Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa

Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander
1988 (4) SA 830 (A)

1988 (4) SA p830


Citation

1988 (4) SA 830 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Rabie Wn HR, Van Heerden AR, Hefer AR, Grosskopf AR en Vivier AR

Heard

March 21, 1988

Judgment

September 13, 1988

Flynote : Sleutelwoorde H

Binnelandse veiligheid — Medianoodregulasies uitgevaardig kragtens art 3 van Wet op Binnelandse Veiligheid 3 van 1953 soos afgekondig in Prok R224 van 11 Desember 1986 — Geldigheid van — Omskrywing van 'ondermynende verklaring' in reg 1(1)(a)(vi), en reg 3(1) (c) — Nie I ultra vires die Staatspresident nie — Al is 'n 'beperkte byeenkoms' 'n wettige byeenkoms, bring dit nie mee dat die Staatspresident nie kan bepaal dat geen nuus ens deur middel van 'enige publikasie...' oor die tyd, datum, plek of doel daarvan gepubliseer mag word nie — Bevoegdheid aan Kommissaris van Polisie in reg 1(1) (a)(ix) deur Staatspresident verleen om handelinge of versuime te identifiseer wat J die

1988 (4) SA p831

A uitwerking het om veiligheid van die publiek ens te bedreig — Nie 'n wetgewende bevoegdheid soos bedoel in art 3(2)(a) van Wet nie maar 'n bevoegdheid aan Kommissaris deur Staatspresident verleen in die uitoefening van die wye bevoegdheid wat art 3(1)(a) van Wet aan hom verleen — Derhalwe nie ongeldig nie

B Binnelandse veiligheid — Medianoodregulasies uitgevaardig kragtens art 3 van Wet op Binnelandse Veiligheid 3 van 1953 soos afgekondig in Prok R224 van 11 Desember 1986 — Geldigheid van — Geldigheid van sekere regulasies aangeval weens vaagheid — Staatspresident het by uitvaardiging van regulasies kragtens die bevoegdheid wat art 3(1)(a) aan hom verleen het gehandel — Artikel 5B van Wet derhalwe van C toepassing — Hof derhalwe nie bevoeg om ondersoek in te stel na of uitspraak te doen oor geldigheid van regulasies weens vaagheid nie — Beslissing van Provinsiale Afdeling dat omskrywing van 'oproerigheid' en 'veiligheidsoptrede' in reg 1(1), reg 1(2), die woorde 'oproerigheid', D 'of veiligheidsoptrede' en 'of optrede' in reg 2, reg 3(1)(a) en (b), en reg 4 ongeldig is weens vaagheid omvergewerp.

Headnote : Kopnota

Dit is waar dat 'n 'beperkte byeenkoms', soos omskryf in reg 1(1) van die medianoodregulasies, uitgevaardig kragtens art 3 van die Wet op Binnelandse Veiligheid 3 van 1953 en soos afgekondig in Prok R224 van 11 Desember 1986, 'n wettige byeenkoms is indien, en vir solank as wat, E daar gehou word by die voorwaarde(s) wat in verband daarmee opgelê is, maar dit bring nie mee dat die Staatspresident nie daarin kan bepaal — soos hy in reg 3(1)(c) gedoen het — dat geen nuus of kommentaar deur middel van 'enige publikasie, televisieopname, rolprentopname of klankopname' oor die tyd, datum, plek of doel van 'n byeenkoms wat gaan plaasvind, gepubliseer mag word nie. Die Wet gee aan die Staatspresident die bevoegdheid om, wanneer hy 'n noodtoestand verklaar het, sodanige regulasies uit te vaardig as wat hy nodig of raadsaam ag 'om voorsiening F te maak vir die veiligheid van die publiek of die handhawing van die openbare orde, en om voldoende voorsiening te maak vir die beëindiging van so 'n noodtoestand, of om te handel met omstandighede wat na sy oordeel as gevolg van so 'n noodtoestand ontstaan het of waarskynlik sal ontstaan', en dit laat aan hom oor om te besluit oor die metode(s) wat hy ter bereiking van die gemelde doeleindes wil volg. Die omskrywing van 'ondermynende verklaring' in reg 1(1)(a)(vi) as ''n verklaring — (a) G waarin lede van die publiek aangehits of aangemoedig word of wat daarop bereken is om die uitwerking te hê om lede van die publiek aan te hits of aan te moedig... (vi) om 'n beperkte byeenkoms by te woon of om daaraan deel te neem...' en reg 3(1)(c) is dus nie ultra vires die Staatspresident en dus nie nietig nie.

Die bevoegdheid wat in reg 1(1)(a)(ix) (gedeelte van die omskrywing van 'ondermynende verklaring') van die medianoodregulasies aan die Kommissaris van Polisie gegee is (naamlik 'om 'n ander handeling of H versuim te begaan wat deur die Kommissaris by kennisgewing in die Staatskoerant geïdentifiseer is as 'n handeling of versuim wat die uitwerking het om die veiligheid van die publiek of die handhawing van die openbare orde te bedreig of die beëindiging van die noodtoestand te vertraag'), is nie 'n wetgewende bevoegdheid nie — die Kommissaris vaardig nie iets uit wat as 'n bevel, reël of verordening, soos bedoel in art 3(2)(a)(i) van die Wet, geld nie. Die bevoegdheid is aan hom deur I die Staatspresident verleen in die uitoefening van die wye bevoegdheid wat art 3(1)(a) van die Wet aan hom verleen. Die bevoegdheid van die Staatspresident sluit in die bevoegdheid om te besluit oor die metode of metodes wat hy wil gebruik om die doeleindes wat in art 3(1)(a) van die Wet genoem word, te bereik. Die Staatspresident sou self die taak kon onderneem om sodanige handelinge en versuime aan te wys, maar hy was in die uitoefening van die wye bevoegdheid wat in art 3(1)(a) van die Wet aan hom gegee word geregtig om te besluit op 'n metode waarvolgens hy J die aanwysing aan die Kommissaris sou

1988 (4) SA p832

A opdra. Dit is moontlik dat die Kommissaris se besluit om 'n sekere handeling of versuim aan te wys nie noodwendig sal ooreenstem met wat die Staatspresident se siening daaroor is nie, maar die moontlikheid dat so iets kan gebeur, sou nie die delegasie ongeldig maak nie. Indien dit in die praktyk sou gebeur dat die Kommissaris 'n aanwysing doen wat nie ooreenstem met wat die Staatspresident as nodig of raadsaam vir die bekamping van die noodtoestand beskou nie, kan die Staatspresident die B posisie spoedig beredder deur die delegasie aan die Kommissaris terug te trek, of dit op 'n gepaste wyse te beperk. Regulasies 1(1)(a)(ix) is derhalwe nie ultra vires die Staatspresident nie. (Van Heerden AR het afgewyk.)

Die uitoefening deur die Staatspresident van die bevoegdheid wat art 3(1)(a) van die Wet op Binnelandse Veiligheid aan hom gee, is nie onaanvegbaar nie. Dit hou in dat die medianoodregulasies (soos C afgekondig in Prok R224 van 1986) ondergeskikte wetgewing is. Die uitoefening van voormelde bevoegdheid deur die Staatspresident kan aangeveg word op die gronde wat in Shidiack v Union Government (Minister of the Interior) 1912 AD 642 op 651 - 2 genoem word as gronde waarop die uitoefening van 'n subjektiewe diskresie aangeval kan word. Die vaagheid van 'n maatreël word nie in daardie saak as een van die gronde genoem nie, maar dit skyn onvermydelik te wees dat dit ook as 'n grond erken moet word.

Die regulasies in Prok R224 van 1986 gaan oor aangeleenthede waaroor die D Staatspresident, in die uitoefening van die bevoegdheid wat in art 3(1)(a) van die Wet aan hom verleen word, geregtig was om regulasies te maak, en hy het, volgens die proklamasie, al die regulasies wat daarin vervat is kragtens daardie bevoegdheid uitgevaardig — hy het op daardie bevoegdheid gesteun. Selfs indien dit so sou wees dat sommige van die regulasies so vaag is dat dit as ongeldig beskou moet word, dan is dit nog steeds regulasies wat die Staatspresident uit kragte van sy bevoegdheid ingevolge art 3(1)(a) gemaak het. 'n Onvolmaakte of E oneffektiewe uitoefening van sy diskresie deur regulasies te maak wat vaag is, beteken dus nie dat die Staatspresident buite sy bevoegdheid gegaan het en dus ultra vires opgetree het nie. Dit volg derhalwe dat art 5B van die Wet (waarvolgens 'geen hof... bevoeg (is) om ondersoek in te stel na of uitspraak te doen oor die geldigheid van enige... proklamasie, kennisgewing of regulasie' wat 'kragtens... art 3 uitgevaardig' is, nie) van toepassing is op die regulasies en dat hulle nie weens vaagheid ongeldig verklaar kan word nie. (Van Heerden AR het afgewyk.) F

Die bevinding in 'n Provinsiale Afdeling dat die volgende regulasies in Prok R224 van 1986 weens vaagheid ongeldig is, is omvergewerp: die omskrywing van 'oproerigheid' en 'veiligheidsoptrede' in reg 1(1); reg 1(2); die woorde 'oproerigheid', 'of veiligheidsoptrede' en 'of optrede' waar hulle in reg 2 voorkom; reg 3(1)(a) en (b) ; en reg 4. (Van Heerden AR het afgewyk en bevind dat hierdie regulasies, behalwe reg 1(2), almal weens vaagheid nietig was.)

G Die beslissing in die Natalse Provinsiale Afdeling in United Democratic Front and Another v State President and Others 1987 (3) SA 296 omvergewerp.

Flynote : Sleutelwoorde

Internal security — Media emergency regulations made in terms of s 3 of Public Safety Act 3 of 1953 as promulgated in Proc R224 of 11 December H 1986 — Validity of — Definition of 'subversive statement' in reg 1(1) (a)(vi), and reg 3(1) (c) — Not ultra vires the State President — Even though a 'restricted gathering' was a lawful gathering, it did not mean that the State President could not determine that no news etc by means of 'any publication...' about the time, date, place and purpose thereof could not be published — Authority conferred on Commissioner of Police by State President to identify acts or omissions having the effect of threatening the safety of the public etc — Not an authority I to legislate as envisaged in s 3(2) (a) of the Act but an authority conferred on the Commissioner by the State President in the exercise of the wide authority conferred on the State President by s 3(1) (a) of the Act — Accordingly not invalid.

Internal security — Media emergency regulations made in terms of s 3 of Public Safety Act 3 of 1953 as promulgated in Proc R224 of 11 December 1986 — Validity of — Validity of certain regulations attacked on grounds of vagueness — State President, in promulgating the J regulations, had acted in terms of the authority conferred upon him

1988 (4) SA p833

A by s 3(1) (a) of Act — Section 5B of Act therefore applicable — Court accordingly not competent to investigate, or give judgment on, the validity of the regulations on the...

To continue reading

Request your trial
47 practice notes
  • Case and Another v Minister of Safety and Security and Others; Curtis v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(SA) Ltd 1974 (4) SA 657 (W) Smith v United States 431 US 291 (1977) Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander 1988 ( 4) SA 830 (A) Stanley v Georgia 394 US 557 (1969) Sunday Times v United Kingdom (1979) 2 EHRR 245 Thomas v Collins 323 US 516 (1945) United Democratic ......
  • Premier, Eastern Cape, and Others v Cekeshe and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Johannesburg City D Council 1991 (4) SA 1 (A): discussed and applied Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander 1988 (4) SA 830 (A): referred Stroud Riley & Co Ltd v Secretary for Inland Revenue 1974 (4) SA 534 (E): referred to Transvaal Agricultural Union v Minister ......
  • Catholic Bishops Publishing Co v State President and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...from examining whether the regulation was void for vagueness. Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander 1988 (4) SA 830 (A) Held, further, as to (5), that the subdelegation was not improper: the powers conferred on the censor were not legislative in character and the s......
  • During NO v Boesak and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van administratiewe optrede is nie. Sien bv, ten opsigte van vaagheid, Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander 1988 (4) SA 830 (A) op 853A-F en 866E-873C en Catholic Bishops Publishing Co v State President and Another 1990 (1) SA 849 (A) op 866F-I; en ten opsigte van......
  • Request a trial to view additional results
44 cases
  • Catholic Bishops Publishing Co v State President and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...from examining whether the regulation was void for vagueness. Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander 1988 (4) SA 830 (A) Held, further, as to (5), that the subdelegation was not improper: the powers conferred on the censor were not legislative in character and the s......
  • Premier, Eastern Cape, and Others v Cekeshe and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Johannesburg City D Council 1991 (4) SA 1 (A): discussed and applied Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander 1988 (4) SA 830 (A): referred Stroud Riley & Co Ltd v Secretary for Inland Revenue 1974 (4) SA 534 (E): referred to Transvaal Agricultural Union v Minister ......
  • During NO v Boesak and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van administratiewe optrede is nie. Sien bv, ten opsigte van vaagheid, Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander 1988 (4) SA 830 (A) op 853A-F en 866E-873C en Catholic Bishops Publishing Co v State President and Another 1990 (1) SA 849 (A) op 866F-I; en ten opsigte van......
  • Case and Another v Minister of Safety and Security and Others; Curtis v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(SA) Ltd 1974 (4) SA 657 (W) Smith v United States 431 US 291 (1977) Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander 1988 ( 4) SA 830 (A) Stanley v Georgia 394 US 557 (1969) Sunday Times v United Kingdom (1979) 2 EHRR 245 Thomas v Collins 323 US 516 (1945) United Democratic ......
  • Request a trial to view additional results
3 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT