S v Ngobo

JurisdictionSouth Africa
Citation1980 (1) SA 579 (B)

S v Ngobo
1980 (1) SA 579 (B)

1980 (1) SA p579


Citation

1980 (1) SA 579 (B)

Court

Hooggeregshof van Bophuthatswana

Judge

Hiemstra HR en Steenkamp R

Heard

October 11, 1979

Judgment

October 11, 1979

Flynote : Sleutelwoorde

Strafproses — Getuienis — Erkennings deur beskuldigde in pleitverduideliking — Kan as bewysmateriaal teen die beskuldigde gebruik word alhoewel dit nie as erkennings ingevolge art 220 van Wet 51 van 1977 genotuleer is nie — Wysiging in Bophuthatswana van art 115 (2) (b) van die Wet — Uitwerking van.

Strafproses — Hersiening — Hersieningshof het beslis dat beskuldigde aan die hoofaanklag en nie slegs aan die alternatiewe aanklag skuldig bevind moes gewees het — Hof het die bevoegdheid en is inderdaad verplig om die beskuldigde op die hoofaanklag skuldig te bevind.

Headnote : Kopnota

Inagnemende die wysiging in Bophuthatswana van art 115 (2) (b) van Wet 51 van 1977 en die beslissing in S v Malebo en 'n Ander 1979 (2) SA 636 (B), kan erkennings, alhoewel dit nie as erkennings ingevolge art 220 van die A Wet aangeteken is nie, nogtans gebruik word as bewysmateriaal teen die beskuldigde. Immers, as 'n beskuldigde 'n sekere feit in sy pleitverduideliking erken en dit word nie met sy toestemming genotuleer nie maar hy lê later getuienis af en ontken dat so 'n erkenning deur hom gemaak is, dan kan 'n hof, as hy tevrede is dat die erkenning wel gemaak is, bevind dat die beskuldigde ongeloofwaardig op daardie punt is en kan 'n hof selfs bevind dat daardie feit wat deur die beskuldigde eers erken is en later ontken is, wel bo redelike twyfel bewys is op grond van daardie erkenning.

B As 'n landdroshof 'n beskuldigde slegs aan 'n alternatiewe aanklag skuldig bevind het en die Hof op hersiening beslis dat die beskuldigde aan die hoofaanklag skuldig bevind moes gewees het, dan het die Hersieningshof nie slegs die bevoegdheid om die beskuldigde aan die hoofaanklag skuldig te bevind maar is daardie Hof inderdaad verplig om dit te doen.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Evidence — Admissions by accused in explanation of plea — Can be used as evidential material against the accused even if not recorded as admissions in terms of s 220 of Act 51 of 1977 — Amendment in Bophuthatswana of s 115 (2) (b) of the Act — Effect.

Criminal procedure — Review — Reviewing Court deciding that accused should have been convicted on the main charge and not merely on the alternative charge — Court is empowered and indeed obliged to convict the accused on the main charge.

1980 (1) SA p580

Headnote : Kopnota

Regard being had to the amendment in Bophuthatswana of s 115 (2) (b) of Act 51 of 1977 and the decision in S v Malebo en 'n Ander 1979 (2) SA 636 (B), admissions, although they are not recorded as admissions in terms of s 220 of the Act, can nevertheless be used as evidential material against the accused. Indeed, if an accused admits a certain fact in his explanation of plea and it is not recorded with his consent but he afterwards gives evidence and denies that such an admission was made by him, then the court, if it is satisfied that the admission was made, can find that the accused is not creditworthy on that point and the court can even find that that fact which the accused first admitted and later denied was actually proved beyond reasonable doubt on the ground of the admission.

If a magistrate's court only convicted an accused on the alternative charge and the Court on review decides that the accused should have been convicted on the main charge, then the Court is not only empowered to convict the accused on the main charge but indeed obliged to do so. C

Case Information

Hersiening.

Judgment

Steenkamp R:

Hierdie is 'n hersieningsaak. Die beskuldigde was aangekla van handeldryf met 280 gram dagga (Cannabis) en in die alternatief van onwettige besit van 280 gram dagga. Die beskuldigde het onskuldig op die D hoof- en alternatiewe aanklagte gepleit, maar is op die alternatiewe aanklag skuldig bevind en tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis.

'n Hersieningsregter het navraag gedoen waarom die beskuldigde nie aan handeldryf skuldig bevind is nie, inagnemende die vermoede van handeldryf wat deur art 10 van Wet 41 van 1971 geskep is in verband met 'n persoon E wat in besit van dagga met 'n massa van meer as 115 gram gevind word. Die magistraat het op hierdie navraag geantwoord dat die Staat geen getuienis oor die massa van die dagga gelei het nie en dat die massa slegs deur die beskuldigde in sy pleitverduideliking erken is maar dat hy ook nie seker was nie.

Volgens die getuienis van die twee Staatsgetuies was die beskuldigde in F besit van 'n jas waarin daar 31 zolle dagga in die linker sak gevind is en 4½ zolle in die regterkant. Die beskuldigde het nooit te enige stadium betwis dat die gemelde dagga in die jas se sakke gevind is nie, maar sy verduideliking was dat die jas nie sy eiendom is nie en dat hy niks van die dagga weet nie. Die beskuldigde het egter erken dat die jas by sy bed gehang het en die getuienis van die Staat dui aan dat hy op 'n stadium G hierdie jas aangehad het. Die beskuldigde se getuienis is tereg verwerp en daar is tereg bevind dat hy in besit van die gemelde dagga was.

1980 (1) SA p581

Steenkamp R

Die vraag in hierdie saak is egter of die beskuldigde nie aan handeldryf skuldig bevind moes gewees het nie. Art 10 van Wet 41 van 1971 bepaal:

"(1) (a)

A Indien dit by 'n vervolging weens 'n misdryf ingevolge art 2 bewys word dat die beskuldigde in besit gevind is van:

(i)

meer as 115 gram dagga volgens massa;

(ii)

...........

word dit geag dat die beskuldigde in sodanige dagga of medisyne handel gedryf het, tensy die teendeel bewys word."

In hierdie saak het die beskuldigde nie die teendeel bewys nie en B gevolglik sou die vermoede in werking getree het, indien die beskuldigde in besit van dagga met 'n massa van meer as 115 gram gevind is.

Die vraag is gevolglik of dit bo redelike twyfel bevind kan word dat die beskuldigde dagga van meer as 115 gram in sy besit gehad het. Die magistraat is korrek as hy sê die Staat het nie getuienis oor die massa van die dagga gelei nie en dat daar slegs 'n erkenning van die beskuldigde C is. Die erkenning van die beskuldigde was egter nie in onsekere terme nie, inteendeel dit was uitdruklik en ondubbelsinnig. Die tersaaklike deel van die oorkonde lees soos volg:

"V Ken jy dat...

To continue reading

Request your trial
11 practice notes
  • Attorney-General, Venda v Maraga
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(4) SA 499 (T) at 501F-G S v Du Toit 1966 (4) SA 627 (A); S v Mokoena 1975 (4) SA 295 (O); S v Mbayi 1976 (4) SA 638 (Tk); S v Ngobo 1980 (1) SA 579 (B)); it is also the E task of the review Court to see to it that justice is done as against both the parties to the criminal (iv) The inheren......
  • S v Mjoli and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Mogoregi 1978 (2) SA 13; S v Murray 1979 (2) SA 677; S v Malebo en Andere 1979 (2) SA 636; S v M en Andere 1979 (4) SA 1044; S v Ncgobo 1980 (1) SA 579. (n) Die sake gemeld in (m) hierbo, in besonder die goed beredeneerde beslissing in S v Malebo (supra), is gebaseer op F die tradisionele b......
  • S v Mpongoshe and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 1018); S v Mogoregi 1978 (3) SA 13; S v Malebo 1979 D (2) SA 636; S v Murray 1979 (2) SA 677; S v M 1979 (4) SA 1044; S v Ngobo 1980 (1) SA 579; S v Mjoli 1980 (3) SA 172. The following cases indicate that such statements have no evidential value whatsoever: S v Mayedwa 1978 (1) SA 5......
  • S v Becket
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and, with respect, to some extent misunderstood in S v Mjoli.' (The reference to R v Fouche is 1958 (3) SA 767 (T); to S v Ngobo is 1980 (1) SA 579 (B); and the authority in the Natal Provincial Division is S v Mjoli and Another 1980 (3) SA 172 (D) D . S v Sesetse en 'n Ander is reported in......
  • Request a trial to view additional results
11 cases
  • Attorney-General, Venda v Maraga
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(4) SA 499 (T) at 501F-G S v Du Toit 1966 (4) SA 627 (A); S v Mokoena 1975 (4) SA 295 (O); S v Mbayi 1976 (4) SA 638 (Tk); S v Ngobo 1980 (1) SA 579 (B)); it is also the E task of the review Court to see to it that justice is done as against both the parties to the criminal (iv) The inheren......
  • S v Mjoli and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Mogoregi 1978 (2) SA 13; S v Murray 1979 (2) SA 677; S v Malebo en Andere 1979 (2) SA 636; S v M en Andere 1979 (4) SA 1044; S v Ncgobo 1980 (1) SA 579. (n) Die sake gemeld in (m) hierbo, in besonder die goed beredeneerde beslissing in S v Malebo (supra), is gebaseer op F die tradisionele b......
  • S v Mpongoshe and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 1018); S v Mogoregi 1978 (3) SA 13; S v Malebo 1979 D (2) SA 636; S v Murray 1979 (2) SA 677; S v M 1979 (4) SA 1044; S v Ngobo 1980 (1) SA 579; S v Mjoli 1980 (3) SA 172. The following cases indicate that such statements have no evidential value whatsoever: S v Mayedwa 1978 (1) SA 5......
  • S v Becket
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and, with respect, to some extent misunderstood in S v Mjoli.' (The reference to R v Fouche is 1958 (3) SA 767 (T); to S v Ngobo is 1980 (1) SA 579 (B); and the authority in the Natal Provincial Division is S v Mjoli and Another 1980 (3) SA 172 (D) D . S v Sesetse en 'n Ander is reported in......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT