S v Malgas

JurisdictionSouth Africa
Citation1978 (1) SA 313 (NC)

S v Malgas
1978 (1) SA 313 (NC)

1978 (1) SA p313


Citation

1978 (1) SA 313 (NC)

Court

Noord-Kaapse Afdeling

Judge

Jacobs RP en Van den Heever R

Heard

September 16, 1977

Judgment

September 16, 1977

Flynote : Sleutelwoorde B

Strafproses — Getuienis — "Verklaring" of "verduideliking" wat aan 'n pleit voor 'n sekere hof gekoppel was — Sodanige kan deur 'n ander hof in aanmerking geneem word by oorweging van die getuienis wat voor die ander hof voorgelê is — Art. 169 (5) van Wet 56 van 1955.

Headnote : Kopnota

Ingevolge artikel 169 (5) van Wet 56 van 1955, wat bepaal dat 'n beskuldigde tesame met sy pleit 'n verduideliking met betrekking tot sy houding tot die aanklag of 'n verklaring wat die grondslag van sy bverdediging aandui kan aanbied, kan 'n "verklaring" of "verduideliking" wat aan 'n pleit voor 'n sekere hof gekoppel was deur 'n ander hof (en hierby moet natuurlik ingesluit word 'n ander gekonstitueerde hof) in aanmerking geneem word by oorweging van die getuienis wat voor die ander hof voorgelê is.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Evidence — "Statement" or "explanation" which was coupled with a plea before a certain court — Such can be taken into account by another court in considering the evidence placed before the other court — Sec. 169 (5) of Act 56 of 1955.

Headnote : Kopnota

Under section 169 (5) of Act 56 of 1955, which provides that an accused can, together with his plea, give an explanation with regard to his attitude to the charge or a statement indicating the basis of his defence, the "statement" or "explanation" which was coupled to a plea before a certain court can be taken into account by another court (and in this must naturally be included a differently constituted court) in considering the evidence which is adduced before the other court.

Case Information

Appèl teen 'n skuldigbevinding in 'n landdroshof. Die feite blyk uit die uitspraak.

H. N. Hendler, namens die appellante.

A. St. J. Mancklelow, namens die Staat.

Judgment

Jacobs, R.P.:

Appellante het in die landdroshof Prieska tereggestaan dat sy in 1 150 kg dagga handel gedryf het ter oortreding van art. 2 (a) of dit besit het ter oortreding van art. 2 (b) van Wet 41 van 1971. Toe sy op 18 November 1976 voor landdros Dry verskyn het was sy onverdedig. Die aanklagte is aan haar gestel en haar pleite is soos volg genotuleer:

"Skuldig hoofklagte: Ek moes dit vir ander mense lewer;

Skuldig Alt.:Ek het die dagga gehad."

Die saak is toe op versoek van die aanklaer uitgestel en appellante is op borg vrygelaat. Op 12 Desember 1976, voordat appellante se verhoor sou begin, het ene Ennie Tembu voor landdros Dry verskyn en is skuldig bevind aan besit van dieselfde dagga wat die onderwerp vorm van die

1978 (1) SA p314

Jacobs RP

aanklagte wat toe hangend teen appellante was. Ennie is gevonnis tot nege maande gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is.

Toe appellante op 7 Februarie 1977 weer voor landdros Dry verskyn het, het A mnr. L. L. Mtshizana namens haar verskyn en aansoek gedoen vir verandering van haar oorspronklike pleite na onskuldig. Landdros Drya het hierdie aansoek geweier, maar, omdat hy toe reeds vir Ennie Tembu verhoor het, het hy homself van die saak teen appellante onttrek en op 27 April 1977 het die saak toe voor mnr. Hough, normaalweg landdros van Groblershoop, 'n B aanvang geneem. Appellante, steeds verdedig deur mnr. Mtshizana, het op beide hoof en alternatiewe aanklagte onskuldig...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • S v Nyambe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...om te verneem welke van daardie feite hy erken, welke nie. Indien dit ewe gerieflik is om daardie "kort opsomming" voor te lê deur 1978 (1) SA p313 Van den Heever middel van 'n klaer se getuienis, kan ek nie insien dat beskuldigde daardeur benadeel word nie. Die skuldigbevinding en vonnis w......
1 cases
  • S v Nyambe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...om te verneem welke van daardie feite hy erken, welke nie. Indien dit ewe gerieflik is om daardie "kort opsomming" voor te lê deur 1978 (1) SA p313 Van den Heever middel van 'n klaer se getuienis, kan ek nie insien dat beskuldigde daardeur benadeel word nie. Die skuldigbevinding en vonnis w......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT