Theron en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Blerk Wn HR, Botha AR, Jansen AR, Muller AR en Hofmeyr AR
Judgment Date28 November 1975
Hearing Date12 May 1975
CourtAppellate Division

Van Blerk, Wn. H.R.:

Ek het die uitsprake van my Kollegas gelees en stem saam met die konklusies van Kollegas JANSEN en HOFMEYR dat die appèl moet slaag. Ek is dit ook eens met die redes vir sy uitspraak verstrek deur my Kollega JANSEN en met C sy motivering daarvan.

Dit staan partye tot 'n ooreenkoms vry om enige wettige ooreenkoms aan te gaan en ons reg sal hul gebonde daaraan hou. So sal dit algemeen gesproke partye tot 'n ooreenkoms ook vrystaan om die jurisdiksie van die Howe in sekere opsigte by ooreenkoms uit te sluit mits dit moontlik in gegewe gevalle - afgesien van onwettighede - nie strydig met die openbare belang is nie (vgl. Yenapergasam and Another v. Naidoo and D Another, 1932 NPD 96), 'n faktor wat sekerlik nie altyd maklik te bepaal sal wees nie.

Die Howe is deur die konstitusie van ons land ingestel as die beskermer van die regte van die landsburger en as 'n toevlug vir hom. As hy by ooreenkoms self afstand van die beskerming E wil doen, of as die wederparty hom dié voorreg wil ontsê dan sou verwag word dat sodanige afstanddoening of ontsegging uit die ooreenkoms blyk.

Dit kan hier gemeld word dat hierdie Hof die uitsluiting van die jurisdiksie van die Hof deur KOTZÉ, A.R., aangefrons is deur 'n vermaning gerig aan die adres van die Wetgewer self toe F hy in Union Government v. Fakir, 1923 AD 466 op bl. 471, gesê het:

'I should like, without attempting to dictate to the Legislature, to point out the great danger involved in departing from a well-known rule of constitutional law in all civilised countries - namely, that the courts of law alone are entrusted with deciding on the rights and duties of all persons who are within the protection of the courts.'

Die Kerkorde bepaal nie uitdruklik dat die Howe hul funksie van regspraak oor regskwessies ontneem word nie. Dit klink ook G ongewoon dat 'n kerk in 'n dienskontrak met sy leraar laasgenoemde hom sy konstitusionele reg sal ontneem deur die deure van die Howe vir hom te sluit. Maar dit daar gelaat.

Soos my Kollega JANSEN daarop wys is in die gewysde De Vos deur hom aangehaal deur die Hof self die kerklike verordeninge H uitgelê. Dit is gedoen ten spyte van die betoog dat so 'n stap die regsprekende bevoegdheid van die kerk self vooruitloop. By dié gewysde is tereg gevoeg die latere saak van Odendaal v. Kerkraad van die Gemeente Bloemfontein-Wes van die N.G. Kerk in die O.V.S. en Andere, 1960 (1) SA 160 (O), waar 'n Voltallige Regbank die Algemene Sinodale Kommissie se regsprekende beslissing omvergewerp het.

Ek stem ook saam met die bevele deur my Kollega JANSEN in die vooruitsig gestel.

Botha AR

Judgment

Botha, A.R.:

Ek het die geleentheid gehad om die uitsprake van my Kollegas JANSEN, MULLER en HOFMEYR te lees. Ek is dit met my Kollega MULLER eens dat, om die redes wat hy noem, die Kaapse Afdeling (Regter VAN WINSEN) die appellante se aansoek om A sekere beslissings van eerste en tweede respondente in hersiening te neem en tot niet te maak, tereg in eerste instansie afgewys het, en dat hierdie appèl nie behoort te slaag nie, net soos die appèl na die Voltallige Regbank van die Kaapse Afdeling tereg, om die redes in die gerapporteerde uitspraak van daardie Afdeling uiteengesit, nie geslaag het nie. Ek wil slegs enkele algemene opmerkings byvoeg.

Hierdie Hof het reeds meermale daarop gewys dat waar by 'n B Geregshof aansoek gedoen word om die hersiening en vernietiging van die finale beslissing van 'n kwasi-judisiële tribunaal, die kemvraag steeds is of die tribunaal by die verhoor die elementêre beginsels van geregtigheid nagekom het en sy diskresionêre bevoegdhede werklik uitgeoefen het, al dan nie, en nie of die tribunaal sy bevoegdhede behoorlik C uitgeoefen het nie. (Sien bv. South African Railways v. Swanepoel, 1933 AD 370 op bl. 378; Schoch, N.O. and Others v. Bhettay and Others, 1974 (4) SA 860 (AA) op bl. 866; en National Transport Commission and Another v. Chetty's Motor Transport (Pty.) Ltd., 1972 (3) SA 726 (AA) op bl. 735). Indien bevind sou word dat die tribunaal die elementêre beginsels van geregtigheid verontagsaam het, of sy D diskresionêre bevoegdhede inderdaad nie uitgeoefen het nie, word sy beslissings ter syde gestel. In 'n lange reeks van gewysdes het die Howe die omstandighede geïdentifiseer wat dui op 'n versuim deur die kwasi-judisiële tribunaal om sy diskresionêre bevoegdhede werklik uit te oefen, soos byvoorbeeld, waar die tribunaal die aard en omvang van sy E bevoegdhede verkeerd verstaan het, of waar hy willekeurig of met mala fides opgetree het, of waar sy bevinding in die omstandighede so onbillik is dat dit onverklaarbaar is tensy vermoed word dat die tribunaal willekeurig of met mala fides opgetree het. (Sien bv. South African Railways v. Swanepoel, supra op bl. 78, Union Government v. Union Steel Corporation (South Africa) Ltd., 1928 AD 220 op bl. 235 e.v., en die talle gewysdes wat daarop gevolg het).

F Blote onredelikheid is op sigself geen aanduiding van 'n versuim om diskresionêre bevoegdhede uit te oefen nie, en is in ons regspraak nog nooit as 'n hersieningsgrond aangemerk waarop 'n Geregshof in die finale beslissing van 'n gemagtigde kan ingryp nie. Was dit anders sou die Howe met finale bevindings G van 'n kwasi-judisiële tribunaal, wat na oordeel van die Hof op die meriete verkeerd is, kon inmeng omdat haas enige verkeerde bevinding op die meriete as onredelik aangemerk kan word. Sodoende sou bevindings van kwasi-geregtelike tribunale aan hoër beroep deur die Howe onderworpe gestel word, en sou die Howe die diskresionêre bevoegdhede wat aan huishoudelike H tribunale, hetsy by wetsbepaling of ooreenkoms, toevertrou is, kon uitoefen, en sodoende hul diskresie in die plek van die gemagtigde stel.

Dit is wel waar dat onredelike optrede deur 'n by wetsbepaling gemagtigde aanleiding kan gee tot ongeldigheid op grond van die vermoede dat die Wetgewer geen bevoegdhede tot onredelike optrede verleen nie. Hierdie beginsel vind veral toepassing by die uitvaardiging van administratiewe voorskrifte of verordeninge deur 'n gedelegeerde op grond van die vermoede dat die Wetgewer geen bevoegdheid vir die uitvaardiging van onbillike voorskrifte of verordeninge verleen nie. (Sien bv. Feinstein v. Baleta,

Botha AR

1930 AD 319; Delew v. Brakpan Town Council, 1937 T.P.D. 439; en Minister of Posts and Telegraphs v. Rasool, 1934 AD 167). Waar die bevoegdheid egter verleen word aan 'n kwasi-judisiële tribunaal om na behoorlike ondersoek 'n finale beslissing op die bewese feite uit te bring, kom ander beginsels op die spel. A In so 'n geval is die aangewese tribunaal:

'The final arbiter in its special field and, right or wrong, for better or worse, reasonable or unreasonable, its decision stands - unless it is vitiated by proof on review in the Supreme Court that -

(a)

B the Commission failed to apply its mind to the issues in accordance with the behests of the statute and the tenets of natural justice; in other words, that, de jure, it failed to decide the matter at all. Such failure could be established by reference to mala fides, improper motive, arbitrariness or caprice. The list is not exhaustive; or

(b)

the Commission's decision was grossly unreasonable to so striking a degree as to warrant the inference of a failure to apply its mind as aforesaid - a formidable onus.'

(National Transport Commission v. Chetty's Motor Transport, C supra op bl. 735).

In die geval van 'n kwasi-judisiële tribunaal wat, soos in die onderhawige geval, by ooreenkoms ingestel is om huishoudelike geskille af te maak, is die vraag nie soseer of die partye daarby bedoel het om onredelike optrede deur die tribunaal uit te sluit nie, maar eerder of hulle wel ooreengekom het dat die tribunaal onderlinge geskille of klagtes moet ondersoek en D finaal besleg.

Die doelmatigheids- of wenslikheidsoorwegings waarna Wiechers, Administratiefreg, op bl. 299 - 300, in verband met administratiewe organe verwys, kan nie ter sprake kom by die verrigtinge van kwasi-judisiële tribunale wat ingestel is om na behoorlike verhore op die bewese feite finale bevindings uit te E bring nie. Ofskoon opinie of skatting in Administrator, Transvaal and The Firs Investments (Pty.) Ltd. v. Johannesburg City Council, 1971 (1) SA 56 (AA), en Schoch, N.O. and Others v. Bhettay and Others, 1974 (4) SA 860 (AA), tersaaklike feite was, is dit uit die uitsprake in daardie sake volkome duidelik dat daardie feite nie die gevestigde toepaslike regsbeginsels enigsins geaffekteer het nie, of dat F die beginsels in die Union Steel Corporation -saak uiteengesit tot sulke sake beperk is of tot gevalle waar die verleende bevoegdheid doelmatigheids- of wenslikheidsoorwegings behels nie. Dit blyk duidelik veral op bl. 80 van eersgenoemde uitspraak waar Appèlregter OGILVIE THOMPSON nog so onlangs as 1971 beklemtoon dat tensy die in die Union Steel Corporation -saak gestelde beginsels ten volle besef word, G uitlatings in die gewysdes soos dié van Lord GREENE. M.R., in Associated Provincial Picture Houses Ltd. v. Wednesbury Corporation, (1947) 2 All E.R. 680 (C.A.) op bl. 683, dat 'n hof sou kon ingryp indien 'n beslissing van 'n gemagtigde -

'is so unreasonable that no reasonable authority could ever have come to it',

misleidend kan wees. Indien stare decisis nog betekenis het, H kan daar geen weg wees waarlangs blote onredelikheid in beslissings van kwasi-judisiële liggame tot hersieningsgrond verhef kan word nie.

Na die feit dat die waarde wat die arbiters op die onteiende grond in Schoch, N.O. and Others v. Bhettay and Others, supra, geplaas het, hoofsaaklik op skatting berus het, is slegs verwys as 'n addisionele oorweging waarom die arbiters nie noodwendig die getuienis van die betrokke waardeerder na bewering buite rekening gelaat het nie (sien bl. 867).

Ek meen egter dat bogaande oorwegings in die onderhawige saak van

Botha AR

blote akademiese belany is...

To continue reading

Request your trial
165 practice notes
  • Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Licensing Board 1936 NPD 613 op 615 - 16; Roussouw v Sachs 1964 (2) SA 551 (A); Theron v Ring van Wellington, NG Sendingskerk in SA 1976 (2) SA 1 (A); Shirlaw v Southern Foundries (1926) Ltd [1939] 2 KB 206 op 227; Christie The Law of Contract op 159, 160; Technipak Sales (Pty) Ltd J v Hall......
  • Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...E and Industries) v Union Steel Corp SA Ltd 1928 AD 220; Theron en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in SA en Andere 1976 (2) SA 1 (A); Pretorius v SA Geneeskundige en Tandheelkundige Raad 1980 (2) SA 354 (D); Feinstein v Baleta 1930 AD 319; Herbstein en Van Winsen The Civ......
  • BTR Industries South Africa (Pty) Ltd and Others v Metal and Allied Workers' Union and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Corporation (Edms) Bpk v Oberholzer 1974 (4) SA 808 (T) at 812C-E; Theron v Ring van Wellington NG Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A) at 17-21C; Dairy Board v Imperial Cold Storage and Supply Co Ltd 1977 (3) SA 659 (A) at 669; SWA Munisipale Personeel Vereniging v Minister of Labo......
  • During NO v Boesak and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Pty) Ltd 1976 (1) SA 887 (A) at 895B-C; Theron en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1976 (2) SA 1 (A) at 14F-G). Such failure may be shown by proof, inter alia, that the decision was B arrived at arbitrarily or capriciously or mala fide or as a re......
  • Request a trial to view additional results
157 cases

8 books & journal articles
  • PLANTING SEEDS FOR THE FUTURE: DISSENTING JUDGMENTS AND THE BRIDGE FROM THE PAST TO THE PRESENT
    • South Africa
    • Fundamina No. , January 2021
    • 17 January 2021
    ...(No 1) 2008 (3) SA 91 (E) para 53 and in Gray Moodliar Inc v Nelson Mandela Bay Metropolitan Municipality [2019] ZAECGHC 65 para 34.65 1976 (2) SA 1 (A).66 Subordinate legislation, as illustrated by the case of Rasool, was treated somewhat differently. A regulation or by-law could be set as......
  • Planting seeds for the future: Dissenting judgments and the bridge from the past to the present
    • South Africa
    • Fundamina No. , January 2021
    • 17 January 2021
    ...(No 1) 2008 (3) SA 91 (E) para 53 and in Gray Moodliar Inc v Nelson Mandela Bay Metropolitan Municipality [2019] ZAECGHC 65 para 34.65 1976 (2) SA 1 (A).66 Subordinate legislation, as illustrated by the case of Rasool, was treated somewhat differently. A regulation or by-law could be set as......
  • 'What's Past is Prologue': An Historical Overview of Judicial Review in South Africa — part 2
    • South Africa
    • Fundamina No. , March 2021
    • 17 March 2021
    ...law).86 See, eg, the consideration of reasonableness as a review ground in Theron v Ring van Wellington NG Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A), discussed by d’Oliveira 1976: 211 (“The judgment … is a milestone in the development of our administrative law. This case may prove to be ......
  • Judicial Review of Arbitration Awards
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...ration” in L AWSA 1 par a 586 n 536 Dexgroup (P ty) Ltd v Trustco Group In ternational (Pt y) Ltd 2013 6 SA 520 (SCA) paras 19-2037 1976 2 SA 1 (A) 21B-F254 STELL LR 2014 2 © Juta and Company (Pty) disciplinary t ribunals, so they held, are not the same as those governing arbitration procee......
  • Request a trial to view additional results
165 provisions
  • Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Licensing Board 1936 NPD 613 op 615 - 16; Roussouw v Sachs 1964 (2) SA 551 (A); Theron v Ring van Wellington, NG Sendingskerk in SA 1976 (2) SA 1 (A); Shirlaw v Southern Foundries (1926) Ltd [1939] 2 KB 206 op 227; Christie The Law of Contract op 159, 160; Technipak Sales (Pty) Ltd J v Hall......
  • Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...E and Industries) v Union Steel Corp SA Ltd 1928 AD 220; Theron en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in SA en Andere 1976 (2) SA 1 (A); Pretorius v SA Geneeskundige en Tandheelkundige Raad 1980 (2) SA 354 (D); Feinstein v Baleta 1930 AD 319; Herbstein en Van Winsen The Civ......
  • BTR Industries South Africa (Pty) Ltd and Others v Metal and Allied Workers' Union and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Corporation (Edms) Bpk v Oberholzer 1974 (4) SA 808 (T) at 812C-E; Theron v Ring van Wellington NG Sendingkerk in Suid-Afrika 1976 (2) SA 1 (A) at 17-21C; Dairy Board v Imperial Cold Storage and Supply Co Ltd 1977 (3) SA 659 (A) at 669; SWA Munisipale Personeel Vereniging v Minister of Labo......
  • During NO v Boesak and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Pty) Ltd 1976 (1) SA 887 (A) at 895B-C; Theron en Andere v Ring van Wellington van die NG Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1976 (2) SA 1 (A) at 14F-G). Such failure may be shown by proof, inter alia, that the decision was B arrived at arbitrarily or capriciously or mala fide or as a re......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT