Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere

JurisdictionSouth Africa
Citation1992 (1) SA 521 (A)

Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere
1992 (1) SA 521 (A)

1992 (1) SA p521

Citation

1992 (1) SA 521 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Corbett HR, Botha AR, Smalberger AR, Milne AR, Nienaber AR

Heard

September 20, 1991

Judgment

November 20, 1991 ,

Flynote : Sleutelwoorde

Praktyk — Partye — Locus standi — Vasstelling van — Van persoon wat verlies gely het as gevolg van besluit van stadsraad — Beleids- oorwegings van toepassing op veroorsaking in deliktuele verband nie noodwendig deurslaggewend ten aansien van veroorsaking van verlies vir C doeleindes van vasstelling van party se locus standi nie.

Praktyk — Partye — Locus standi — Van belastingbetaler ten opsigte van besluit van stadsraad — Belastingbetaler het voldoende belang in besteding van munisipale fondse om hom met locus standi te beklee waar D betaling ongemagtig of onregmatig, selfs indien bedrag betrokke beskeie is.

Praktyk — Partye — Locus standi — Van persoon wie se dignitas gekrenk is deur ongemagtigde besluit van stadsraad — So 'n persoon het voldoende belang om hom met locus standi te beklee om besluit aan te val — Nie nodig dat persoon geaffekteer 'n inwoner van dorp is nie indien E hy noue verbintenis met dorp het.

Munisipaliteit — Parke en dorpsgronde — Wet op die Aanwysing van Aparte Geriewe 49 van 1953 arts 2 en 3 — Besluit van munisipaliteit om parke vir eksklusiewe gebruik van sekere rassegroep te reserveer aanvegbaar op grond daarvan dat dit mala fide gedoen is, dat dit vir onbehoorlike doel gedoen is of gedoen is sonder dat munisipaliteit sy F behoorlike aandag aan saak gegee het — In omstandighede waar stadsraad op 'n onverklaarde en oorhaastige manier parke vir die eksklusiewe gebruik van blankes gereserveer het sonder inagneming van die belange van sy inwoners en van die breë publiek wat noue verbintenisse met die G dorp gehad het was besluit nie bona fide of behoorlike uitoefening van sy magte nie — Besluit tersyde gestel.

Headnote : Kopnota

Die respondente het in 'n Provinsiale Afdeling 'n bevel verkry wat verklaar het dat 'n besluit van die tweede appellant, die Stadsraad van Carletonville, waarvolgens sekere parke in die dorp kragtens art 2 van H die Wet op die Aanwysing van Aparte Geriewe 49 van 1953 aangewys is vir die eksklusiewe gebruik van blankes, ongeldig en nietig is. Die appellante het appèl aangeteken teen hierdie beslissing. Dit is in die Hof a quo sowel as op appèl betoog dat die respondente geen locus standi gehad het om die bevel aan te vra nie. Dit het geblyk dat eerste respondent 'n blanke inwoner van Carletonville was, dat hy 'n belastingbetaler was en dat hy 'n direkteur en in volle beheer was van I 'n hardeware winkel in die dorp. Die tweede respondent was 'n inwoner van Khutsong, 'n swart woongebied buite die munisipale gebied van Carletonville. Die derde respondent was 'n Indiërman, wat nie in Carletonville woonagtig was nie maar wat die bestuurder was van en 'n belang gehad het by 'n klerewinkel in die dorp. Albei hierdie winkels is drasties geaffekteer deur 'n verbruikersboikot deur die swart plaaslike bevolking wat geloods is as gevolg van die gewraakte besluit deur die stadsraad. Die omset van eerste respondent se winkel is met ongeveer 30% J verminder as gevolg van die boikot en derde respondent s'n met

1992 (1) SA p522

A ongeveer 95%. Die Hof a quo het bevind dat in die omstandighede die eerste en derde respondent wel locus standi gehad het maar dat tweede respondent dit nie gehad het nie. Op appèl is dit namens die appellante aangevoer dat die beskrywing deur die respondente van hulle betrokkenheid by die besighede te vaag is: daar is, soos betoog, geen aanduiding dat hulle aandeelhouers in die besighede is nie of dat hulle B 'n finansiële of 'n regsbelang in die besighede het nie. Dit is ook aangevoer dat daar nie 'n oorsaaklike verband was tussen die stadsraad se besluit en die ingetrede verlies aan omset nie. Met betrekking tot die eerste respondent het die appellante aangevoer dat die gewone reël dat 'n munisipale belastingbetaler 'n genoegsame belang by die aanwending van die munisipale fondse gehad het om hom met locus standi te beklee nie toepassing gevind het in die onderhawige geval nie weens die feit dat die munisipale besteding op kennisgewingborde om die besluit uit te vaardig so gering was dat dit nie tot 'n wesenlike belang C aanleiding kon gee nie; dat die reël gegrond was op die bestaan van 'n vertrouensposisie tussen die stadsraad en die belastingbetaler en daardie vertrouensposisie in die onderhawige geval nie geskend is waar die eerste respondent, synde 'n blanke, nie deur die besluit benadeel is nie; en dat die eerste respondent hom nie daaroor kon bekla dat die besluit nie tot voordeel van die stadsraad gestrek het nie.

D Beslis, dat dit nie nodig was dat 'n gedingvoerder 'n finansiële of 'n regsbelang in 'n besigheid moes hê om as grondslag te dien vir 'n bevinding dat hy locus standi het nie: iemand wat 'n direkteur was en in volle beheer was van 'n maatskappy wat besigheid dryf en iemand wat die bestuurder van 'n besigheid is het 'n wesenlike belang daarby dat die besigheid as 'n sakeonderneming moet gedy en dat die winsgewendheid daarvan nie geskaad moet word nie.

Beslis, verder, met betrekking tot die submissie dat daar nie 'n E oorsaaklike verband was tussen die stadsraad se besluit en die ingetrede verlies nie, dat die vraag wat beslis moes word was nie of 'n eis om skadevergoeding moes slaag al dan nie maar eerder of die respondente locus standi gehad het, in welke geval beleidsoorwegings wat toepaslik is met betrekking tot veroorsaking in 'n deliktuele verband nie vanself deurslaggewend sou wees nie.

Beslis, verder, met betrekking tot die locus standi van die eerste F respondent, dat in die onderhawige saak waar daar geen sprake was van oorwegings van de minimis nie, alhoewel die betrokke bedrag beskeie was kon dit nie die eerste respondent se locus standi uitskakel nie.

Beslis, verder, dat die vertrouensverhouding behels het dat die stadsraad munisipale fondse nie op 'n ongemagtigde en onregmatige wyse mag aanwend nie en 'n belastingbetaler se belang ten opsigte van munisipale fondse was voldoende per se om locus standi te verleen om sodanige aanwending te belet. G

Beslis, verder, dat die respondente se aanval op die besluit nie op bewerings berus het dat die stadsraad onverstandig opgetree het nie en nie ten voordeel van die inwoners van die dorp nie maar het veel verder gegaan, onder meer te beweer dat hy mala fide opgetree het en derhalwe glad nie kragtens die magtigende bepaling nie: in hierdie omstandighede het die eerste respondent, synde 'n belastingbetaler van die stadsraad, wel locus standi gehad.

H Beslis, verder, met betrekking tot die tweede respondent, dat sy dignitas aangetas is deur die besluit van die stadsraad en as iemand wat in Khutsong woon en 'n besigheid daar het, wat sy inkopies in Carletonville doen en klaarblyklik gereeld daar besoek afgelê het, dat hy intiem genoeg betrokke was by die gemeenskap van Carletonville en by die doen en late van die stadsraad om hom 'n direkte belang te verleen by die nietigverklaring van die stadsraad se besluit op grond van die feit dat sy dignitas daardeur gekrenk is.

I Beslis, verder, dat die inbreuk op die dignitas van derde respondent hom ook op hierdie basis locus standi verleen het.

Beslis, verder, ten opsigte van die geldigheid van die besluit, dat alhoewel die oogmerk van arts 2 en 3 van Wet 49 van 1953 was om te verhoed dat rassediskriminasie op 'n ongelyke grondslag 'n grond sou wees waarop die aanwysing van aparte geriewe aangeveg kon word, het dit nie meegebring dat die optrede van 'n owerheidsinstansie ingevolge art J 2(1) hoegenaamd nie aanvegbaar was nie: die Hof was

1992 (1) SA p523

A geregtig om in te gryp as die instansie sy wye bevoegdhede mala fide aangewend het of vir 'n onbehoorlike doel, of sonder dat hy behoorlike aandag aan die saak geskenk het.

Beslis, verder, dat die stadsraad geen aanvaarbare redes vir die besluit verstrek het nie en dat dit klaarblyklik geneem is in navolging van 'n politieke filosofie.

Beslis, verder, dat die stadsraad verplig was om die belange van die B inwoners van die dorp en lede van die breë publiek wat nie inwoners is nie maar wat noue verbintenisse het met die dorp in ag te neem alvorens hy so 'n besluit sou neem.

Beslis, verder, dat dit 'n onvermydelike afleiding was dat die stadsraad versuim het om dit te doen.

Beslis, verder, dat die geheelbeeld wat na vore getree het was dat kort nadat die lede van die stadsraad aan die bewind gekom het 'n klagte ontvang is met betrekking tot een besondere park; 'n ondersoek deur amptenare is ingestel en 'n aanbeveling is gemaak ten opsigte van C daardie park; 'n besluit is dadelik deur die stadsraad geneem wat op 'n onverklaarde en ongeregverdigde wyse van toepassing gemaak is op al die parke in die blanke woongebied en nog een in die sakesentrum ook en het versuim om aandag te bestee aan die regte van talle mense wat deur die besluit getref sou word en het die belange van die inwoners en van die breë publiek nie behoorlik in ag geneem nie; die afleiding was geregverdig dat die stadsraad op 'n oorhaastige, ondeurdagte en D onverantwoordelike wyse opgetree het en dat sy besluit nie 'n behoorlike en bona fide-uitoefening behels het van die diskresie wat hom toegekom het ingevolge Wet 49 van 1953 nie. Appèl van die hand gewys.

Die beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling in Waks en Andere v Jacobs en 'n Ander 1990 (1) SA 913 (T) bevestig. E

Flynote : Sleutelwoorde

Practice — Parties — Locus standi — Determination of — Of person suffering loss as a result of decision of city council — Policy considerations applicable to causation in delictual context not necessarily decisive as to causation of loss for the determination of a party's locus standi.

F Practice —...

To continue reading

Request your trial
118 practice notes
  • Heroldt v Wills
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Authority and Others 2002 (4) SA 294 (CC) (2002 (5) BCLR 433; [2002] ZACC 3): referred to I Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere 1992 (1) SA 521 (A): referred to Jansen van Vuuren and Another NNO v Kruger 1993 (4) SA 842 (A) ([1993] 2 All SA 619): referred to Johncom Media Investments Ltd v ......
  • Sokhela and Others v MEC for Agriculture and Environmental Affairs (KwaZulu-Natal) and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(5) SA 449 (SCA): referred toHira and Another v Booysen and Another 1992 (4) SA 69 (A): referred toJacobs en Andere v Waks en Andere 1992 (1) SA 521 (A): referred toLoxton v Kenhardt Liquor Licensing Board 1942 AD 275: referred toMarlin v Durban Turf Club and Others 1942 AD 112: referred to......
  • Trakman NO v Livshitz and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Accordingly he had the legal E capacity to institute review proceedings in the present matter (Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere 1992 (1) SA 521 (A) at 533J-534C). This finding renders it strictly unnecessary to say anything about the question of cession, on which the Court a quo's judgme......
  • Minister of Justice v Hofmeyr
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 371 in fin-372; Northwest Townships (Pty) Ltd v The Administrator, Transvaal, and Another 1975 (4) SA 1 (T) at 8D-G; Jacobs v Waks 1992 (1) SA 521 (A) at 544I-545B, 549H-551G; Hira v Booysen 1992 (4) SA 69 (A) at 93I-94A; Hassim v Officer Commanding, Prison Command Robben Island 1973 (3)......
  • Request a trial to view additional results
114 cases

4 books & journal articles
118 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT