S v Ngobo

JurisdictionSouth Africa
JudgeHiemstra HR en Steenkamp R
Judgment Date11 October 1979
Citation1980 (1) SA 579 (B)
Hearing Date11 October 1979
CourtBophuthatswana Supreme Court

Steenkamp R:

Hierdie is 'n hersieningsaak. Die beskuldigde was aangekla van handeldryf met 280 gram dagga (Cannabis) en in die alternatief van onwettige besit van 280 gram dagga. Die beskuldigde het onskuldig op die D hoof- en alternatiewe aanklagte gepleit, maar is op die alternatiewe aanklag skuldig bevind en tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis.

'n Hersieningsregter het navraag gedoen waarom die beskuldigde nie aan handeldryf skuldig bevind is nie, inagnemende die vermoede van handeldryf wat deur art 10 van Wet 41 van 1971 geskep is in verband met 'n persoon E wat in besit van dagga met 'n massa van meer as 115 gram gevind word. Die magistraat het op hierdie navraag geantwoord dat die Staat geen getuienis oor die massa van die dagga gelei het nie en dat die massa slegs deur die beskuldigde in sy pleitverduideliking erken is maar dat hy ook nie seker was nie.

Volgens die getuienis van die twee Staatsgetuies was die beskuldigde in F besit van 'n jas waarin daar 31 zolle dagga in die linker sak gevind is en 4½ zolle in die regterkant. Die beskuldigde het nooit te enige stadium betwis dat die gemelde dagga in die jas se sakke gevind is nie, maar sy verduideliking was dat die jas nie sy eiendom is nie en dat hy niks van die dagga weet nie. Die beskuldigde het egter erken dat die jas by sy bed gehang het en die getuienis van die Staat dui aan dat hy op 'n stadium G hierdie jas aangehad het. Die beskuldigde se getuienis is tereg verwerp en daar is tereg bevind dat hy in besit van die gemelde dagga was.

Steenkamp R

Die vraag in hierdie saak is egter of die beskuldigde nie aan handeldryf skuldig bevind moes gewees het nie. Art 10 van Wet 41 van 1971 bepaal:

"(1) (a)

A Indien dit by 'n vervolging weens 'n misdryf ingevolge art 2 bewys word dat die beskuldigde in besit gevind is van:

(i)

meer as 115 gram dagga volgens massa;

(ii)

...........

word dit geag dat die beskuldigde in sodanige dagga of medisyne handel gedryf het, tensy die teendeel bewys word."

In hierdie saak het die beskuldigde nie die teendeel bewys nie en B gevolglik sou die vermoede in werking getree het, indien die beskuldigde in besit van dagga met 'n massa van meer as 115 gram gevind is.

Die vraag is gevolglik of dit bo redelike twyfel bevind kan word dat die beskuldigde dagga van meer as 115 gram in sy besit gehad het. Die magistraat is korrek as hy sê die Staat het nie getuienis oor die massa van die dagga gelei nie en dat daar slegs 'n erkenning van die beskuldigde C is. Die erkenning van die beskuldigde was egter nie in onsekere terme nie, inteendeel dit was uitdruklik en ondubbelsinnig. Die tersaaklike deel van die oorkonde lees soos volg:

"V Ken jy dat dagga 'n verbode afhanklikheidsvormende medisyne is.

A Ja.

V Was dit suiwer dagga.

D A Ja.

V Was jy by toe die dagga geweeg was.

A Ja.

V Wat was die massa.

A 270 gram."

Hierdie erkenning dat die massa van die dagga 270 gram was, is nie E ingevolge die bepalings van art 115 van Wet 55 van 1977 genotuleer nie. Volgens die beslissing van hierdie Hof in die saak van S v Malebo en 'n Ander 1979 (2) SA 636 (B) is dit egter geoorloof om 'n erkenning wat deur 'n beskuldigde gemaak is tydens pleitverduideliking wel teen die beskuldigde in aanmerking te neem al is die erkenning nie ingevolge die F bepalings van art 115 genotuleer nie. In Malebo se saak supra sê HIEMSTRA HR te 641 - 2 die volgende:

"Die vraag ontstaan wat die posisie is met 'n erkenning wat nie verhef word tot die status van 'n erkenning ingevolge art 220 nie. Erkennings wat wel kragtens art 220 aangeteken word, is wat RAMSBOTTOM R in R v Fouche 1958 (3) SA 767 (T) noem 'admissions dispensing with proof'. Hy het dit gesê na aanleiding van die ou art 284 (1) van Wet 56 van 1955, die G voorganger van art 220. Indien hulle nie aangeteken word as erkennings onder art 220 nie, is hulle 'admissions which may be tendered in evidence', soos RAMSBOTTOM R dit uitdruk. Om te beweer dat sulke erkennings heeltemal geignoreer moet word indien hulle in die pleitverduideliking voorkom, druis in teen die bewysreg. Op watter grond moet 'n erkenning wat voor die hof is, geignoreer word? Nog die algemene bewysreg nog die Strafproseswet bevat enige grond daarvoor. Sulke erkennings staan op presies dieselfde voet as erkennings vervat in 'n H verklaring wat die beskuldigde vroeer kon doen ingevolge art 169 (5) van die Strafproseswet 56 van 1955. Daaromtrent het RAMSBOTTOM R in Fouché se saak supra te 779D - F gesê:

'In the course of his explanation or statement, the accused may make admissions. Those admissions may simply repeat the plea, in which case they form part of the plea. Or they may be admissions of additional facts. In the latter case they can be used against the accused like any other admissions not made for the purpose of dispensing with proof. The effect of the section (ie s 169 (5)) is, I think, to render unnecessary formal proof of statements - including admissions - that are made by the accused when he pleads. But the admissions remain within the category of admissions that are proved by evidence; the fact

Steenkamp R

that formal proof is not...

To continue reading

Request your trial
11 practice notes
  • Attorney-General, Venda v Maraga
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(4) SA 499 (T) at 501F-G S v Du Toit 1966 (4) SA 627 (A); S v Mokoena 1975 (4) SA 295 (O); S v Mbayi 1976 (4) SA 638 (Tk); S v Ngobo 1980 (1) SA 579 (B)); it is also the E task of the review Court to see to it that justice is done as against both the parties to the criminal (iv) The inheren......
  • S v Mjoli and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Mogoregi 1978 (2) SA 13; S v Murray 1979 (2) SA 677; S v Malebo en Andere 1979 (2) SA 636; S v M en Andere 1979 (4) SA 1044; S v Ncgobo 1980 (1) SA 579. (n) Die sake gemeld in (m) hierbo, in besonder die goed beredeneerde beslissing in S v Malebo (supra), is gebaseer op F die tradisionele b......
  • S v Mpongoshe and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 1018); S v Mogoregi 1978 (3) SA 13; S v Malebo 1979 D (2) SA 636; S v Murray 1979 (2) SA 677; S v M 1979 (4) SA 1044; S v Ngobo 1980 (1) SA 579; S v Mjoli 1980 (3) SA 172. The following cases indicate that such statements have no evidential value whatsoever: S v Mayedwa 1978 (1) SA 5......
  • S v Becket
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and, with respect, to some extent misunderstood in S v Mjoli.' (The reference to R v Fouche is 1958 (3) SA 767 (T); to S v Ngobo is 1980 (1) SA 579 (B); and the authority in the Natal Provincial Division is S v Mjoli and Another 1980 (3) SA 172 (D) D . S v Sesetse en 'n Ander is reported in......
  • Request a trial to view additional results
11 cases
  • Attorney-General, Venda v Maraga
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(4) SA 499 (T) at 501F-G S v Du Toit 1966 (4) SA 627 (A); S v Mokoena 1975 (4) SA 295 (O); S v Mbayi 1976 (4) SA 638 (Tk); S v Ngobo 1980 (1) SA 579 (B)); it is also the E task of the review Court to see to it that justice is done as against both the parties to the criminal (iv) The inheren......
  • S v Mjoli and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Mogoregi 1978 (2) SA 13; S v Murray 1979 (2) SA 677; S v Malebo en Andere 1979 (2) SA 636; S v M en Andere 1979 (4) SA 1044; S v Ncgobo 1980 (1) SA 579. (n) Die sake gemeld in (m) hierbo, in besonder die goed beredeneerde beslissing in S v Malebo (supra), is gebaseer op F die tradisionele b......
  • S v Mpongoshe and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 1018); S v Mogoregi 1978 (3) SA 13; S v Malebo 1979 D (2) SA 636; S v Murray 1979 (2) SA 677; S v M 1979 (4) SA 1044; S v Ngobo 1980 (1) SA 579; S v Mjoli 1980 (3) SA 172. The following cases indicate that such statements have no evidential value whatsoever: S v Mayedwa 1978 (1) SA 5......
  • S v Becket
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and, with respect, to some extent misunderstood in S v Mjoli.' (The reference to R v Fouche is 1958 (3) SA 767 (T); to S v Ngobo is 1980 (1) SA 579 (B); and the authority in the Natal Provincial Division is S v Mjoli and Another 1980 (3) SA 172 (D) D . S v Sesetse en 'n Ander is reported in......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT