S v Mncube en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
Citation1991 (3) SA 132 (A)

S v Mncube en 'n Ander
1991 (3) SA 132 (A)

1991 (3) SA p132


Citation

1991 (3) SA 132 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Hefer AR, Vivier AR, Eksteen AR

Heard

February 25, 1991; February 26, 1991

Judgment

March 25, 1991

Flynote : Sleutelwoorde F

Strafproses — Getuienis — Van uitwysing — Uitwysing deur beskuldigde van 'n plek waar 'n misdaad vantevore gepleeg is — Vraag of afleiding G dat beskuldigde aandadig was aan misdaad geregverdig is, moet beantwoord word aan die hand van feite van elke saak — Afleiding dat beskuldigde inderdaad aandadig was kan slegs gemaak word indien dit die enigste redelike afleiding is wat feite as geheel regverdig.

Strafproses — Getuienis — Bekentenis — Toelaatbaarheid van — Be- H wyslas — Artikel 217(1)(b) van Strafproseswet 51 van 1977 — Uitwerking van — Sertifikaat van tolk kragtens art 217(1)(b)(i) het nie aan voorgeskrewe vereistes voldoen nie — Enigste effek daarvan dat bekentenis nie by blote voorlegging toelaatbaar is nie en op gewone manier bewys moet word — Inwerkingtrede van subpara (ii) van art I 217(1)(b) nie afhanklik van nakoming van subpara (i) van subart (1)(b) nie.

Binnelandse veiligheid — Oortredings — Wet op Binnelandse Veiligheid 74 van 1982 — Terrorisme ter oortreding van art 54(1) — Vonnis — Kragtens art 54(1) strafbaar met strawwe wat by Wet vir hoogverraad bepaal word — Weens wysiging van art 277 van Strafproseswet 51 van 1977 J deur art 4 van Strafregwysigingswet

1991 (3) SA p133

A 107 van 1990 is hoogverraad (en dus terrorisme) tans slegs met die dood strafbaar indien dit gepleeg word wanneer Republiek in 'n staat van oorlog verkeer — Republiek nie in 'n staat van oorlog nie — Doodstraf vir terrorisme voor inwerkingtrede van Wet 107 van 1990 opgelê maar appèl eers daarna verhoor — Appèl moet derhalwe afgehandel word asof art 4 van Wet 107 van 1990 te alle tersaaklike tye in werking was — B Doodstraf op skuldigbevinding aan terrorisme derhalwe tersyde gestel.

Strafreg — Moord — Vonnis — Doodvonnis — Wanneer die gepaste straf — Strafproseswet 51 van 1977 soos gewysig deur art 4 van Strafregwysigingswet 107 van 1990 — Feit dat moord met politieke C oogmerk gepleeg is, kan in gepaste omstandighede as strafversagtende faktor dien — Of dit in bepaalde geval so beskou moet word afhangend van omstandighede — Selfs al sou dit as 'n versagtende faktor beskou word, sal gepastheid van doodvonnis steeds met inagnaming van versagtende sowel as verswarende omstandighede beoordeel moet word — D Landmyne geplant in paaie in landboustreek — Beskuldigdes bewus daarvan dat slagoffers burgerlikes kon wees — Agt burgerlikes deur landmynontploffings gedood — Beskuldigdes se dade as suiwer terrorisme beskou — Belange van gemeenskap kom sterk na vore in sake van hierdie aard — Doodvonnis die enigste gepaste straf.

E Strafreg — Moord — Vonnis — Doodvonnis — Wanneer die gepaste straf — Strafproseswet 51 van 1977 soos gewysig deur art 4 van Strafregwysigingswet 107 van 1990 — Faktore wat in ag geneem kan word — Op grond van versoeningsproses wat tans op politieke gebied plaasvind word en grondwetlike veranderings wat in die vooruitsig gestel word, F aangevoer dat vonnis wat na versoening streef opgelê moet word — Onvanpas om gepastheid van doodvonnis te oorweeg in die lig van huidige politieke klimaat of met bevordering van 'n bepaalde politieke proses ten doel — Regterlike straftoemeting veronderstel sover moontlik volkome afsydigheid met die oog op billike handhawing van die reg en G regverdigheid teenoor beskuldigde, die gemeenskap en benadeeldes.

Headnote : Kopnota

Sou 'n beskuldigde 'n plek uitwys waar 'n misdaad vantevore gepleeg is, ontstaan die vraag natuurlik of sy kennis uit sy eie deelname in of aandadigheid aan die betrokke misdaad spruit dan wel uit inligting wat iemand anders aan hom daaromtrent verskaf het, en of dit toe te skryf is aan die feit dat hy iemand anders die misdaad daar sien pleeg het. H Vanselfsprekend moet hierdie vraag beantwoord word aan die hand van die feite in elke saak en 'n afleiding van die beskuldigde se aandadigheid aan die misdaad kan slegs gemaak word indien dit die enigste redelike afleiding is wat die feite as geheel regverdig. Die feite mag van so 'n aard wees dat 'n afleiding van sy aandadigheid onvermydelik is.

Die Hof het in die huidige geval ('n appèl teen die appellante se skuldigbevindings aan, onder andere, agt aanklagte van moord I voortspruitend uit die dood van agt mense in landmynontploffings) bevind dat, gedagtig aan die ligging en spesifiek-gelokaliseerde aard van die plekke wat die eerste appellant uitgewys het (waarvan sommige plekke was waar landmyne gelê was wat ontplof het en die dood van die oorledenes veroorsaak het) tesame met die feit dat hy nie net een nie maar 'n hele reeks spesifieke punte uitgewys het; sy leuenagtige getuienis oor die uitwysings; en die feit dat dit nooit sy saak was dat hy iemand anders die myne daar sien lê het of dat sy uitwysings gegrond was op wat andere J (hetsy die polisie of iemand anders)

1991 (3) SA p134

A hom omtrent die plekke vertel het nie, die afleiding onvermydelik was dat eerste appellant se kennis van die plekke voortgespruit het uit sy eie aandadigheid.

Die effek van nie-nakoming van die bepalings van subpara (i) van art 217(1)(b) van die Strafproseswet 51 van 1977 (in die huidige geval het die tolk wat opgetree het toe die tweede appellant 'n bekentenis voor 'n landdros afgelê het nie gesertifiseer dat hy 'getrou en juis' getolk het, soos vereis deur art 217(1)(b) (i) nie) is nie dat art 217(1)(b) (ii) nie in werking tree nie. Die enigste effek van die gebrekkige B sertifikaat is dat die bekentenis nie by blote voorlegging toelaatbaar is nie. Artikel 217(1)(b) bevat twee afsonderlike voordele vir die Staat: die eerste is dat 'n bekentenis by blote voorlegging toelaatbaar is onder die omstandighede in subpara (i) van art 217(1)(b) uiteengesit en die tweede is dat 'n bekentenis onder die omstandighede in subpara (ii) uiteengesit geag word vrywillig en ongedwonge gemaak te gewees het. Sou daar nie voldoen word aan die vereistes van subpara (i) nie, beteken dit slegs dat die bekentenis op die gewone manier bewys moet word. C Kortom, die inwerkingtrede van subpara (ii) is nie afhanklik van die nakoming van die vereistes van subpara (i) nie.

Ooreenkomstig art 54(1) van die Wet op Binnelandse Veiligheid 74 van 1982 is die misdryf van terrorisme strafbaar 'met die strawwe wat by Wet vir die misdryf hoogverraad bepaal word'. Tot 27 Julie 1990 was die doodvonnis ooreenkomstig art 277(1)(b) van Wet 51 van 1977 'n bevoegde D vonnis vir hoogverraad en was die Hooggeregshof dus bevoeg om die doodvonnis op te lê vir 'n skuldigbevinding aan terrorisme. Weens die wysiging van art 277 van Wet 51 van 1977 deur art 4 van die Strafregwysigingswet 107 van 1990, wat op 27 Julie 1990 in werking getree het, is hoogverraad tans slegs met die dood strafbaar indien dit gepleeg word wanneer die Republiek in 'n staat van oorlog verkeer. 'n Appèl teen 'n doodvonnis voor 27 Julie 1990 vir terrorisme opgelê moet ooreenkomstig art 20(1)(a) van Wet 107 van 1990 afgehandel word asof art E 4 van daardie Wet te alle tersaaklike tye in werking was. Waar dit blyk dat die Republiek nie in 'n staat van oorlog was ten tyde van die pleeg van die misdryf (van terrorisme) nie, volg dit dat die doodvonnis nie langer beskou kan word as 'n bevoegde vonnis nie, en moet sodanige appèl gehandhaaf word.

Voor die wysiging van art 277 van die Strafproseswet 51 van 1977 deur art 4 van die Strafregwysigingswet 107 van 1990 is dit reeds aanvaar dat die feit dat 'n moord met 'n politieke oogmerk gepleeg is in gepaste F omstandighede as 'n versagtende omstandigheid beskou kon word. Dit kan ook in die huidige bedeling ook as 'n strafversagtende faktor dien. Of dit in 'n bepaalde geval so beskou moet word, hang van die omstandighede af, en daarby moet natuurlik gevoeg word dat, selfs al sou dit as 'n versagtende faktor beskou word, die gepastheid van die doodvonnis nog steeds beoordeel moet word met inagneming van die versagtende sowel as die verswarende faktore.

In die huidige geval is die appellante se appèlle teen doodvonnisse G hulle opgelê op skuldigbevindings aan moord voortspruitend uit die dood van agt burgerlikes in landmynontploffings van die hand gewys. Die Hof het bevind dat die appellante, wat aandadig was aan die plant van landmyne in paaie in 'n landboustreek, besef het dat die slagoffers burgerlikes kon wees en dat op die feite die afleiding geregverdig was dat die landmyne vir burgerlikes bedoel was. Die Hof het bevind, ondanks die eerste appellant se aandrang om as soldaat en nie 'n terroris nie behandel te word, dat optrede soos dié waaraan die appellante hulle H skuldig gemaak het as suiwer terrorisme bestempel moes word. Die Hof het bevind dat die politieke en sosiale omstandighede in die land wat gelei het tot die appellante se aansluiting by die militêre vleuel van die ANC as strafversagtend aanvaar kon word, maar dat die voormelde verswarende faktore ook oorweeg moes word. Die Hof het verder bevind dat die belange van die gemeenskap sterk na vore kom in sake van hierdie aard. Die Hof het derhalwe bevind dat, wanneer die versagtende en verswarende faktore teen mekaar opgeweeg word, die doodvonnis die enigste gepaste straf was I vir beide appellante.

Die Hof het verder 'n betoog, ten aansien van die gepastheid van die doodvonnis in die huidige geval, dat die Hof kennis moes neem van die versoeningsproses wat tans op politieke gebied aan die gang is en die grondwetlike veranderings wat in die vooruitsig gestel word en dat die Hof dus 'n vonnis wat na versoening streef moes oplê, verwerp. Die Hof was van mening dat dit totaal onvanpas sou wees as 'n Hof die gepastheid J van 'n doodvonnis sou oorweeg in die lig van die huidige politieke

1991 (3) SA p135

A klimaat...

To continue reading

Request your trial
11 practice notes
  • S v Lushozi and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of sentence: S v Ramba 1990 (2) SACR 334 (A) at 342; S v Ncaphayi en Andere 1990 (1) SACR 472 (A) D at 495; S v Mncube en 'n Ander 1991 (3) SA 132 (A) at 154; S v Senohohi 1990 (4) SA 727 (A) at 734H-I; S v Van Rooi en Andere 1976 (2) SA 580 (A) at 584G-H; R v Taylor 1949 (4) SA 702 (A) at ......
  • S v Lushozi and Another
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 20 November 1992
    ...of sentence: S v Ramba 1990 (2) SACR 334 (A) at 342; S v Ncaphayi en Andere 1990 (1) SACR 472 (A) D at 495; S v Mncube en 'n Ander 1991 (3) SA 132 (A) at 154; S v Senohohi 1990 (4) SA 727 (A) at 734H-I; S v Van Rooi en Andere 1976 (2) SA 580 (A) at 584G-H; R v Taylor 1949 (4) SA 702 (A) at ......
  • S v Mamkeli
    • South Africa
    • Invalid date
    ...authorities: R v L 1960 (3) SA 503 (A) at 505F-H; S v Matshoba and Another 1977 (2) SA 671 (A) at 677G-H; S v Mncube en 'n Ander 1991 (3) SA 132 (A) at 144E-F; R v Blom 1939 AD 188 at 202-3; S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A) at 593E-H, 595B-E and 595I-596A; S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A) a......
  • S v Maxam
    • South Africa
    • Invalid date
    ...State referred to the following authorities: S v Khundulu 1991 (1) SACR 470 (A); S v Makie 1991 (2) SACR 139 (A) at 143f-h; S v Mncube 1991 (3) SA 132 (A) at 155D-E; S v Ramba 1990 (2) SACR 334 (A); S v Phasha and Others 1990 (2) SACR 112 (W); S v Khanyile B and Others 1991 (1) SACR 567 (A)......
  • Request a trial to view additional results
11 cases
  • S v Lushozi and Another
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 20 November 1992
    ...of sentence: S v Ramba 1990 (2) SACR 334 (A) at 342; S v Ncaphayi en Andere 1990 (1) SACR 472 (A) D at 495; S v Mncube en 'n Ander 1991 (3) SA 132 (A) at 154; S v Senohohi 1990 (4) SA 727 (A) at 734H-I; S v Van Rooi en Andere 1976 (2) SA 580 (A) at 584G-H; R v Taylor 1949 (4) SA 702 (A) at ......
  • S v Lushozi and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ... ... on the question of sentence: S v Ramba 1990 (2) SACR 334 (A) at 342; S v Ncaphayi en Andere 1990 (1) SACR 472 (A)  D  at 495; S v Mncube en 'n Ander 1991 (3) SA 132 (A) at 154; S v Senohohi 1990 (4) SA 727 (A) at 734H-I; S v Van Rooi en Andere 1976 (2) SA 580 (A) at 584G-H; R v Taylor ... ...
  • S v Mamkeli
    • South Africa
    • Invalid date
    ...authorities: R v L 1960 (3) SA 503 (A) at 505F-H; S v Matshoba and Another 1977 (2) SA 671 (A) at 677G-H; S v Mncube en 'n Ander 1991 (3) SA 132 (A) at 144E-F; R v Blom 1939 AD 188 at 202-3; S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A) at 593E-H, 595B-E and 595I-596A; S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A) a......
  • S v Maxam
    • South Africa
    • Invalid date
    ...State referred to the following authorities: S v Khundulu 1991 (1) SACR 470 (A); S v Makie 1991 (2) SACR 139 (A) at 143f-h; S v Mncube 1991 (3) SA 132 (A) at 155D-E; S v Ramba 1990 (2) SACR 334 (A); S v Phasha and Others 1990 (2) SACR 112 (W); S v Khanyile B and Others 1991 (1) SACR 567 (A)......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT