Theron en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere

JurisdictionSouth Africa
Citation1976 (2) SA 1 (A)

Theron en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere
1976 (2) SA 1 (A)

1976 (2) SA p1

Citation

1976 (2) SA 1 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Van Blerk Wn HR, Botha AR, Jansen AR, Muller AR en Hofmeyr AR

Heard

May 12, 1975

Judgment

November 28, 1975

Flynote : Sleutelwoorde

Kerk — N.G. Sendingkerk — Tugsake — Wanneer Hof met beslissings van huishoudelike tribunale van kan inmeng — Hersiening — Statutêre E liggame — Bevoegdheid van Hof om met beslissings van regsprekende aard van sodanige liggame in te gryp — Onderskeiding tussen die meriete van 'n liggaam se handeling en beslissings ten opsigte van regsvrae — Sodanige beginsels ook van toepassing op kontraktuele tribunale van vrywillige verenigings.

Headnote : Kopnota

Appellante is deur die Ring van Wellington aan sekere klagtes van oortreding van die F Kerkorde skuldig bevind. Op 'n vergadering van die Ring op 10 Mei is vier voorstelle aangaande die straf wat die appellante opgelê moes word gemaak. Na stemming is die voorstel waarvolgens die appellante gewaarsku moes word aanvaar. Daar was groot ontevredenheid onder sekere lede van die Ring oor die besluit en, nadat die voorsitter bedank het, is die vergadering in wanorde uiteen. G Op 12 Mei is die vergadering hervat. 'n Voorstel om die tugbesluit van 10 Mei in revisie te neem is aanvaar en daarna, nadat daar op twee strafvoorstelle gestem was, was die appellante swaarder strawwe opgelê. Appellante het toe teen die revisie-besluit en swaarder strawwe na die Algemene Sinodale Kommissie geappelleer. Alhoewel die appellante nie die besluit van 10 Mei aangeval A het nie, het die Kommissie bevind dat daardie besluit ongeldig was omdat die strafvoorstelle voor die Ring die Ringslede kon verwar het en dat die stemming in stryd met Reglement 1 (12) van die Kerkorde geskied het. Die Kommissie het verder besluit dat, aangesien die besluit van die 10de ongeldig was, was alle handelinge wat daaruit voortgevloei het, insluitende die revisiebesluit en strawwe van 12 Mei, ook ongeldig en die aangeleentheid is na die Ring terug verwys. Appellante het in 'n Provinsiale Afdeling aansoek gedoen om hersiening, B onder andere, van die beslissing van die Algemene Sinodale Kommissie maar die aansoek is van die hand gewys. 'n Appèl na die Volbank is ook afgewys. In 'n verdere appèl.

Beslis, per JANSEN, A.R. (VAN BLERK, WN. H.R., samestemmend), dat die 'Klerklike bepalings' in die Bepalinge en Reglemente (die Kerkorde) van die N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika jurisdiksionele kwessies was en nie deel van die meriete van 'n beslissing van òf die Ring òf die Algemene Sinodale C Kommissie (Sinode) nie.

Beslis, verder, dat die regte van die appellante ingevolge die Kerkorde om hulle belange. '... aan die Algemene Sinodale Kommissie voor te dra in 'n geskrif wat die saak ontwikkel' verydel is deurdat die Kommissie die appèl op 'n grond beslis het wat nooit geopper was nie en wat die appellante ook nie kon voorsien het nie; dat die verwarring ontstaan het nadat gestem is en daar was D geen getuienis waarop redelikerwys tot die konklusie geraak kon word dat die aard van die voorstelle of die stemprosedure daartoe bygedra het nie; dat daar nie getuienis was waarop redelikerwys tot die gevolgtrekking geraak kon word nie dat die voorstel dat die appellante by wyse van 'n waarskuwing gestraf word nie die ware bedoeling van die meerderheid van die vergadering weergegee het nie.

Beslis, verder, in verband met die vraag of die stemming in stryd met Reglement 1 (12) geskied het, dat in geval van verenigings 'n stiptelike nakoming van alle prosedurereëls nie geverg word nie as niemand deur die afwyking daarvan beswaard is nie en nòg tydens die vergadering nog daarna is enige besware deur die betrokkenes geopper nie.

Beslis, per HOFMEYR, A.R., dat die beginsels van natuurlike geregtigheid deur die Kommissie geskend is en die appellante ernstig benadeel deur die Ring se A beslissing van 10 Mei in omstandighede in oorweging te neem en deur aan hulle 'n behoorlike en billike verhoor aangaande die straf wat hulle wettiglik opgelê kon word, te ontsê.

Beslis, derhalwe (per JANSEN, A.R., VAN BLERK, WN. H.R., en HOFMEYR, A.R., samestemmend) dat appellante geregtig was op 'n bevel wat verklaar dat die voorstel op 10 Mei deur die Ring aangeneem geldiglik aangeneem was en die B geldige tugoplegging op die appellante daargestel het.

Per JANSEN, A.R., (VAN BLERK, WN. H.R., samestemmend): In die hersiening van beslissings van statutêre liggame is dit nodig om by die toepassing van die formele maatstaf (naamlik, die algemene beginsel dat 'n hof hom nie met die vraag van hoe 'n liggaam, met diskresie beklee, sy bevoegdheid uitgeoefen het, kan inlaat nie, maar slegs met die vraag of die liggaam sy diskresie wel C uitgeoefen het) te onderskei tussen die 'meriete' van 'n liggaam se handeling en beslissings ten opsigte van regsvrae en feitekwessies wat daarby betrokke is maar buite die 'meriete' val. Soms word gesê dat laasgenoemde op 'jurisdiksionele feite' of 'preliminêre of kollaterale' kwessies betrekking het. Waar die afbakeningslyn tussen suiwer 'meriete' en die aangeleenthede lê, is moeilik om presies te bepaal. Dat in die algemeen op die gronde deur die formele maatstaf behels in 'n kontraktuele tribunaal (van 'n vrywillige vereniging) se handeling D van regsprekende aard ingegryp kan word, is duidelik: dit is 'n noodwendige uitvloeisel van die toepassing van die grondbeginsels van kontrak, veral die van goeie trou. Dit is ook 'n noodwendige uitvloeisel daarvan dat die uitgebreide formele maatstaf ook in die algemeen toegepas moet word. 'n Kontraktuele tribunaal kan wel aan 'n redelikheidsmaatstaf onderworpe wees.

Die beslissing van die Kaapse Provinsiale Afdeling in Theron en Andere v. Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk in SA en Andere, 1974 (2) SA 505, omvergewerp.

Flynote : Sleutelwoorde

Church — N.G. Sendingkerk — Disciplinary proceedings — When Court can interfere with decisions of domestic tribunals of — Review — Statutory bodies — Competence of Court to interfere with decisions of judicial nature of — Distinction between the merits of a body's act and decisions in respect of H questions of law — Such principles also applicable to contractual tribunals of voluntary associations.

Headnote : Kopnota

Appellants had been found guilty by the Circuit of Wellington of certain charges of contravening the Ordinance of the Church. At a meeting of the Circuit on 10 May four proposals relating to the punishment to be imposed on the appellants were made. After voting the proposal requiring the appellants to be warned was accepted. There was much dissatisfaction amongst certain members of the Circuit over the decision and, after the chairman had resigned, the meeting broke up in disorder. The meeting was resumed on 12 May. A proposal to

1976 (2) SA p2

E submit the decision relating to punishment to revision was accepted and thereafter, after voting on two proposals relating to punishment, a heavier punishment was imposed on the appellants. Appellants thereupon appealed to the General Synodal Commission against the revision decision and heavier punishments. Although the appellants did not attack the decision of 10 May, the F Commission found that that decision was invalid because the punishment proposals before the Circuit could have confused the members of the Circuit and that the voting was in conflict with Rule 1 (12) of the Church Ordinance. The Commission decided further that, as the decision of the 10th was invalid, all acts flowing from that decision, including the revision decision and punishments of 12 May, were invalid and the matter was remitted to the Circuit. Appellants applied in a Provincial Division for the review of, inter alia, the decision of the G General Synodal Commission but the application was dismissed. An appeal to the Full Bench was also dismissed. In a further appeal,

Held, per JANSEN, J.A. (VAN BLERK, A.C.J., concurring), that the 'regulations of the Church' in the Regulations and Rules (the Ordinance of the Church) of the N.G. Sendingkerk in Suid-Afrika were jurisdictional matters and not part of the merits of a decision of either the Circuit or of the General Synodal Commission (Synod).

H Held, further, that the rights of the appellants under the Church Ordinance to '... put (their interests) to the General Synodal Commission in a document which develops the case' had been frustrated in that the Commission had decided the appeal on a ground which had never been raised and which the appellants could also not have foreseen; that the confusion had arisen after the voting and there was no evidence upon which it could reasonably be concluded that the nature of the proposals or the voting procedure had contributed thereto; that there was no evidence upon which the conclusion could reasonably be reached that the proposal that the appellants be punished by way of a warning did not reflect the true intention of the majority of the meeting.

1976 (2) SA p3

Held, further, in relation to the question whether the voting was in conflict with Rule 1 (12), E that in the case of associations a strict compliance with all the procedural rules was not required if nobody was burdened by the deviation therefrom and neither during the meeting nor thereafter had any objections been raised by those concerned.

Held, per HOFMEYR, J.A., that the principles of natural justice had been violated by the Commission and the appellants seriously prejudiced by taking the decision of the Circuit of 10 May under consideration in the circumstances and by F depriving them of a proper and fair hearing regarding the punishment which could legally be imposed on them.

Held, accordingly (per JANSEN, J.A., VAN BLERK, A.C.J., and HOFMEYR, J.A., concurring), that appellants were entitled to an order...

To continue reading

Request your trial
165 practice notes
  • Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Licensing Board 1936 NPD 613 op 615 - 16; Roussouw v Sachs 1964 (2) SA 551 (A); Theron v Ring van Wellington, NG Sendingskerk in SA 1976 (2) SA 1 (A); Shirlaw v Southern Foundries (1926) Ltd [1939] 2 KB 206 op 227; Christie The Law of Contract op 159, 160; Technipak Sales (Pty) Ltd J v Hall......
  • Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...E and Industries) v Union Steel Corp SA Ltd 1928 AD 220; Theron en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in SA en Andere 1976 (2) SA 1 (A); Pretorius v SA Geneeskundige en Tandheelkundige Raad 1980 (2) SA 354 (D); Feinstein v Baleta 1930 AD 319; Herbstein en Van Winsen The Civ......
  • BTR Industries South Africa (Pty) Ltd and Others v Metal and Allied Workers' Union and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Corporation (Edms) Bpk v Oberholzer 1974 (4) SA 808 (T) at 812C-E; Theron v Ring van Wellington NG Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A) at 17-21C; Dairy Board v Imperial Cold Storage and Supply Co Ltd 1977 (3) SA 659 (A) at 669; SWA Munisipale Personeel Vereniging v Minister of Labo......
  • During NO v Boesak and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Pty) Ltd 1976 (1) SA 887 (A) at 895B-C; Theron en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1976 (2) SA 1 (A) at 14F-G). Such failure may be shown by proof, inter alia, that the decision was B arrived at arbitrarily or capriciously or mala fide or as a re......
  • Request a trial to view additional results
157 cases

8 books & journal articles
  • PLANTING SEEDS FOR THE FUTURE: DISSENTING JUDGMENTS AND THE BRIDGE FROM THE PAST TO THE PRESENT
    • South Africa
    • Fundamina No. , January 2021
    • 17 Enero 2021
    ...(No 1) 2008 (3) SA 91 (E) para 53 and in Gray Moodliar Inc v Nelson Mandela Bay Metropolitan Municipality [2019] ZAECGHC 65 para 34.65 1976 (2) SA 1 (A).66 Subordinate legislation, as illustrated by the case of Rasool, was treated somewhat differently. A regulation or by-law could be set as......
  • Planting seeds for the future: Dissenting judgments and the bridge from the past to the present
    • South Africa
    • Fundamina No. , January 2021
    • 17 Enero 2021
    ...(No 1) 2008 (3) SA 91 (E) para 53 and in Gray Moodliar Inc v Nelson Mandela Bay Metropolitan Municipality [2019] ZAECGHC 65 para 34.65 1976 (2) SA 1 (A).66 Subordinate legislation, as illustrated by the case of Rasool, was treated somewhat differently. A regulation or by-law could be set as......
  • 'What's Past is Prologue': An Historical Overview of Judicial Review in South Africa — part 2
    • South Africa
    • Fundamina No. , March 2021
    • 17 Marzo 2021
    ...law).86 See, eg, the consideration of reasonableness as a review ground in Theron v Ring van Wellington NG Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A), discussed by d’Oliveira 1976: 211 (“The judgment … is a milestone in the development of our administrative law. This case may prove to be ......
  • Judicial Review of Arbitration Awards
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...ration” in L AWSA 1 par a 586 n 536 Dexgroup (P ty) Ltd v Trustco Group In ternational (Pt y) Ltd 2013 6 SA 520 (SCA) paras 19-2037 1976 2 SA 1 (A) 21B-F254 STELL LR 2014 2 © Juta and Company (Pty) disciplinary t ribunals, so they held, are not the same as those governing arbitration procee......
  • Request a trial to view additional results
165 provisions
  • Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Licensing Board 1936 NPD 613 op 615 - 16; Roussouw v Sachs 1964 (2) SA 551 (A); Theron v Ring van Wellington, NG Sendingskerk in SA 1976 (2) SA 1 (A); Shirlaw v Southern Foundries (1926) Ltd [1939] 2 KB 206 op 227; Christie The Law of Contract op 159, 160; Technipak Sales (Pty) Ltd J v Hall......
  • Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...E and Industries) v Union Steel Corp SA Ltd 1928 AD 220; Theron en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in SA en Andere 1976 (2) SA 1 (A); Pretorius v SA Geneeskundige en Tandheelkundige Raad 1980 (2) SA 354 (D); Feinstein v Baleta 1930 AD 319; Herbstein en Van Winsen The Civ......
  • BTR Industries South Africa (Pty) Ltd and Others v Metal and Allied Workers' Union and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Corporation (Edms) Bpk v Oberholzer 1974 (4) SA 808 (T) at 812C-E; Theron v Ring van Wellington NG Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A) at 17-21C; Dairy Board v Imperial Cold Storage and Supply Co Ltd 1977 (3) SA 659 (A) at 669; SWA Munisipale Personeel Vereniging v Minister of Labo......
  • During NO v Boesak and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Pty) Ltd 1976 (1) SA 887 (A) at 895B-C; Theron en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1976 (2) SA 1 (A) at 14F-G). Such failure may be shown by proof, inter alia, that the decision was B arrived at arbitrarily or capriciously or mala fide or as a re......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT