Ex parte Van der Spuy, NO

JudgeClaassen R, Ludorf R en Steyn R
Judgment Date20 April 1966
Citation1966 (3) SA 169 (T)
Hearing Date23 March 1966
CourtTransvaal Provincial Division

D Claassen, R.:

Voor VIEYRA, R., is aansoek gedoen deur die eksekuteur van 'n boedel om die testament van 'n erflaatster te rektifiseer. Die aansoek is geweier omdat VIEYRA, R., bevind het dat die Hof nie by magte E is om 'n testament te rektifiseer deur die byvoeging van sekere woorde nie.

Die eksekuteur het toe geappelleer en na die afloop van die argument is die appèl toegestaan. Hier volg nou 'n uiteensetting van die relevante feite en redes vir die bevinding. Intestaat erfgename van die erflaatster kon nie gevind word nie en omdat die boedel nie groot is nie, is 'n bevel nisi gepubliseer. Daar was geen verweer voor hierdie F Hof sowel as in die Hof a quo nie.

Die saak gaan oor die rektifikasie van klousule 3 van die testament wat gemaak is op 'n datum toe die legatarisse in hierdie paragraaf genoem reeds almal tot die kennis van die erflaatster oorlede was. Dit was G aangevoer dat dit die bedoeling van die erflaatster was om die plaas genoem in klousule 3 na te laat aan die nakomelinge van die genoemde legatarisse.

Die betrokke klousule lees as volg:

'3.

Ek bemaak my plaas Zandfontein Nr. 20 distrik Heidelberg aan die volgende, in gelyke dele, maar met dienverstande dat Elsje Johanna Clasina Brits (gebore Kruger), die gedeelte waarop die H opstal geleë is, sal erwe, naamlik

(a)

Roedolph Cornelis Johannes Brits

(b)

Anna Elizabeth Johanna Rosslee (gebore Brits) getroud met Gert Cornelis Rosslee

(c)

Nicolina Maria Magdalena Elizabeth Brits (gebore Brits) getroud met Adriaan Jacobus Brits

(d)

Pieter Erns Brits

(e)

Die kinders van wyle David Johannes Brits, uit die eerste huwelik,

(f)

Elsje Johanna Clasina Kruger (gebore Brits).'

Hier kan genoem word dat Elsje Johanna Clasina Brits (gebore

Claassen R

Kruger) wat vroeg in die klousule genoem is nog in lewe is en die dogter is van die persoon genoem in klousule 3 (f).

A Die bevel nisi het alle belanghebbendes opgeroep om redes aan te toon waarom

'(a)

Dit nie verklaar sal word dat 'n behoorlike uitleg van die laaste testament gedateer 15 Augustus 1962 van wyle Martha Maria Brits (gebore Strydom) wat op die 14de dag van Desember 1962 oorlede is en wat gewoon het op die plaas Zandfontein in die distrik van Heidelberg, is dat die bemaking in klousule 3 daarvan, inderdaad 'n bemaking aan die genoemde legatarisse se nakomelinge is nie;

(b)

Die genoemde klousule nie gerektifiseer sal word deur die invoeging B van die woorde 'nakomelinge van die' tussen die woorde 'die' en 'volgende' nie.

(c)

Die koste van hierdie aansoek nie uit die boedel van die genoemde testatrise betaal sal word nie.'

Daar is bewyse gelewer dat die persone genoem in klousule (3) (a) tot C (f) reeds by die maak van die testament tot die kennis van die testatrise oorlede was.

Die versoekskrif sit uiteen in paragrawe 2 tot 5:

'2.

Die testatrise is oorlede op die 14de dag van Desember 1962, op die leeftyd van 94. Sy was tot met haar afsterwe 'n weduwee, en sy het gewoon op die plaas Zandfontein, in die distrik van Heidelberg.

3.

Die laaste testament van die testatrise was deur haar gemaak op die 15de Augustus 1962. Dit was behoorlik deur die Weesheer aanvaar en D 'n fotostatiese afskrif daarvan word hieraan geheg gemerk 'B'.

4.

Soos meer volledig sal blyk uit die gemelde testament het die testatrise onder andere die volgende bepaling daarin gemaak: . . .'

Dan volg klousule 3 van die testament soos vroeër hierin uiteengesit.

'5.

U petisionaris wys met eerbied daarop dat die gebod in die so pasaangehaalde klousule van die testament, dat Elsje Johanna Clasina Brits (gebore Kruger) die gedeelte van die plaas waarop die opstal is, sal erwe, oënskynlik in stryd is met die feit dat E sy nie genoem word as een van die legatarisse van die testatrise nie.

U petisionaris het vasgestel dat daar wel 'n mevr. Elsje Johanna Clasina Brits (gebore Kruger) bestaan en nog lewe; sy is die dogter van die Elsje Johanna Clasina Kruger (gebore Brits) na wie die aangehaalde bemaking wel verwys as een van die erfgename van Zandfontein.'

F Die betrokke testament, bewysstuk D1, herroep 'n vorige testament van 11 Desember, 1954, waartoe daar drie kodisille bygevoeg was, bewystukke D2, D3 en D4 respektiewelik.

Hierdie kodisille het klousule 3 van die vorige testament, wat ook oor die plaas Zandfontein gegaan het en wat later aangehaal sal word, onveranderd gelaat. Hierdie kodisille het gegaan oor ander plase van die G testatrise en oor bemakings aan die Kerk. Dit blyk duidelik dat die bedoeling by die jongste testament was om die bemakings aan die Kerk reg te stel en om alle vorige testamente en kodisille te herroep en te konsolideer.

Die vorige klousule 3 van die herroepe testament van 11 Desember 1954, het as volg gelees:

'3.

H Ek laat en bemaak hiermee aan my swaers en skoonsusters en die nakomelinge van oorlede swaers en skoonsusters, as die geval mag...

To continue reading

Request your trial
15 practice notes
  • Will NO v the Master and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...parte Van der Spuy (supra) was overruled on appeal by a Full Court of the Transvaal Provincial Division (see Ex parte Van der Spuy NO 1966 (3) SA 169 (T) especially at 176A - B). The latter judgment was followed in Ex parte Dison 1968 (3) SA 368 (W) and Van Rooyen v Die Meester en Andere 19......
  • Settlers 1820 National Monument Foundation v Van Aardt and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...principles set out in cases such as Botha and Others v The Master and Others, 1976 (3) SA 597 (E), and Ex parte Van der Spuy, N.O., 1966 (3) SA 169 (T). It is also common cause that we do not have to do with a case of equivocation and that extrinsic G evidence of the testator's intention is......
  • Hotz NO v Goodman NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Heerden J) which followed the reasoning in the decisions of other Divisions of the Supreme Court, including Ex parte Van der Spuy NO 1966 (3) SA 169 (T); Botha and Others v The Master and Others 1976 (3) SA 597 (E); Ex parte C Blasberg 1979 (2) SA 589 (SWA) and Welldon v Andrews and Others ......
  • Van Zyl v Esterhuyse NO en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...het. Die volgende kan genoem word: Estate Levitas v Levitas' Minors 1962 (4) SA 385 (T) op 389C - D; Ex parte Van der Spuy NO 1966 (3) SA 169 (T) op 176A - B; Ex parte Dison 1968 (3) SA 368 (W) C ; Botha and Others v The Master and Others 1976 (3) SA 597 (OK) op 603C - D, 604E, 605A; Ex par......
  • Request a trial to view additional results
15 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT