S v Masilela en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa

S v Masilela en 'n Ander
1987 (4) SA 1 (A)

1987 (4) SA p1

Citation

1987 (4) SA 1 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Grosskopf AR, Nestadt AR en Kumleben Wn AR

Heard

May 4, 1987

Judgment

May 27, 1987

Flynote : Sleutelwoorde

Strafproses — Getuienis — Van aanwysing — Strafproseswet 51 van 1977 art 218(2) — Feit dat aanwysing deel uitmaak van ontoelaatbare bekentenis irrelevant tot toelaatbaarheid van getuienis C omtrent aanwysing — Hof se kennis van hierdie irrelevante feit maak geen verskil nie, selfs al is Hof bewus van hele inhoud van ontoelaatbare bekentenis — Toelaatbaarheid bepaal volgens objektiewe maatstawwe en nie na gelang van of Hof kennis het van feite wat irrelevant tot toelaatbaarheid is nie.

Headnote : Kopnota

Waar die Hof te doen het met getuienis aangaande 'n aanwysing D wat deel vorm van 'n bekentenis, maak art 218(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 dit duidelik dat die feit dat die aanwysing deel vorm van 'n ontoelaatbare bekentenis, irrelevant is tot die toelaatbaarheid van getuienis omtrent die aanwysing. En as die feit irrelevant is, is dit moeilik om in te sien hoe die Hof se kennis van hierdie irrelevante feit enige verskil kan maak, selfs al is die Hof se kennis daarvan so grondig dat hy die hele inhoud van die ontoelaatbare bekentenis ken. E Toelaatbaarheid word bepaal volgens objektiewe maatstawwe en nie na gelang van of die Hof kennis het al dan nie van feite wat irrelevant tot toelaatbaarheid is nie.

S v Magwaza 1985 (3) SA 29 (A) bespreek en dicta op 39F - I gekritiseer en nie toegepas nie.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Evidence — Of pointing-out — F Criminal Procedure Act 51 of 1977 s 218(2) — Fact that pointing-out forms part of inadmissible confession irrelevant as regards admissibility of evidence concerning pointing-out — Court's knowledge of this irrelevant fact making no difference even if Court is aware of entire contents of inadmissible confession — Admissibility determined according to objective criteria and not according to whether Court has G knowledge of facts irrelevant to admissibility.

1987 (4) SA p2

Headnote : Kopnota

As far as evidence regarding a pointing-out which forms part of a confession is concerned, s 218(2) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 makes it clear that the fact that the pointing-out forms part of an inadmissible confession is irrelevant to the admissibility of evidence concerning the pointing-out. If that fact is irrelevant, it is difficult to see how a Court's knowledge of this irrelevant fact can make any difference, even if the knowledge of the Court is so extensive as to cover the entire contents of the inadmissible B confession. Admissibility is determined according to objective criteria and not according to whether or not a Court has knowledge of facts which are irrelevant to admissibility.

S v Magwaza 1985 (3) SA 29 (A) discussed and dicta at 39F - I criticised and not applied.

Case Information

Appèl teen 'n beslissing van die Transvaalse Provinsiale C Afdeling (De Villiers R). Feite wat nie tot hierdie verslag ter sake is nie, is uit die uitspraak van Grosskopf AR weggelaat.

A Treurnicht namens eerste appellant op die feite op versoek van die Hof.

D J Pienaar namens tweede appellant op versoek van die Hof het na die volgende gesag verwys: R v Ncanana 1948 (4) SA 399 (A); D S v Mlati 1984 (4) SA 629 (A). Verder op die feite.

J Jonker namens die Staat het na die volgende gesag verwys: R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A); R v G 1959 (4) SA 39 (T); S v Kearney 1964 (2) SA 495 (A); R v Kristasamy 1945 AD 549; R v Nqamtweni and Another 1959 (1) SA 894 (A); SA Scottish E Finance Corporation Ltd v Smit 1966 (3) SA 629 (T); Taljaard v Sentrale Raad vir Koöperatiewe Assuransie Bpk 1974 (2) SA 450 (A). Verder op die feite.

Cur adv vult.

Postea (Mei 27). F

Judgment

Grosskopf AR:

Die twee appellante is in die Transvaalse Oos- en Suid-Oostelike Rondgang Plaaslike Afdeling voor De Villiers R en assessore skuldig bevind aan 'n aantal misdade gepleeg in die tydperk 14 April 1984 tot 25 Mei 1984. Met verlof van die G Verhoorregter kom albei appellante nou in hoër beroep teen hulle skuldigbevindinge. Hulle is ook onskuldig bevind op 'n aantal klagtes, maar dit is nie nodig om in hierdie uitspraak na sodanige klagtes te verwys nie. Gerieflikheidshalwe sal ek die klagtes waarop die appellante skuldig bevind is afsonderlik behandel in die volgorde waarin hulle in die akte van beskuldiging voorkom.

Klagtes 2 en 3: Roof met verswarende omstandighede en poging H tot moord op William Tinkie Pule (14 April 1984)

Albei appellante is op hierdie twee klagtes skuldig bevind en elk gevonnis tot 10 jaar vir roof en agt jaar vir poging tot moord. Dit was gemene saak dat die misdade gepleeg was, en die enigste vraag was dié van identiteit, dws of die Staat bo I redelike twyfel bewys het dat die appellante die boosdoeners was. Dit getuienis was kortliks soos volg.

Op Saterdag 14 April 1984 om ongeveer 16h00 het die klaer, Pule, met sy Cortina voertuig in Bethal rondgery. Hy het by 'n kafee stilgehou en 'n brood gekoop. Toe hy uitkom, nader drie vreemde Swartmans hom, en vra om saam te ry na Rietspruit, waarheen Pule op pad was. Pule het toegestem. adat hy 'n ander J passassier, wat saam met hom was, afgelaai het, het hy in die rigting van Rietspruit gery. Die drie persone het agter

1987 (4) SA p3

Grosskopf AR

in die voertuig gesit. Langs die pad het hulle gesê dat hulle A wou urineer. Pule het stilgehou. Een van die drie kom toe na hom en rig 'n vuurwapen op hom. Die persoon beveel hom om agter in die voertuig in te klim. Daar het Pule tussen die ander twee persone gesit, terwyl die persoon wat hom gedreig het, die voertuig verder bestuur het. By 'n ry bome het die bestuurder stilgehou. Teen daardie tyd het die twee persone wat aan weerskante van Pule gesit het, hom reeds deursoek. Hy is beveel B om uit te klim en onder 'n boom se takke in te gaan. Daar is hy aangesê om plat te lê omdat hulle hom wou doodmaak. Hy het stil gelê. Al drie die persone het vuurwapens gehad, en twee skote is op hom gevuur, een waarvan hom in die hand getref het. Sy aanvallers bekyk hom toe in die lig van 'n flitslig. C Daarna vertrek hulle in sy voertuig.

Dit blyk duidelik uit die manier waarop die misdade gepleeg is dat al drie Pule se aanvallers opgetree het met 'n gemeenskaplike opset om hom te beroof en te vermoor. Wat die opset om te dood betref...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • S v Mncube en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...net een nie maar 'n hele reeks spesifieke punte uitgewys het; sy leuenagtige getuienis oor die uitwysings (vgl S v Masilela en 'n Ander 1987 (4) SA 1 (A) op 4I - J); en die feit dat dit nooit sy saak was dat hy iemand anders die myne daar sien lê het of dat H sy uitwysings gegrond was op wa......
  • S v Sheehama
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(2) SA p862 A D Kuny SC namens die appellant het na die volgende gesag verwys: S v Nyembe 1982 (1) SA 835 (A) op 840H; S v Masilela 1987 (4) SA 1 (A); S v Magwaza 1985 (3) SA 29 (A); S v Gwevu and Another 1961 (4) SA 536 (OK) op 537E - G; S v Shabalala 1986 (4) SA 734 (A) op 748 - 9; R v Bl......
  • S v Mncube en 'n Ander
    • South Africa
    • Appellate Division
    • March 25, 1991

  • S v Khumalo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van ontoelaatbaarheid. Ander gronde van ontoelaatbaaarheid word dus nie geraak nie. Dit is soos volg gestel in S v Masilela en 'n Ander 1987 (4) SA 1 (A) op "Die Wysigingswet van 1955 het dus getuienis van 'n aanwysing, wat B ooreenkomstig Duetsimi se saak ontoelaatbaar was, toelaatbaar gem......
  • Request a trial to view additional results
9 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT