S v Gouws

JurisdictionSouth Africa
Citation1968 (4) SA 354 (GW)

S v Gouws
1968 (4) SA 354 (GW)

1968 (4) SA p354

Citation

1968 (4) SA 354 (GW)

Court

Griekwaland-Wes Plaaslike Afdeling

Judge

De Wet R en Jacobs R

Heard

April 25, 1968

Judgment

June 13, 1968

Flynote : Sleutelwoorde

Strafreg — Diefstal — Verandering van pleit van skuldig tot onskuldig — Verduideliking deur regsverteenwoordiger — Verklaring deur hom dat 'geld geneem is' — Dié verklaring 'n verklaring ingevolge art. 169 (5) van Wet 56 van 1955 — Erkenning deur regsverteenwoordiger 'n bindende erkenning.

Headnote : Kopnota

Terwyl appellant onverdedig was op 'n aanklag van diefstal van R2, het hy skuldig gepleit. Die saak is uitgestel en toe die verhoor plaasgevind het, het 'n prokureur namens hom verskyn en die prokureur het aansoek gedoen om die pleit na een van 'onskuldig' te verander. Hy het die omstandighede verduidelik 'wat gelei het tot die gebruik van die R2 wat hy geneem het'. Dié aansoek is toegestaan en net die klaagster het getuienis afgelê. Na die Staat sy saak gesluit het, het die verdediging geen getuienis voorgelê nie. Die appellant is skuldig bevind en die landdros het bevind dat die erkenning deur die regsverteenwoordiger 'n erkenning is soos deur artikel 284 (1) van Wet 56 van 1955 beoog word en voldoende bewys daarvan was dat die geld deur die appellant geneem is.

In hoër beroep is dit betoog dat daar geen bewys na pleit was dat appellant die geld geneem het nie.

Beslis, dat toe aansoek gedoen is vir 'n verandering van die pleit, daar 'n verklaring was ingevolge artikel 169 (5) van Wet 56 van 1955.

Beslis, verder, ingeval artikel 169 (5) nie van toepassing is nie, dat die erkenning wat gemaak is 'n bindende erkenning was wat voldoende bewys is dat die appellant die R2 geneem het.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal law — Theft — Change of plea from guilty to not guilty — Explanation by legal representative — Statement by him that 'money was taken' — Statement in terms of sec 169 (5) of Act 56 of 1955 — Admission by legal representative a binding admission.

Headnote : Kopnota

When the appellant was undefended on a charge of theft of R2, he pleaded guilty. The case was postponed and at the trial an attorney appeared for him and an application was made by the attorney to change the plea to 'not guilty'. The legal representative explained the circumstances 'which led to the use of the R2 which he had taken'. The application was granted and only the complainant gave evidence. After the State had closed its case, the defence called no evidence. The appellant was found guilty and the magistrate held that the admission made by the legal representative was an admission contemplated by section 284 (1) of Act 56 of 1955 and was sufficient proof that the money had been taken by the appellant. On appeal, it was contended that there was no proof after plea that appellant had taken the money.

1968 (4) SA p355

Held, that when the application was made to change the plea there had been a statement in terms of section 169 (5) of Act 56 of 1955.

Held, further, if section 169 (5) was not applicable, that the admission made was a binding admission sufficient to prove that the appellant had taken the R2. A

Case Information

Appèl teen 'n skuldigbevinding in 'n landdroshof. Die feite blyk uit die uitspraak.

M. D. J. Steenkamp, namens die appellant: Die kernvraag is of die feite wat mnr. Roux genoem het as getuienis en/of erkennings vir doeleindes van 'n skuldigbevinding genoem kan word. Die aansoek wat gemaak is en B die feite wat hy in sy aansoek ter ondersteuning daarvoor aangevoer het, kan nie geneem word as 'n verklaring wat die appellant saam met sy pleit gemaak het nie en gevolglik is art. 169 (5) van Wet 56 van 1955 nie van toepassing nie. R v Fouche, 1958 (3) SA 767 op bl. 777, is gevolglik ook onderskeibaar. Vgl. verder...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
  • S v Ngobo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Kumalo 1930 AD 193 at 202 and 207 - 8; R v Fouché 1958 (3) SA 767 (T) at 779A - B; Voet 42.2.1, 2, 5 & 6).' In die saak van S v Gouws 1968 (4) SA 354 (GW) het JACOBS R art 169 (5) C van die ou Strafproseswet (Wet 55 van 1956) uitgelê en homself op 357 soos volg "Ek meen dat dit noodwendig m......
  • S v Ngobo
    • South Africa
    • Bophuthatswana Supreme Court
    • 11 Octubre 1979

  • Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Eiendoms) Bpk, en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...geen twyfel wees dat die Ontvanger van Inkomste wel deeglik oorweging geskenk het aan die vraag of hy 'n spesiale waardevasstelling 1968 (4) SA p354 Jacobs moet maak of nie en tot die gevolgtrekking gekom het dat dit nie nodig is nie omdat die koopprys die billike waarde verteenwoordig. Toe......
  • S v Malgas
    • South Africa
    • Invalid date
    ...voor die verhoorhof aangebied is deur daardie hof as bewysmateriaal in aanmerking geneem kan word nie. (Vgl., bv., S. v Gouws, 1968 (4) SA 354 (GW).) Die twispunt in die onderhawige saak is bloot G of so 'n "verklaring" of "verduideliking" deur 'n ander hof as die aan wie dit tydens pleit a......
  • Request a trial to view additional results
5 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT