Van der Walt v Minnaar

JurisdictionSouth Africa
JudgeHorwitz J and Van Blerk J
Judgment Date10 June 1954
Citation1954 (3) SA 932 (O)
Hearing Date03 May 1954
CourtOrange Free State Provincial Division

Horwitz, J.:

Die eiseres hierin werp 'n eksepsie op teen verweerder se hoofverweerskrif, die eerste alternatiewe verweerskrif en die tweede alternatiewe verweerskrif, soos gewysig en aangevul deur nadere besonderhede, op die gronde,

'(a) dat dit regtens onontvanklik is en daar dit geen verweer inhou nie; E (b) dat dit vaag en verwarrend, en regtens onontvanklik is'.

'n Bedrag van £500, met rente a tempore morae en koste van geding, word van verweerder gevorder. Die eis vir £500 is die balans. van die koopsom verskuldig, volgens bewering, in terme van 'n geskrewe koopkontrak F waarvolgens eiseres aan verweerder een helfte onverdeelde aandeel in en tot 'n sekere erf te Hennenman verkoop het vir die som van £1,000. Die ooreenkoms het bepaal dat die koopsom soos volg betaalbaar sou wees:

'Die bedrag van vyfhonderd pond (£500) in kontant na ondertekening hiervan deur albei die partye hiertoe, en die balans by wyse van bankwaarborg uitbetaalbaar aan verkoper te Hennenman vry van enige koste, teen registrasie van transport van die verkoopte grond op naam van koper'.

G Eiseres beweer, en dit word in die verweerskrif erken, dat die ooreenkoms op 12 November, 1946, aangegaan is, dat £500 van die koopprys aan haar oorbetaal is ooreenkomstig die klousule hierbo aangehaal en dat op 15 Maart, 1949, die gemelde een helfte onverdeelde aandeel van die erf aan verweerder oorgedra en in sy naam geregistreer is. Sy beweer verder dat sy al haar verpligtinge onder die koopkontrak nagekom het, H maar dat verweerder weier en versuim om die balans van die koopprys te betaal.

In sy hoofverweerskrif ontken verweerder dat die bedrag van £500, of enige ander bedrag, aan eiseres verskuldig is. Hy beweer dat gedurende Junie, 1948, eiseres, handelende deur haar behoorlik gemagtigde agent, haar eggenoot, verweerder versoek het om,

Horwitz J

'aangesien hy die bedrag van £500 teen registrasie van transport van gemelde eiendom sou moes betaal aan haar, onmiddellik 'n waarborg vir £500 by . . . Bank, Hennenman, te teken as sekuriteit vir 'n lening deur gemelde Bank aan'

eiseres se eggenoot. Dit word ook beweer dat

'tot die kennis van eiseres en verweerder, sou verweerder verplig word om die gemelde waarborg te betaal en sou hy dit ook betaal, omdat'

eiseres se eggenoot

A 'nie self gemelde lening sou terugbetaal nie, en dit was derhalwe inbegrepe in gemelde versoek dat die verskaffing van die gevraagde waarborg erken sou word as volle vereffening deur verweerder van sy verpligtinge onder gemelde koopkontrak'.

Vervolgens verklaar verweerder dat hy op dieselfde dag ingestem het tot B die gemelde versoek en dat daardeur 'n mondelinge ooreenkoms tussen die partye tot stand gekom het

'ten effekte dat verweerder die gevraagde waarborg vir £500 sou verskaf en dat eiseres dit sou aanvaar as volle vereffening van verweerder se verpligtinge onder die gemelde koopkontrak. Daarna het eiseres die waarborg . . . aanvaar as volle vereffening deur verweerder van sy gemelde verpligtinge'.

In die alternatief tot hierdie deel van die verweer herhaal verweerder C die versoek aan hom deur eiseres gerig en voeg tot die verskaffing van die waarborg 'n bewering by dat dit inbegrepe was in die versoek dat hy die waarborg sou verskaf 'en dit uitvoer'. Dan volg die bewerings dat hy onderneem het om die waarborg te betaal, dat hy op 5 Junie, 1948, die waarborg ten gunste van die bank geteken het en gedurende Augustus, D 1952, die bedrag van £500 aan die bank betaal het. Die eerste alternatiewe verweer bevat 'n herhaling van die bewerings in die hoofverweer en die verdere bewering dat eiseres nie geregtig is op betaling van enige bedrag deur verweerder nie omdat die instelling van die aksie deur haar

'neerkom op dolus en gewetelose gedrag aan haar kant en dat indien haar eis afgedwing word dit groot onreg teenoor verweerder sal laat geskied, daar hy reeds die gemelde waarborg aan gemelde Bank nagekom het'.

E Die tweede alternatiewe verweer bestaan gedeeltelik uit 'n verweer van skuldvergelyking en gedeeltelik uit 'n beweerde pactum de non petendo. Daar die eksepsie nie die inhoud of weglatings van die verweerskrif aanval nie, is dit o nnodig om die bewerings daarin in besonderhede hier uiteen te sit.

F Mnr. Eksteen, namens eiseres, het betoog dat hierdie verwere op 'n wysiging van die manier van betaling van die koopsom, soos bepaal in die geskrewe ooreenkoms, neerkom; dat die wyse van betaling 'n wesenlike en materiële deel van daardie ooreenkoms uitmaak (Kuper v Bolleurs, 1913 T.P.A. 334); en dat sodanige wysiging regtens slegs deur 'n geskrewe G ooreenkoms teweeggebring kan word in terme van art. 49 van Oranje-Vrystaatse Ord. 12 van 1906. As die stelling, dat die hoofverweer 'n blote wysiging tot die koopooreenkoms daarstel, juis is, dan moet die orige gevolgtrekkings van mnr. Eksteen noodwendig aanvaar word. Mnr. Smuts het egter, namens verweerder, aangevoer dat die verweerskrif nie sodanige wysiging beweer nie maar dat dit 'n pleit inhou dat die bedrag van £500, verskuldig onder die kontrak, betaal is.

H In die saak van Campbell v Hodgson, 171 E.R. 843, het DALLAS, H.R., die volgende gebesig:

'In an action on a bill or note the defendant is not allowed to give evidence that the bill or note should be renewed, or that payment should not be demanded when the instrument becomes due; for there would be no use in reducing an agreement into writing, if it is thus to be varied by a parol understanding. The

Horwitz J

only ground on which I admitted the evidence was, that something might possibly have been proved which amounted to payment'

Mnr. Smuts het veral op hierdie laaste sin gesteun vir sy antwoord op die eksepsie.

In verband met ooreenkomste wat volgens wet in geskrif moet wees, verklaar Phipson (8ste uitgawe, bl. 576):

A 'But the mere acceptance of a substituted mode of performance . . . will not amount to a new...

To continue reading

Request your trial
31 practice notes
  • Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd and Another v Diversified Health Systems (SA) (Pty) Ltd and Another G 2002 (4) SA 661 (SCA): referred to Van der Walt v Minnaar 1954 (3) SA 932 (O): referred Visser v Estate Collins 1952 (2) SA 546 (C): referred to. Foreign cases Anisminic Ltd v Foreign Compensation Commission [1969] 2 ......
  • Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 22 November 2006

  • Morgan and Another v Brittan Boustred Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...effected H orally. Such cancellation is not a 'variation' of the suretyship. Le Grange v Pretorius 1943 TPD 223; Van der Walt v Minnaar 1954 (3) SA 932 (0) at 938E-F; Visser v Theodore Sassen& Son (Pty) Ltd 1982 (2) SA 320 (C) at 321D-322D; Ferreira and Another v SAPDC (Trading) Ltd 1983 (I......
  • BK Tooling (Edms) Bpk v Scope Precision Engineering (Edms) Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...het om 'n ander prestasie in die plek van die oorspronklike prestasie te stel (vgl De Groot Inleiding 3.42.5; Van der Walt v Minnaar 1954 (3) SA 932 (O) te 939A - B; Gouws NO and Another v Montesse Township and Investment Corporation (Pty) Ltd and Another; Montesse Township and H Investment......
  • Request a trial to view additional results
31 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT