S v Van As

JurisdictionSouth Africa
Citation1976 (2) SA 921 (A)

S v Van As
1976 (2) SA 921 (A)

1976 (2) SA p921

Citation

1976 (2) SA 921 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Rumpff HR, Galgut AR en Kotzé Wn AR

Heard

February 19, 1976

Judgment

March 25, 1976

Flynote : Sleutelwoorde

Strafreg — Strafbare manslag — Oorledene dood as gevolg van 'n aanranding — Wat bewys moet word — Staat moet bewys dat beskuldigde redelikerwyse kon en moes voorsien het dat die dood as gevolg van die aanranding kan intree — Betekenis van 'moes voorsien het'. B

Headnote : Kopnota

In die strafreg, wanneer die dood volg op 'n onregmatige aanranding, moet dit bewys word, alvorens 'n C bevinding van strafbare manslag gedoen kan word, dat die beskuldigde redelikerwyse kon en moes voorsien het dat die dood kon intree as gevolg van die aanranding. Die uitdrukking 'moes voorsien het' word gebesig in die sin van 'behoort te voorsien het'.

Indien dit bewys word dat 'n beskuldigde wel die dood as moontlike gevolg redelikerwyse moes kon voorsien het, en dat aan die kousaliteitsvereiste voldoen is, is die saak afgehandel.

R. v. Meiring, 1927 AD 41, bespreek.

Terwyl daar 'n gesprek tussen die oorledene en die appellant se skoonvader was het die oorledene aan die appellant gesê 'you can go to hell'. Die appellant het hom met sy regterhand op die linkerwang hard geklap en vir hom gesê 'you D cannot tell me to go to hell'. Die oorledene, 'n baie vet man, het sy balans verloor, reg agteroor geval met sy kop op die sementvloer. Die oorledene het bewusteloos geword en is oorlede. Die appellant is aan strafbare manslag skuldig bevind. In hoër beroep,

Beslis, dat die appellant nie redelikerwyse moes voorsien het dat die oorledene as gevolg van so 'n klap agteroor op sy kop kon geval het nie.

Beslis, dus, dat die appellant slegs aan aanranding skuldig is. E

Flynote : Sleutelwoorde

F Criminal law — Culpable homicide — Deceased dying as the result of an assault — What must be proved — State must prove that accused could and must reasonably have foreseen that death could intervene as a result of the assault — Meaning of 'must have foreseen'.

Headnote : Kopnota

In criminal law, when death follows upon an unlawful assault, it must be proved, before there can be a finding of culpable homicide, that the accused could and must G reasonably have foreseen that death could intervene as the result of the assault. The expression 'must have foreseen' ('moes voorsien het') is used in the sense of 'ought to have foreseen'. If it is proved that the accused ought reasonably to have foreseen that death was a possible result and that the causation requirement has been satisfied the case is concluded.

R. v. Meiring, 1927 AD 41, discussed.

While there was a conversation between the deceased and the appellant's H father-in-law the deceased said to the appellant 'You can go to hell.' The appellant gave the deceased a hard slap with his right hand on his left cheek and said to him 'You cannot tell me to go to hell.' The deceased, a very fat man, lost his balance, fell backwards and hit his head on the cement floor. He became unconscious and died. The appellant was convicted of culpable homicide. In an appeal,

Held, that the appellant could not reasonably have foreseen that the deceased, when hit, would fall backwards on his head.

Held, accordingly, that the appellant was guilty of assault only.

Case Information

Appèl teen 'n skuldigbevinding in die Suidwes-Afrika Afdeling (STRYDOM, R., en assessore). Die feite blyk uit die uitspraak van RUMPFF, H.R.

H. J. O. Van Heerden, S.C., namens die appellant: Die vraag is of die appellant redelikerwyse die indruk kon gehad het dat die oorledene hom wel

1976 (2) SA p922

wou aanrand. Die vraag of sodanige indruk 'n uitsluitingsgrond ten aansien van onregmatigheid of skuld sou fundeer, is vir huidige doeleindes nie ter sake nie. R. v. Hele, 1947 (1) SA 272; R. v. Bhaya, 1953 (3) SA 143; R. v. Koning, 1953 (3) SA 220; S. v. Ntule, 1975 A (1) SA te bl. 436. 'n Leunstoelbeskouing van die appellant se optrede hou nie rekening met die feit dat hy as't ware op die ingewing van die oomblik moes optree nie; S. v. Nyokong en Andere, 1975 (3) SA 792; Cele v. R., 1945 NPD 173. 'n Verdere vraag is of, aangenome dat die appellant redelikerwyse kon aanneem dat die oorledene hom wou aanrand, die toediening van die klap as 'n redelike afweerhandeling beskou kan B word. By die beoordeling van hierdie vraag moet weereens in gedagte gehou word dat die appellant binne 'n oogwink moes besluit wat sy optrede sou wees. Indien in aanmerking geneem word dat volgens gewone verwagting van gevolge die toediening van 'n klap nie as 'n ernstige liggaamsbedreiging beskou kan word nie, kan dit sekerlik nie die C appellant verwyt word dat hy nie weggehardloop het nie; Cele v. R., supra; R. v. Zikalala, 1953 (2) SA te bl. 572 - 573; R. v. Carr, 1956 (3) SA 353; Sgatle v. R., 1958(1) P.H. H125. Vir sy bevinding dat die appellant skuldig was aan strafbare manslag het die Hof a quo veral gesteun op stellings van Regter RUMPFF in S. v. Bernardus, 1965 (3) SA D 287. In sy uitspraak het Regter RUMPFF 'n analogie getrek tussen deliksaanspreeklikheid en aanspreeklikheid vir strafbare manslag. Hierdie analogie tussen die privaatreg en strafreg gaan nie op nie. In die privaatreg berus deliksaanspreeklikheid op veroorsaking van skade. Derhalwe moet nalatigheid kousaal verband hou met skadeveroorsaking. Is dit die geval, is die verdere vraag welke skade verhaalbaar is, 'n E kwessie van kousaliteit en nie van skuld nie. Daarenteen moet in die strafreg die skuld met die veroorsaking van dood as sulks verband hou. Burchell en Hunt, South African Criminal Law & Procedure, band 1, bl. 158, n. 86; Russell (Turner), Crime, 11de uitg., band 1, bl. 655, 656; Fitzgerald, Criminal Law and Punishment, bl. 101; Brett, An Enquiry into Criminal Guilt, bl. 100. By ontleding is die genoemde uitlatings in F stryd met die meerderheids-uitspraak in die Bernardus-saak waarvolgens duidelik by strafbare manslag nalatigheid ten aansien van doodsveroorsaking vereis word. Sedertdien het hierdie Hof dié vereiste sonder teenspraak aanvaar. S. v. Bernardus, supra; S. v. Mtshiza, 1970 (3) SA 747; S. v. Burger, 1975 (4) SA te bl. 878 - 879; R. v. John, 1969 (2) SA te bl. 571. In verwante regstelsels word dan ook steeds G vereis dat nalatigheid op doodsveroorsaking - in teenstelling tot liggaamlike besering - gerig moet wees. Dit geld ook vir die Engelse en Amerikaanse reg, behalwe insoverre in gevalle van aanranding nog aan die versari-gedagte vasgehou word. Van Bemmelen en Van Hattum, Nederlandse Strafrecht, band 2, bl. 235; Williams, Criminal Law, 2de uitg., para. 39. Die aanknoping wat by Schönke-Schröder in die H Bernardus-saak gesoek is, berus op 'n onjuiste siening van die verband waarin hierdie skrywers melding maak van die geval waarin A vir B met die vuis slaan wat dan meebring dat B 'n dodelike verwonding opdoen. Op die bewuste plek behandel die outeurs die kousaliteitsvraagstuk, en nie die skuldvereiste nie. Schönke-Schröder, Strafgesetzbuch, 10de uitg., para. 226. Regter HOLMES, het in die Bernardus-saak te bl. 307 die indruk geskep dat, indien die moontlikheid van ernstige liggaamlike besering voorsienbaar is, die moontlikheid van dood insgelyks voorsienbaar is. Ook in die Burger-saak te bl. 879H word genoem dat ernstige besering en dood bekend is as ooraak

1976 (2) SA p923

en gevolg in terme van menslike ondervinding. Hoewel in die praktyk in meeste gevalle waarin ernstige liggaamlike besering redelikerwys voorsienbaar is, ook gekonkludeer sal kan word dat doodsveroorsaking insgelyks redelikerwyse voorsienbaar was, is dit hoegenaamd nie altyd die geval nie. Burchell en Hunt, op. cit., bl. 157, n. 72. Om A voorsienbaarheid van ernstige liggaamlike besering gelyk te stel met voorsienbaarheid van dood is 'n onbewuste vasklemming aan die versari-leer. Die aspek van voorsienbaarheid word dan tot 'n fiksie omskep. Stuart, 1966 S.A.L.J., bl. 421, 424 - 425; R. v. Mathenjwa, aangehaal deur Van Niekerk, 1971 S.A.L.J., bl. 145. Dit is dwingend om B in gedagte te hou dat voorsienbaarheid nie die enigste nalatigheidsvereiste is nie. In eerste instansie moet die gevolg redelik voorsienbaar wees. In tweede instansie moet die gevolg en die kanse dat dit sal intree sodanig wees dat 'n redelike man in die plek van die beskuldigde (in 'n strafsaak) anders sou gehandel het. S. v. Burger, 1975 (4) SA te bl. 878 - 879; S. v. Mtshiza, 1970 (3) SA te bl. 752; Burchell en Hunt, op. cit., bl. 160; S. v. Southern, 1965 (1) SA C te bl. 862; Herschel v. Mrupe, 1954 (3) SA te bl. 475; Kruger v. Coetzee, 1966 (2) SA te bl. 430. Dit is ook insiggewend om daarop te let dat in aanverwante regstelsels, behoudens die enkele uitsonderingsgeval in die Engelse- en Amerikaansereg waarna reeds verwys is, aanspreeklikheid weens nalatige doodsveroorsaking erken word slegs D in gevalle van growwe nalatigheid in teenstelling tot gewone of ligte nalatigheid. Peters, Opzet en Schuld in het Strafrecht, bl. 4; Gordon, The Criminal Law of Scotland, bl. 230; R. v. Bateman, 133 L.T. te bl. 734; Van Bemmelen en Van Kattum, Nederlandse Strafrecht, band 2, bl. 235; Williams, Criminal Law, 2de uitg. bl. 106 - 107, 110, n. 17; Hall, General Principles of Criminal Law, 2de uitg., bl. 261; Fitzgerald, Criminal Law and Punishment, bl. 101; Jones, An Introduction to Criminal E Law, 7de uitg., bl. 158. In die huidige geval kan dit nie gesê word dat doodsveroorsaking redelikerwyse voorsienbaar was nie. Stuart, 1966 S.A.L.J., bl. 421, 424 - 425; Strauss en Strydom, Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse-Reg, bl. 156; Van Niekerk, 1971 S.A.L.J., bl. 145; Burchell en Hunt, op. cit., bl. 158; Gordon, supra, bl. 733, F 749; Williams, supra, para. 39; Hall, supra bl. 261. Indien die appellant wel skuldig was aan strafbare manslag, kan dit alleen wees omdat die reël geld dat 'n persoon...

To continue reading

Request your trial
29 practice notes
  • S v Manamela and Another (Director-General of Justice Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 322 (W): referred to S v Skweyiya 1984 (4) SA 712 (A): referred to S v Trickett 1973 (3) SA 526 (T): referred to S v Van As 1976 (2) SA 921 (A): referred S v Zuma and Others 1995 (2) SA 642 (CC) (1995 (1) SACR 568; 1995 (4) BCLR 401): referred to E S v Zungu 1972 (3) SA 44 (N): appli......
  • 2011 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...101-103S v V 2000 (1) SACR 453 (SCA) ........................................................... 396, 397S v Van As 1976 (2) SA 921 (A) ..................................................................... 54S v Van der Merwe 1998 (1) SACR 194 (O) .................................................
  • S v Manamela and Another (Director-General of Justice Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 300 E-F; S v Burger 1975 (4) SA 877 (A) at 879D; S v Bochris Investments (Pty) Ltd and Another 1988 (1) SA 861 (A) at 865G-I. [82] 1976 (2) SA 921 (A) at [83] Above n 2 at 559C (our translation). [84] Above n 3. [85] Above n 3. [86] Compare the discussion in Coetzee above n 3 at paras [8......
  • 2018 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...267S v Tshoga 2017 (1) SACR 420 (SCA) .................................................. 291S v Van As 1976 (2) SA 921 (A) ........................................................... 73S v Van der Westhuizen 2011 (2) SACR 26 (SCA) ............................... 93S v Van Leperen 2017 (1) S......
  • Request a trial to view additional results
22 cases
  • S v Manamela and Another (Director-General of Justice Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 322 (W): referred to S v Skweyiya 1984 (4) SA 712 (A): referred to S v Trickett 1973 (3) SA 526 (T): referred to S v Van As 1976 (2) SA 921 (A): referred S v Zuma and Others 1995 (2) SA 642 (CC) (1995 (1) SACR 568; 1995 (4) BCLR 401): referred to E S v Zungu 1972 (3) SA 44 (N): appli......
  • S v Manamela and Another (Director-General of Justice Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 300 E-F; S v Burger 1975 (4) SA 877 (A) at 879D; S v Bochris Investments (Pty) Ltd and Another 1988 (1) SA 861 (A) at 865G-I. [82] 1976 (2) SA 921 (A) at [83] Above n 2 at 559C (our translation). [84] Above n 3. [85] Above n 3. [86] Compare the discussion in Coetzee above n 3 at paras [8......
  • S v Mokgethi en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Mini 1963 (3) SA 188 (A) op 196E - F; S v Bochris Investments (Pty) Ltd and Another H 1988 (1) SA 861 (A) op 866J - 867A; S v Van As 1976 (2) SA 921 (A); S v Diedericks 1981 (3) SA 940 (C); Hiemstra SA Strafproses 4de uitg; S v Mkize 1979 (1) SA 461 (A); S v Letsolo 1970 (3) SA 476 (A) op......
  • Harrington NO and Another v Transnet Ltd t/a Metrorail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Another (Director-General of Justice Intervening) 2000 (3) SA 1 (CC) (2000 (1) SACR 414; 2000 (5) BCLR 491): referred to S v Van As 1976 (2) SA 921 (A): referred to I S v Zoko 1983 (1) SA 871 (N): referred to South African Railways v Bardeleben 1934 AD 473: dictum at 480 applied South Afric......
  • Request a trial to view additional results
7 books & journal articles
  • 2011 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...101-103S v V 2000 (1) SACR 453 (SCA) ........................................................... 396, 397S v Van As 1976 (2) SA 921 (A) ..................................................................... 54S v Van der Merwe 1998 (1) SACR 194 (O) .................................................
  • 2018 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...267S v Tshoga 2017 (1) SACR 420 (SCA) .................................................. 291S v Van As 1976 (2) SA 921 (A) ........................................................... 73S v Van der Westhuizen 2011 (2) SACR 26 (SCA) ............................... 93S v Van Leperen 2017 (1) S......
  • 2017 index

  • The double life of unlawfulness: Fact and law
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...on the otherhand, requires courts to place themselves in the position of the actor at the17R v Mbombela 1933 AD 269; S v Van As 1976 (2) SA 921 (A); S v Ngubane 1985 (3) SA677 (A); S v Melk (NCO) 1988 (4) SA 561 (A).18Trollip JA in S v Ngomane 1979 (3) SA 859 (A) at 863F-H stated: ‘I think ......
  • Request a trial to view additional results
29 provisions
  • S v Manamela and Another (Director-General of Justice Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 322 (W): referred to S v Skweyiya 1984 (4) SA 712 (A): referred to S v Trickett 1973 (3) SA 526 (T): referred to S v Van As 1976 (2) SA 921 (A): referred S v Zuma and Others 1995 (2) SA 642 (CC) (1995 (1) SACR 568; 1995 (4) BCLR 401): referred to E S v Zungu 1972 (3) SA 44 (N): appli......
  • 2011 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...101-103S v V 2000 (1) SACR 453 (SCA) ........................................................... 396, 397S v Van As 1976 (2) SA 921 (A) ..................................................................... 54S v Van der Merwe 1998 (1) SACR 194 (O) .................................................
  • S v Manamela and Another (Director-General of Justice Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 300 E-F; S v Burger 1975 (4) SA 877 (A) at 879D; S v Bochris Investments (Pty) Ltd and Another 1988 (1) SA 861 (A) at 865G-I. [82] 1976 (2) SA 921 (A) at [83] Above n 2 at 559C (our translation). [84] Above n 3. [85] Above n 3. [86] Compare the discussion in Coetzee above n 3 at paras [8......
  • 2018 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...267S v Tshoga 2017 (1) SACR 420 (SCA) .................................................. 291S v Van As 1976 (2) SA 921 (A) ........................................................... 73S v Van der Westhuizen 2011 (2) SACR 26 (SCA) ............................... 93S v Van Leperen 2017 (1) S......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT