1964 (3) SA 94 (O)
Hearing Date20 February 1964
CourtOrange Free State Provincial Division

Erasmus, R.:

Die applikante in haar hoedanigheid as eksekutriese testamentêr in the boedel van wyle Gert Jacobus van Aswegen, beweer dat sy die plaas 'Morgenzon' in die distrik Vredefort aan die respondent ingevolge 'n skriftelike koopkontrak verkoop het; dat die respondent die kontrak verbreek het deurdat hy nie soos daarin bepaal 'n

Erasmus R

bank - of bougenootskap-waarborg op of voor die 19de Oktober 1963, vir die koopsom aan haar verskaf het nie en selfs nou nog verskaf het nie; dat sy toe op die 21ste November 1963, 'n dagvaarding in hierdie Hof teen hom laat uitreik het vir kansellasie van die kontrak; 'n bevel van A uitsetting en skadevergoeding en dat hy op die 2de Desember 1963 verskyning aangeteken het om die geding te verdedig. Sy beweer voorts dat hy geen bona fide verdediging het nie en dat sy aantekening om te verdedig mala fide, benadelend tot haar regte en 'n misbruik van die Hofproses is. Gevolglik vra sy in haar aansoek 'n bevel wat: (a) sy verskyning om te verdedig skrap; (b) die kontrak kanselleer; (c) die B respondent gelas om die eiendom te ontruim en (d) die koste van die hoofgeding en hierdie aansoek te betaal.

Die respondent staan die aansoek op verskillende gronde in sy beantwoordende verklaring teen, maar mnr. Hefer wat namens hom verskyn het, het slegs betoog dat klousule 2 van die koopkontrak in verband met C die betaling nie die ware ooreenkoms tussen, en die bedoeling van, die partye weergee nie, maar dat die partye in werklikheid ooreengekom het soos beweer word in die respondent se verklaring en dat die geskrewe koopkontrak op grond daarvan gerektifiseer moet word.

Klousule 2 van die ooreenkoms lees soos volg:

D 'Die koopprys is die som van R11,750 (elfduisend sewehonderd-en-vyftig rand) watter genoemde som betaalbaar sal wees aan verkoper as volg:

Teen registrasie van transport van die eiendom in die naam van koper. Die koper sal 'n bevredigende bank-of bougenootskapwaarborg op of voor 19 Oktober 1963 vir die koopprys verskaf aan Volkskas Beperk, Vredefort.'

Die respondent se verweer hierbo genoem blyk uit para. 6 van sy beantwoordende verklaring en ek sal net die tersaaklike gedeeltes herhaal. Dit is soos volg:

E 'U respondent erken dat para. 2 van hierdie koopakte lees soos uiteengesit. . . . U respondent toon egter eerbiediglik aan dat op die dag van tekening van die koopkontrak was dit geensins die bedoeling tussen u respondent en die petisionaresse dat u respondent 'n bank - of bougenootskapgaransie voor of op 19 September 1963 (dit moet lees 19 Oktober 1963) aan die petisionaresse moet verskaf nie. . . . Ten derde het prokureur Joppie Bernard aan u respondent en die petisionaresse F meegedeel dat die wyse wat betaling van die koopprys aandui, gewoonlik op die manier aangedui moet word, al geskied betaling op 'n ander wyse. Die werklike ooreenkoms . . . was dat u respondent die bestaande verbande en laste op die plaas Morgenzon sou oorneem en aan die petisionaresse binne 'n redelike tyd 'n bankgaransie verskaf vir die balans indien enige nog verskuldig op die eiendom. Die petisionaresse moes toesien dat die verbandhouers van die verbande op die plaas Morgenzon respondent substitueer as skuldenaar daaronder . . .'

Die applikante het hierdie bewerings in haar repliserende verklaring G ontken en mnr. Visser wat ten behoewe van haar opgetree het, het betoog dat die applikante op 'n geskrewe ooreenkoms steun en dat mondelinge getuienis strydig met die terme daarvan ontoelaatbaar is; in die alternatief dat die bewerings in die beantwoordende verklaring mank gaan H om so 'n verweer van rektifikasie doeltreffend te stel; in die verdere alternatief dat daar alleen op rektifikasie gesteun kan word as die opponerende verklaring vergesel word van 'n eis vir rektifikasie en ten slotte dat die respondent se verweer nie bona fide is nie.

In die eerste plek word dus volstaan met die reël wat die toelaatbaarheid van teenstrydige mondelinge getuienis in geskrewe kontrakte verbied (Stiglingh v Theron, 1907 T. S. 998; Kuper v Bolleurs, 1913 T. P. D. 334; Cassiem v Standard Bank of South Africa, Ltd., 1930 A. D. 366; du Plessis v Nel, 1952 (1) S. A. 513 (A. D.) en dit word aangevoer

Erasmus R

dat die respondent se beweerde verweer van gronde vir 'n saak om rektifikasie van die ooreenkoms nie 'n erkende uitsondering daarop is nie. Hiermee kan ek nie saamstem nie. In Weinerlein v Goch Buildings Ltd., 1925 A. D. 282, is beslis dat dit wel 'n uitsondering op die reël A in gevalle is waar daar 'n voorafgaande ooreenkoms was wat bewys dat die bedoeling van die partye anders was as wat deur die geskrewe ooreenkoms weerspieël word en in Meyer v Merchants' Trust Ltd., 1942 A. D. 244, is beslis dat al sou daar geen voorafgaande ooreenkoms wees nie, 'n hof nogtans bevoegd is om die rektifikasie van 'n geskrewe kontrak te B beveel waar dit bewys is dat beide partye 'n gemeenskaplike doel had waaraan hulle wou uiting gee in die geskrewe kontrak maar as gevolg van 'n fout wat ingesluip het dit nie gedoen het nie. Met die oog daarop sou getuienis toelaatbaar wees al sou dit strydig met die geskrewe ooreenkoms wees. Sien Venter v Liebenberg, 1954 (3) SA 333 (T) op bl. 338, waar ROPER, R., hom soos volg uitlaat:

C 'When rectification is claimed the claimant is entitled to lead evidence of the term, agreed upon by the parties, which he alleges to have been omitted from the written document, and the parol evidence gives way to the more potent requirements of the equitable principle of rectification. The result is that the principle of rectification has substantially reduced the scope of the parol evidence rule, which was a common law rule. (See Phipson Evidence, 9th ed. p. 610).'

D In verband met bogemelde beslissing het mnr. Visser verder betoog dat waar 'n verweer van rektifikasie opgewerp word, dit noodwendig impliseer dat die exceptio doli ook opgewerp sou kan word aangesien die respondent te kenne gee dat die applikant weet dat hy nie sy aksie op die ware ooreenkoms grond nie en dit op sigself is dolus (D.44.4.2.5). Maar, E hierdie betoog, dit is beslis dat die exceptio doli nie suksesvol in 'n geval soos hierdie opgewerp kan word waar die wet vereis dat 'n koopkontrak van grond in skrif moet wees nie. Hy het verwys na Barkhuizen, N. O v Jackson, 1957 (3) SA 57 (T) op bl. 59, waar DOWLING, R., hom soos volg uitgelaat het:

'It seems to me, however, that this general equitable defence (exceptio doli) cannot prevail in cases which fall within the rule that contracts F required by law to be in writing or to be notarially executed cannot be varied save by writing or a notarial instrument.'

Mnr. Visser het ook daarop gewys dat die exceptio doli nie toegepas was deur die Volbank van hierdie Afdeling in Slabbert, Verster en Malherbe (Bloemfontein) Bpk v de Wet, 1963 (1) SA 835 (O) op bl. 839 en 840, nie. Ek kan met eerbied my nie vereenselwig met die aangehaalde passasie G in Barkhuizen, N. O. se saak, supra, nie en wat de Wet se saak, supra, betref was dit myns insiens 'n geval waar die bewerings nie die exceptio doli behoorlik daar gestel het nie (vgl. Sette v D. H. Saker (Pty.) Ltd., 1957 (2) SA 87 (T) op bl. 94; van der Walt v Minnaar, 1954 (3) SA 932 (O) op bl. 939 en 940; Allers v Rautenbach, 1949 (4) SA 226 (O) H op bl. 233), en dat die beweerde mondelinge ooreenkoms nie op 'n oorwig van waarskynlikhede bevind kon word nie. Ek dink nie dat die REGTER-PRESIDENT bedoel het om te beweer dat die exceptio doli nooit teen die bepalings...

To continue reading

Request your trial
10 practice notes
  • Ex parte Van der Spuy, NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...nie maar plaas dit op 'n breë basis, Senekal v Home Sites (Pty.) Ltd. and Another, 1950 (1) SA 139 op bl. 153; van Aswegen v Fourie, 1964 (3) SA 94; Rahim v Minister of Justice, 1966 (3) SA p171 1964 (4) SA 630. Dit is goed denkbaar dat die beginsel toegepas kan word op eensydige ooreenkoms......
  • Oceanair (Natal) (Pty) Ltd v Sher
    • South Africa
    • Invalid date
    ...from the 1980 (1) SA p325 Howard J written contract of sale (of land) which the plaintiff sought to enforce; Van Aswegen v Fourie 1964 (3) SA 94 (O) where the respondent (defendant) was held to be entitled to raise the exceptio doli as the basis for a defence of rectification in answer to a......
  • Ex parte Van der Spuy, NO
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 20 April 1966
    ...plaas dit op 'n breë basis. Sien Senekal v Home Sites (Pty.) Ltd. and Another, 1950 (1) SA 139 (W) op bl. 153; van Aswegen v Fourie, 1964 (3) SA 94 (O) op bl. 97 - 100; Rahim v Minister of Justice, 1964 (4) SA 630 (AA) op bl. Dit is goed denkbaar dat die beginsel toegepas kan word op eensyd......
  • Tesven CC and Another v South African Bank of Athens
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(SE) at 861H - 862B Steelmetals Ltd v Truck and Farm Equipment (Pty) Ltd and Another 1961 (2) SA 372 (T) at 376 Van Aswegen v Fourie 1964 (3) SA 94 (O) at 96H - 97B Weinerlein v Goch Buildings Ltd 1925 AD 282 at 291 - 3 I Buchanan (1959) 76 SALJ at 271 - 5 Christie Digest of the Law of Cont......
  • Request a trial to view additional results
10 cases
  • Ex parte Van der Spuy, NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...nie maar plaas dit op 'n breë basis, Senekal v Home Sites (Pty.) Ltd. and Another, 1950 (1) SA 139 op bl. 153; van Aswegen v Fourie, 1964 (3) SA 94; Rahim v Minister of Justice, 1966 (3) SA p171 1964 (4) SA 630. Dit is goed denkbaar dat die beginsel toegepas kan word op eensydige ooreenkoms......
  • Oceanair (Natal) (Pty) Ltd v Sher
    • South Africa
    • Invalid date
    ...from the 1980 (1) SA p325 Howard J written contract of sale (of land) which the plaintiff sought to enforce; Van Aswegen v Fourie 1964 (3) SA 94 (O) where the respondent (defendant) was held to be entitled to raise the exceptio doli as the basis for a defence of rectification in answer to a......
  • Ex parte Van der Spuy, NO
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 20 April 1966
    ...plaas dit op 'n breë basis. Sien Senekal v Home Sites (Pty.) Ltd. and Another, 1950 (1) SA 139 (W) op bl. 153; van Aswegen v Fourie, 1964 (3) SA 94 (O) op bl. 97 - 100; Rahim v Minister of Justice, 1964 (4) SA 630 (AA) op bl. Dit is goed denkbaar dat die beginsel toegepas kan word op eensyd......
  • Tesven CC and Another v South African Bank of Athens
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(SE) at 861H - 862B Steelmetals Ltd v Truck and Farm Equipment (Pty) Ltd and Another 1961 (2) SA 372 (T) at 376 Van Aswegen v Fourie 1964 (3) SA 94 (O) at 96H - 97B Weinerlein v Goch Buildings Ltd 1925 AD 282 at 291 - 3 I Buchanan (1959) 76 SALJ at 271 - 5 Christie Digest of the Law of Cont......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT