R v Cele

JurisdictionSouth Africa
Citation1959 (1) SA 245 (A)

R v Cele
1959 (1) SA 245 (A)

1959 (1) SA p245

Citation

1959 (1) SA 245 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Steyn Ra, De Beer RA, Beyers RA, Ogilvie Thompson RA en Smit Wn RA

Heard

November 6, 1958

Judgment

November 20, 1958

Flynote : Sleutelwoorde

Strafproses — Verhoor — Reg van 'n beskuldigde wat deur 'n advokaat verdedig is om self 'n onbeëdigde verklaring van die beskuldigde bank af te lê — Beskuldigde mag nie gelyktydig die saak beredeneer nie — Wanneer die verklaring afgelê kan word — Aard en gevolg van so 'n verklaring — Wet 56 van 1955, art. 227 (3).

Headnote : Kopnota

'n Beskuldigde wat deur 'n advokaat verteenwoordig is, het die reg kragtens artikel 227 (3) van Wet 56 van 1955, om na afsluiting van die saak vir die vervolging en voor afsluiting van die saak vir die verdediging en die betoë van die advokate, self 'n onbeëdigde verklaring uit die beskuldigdebank af te lê.

'n Beskuldigde, by die uitoefening van hierdie reg, kan nie gelyktydig die saak beredeneer nie, onverskillig of hy verteenwoordig word al dan nie, en 'n regterlike beampte kan so 'n beredenering stopsit.

'n Onbeëdigde verklaring uit die beskuldigdebank maak deel van die bewysmateriaal uit wat 'n Hof verplig is om te oorweeg.

Waar die appellant, wat deur 'n advokaat verdedig was, verhinder was om sulke 'n verklaring uit die beskuldigdebank te maak, het die Appèlafdeling op die feite sy skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Trial — Right of an accused who is defended by an advocate to make a statement himself from the dock — Accused may not argue his case at the same time — When the statement can be made — Nature and effect of such a statement — Act 56 of 1955, sec. 227 (3).

Headnote : Kopnota

An accused who is represented by an advocate has the right himself, in terms of section 227 (3) of Act 56 of 1955, after the close of the case for the Crown and before the close of the case for the defence and the arguments of counsel, to make an unsworn statement from the dock.

An accused, in exercising this right, cannot argue the case at the same time, it being immaterial whether he is represented or not, and a judicial officer can stop such argument.

An unsworn statement from the dock constitutes part of the evidential material which a Court is bound to consider.

Where the appellant, who had been defended by an advocate, was precluded from making such a statement from the dock, the Appellate Division on the facts set his conviction and sentence aside. D

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Durban en Kus Plaaslike Afdeling (HENOCHSBERG, R.). Die feite blyk uit die uitspraak van STEYN, R.A.

J. J. F. Hefer, namens die appellant: In Brittanje besit 'n beskuldigde dieselfde reg soos beskrywe in ons art. 227 van Wet 56 van 1955. Die E Engelse statuut is klaarblyklik die oorsprong van ons wetgewing op die punt; sien art. 1 (h) Evidence Act, 1898 (61 & 62 Vict. C.36). Onder die betrokke artikel in die Britse statuut word 'n beskuldigde toegelaat om 'n verklaring af te lê sonder dat hy ingesweer is, ongeag die feit dat hy regsverteenwoordiging geniet, en word so 'n verklaring gemaak na afloop van die Kroongetuienis, voor die saak van die verdediging gesluit F is en voor die toesprake van die partye; sien Roscoe Criminal Evidence (16de uitg., bl. 277); Archbold, Criminal Practice (13de uitg., bl. 202); Phipson, Evidence (9de uitg., bl. 51); Kenny, Outlines of Criminal Law (Turner se uitg., para. 628); Cross, Evidence (bl. 172); Cowan & Carter, Essays on the Law of Evidence (bl. 205); R v Bushula, 1950 (4) SA op bl. 118. In die Suid-Afrikaanse

1959 (1) SA p246

regspraak bestaan daar botsende Provinsiale uitsprake aangaande die toelaatbaarheid van so 'n verklaring in gevalle waar die beskuldigde regsverteenwoordiging geniet, en aangaande die aard daarvan; sien bv. R v de Wet, 1933 T.P.D. 68; R v Tarling, 1946 (1) P.H. H.2; sed contra A R v Mazibuko, 1947 (4) SA 821; R v Sedi and Another, 1950 (3) SA 693; R v Bushula, supra; Gardiner & Lansdown, South African Criminal Law & Procedure (6de uitg., bl. 412). Waar in die Suid-Afrikaanse regspraak 'n gesaghebbende uitspraak ontbreek, sal die beslissings van die Britse Howe, hoewel daar geen verpligting bestaan om B hulle te volg nie, tog die grootste oortuigingskrag hê, veral op die gebied van die prosesreg; sien Estate Wege v Strauss, 1932 AD op bl. 81; Wagenaar v Thomas, 1930 AD op bl. 472. Dit word dus aangevoer dat die praktyk soos dit in die Britse Howe bestaan, deur die Suid-Afrikaanse Howe nagevolg behoort te word. By die behoorlike uitleg C van art. 227 (3) van Wet 56 van 1955, waardeur art. 264 (3) van Wet 31 van 1917 bekragtig is, blyk dit dat 'n verklaring deur die beskuldigde sonder dat hy ingesweer is in dieselfde omstandighede as in Engeland toelaatbaar is. Met die gebruik van die woorde 'enige reg van die beskuldigde' in art. 264 (3) van Wet 31 van 1917, moes die Wetgewer een of ander bestaande reg van die beskuldigde in gedagte gehad het. Die D bestaande Provinsiale wetgewing onmiddellik voor die passering van Wet 31 van 1917 het geen bepaling bevat waarkragtens so 'n reg aan 'n beskuldigde toegeken is nie. In die Romeins-Hollandse reg kon so 'n reg ook nie bestaan het nie; sien Voet XLVIII.18; Huber Hedendaagsche Rechtsgeleerdheyt, VI.22. In die Engelse reg het 'n beskuldigde, soos aangetoon, op daardie stadium wel so 'n reg gehad. Die res van die E bestaande wetgewing en van Wet 31 van 1917 self, het onder bekende instellings van die Engelse proses reg bevat. Die enigste reg van 'n beskuldigde om 'n verklaring te maak sonder dat hy ingesweer is, wat die Wetgewer by die passering van art. 264 (3) in gedagte kon gehad het, was F 'n reg soos wat 'n beskuldigde volgens Engelse reg gehad het, en wat uitgeoefen word soos hierbo aangetoon. Art. 264 (3) van Wet 31 van 1917 is eenvoudig deur art. 227 (3), van Wet 56 van 1955 herhaal. Weens die aard van so 'n verklaring in die praktyk, doen die feit dat 'n beskuldigde regsverteenwoordiging geniet geen afbreuk aan die uitoefening van sy reg nie. Die verklaring is nie altyd gelykstaande aan G 'n argument soos die uitsprake in R v de Wet, supra, en R v Tarling, supra, te kenne gee nie. Dit bevat soms (en dit in die meerderheid van gevalle) feite en dan mag dit bewyswaarde van sulke feite besit; sien R v Mazibuko, supra op bl. 829, 830 en 833; R v Bushula, supra op bl. 112, 114; R v Wooldridge, 1957 (1) SA op bl. H 9; Cowen & Carter, op. cit. op bl. 209; Cross, op. cit., bl. 172; (1953) 69 L.Q.R., 22. Wanneer die verklaring feite bevat, mag dit bewyswaarde besit en is dit nie gelykstaande aan argument nie. Argumente ten behoewe van die beskuldigde word voorgelê tydens die toespraak van die beskuldigde of sy verteenwoordiger, waarvoor spesiaal voorsiening gemaak word in art. 183 van Wet 56 van 1955, en wel na die toespraak van die aanklaer. Die reg van die beskuldigde om 'n verklaring te maak sonder om ingesweer

1959 (1) SA p247

te word, word aan hom voorbehou deur art. 227 (3). Dit is hoogs onwaarskynlik dat twee artikels in dieselfde Wet sal verskyn, in elk waarvan dieselfde reg toegeken word; sien R v Mazibuko, supra op bl. 829; R v Bushula, supra op bl. 114. Die beswaar van JENNETT, R. in R. A v. Bushula, supra op bl. 119, dat alle getuienis onder eed moet wees en onderhewig aan kruisverhoor, gaan nie op nie. Alle getuienis hoef nie noodwendig onder eed te wees nie; sien Cowan & Carter, op. cit. op bl. 216. Die Strafproseswet maak bv. self voorsiening dat erkennings tydens die verhoor gemaak kan word en dat die erkennings dan getuienis van die betrokke feit is; sien art. 284 (1). Sulke erkennings hoef egter nie B onder eed te wees nie; sien R. v Mazibuko, supra op bl. 831; en R v Francis et Cie, 1933 T.P.D. 233. Daar is dus gevalle waarin bewerings wat nie onder eed gemaak is nie, wel getuienis kan wees en bewyswaarde besit; sien ook R v Bushula, supra op bl. 113; R v Shimmin, (1882) 15 Cox C.C. 122. In gevalle waarin 'n verduideliking van die beskuldigde C verwag word, hoef daardie verduideliking nie onder eed te wees nie; sien R v Roos, 1936 T.P.D. op bl. 262; R v Kumalo and Another, 1930 AD 193: R v Mazibuko, supra op bl. 829; Cowen & Carter, op. cit. bl. 211. Kennis word dus geneem van feitebewerings deur die beskuldigde sowel teen as in sy eie belang, hoewel daardie bewerings nie onder eed D gemaak is nie. Omdat kennis van sulke bewerings geneem word, bevat dit wel bewyswaarde. Watter gewig dit dra, hang van die omstandighede van elke geval af; sien R v Bushula, supra op bl. 114; R v Shimmin, supra. Wanneer 'n verklaring deur die beskuldigde sonder dat hy ingesweer is, feitebewerings bevat en dus bewyswaarde besit, kan die E inhoud van die verklaring nie deur die regsverteenwoordiger van die beskuldigde voorgelê word nie; sien Wigmore, Evidence (vol. 6, para. 1806); Besluit van Regters, aangehaal in R v Bushula, supra op bl. 118. Die uitspraak in R v Matonsi, 1958 (2) SA 450, is nie in pari materia nie. Met die passaat deur die Hof a quo aangehaal, word nie bedoel dat die regsverteenwoordiger elke stap in die proses self moet F doen nie. Net soos wat die beskuldigde self moet pleit en persoonlik getuienis onder eed moet aflê, so moet hy 'n verklaring waarin feitebeweringe vervat word, persoonlik doen. Die vraag of daar 'n regskending luidens art. 369 (1) (c) plaasgevind het, hang in die eerste plek af van die beslissing aangaande die aard van die verklaring. Word bevind dat dit wel bewyswaarde kan hê, het daar 'n regskending plaasgevind.

J. B. Thom, namens die Kroon: Wanneer 'n beskuldigde sy saak in die hande plaas van 'n advokaat, het laasgenoemde algehele kontrole en hy besluit onder andere welke getuies, insluitende die beskuldigde, geroep moet word; sien R v Matonsi, 1958 (2) SA 450. 'n Verklaring wat die H beskuldigde maak sonder dat hy ingesweer...

To continue reading

Request your trial
11 practice notes
  • S v Becket
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die algemeen beskou ons Howe 'n onbeëdigde verklaring van 'n beskuldigde nie as getuienis nie, maar as bewysmateriaal. Sien R v Cele 1959 (1) SA 245 (A) op 252E - G; S v Mokgeledi 1968 (4) SA 335 (A) op 337H; S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) op 14E - F en S v Mjoli and Another 1981 (3) SA 12......
  • S v Hlokulu
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 31 October 1986
    ...die algemeen beskou ons Howe 'n onbeëdigde verklaring van 'n beskuldigde nie as getuienis nie, maar as bewysmateriaal. Sien R v Cele E 1959 (1) SA 245 (A) op 252E - G; S v Mokgeledi 1968 (4) SA 335 (A) op 337H; S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) op 14E - F en S v Mjoli and Another 1981 (3) SA ......
  • S v Seheri en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...set out above are well founded, there was an irregularity and the convictions and sentences should be set aside; see R v Cele, 1959 (1) SA 245; R v Siphambo, 1963 (1) SA 174. E Such setting-aside of the convictions and sentences would not be an acquittal on the merits and the appellants cou......
  • S v Slabbert en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die algemeen beskou ons Howe 'n onbeëdigde verklaring van 'n beskuldigde nie as getuienis nie, maar as bewysmateriaal. Sien R v Cele 1959 (1) SA 245 (A) op 252E-G; S v Mokgeledi 1968 (4) SA 335 (A) op 337H; S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) op 14E-F en S v Mjoli and Another 1981 (3) SA 1233 (......
  • Request a trial to view additional results
11 cases

11 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT