S v Gouws

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Wet R en Jacobs R
Judgment Date13 June 1968
Citation1968 (4) SA 354 (GW)
Hearing Date25 April 1968
CourtGriqualand-West Local Division

Jacobs, R.:

Die appellant, 'n 23 - jarige blanke oud-polisieman, het in die landdroshof op Kimberley tereggestaan op 'n aanklag van diefstal. Die bewerings was dat hy R2 kontant van 'n sekere mev. van der Merwe H gesteel het. Toe appellant op 22 November 1967 die eerste keer voor die hof verskyn het, was hy onverdedig en het hy skuldig gepleit. Die saak is daarna 'n paar keer uitgestel (appellant is op eie verantwoordelikheid vrygelaat) en op 29 Januarie 1968 toe die verhoor moes plaasvind het mnr. Roux, 'n plaaslike prokureur, namens appellant verskyn.

Jacobs R

By die aanvang van die verhoor het mnr. Roux aansoek gedoen vir verandering van die pleit na een van onskuldig. Hy het verduidelik dat appellant onder 'n misverstand skuldig gepleit het en het die A omstandighede verduidelik 'wat gelei het tot die gebruik van die R2 wat hy geneem het'. Die verduideliking het kortliks daarop neergekom dat appellant beweer het dat hy by klaagster geloseer het en losies vooruit betaal het tot 31 Oktober 1967. Toe hy op die 30ste Oktober tuis kom het hy gevind dat klaagster weg is en, behalwe vir twee hoendereiers, geen B kos gelaat het vir hom om te eet nie. In die sitkamer op 'n tafel het hy 'n bottel gevind waarin R2 was en hy was

'onder die bona fide indruk dat die klaagster die geld gelaat het vir hom vir kos vir die 30ste en 31ste'.

Hy het toe die geld geneem. Die landdros het mnr. Roux se verduideliking genotuleer en daarna 'n pleit van 'onskuldig' ingeskryf en die verhoor het voortgegaan.

C Volgens die Staat se getuienis het klaagster op 4 November 1967 met verlof vertrek. In haar hangkas het sy 'n bedrag van R2 in 'n bottel gelaat vir haar seun om iets mee te koop. Haar huis se sleutel het sy vir haar dogter wat oorkant die straat woon en bewus was van die geld in D die hangkas, gegee. Klaagster het erken dat appellant by haár geloseer het maar het getuig dat sy losies op 31 Oktober reeds verstreke was. Sy bagasie was egter nog in klaagster se huis en sou eers op 6 November verwyder word. Die reëlings was dat hy op laasgenoemde datum die huis se sleutel by klaagster se dogter sou kry om die goed in te pak en weg te neem. Op 5 November 1967 het appellant die sleutel by klaagster se E dogter gekry en hy het die nag in klaagster se huis geslaap. Die volgende dag, d.i. 6 November 1967, is appellant weg en daardie selfde middag het klaagster se dogter die R2 uit die hangkas vermis. Toe appellant die sleutel kom haal...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
  • S v Ngobo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Kumalo 1930 AD 193 at 202 and 207 - 8; R v Fouché 1958 (3) SA 767 (T) at 779A - B; Voet 42.2.1, 2, 5 & 6).' In die saak van S v Gouws 1968 (4) SA 354 (GW) het JACOBS R art 169 (5) C van die ou Strafproseswet (Wet 55 van 1956) uitgelê en homself op 357 soos volg "Ek meen dat dit noodwendig m......
  • S v Ngobo
    • South Africa
    • Bophuthatswana Supreme Court
    • 11 October 1979

  • Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Eiendoms) Bpk, en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...geen twyfel wees dat die Ontvanger van Inkomste wel deeglik oorweging geskenk het aan die vraag of hy 'n spesiale waardevasstelling 1968 (4) SA p354 Jacobs moet maak of nie en tot die gevolgtrekking gekom het dat dit nie nodig is nie omdat die koopprys die billike waarde verteenwoordig. Toe......
  • S v Malgas
    • South Africa
    • Invalid date
    ...voor die verhoorhof aangebied is deur daardie hof as bewysmateriaal in aanmerking geneem kan word nie. (Vgl., bv., S. v Gouws, 1968 (4) SA 354 (GW).) Die twispunt in die onderhawige saak is bloot G of so 'n "verklaring" of "verduideliking" deur 'n ander hof as die aan wie dit tydens pleit a......
  • Request a trial to view additional results
5 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT