R v Cele

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn Ra, De Beer RA, Beyers RA, Ogilvie Thompson RA en Smit Wn RA
Judgment Date20 November 1958
Citation1959 (1) SA 245 (A)
Hearing Date06 November 1958
CourtAppellate Division

Steyn, R.A.:

In die Hof a quo het die appellant tereggestaan op 'n aanklag van verkragting. By afsluiting van die saak vir die vervolging H het die advokaat vir die appellant die Hof meegedeel dat die appellant, nadat sy regte aan hom verduidelik is, verlang om 'n onbeëdigde verklaring uit die beskuldigdebank af te lê. Die advokaat vir die vervolging het daarteen beswaar geopper op grond daarvan dat 'n beskuldigde wat 'n regsverteenwoordiger het, nie self so 'n verklaring kan doen nie. Die beswaar is gehandhaaf. Die advokaat vir die appellant is die geleentheid gebied om namens die appellant 'n onbeëdigde verklaring voor te lê maar hy het nie daarvan gebruik gemaak nie. Hy het betoog dat so 'n

Steyn RA

verklaring geen bewyswaarde hoegenaamd sou hê as dit van hom en nie van die appellant self sou kom nie, en het die saak vir die verdediging sonder voorlegging van getuienis afgesluit. Die appellant is vervolgens skuldig bevind aan poging tot verkragting en veroordeel tot twaalf A maande gevangenisstraf met dwangarbeid en vier houe. Ingevolge art. 366 van die Strafproseswet, 1955, is die vraag of 'n beskuldigde wat deur 'n advokaat verteenwoordig word, die reg het om na afsluiting van die saak vir die vervolging en voor afsluiting van die saak vir die verdediging en die betoë van die advokate, self 'n onbeëdigde verklaring uit die beskuldigdebank af te lê, vir oorweging deur hierdie Hof voorbehou.

Die bepaling waarom dit gaan is vervat in art. 227 van die B Strafproseswet, wat ooreenstem met art. 264 van die vorige Wet 31 van 1917. Sub-art. (1) van art. 227 verklaar 'n beskuldigde, met sekere voorbehoude, tot 'n bevoegde getuie vir die verdediging op elke stadium van 'n strafsaak, en dan word bepaal:

'(2) Tensy die hof anders gelas, moet elke beskuldigde wat ingevolge hierdie artikel as getuie opgeroep word, sy getuienis aflê vanuit die C getuiebank of ander plek waar die ander getuies hul getuienis aflê.

(3) Geen bepaling van hierdie artikel doen afbreuk aan enige reg van die beskuldigde om 'n verklaring af te lê sonder dat hy ingesweer is nie: Met dien verstande dat indien hy by 'n voorlopige ondersoek getuienis ten behoewe van homself aflê, daardie getuienis by sy verhoor deur die aanklaer uitgelees en ingelewer kan word.'

D Soos blyk uit die bewoording van sub-art. (3), is dit, net soos art. 264 (3) van die vorige Wet, gerig op die instandhouding van 'n bestaande reg. Daardie reg word nie in die Wet nader omskryf nie, en die beskouings wat met betrekking tot die voorbehoue vraag daaromtrent in ons Howe uitgespreek is, is nie eendersluidend nie. In Rex v de Wet, 1933 T.P.A. 68 te bl. 69, sê TINDALL, R., die volgende:

E 'The common practice when the accused is undefended is to allow him to make a statement even where he does not give evidence under oath. That statement is really equivalent to an argument by the accused, and the practice is to record such a statement. I think where the accused is undefended it is very necessary that a statement of that kind should be recorded in order that the reviewing Judge can see what attitude the accused took up and what contentions he wished to advance. But of course a statement of that kind is not evidence and cannot be regarded as such, and where the accused is defended he should not be allowed to make such F a statement. The argument on behalf of the accused should be put forward by his legal representative. If the attorney wishes to put evidence before the court, then that evidence should be led under oath.'

Die gevolgtrekking dat 'n verdedigde beskuldigde nie self die onderhawige verklaring kan aflê nie, berus op die sienswyse dat so 'n verklaring eintlik 'n beredenering van die saak is en geen getuienis G nie. Hierdie sienswyse word onderskryf in Malone en 'n Ander v Rex, 1935 N.P.A. 115, en Rex v Tarling, 1946 (1) P.H. H.2. (Vgl. ook Rex v Cohen, 1942 T.P.A. 266 op bl. 277).

Aan die ander kant is die beskuldigde in Rex v Sedi en 'n Ander, 1950 (3) SA 693 (O), toegelaat om 'n onbeëdigde verklaring uit die H beskuldigdebank te doen, hoewel hy deur 'n advokaat verteenwoordig was. In Rex v Mazibuko, 1947 (4) SA 821 (N) op bl. 829, merk HATHORN, R.P., met verwysing na de Wet se saak op:

'It is obviously correct to describe an unsworn statement as an argument, if in truth it is an argument, but the description 'argument', should not apply, in my opinion, to unsworn statements which contain facts as opposed to argument nor to those which provide explanations in cases in which the accused is expected to make an explanation, upon pain of conviction.'

Steyn RA

(Vgl. ook die uitspraak van REYNOLDS, R., in Rex v Bushula, 1950 (4) SA 108 (E) op bl. 112.)

Die Verhoorregter verwys o.a. na die sake van de Wet, Sedi, Mazibuko en A Bushula, en betuig sy instemming met die sienswyse dat die onderhawige verklaring uit beredenering, erkennings en getuienis of bewerings omtrent feite kan bestaan. Voorts verwys hy na die beslissing in R v Matonsi, 1958 (2) SA 450 (AA), betreffende die mate van beheer oor die voer van die verdediging wat by die advokaat vir 'n beskuldigde berus, en kom tot die gevolgtrekking dat 'n verdedigde beskuldigde (behalwe miskien ingevolge art. 169 (5), wanneer hy pleit) nie self B erkennings kan doen nie, en ook nie self die beredenering kan behartig nie. Sy beskouings met betrekking tot die onderhawige saak vat hy dan as volg saam:

'As an unsworn statement may consist of argument, or of admissions, or of a statement of facts or of all three, or of two only of them, and I do not know what the accused's proposed statement in this case is likely to comprise, I am not sure whether what is now proposed will not result C in either or both being made or submitted by the accused himself. In my view, therefore, I cannot permit the accused himself to make a statement from the dock.'

Na my mening is die uitspraak in De Wet se saak, blykens die tersaaklike wetsbepalings, onjuis waar daarin te kenne gegee word dat die ooreenstemmende sub-artikel in die vorige Wet betrekking het op die reg D van die beskuldigde om sy saak te beredeneer of om sy houding teenoor die aanklag te verduidelik of om sy standpunt te stel. Aangesien bedoelde bepalings ongewysig in die huidige Wet opgeneem is, noem ek in wat volg slegs die desbetreffende artikels daarvan en nie ook dié van die vorige Wet nie. Die woorde reeds 'sonder dat hy ingesweer is', wat E in art. 227 (3) voorkom, laat sonder meer vermoed dat dit nouliks hier die bedoeling kon gewees het om na die beredenering of na so 'n verduideliking te verwys. Inswering in die loop van 'n verhoor val geheel-en-al buite die bestek van of vereistes vir beredenering. Verduideliking van die beskuldigde se houding teenoor die aanklag of van die grondslag van sy verdediging kan geskied, luidens art. 169 (5), F wanneer hy op die aanklag pleit, of ingevolge art. 157 (4), wanneer hy die Hof toespreek ter inleiding van die getuienis wat hy wil voorlê. Nòg by die een nòg by die ander kan daar sprake wees van 'n moontlike eed. Om in so 'n verband vir 'n beskuldigde 'n reg te wil beveilig om 'n verklaring af te lê sonder dat hy ingesweer is, sou onvanpas en doelloos wees. Net soos vir laasbedoelde aangeleenthede...

To continue reading

Request your trial
11 practice notes
  • S v Becket
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die algemeen beskou ons Howe 'n onbeëdigde verklaring van 'n beskuldigde nie as getuienis nie, maar as bewysmateriaal. Sien R v Cele 1959 (1) SA 245 (A) op 252E - G; S v Mokgeledi 1968 (4) SA 335 (A) op 337H; S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) op 14E - F en S v Mjoli and Another 1981 (3) SA 12......
  • S v Hlokulu
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 31 October 1986
    ...die algemeen beskou ons Howe 'n onbeëdigde verklaring van 'n beskuldigde nie as getuienis nie, maar as bewysmateriaal. Sien R v Cele E 1959 (1) SA 245 (A) op 252E - G; S v Mokgeledi 1968 (4) SA 335 (A) op 337H; S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) op 14E - F en S v Mjoli and Another 1981 (3) SA ......
  • S v Slabbert en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die algemeen beskou ons Howe 'n onbeëdigde verklaring van 'n beskuldigde nie as getuienis nie, maar as bewysmateriaal. Sien R v Cele 1959 (1) SA 245 (A) op 252E-G; S v Mokgeledi 1968 (4) SA 335 (A) op 337H; S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) op 14E-F en S v Mjoli and Another 1981 (3) SA 1233 (......
  • S v Seheri en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...set out above are well founded, there was an irregularity and the convictions and sentences should be set aside; see R v Cele, 1959 (1) SA 245; R v Siphambo, 1963 (1) SA 174. E Such setting-aside of the convictions and sentences would not be an acquittal on the merits and the appellants cou......
  • Request a trial to view additional results
11 cases
  • S v Becket
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die algemeen beskou ons Howe 'n onbeëdigde verklaring van 'n beskuldigde nie as getuienis nie, maar as bewysmateriaal. Sien R v Cele 1959 (1) SA 245 (A) op 252E - G; S v Mokgeledi 1968 (4) SA 335 (A) op 337H; S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) op 14E - F en S v Mjoli and Another 1981 (3) SA 12......
  • S v Hlokulu
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 31 October 1986
    ...die algemeen beskou ons Howe 'n onbeëdigde verklaring van 'n beskuldigde nie as getuienis nie, maar as bewysmateriaal. Sien R v Cele E 1959 (1) SA 245 (A) op 252E - G; S v Mokgeledi 1968 (4) SA 335 (A) op 337H; S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) op 14E - F en S v Mjoli and Another 1981 (3) SA ......
  • S v Slabbert en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die algemeen beskou ons Howe 'n onbeëdigde verklaring van 'n beskuldigde nie as getuienis nie, maar as bewysmateriaal. Sien R v Cele 1959 (1) SA 245 (A) op 252E-G; S v Mokgeledi 1968 (4) SA 335 (A) op 337H; S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) op 14E-F en S v Mjoli and Another 1981 (3) SA 1233 (......
  • S v Seheri en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...set out above are well founded, there was an irregularity and the convictions and sentences should be set aside; see R v Cele, 1959 (1) SA 245; R v Siphambo, 1963 (1) SA 174. E Such setting-aside of the convictions and sentences would not be an acquittal on the merits and the appellants cou......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT