Rex v Sedi and Another

JurisdictionSouth Africa
JudgeSmit AJ
Judgment Date09 June 1950
Citation1950 (3) SA 693 (O)
Hearing Date08 June 1950
CourtOrange Free State Provincial Division

Smit, A.J.:

Applikasie is gister gemaak deur mnr. Marais wat namens beskuldigde No. 2 optree, op versoek van die Kroon vir die toelating van sekere getuienis wat hy voor die Hof wou plaas deur mnr. Siebert Thomas A Lubbe, waarnemende assistent-magistraat, Bothaville. Blykbaar is die verklaring van No. 2 vrywilliglik voor mnr. Lubbe gemaak. Die Hof het egter beswaar daarteen gemaak op grond dat sekere getuienis hoorsê getuienis is. Hoorsê getuienis is in die gewone reël nie toelaatbaar as getuienis nie. Daar is sekere gevalle waar dit wel toelaatbaar is en een B geval is waar 'n verklaring wat 'n beskuldigde gemaak het in getuienis gegee word as deel van die Kroon se saak wat dan getuienis teen so 'n beskuldigde is; maar daar is geen reël in die Wet wat so 'n beskuldigde die mag gee om die hoorsê getuienis in sy guns voor te lê. In Phipson on Evidence (bl. 61) word aangehaal:

'Nothing is so clear as that all declarations which apply to facts, or C even to the particular case that is charged, though the intent should form a part of that charge, are evidence against a prisoner and not for him, because the presumption is that no man would declare anything against himself unless it were true, but that every man if he were in a difficulty, or in view of one, would make declarations for himself.'

Op bl. 222 sê die geleerde skrywer ook:

D 'No presumption of truth arises with regard to the declarations of a party or his agents when tendered as evidence in his own favour, otherwise every man, if he were in difficulty, or in view of one, might mafe declarations to suit his own case.'

Die Strafkode art. 263 maak ook voorsiening dat 'n konfessie gemaak E deur 'n beskuldigde toelaatbaar is as getuienis teen hom, maar dit word nie gesê dit is toelaatbaar as getuienis in sy guns nie. In die saak van Rex v Jaspan and Another (1940 AD 9) het die Hof ook beslis, na my mening, dat so 'n verklaring wat 'n beskuldigde aan 'n persoon gemaak F het nie toelaatbaar sou wees in sy eie guns nie, anders sou hy in staat wees om sy hele verdediging voor die Hof te bring deur persone te roep aan wie hy bekentenisse of verklarings gemaak het sonder dat hy self in die getuiebank gaan en hom daardeur blootstel aan kruisverhoor om sy verklarings te toets.

G Beskuldigde No. 2 is teenwoordig in die Hof, daar is niks wat hom verhinder om die verklaring wat hy aan die waarnemende assistent-magistraat gemaak het nou aan hierdie Hof te maak nie. As hy...

To continue reading

Request your trial
3 practice notes
  • R v Cele
    • South Africa
    • Invalid date
    ...sien bv. R v de Wet, 1933 T.P.D. 68; R v Tarling, 1946 (1) P.H. H.2; sed contra A R v Mazibuko, 1947 (4) SA 821; R v Sedi and Another, 1950 (3) SA 693; R v Bushula, supra; Gardiner & Lansdown, South African Criminal Law & Procedure (6de uitg., bl. 412). Waar in die Suid-Afrikaanse regspraak......
  • R v Cele
    • South Africa
    • Appellate Division
    • November 20, 1958
    ...(1) P.H. H.2. (Vgl. ook Rex v Cohen, 1942 T.P.A. 266 op bl. 277). Aan die ander kant is die beskuldigde in Rex v Sedi en 'n Ander, 1950 (3) SA 693 (O), toegelaat om 'n onbeëdigde verklaring uit die H beskuldigdebank te doen, hoewel hy deur 'n advokaat verteenwoordig was. In Rex v Mazibuko, ......
  • Rex v Van Tonder
    • South Africa
    • Invalid date
    ...sec. 144 (2) of that Act he has lost the right to object to the jurisdiction, Rex v Myers (1946 AD 57); Rex v Flynn already quoted. 1950 (3) SA p693 Reynolds The appeal on the second count is dismissed and the conviction and sentence confirmed. SAMPSON, J., concurred. Appellant's Attorneys:......
3 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT