Ex parte Van der Spuy, NO

JurisdictionSouth Africa

Ex parte Van der Spuy, NO
1966 (3) SA 169 (T)

1966 (3) SA p169

Citation

1966 (3) SA 169 (T)

Court

Transvaal Provincial Division

Judge

Claassen R, Ludorf R en Steyn R

Heard

March 23, 1966

Judgment

April 20, 1966

Flynote : Sleutelwoorde

Testament — Uitleg van — Rektifikasie van — Invoeging van E woorde — Mag van Hof — Uitoefening van om uiting aan ware wil van testateur te gee.

Headnote : Kopnota

Die Hof is by magte om in gepaste gevalle 'n testament te rektifiseer deur die invoeging van woorde waar dit nodig is om uiting te gee aan die ware wil van die erflater en as die ware wil van die erflater bewys is F deur 'n oorwig van waarskynlikhede.

Waar die testatrise sekere vaste eiendom aan genoemde legatarisse bemaak het wie tydens die opstel van die testament oorlede was, maar dit het geblyk uit die testament en kodisille op 'n oorwig van waarskynlikhede dat die testatrise bedoel het dat die eiendom aan die nakomelinge van die legatarisse moet oorgaan en dat daar 'n fout in die opstel van die testament begaan is,

Beslis, dat die Hof by magte is om die nodige woorde in te voeg om G uiting aan die ware wil van die testatrise te gee.

Ex parte van der Spuy, N.O., 1965 (4) SA 336 (T), omvergewerp.

Flynote : Sleutelwoorde

Will — Construction — Rectification of — Insertion of words — Power of Court — Exercise of to give effect to real intention of testator.

Headnote : Kopnota

The Court has the power in suitable instances to rectify a will by the insertion of words where it is necessary to give effect to the true H intention of the testator and where the true intention of the testator has been proved on a balance of probabilities.

Where the testatrix had bequeathed certain immovable property to named legatees who were deceased at the time of the execution of the will but it appeared from the will and codicils that, on a balance of probabilities, the testatrix had intended the properties to devolve upon the descendants of the legatees and that a mistake had been made in the execution of the will,

Held, that the Court could insert the necessary words to give effect to the true intention of the testatrix.

Ex parte van der Spuy, N.O., 1965 (4) SA 336 (T). reversed.

1966 (3) SA p170

Case Information

Appèl teen 'n beslissing van VIEYRA, R. Die feite blyk uit die uitspraak van CLAASSEN, R.

C. F. Eloff, S.C., (bygestaan deur L. W. H. Ackermann), namens die appellant): Dit word betoog dat die blote feit dat voorgeskrewe A formaliteite nie ten opsigte van 'n weggelate bemaking nagekom is nie, nie omrede die afwesigheid van formaliteite daardie bemaking van nul en gener waarde maak nie. Streng formaliteite is en word, bv., verlang ten B aansien van koopkontrakte van onroerende eiendom, sien art. 30 van Prok. 8 van 1902 (T); art. 1 van Wet 68 van 1957. Die feit dat skrif 'n konstitutiewe vereiste vir bogenoemde soort koopkontrakte is, verhoed nie dat sodanige kontrakte gewysig word deur die invoeging van 'n bepaling ten opsigte waarvan die konstitutiewe vereistes nie nagekom is C nie, Weinerlein v Goch's Buildings Ltd., 1925 AD 282 op bl. 290; Mouton v Hanekom, 1959 (3) SA 35. Die enigste beperking by die rektifikasie van sulke kontrakte, waar skrif 'n konstitutiewe vereiste is, is dat daar, veral gesien die formaliteite van skrif, 'n regsgeldige koopkontrak moet wees. Sodra dit vasstaan, is daar geen beperkings op D die omvang van die rektifikasie nie. Weinerlein se saak, supra; Dowdle's Estate v Dowdle and Others, 1947 (3) SA 340; Venter v Liebenberg, 1954 (3) SA 333. Dit word derhalwe betoog dat, insoverre dit die konstitutiewe vereistes betref, daar in beginsel geen verskil is nie tussen die rektifikasie van 'n koopkontrak deur die wysiging en/of invoeging van 'n term en die soortgelyke wysiging van of toevoeging not E 'n testament. Dit word betoog dat, sodra dit aanvaar word dat die beginsel van rektifikasie op testamente van toepassing is, daar geen verskil kan word tussen rektifikasie wat 'n bepaling deurhaal en rektifikasie wat 'n bepaling toevoeg nie. By die rektifikasie van kontrakte is die gevolg van die toepassing van hierdie beginsel dat die F skriftelike stuk gewysig word om uiting te gee aan die bedoeling van die partye wat per errorem nie in die stuk beliggaam is nie, Weinerlein se saak; Meyer v Merchants' Trust Ltd., 1942 AD 244 op bl. 258; Mouton v Hanekom, supra. Sodra die bedoeling dus die deurslaggewende faktor is, kan daar nie 'n verskil getrek word nie tussen 'n deurhaling G van woorde en die byvoeging van woorde. In Rens v Esselen, N.O. and Others, 1957 (4) SA 8, het LUDORF, R., beslis dat die beginsel van rektifikasie op testamente van toepassing is, maar dit word toegegee dat die geleerde Regter hom uitdruklik weerhou het van enige beslissing as sou die Hof die bevoegdheid hê om woorde of bepalings by te voeg. Dit H word egter betoog dat hierdie gevolgtrekking noodwendig volg sodra aanvaar word dat die beginsel van rektifikasie op testamente van toepassing is. Die uitsprake in die Weinerlein saak beperk nie die beginsel tot kontrakte nie. Die gesag waarop gesteun word in die Weinerlein saak beperk ook nie die beginsel tot kontrakte nie. Ons regspraak, sedert die Weinerlein saak, beperk ook nie die beginsel nie maar plaas dit op 'n breë basis, Senekal v Home Sites (Pty.) Ltd. and Another, 1950 (1) SA 139 op bl. 153; van Aswegen v Fourie, 1964 (3) SA 94; Rahim v Minister of Justice,

1966 (3) SA p171

1964 (4) SA 630. Dit is goed denkbaar dat die beginsel toegepas kan word op eensydige ooreenkomste soos, byvoorbeeld, 'n skenking, Codex, 8.54.10. Regshandelinge bo en benewens kontraktuele handelinge kan A gerektifiseer word, Britz v Engelbrecht, 1907 T.S. 876; Wessels & Co. v de Beer, 1919 AD 172. Die gevolg van enige rektifikasie is slegs om uiting aan die werklike bedoeling van die kontraktant/testateur te gee. Dit word aan die hand gedoen dat op die aanvaarding dat Rens se saak korrek beslis is daar 'n basiese verskil in benadering tussen die Engelse en Suid-Afrikaanse reg is. Indien rektifikasie in beginsel op die terrein van testamente toegepas word is daar geen rede waarom dit B beperk moet word tot rektifikasie deur weglating nie. Dit word betoog dat die Engelse gesag tot die teendeel derhalwe heelwat oortuigingskrag verloor. Vir die Engelse reg, sien Kerr, Fraud and Mistake, 7de uitg., bl. 437; Jarman, Wills, 8ste. uitg., deel 1, paras. 29, 586. Rektifikasie deur byvoeging bevorder net soseer die wil van die C testateur as rektifikasie deur weglating, en dit sou anomalies wees om die een maar nie die ander nie toe te laat, Wigmore, vol. 9, para. 2421.

[Die Hof het die appèl toegestaan en die volgende redes was op April 20 ingehandig.]

Judgment

D Claassen, R.:

Voor VIEYRA, R., is aansoek gedoen deur die eksekuteur van 'n boedel om die testament van 'n erflaatster te rektifiseer. Die aansoek is geweier omdat VIEYRA, R., bevind het dat die Hof nie by magte E is om 'n testament te rektifiseer deur die byvoeging van sekere woorde nie.

Die eksekuteur het toe geappelleer en na die afloop van die argument is die appèl toegestaan. Hier volg nou 'n uiteensetting van die relevante feite en redes vir die bevinding. Intestaat erfgename van die erflaatster kon nie gevind word nie en omdat die boedel nie...

To continue reading

Request your trial
15 practice notes
  • Will NO v the Master and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...parte Van der Spuy (supra) was overruled on appeal by a Full Court of the Transvaal Provincial Division (see Ex parte Van der Spuy NO 1966 (3) SA 169 (T) especially at 176A - B). The latter judgment was followed in Ex parte Dison 1968 (3) SA 368 (W) and Van Rooyen v Die Meester en Andere 19......
  • Settlers 1820 National Monument Foundation v Van Aardt and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...principles set out in cases such as Botha and Others v The Master and Others, 1976 (3) SA 597 (E), and Ex parte Van der Spuy, N.O., 1966 (3) SA 169 (T). It is also common cause that we do not have to do with a case of equivocation and that extrinsic G evidence of the testator's intention is......
  • Hotz NO v Goodman NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Heerden J) which followed the reasoning in the decisions of other Divisions of the Supreme Court, including Ex parte Van der Spuy NO 1966 (3) SA 169 (T); Botha and Others v The Master and Others 1976 (3) SA 597 (E); Ex parte C Blasberg 1979 (2) SA 589 (SWA) and Welldon v Andrews and Others ......
  • Van Zyl v Esterhuyse NO en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...het. Die volgende kan genoem word: Estate Levitas v Levitas' Minors 1962 (4) SA 385 (T) op 389C - D; Ex parte Van der Spuy NO 1966 (3) SA 169 (T) op 176A - B; Ex parte Dison 1968 (3) SA 368 (W) C ; Botha and Others v The Master and Others 1976 (3) SA 597 (OK) op 603C - D, 604E, 605A; Ex par......
  • Request a trial to view additional results
15 cases

15 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT