S v Hlokulu

JurisdictionSouth Africa
JudgeBaker R en Van Den Heever R
Judgment Date31 October 1986
Hearing Date31 October 1986
CourtCape Provincial Division

Baker R:

Beskuldigde in hierdie saak is van handeldryf met, alternatiewelik besit van, dagga aangekla. Hy het onskuldig aan J handeldryf gepleit

Baker R

A maar skuldig aan besit (die hoeveelheid dagga was 90 gram) nadat sy regte asook die vermoedens vervat in art 10(1)(d) en (e) en art 10(3) van Wet 41 van 1971 aan hom verduidelik is.

Hy is toe sekere vrae gestel. Die ondervraging van beskuldigde ingevolge art 115(2)(a) van die Strafproseswet 51 van 1977 het soos volg B gelui:

'Ek gebruik dit net vir medisyne

Ondervraging ingevolge art 115(2)(a).

V. Is jy op 21/7/86 te Sarel Cilliersstr, Napier, in besit gevind van een pak dagga?

A. Ja.

V. Ken jy dagga?

C A. Ja, ek weet hoe dit lyk.

V. Weet jy die massa?

A. Dis 'n parcel. Ek was by toe dit geweeg is. Dit was 90 g.

V. In watter vorm was dagga?

A. Dis los dagga.

V. Waar was dagga?

D A. Ek was 'n passasier en dagga was langs my by my voete.

V. Is die dagga in of op voertuig gevind?

A. Ja.

V. Is dit voertuig CA 541931?

A. Ja, 'n CA.

V. Is dit jou voertuig ?

E A. Nee, ek is net 'n passasier.

V. Geweet dagga is verbode?

A. Ja.

V. En dat jy dit nie mag besit, verkoop, ens?

A. Ja.

V. Waarvoor gebruik jy dit?

F A. Ek drink dit vir medisyne. Ek het ook asma - ek hoes.'

Die beskuldigde het toegestem dat die erkennings as formele erkennings aangeteken kon word. Die Staatsaanklaer het die pleit van skuldig aan besit aanvaar. Die landdros was egter van mening dat ingevolge art 6(a) van die Strafproseswet die aanvaarding van die pleit onreëlmatig was.

Die oorkonde in hierdie verband lees soos volg:

G 'SA aanvaar pleit van besit. Hof ingevolge art 6(a) onreëlmatig.

Staatsaak.

Beskuldigde se regte verduidelik en meegedeel dat pleitverduideliking nie die aflê van verdere getuienis oorbodig maak nie.

Vermoedens art 10(1)(e) opnuut verduidelik.

Beskuldigde wil nie getuig of getuies roep.

Beskuldigde se regte verduidelik opnuut.

H Beskuldigde wil nie getuig of getuies roep.

Verdedigingsaak.

SA betoog: Vra skuldigbevinding hoofklag.

Beskuldigde: Niks te sê.'

I Die saak het voor my op hersiening gekom.

Ek was die mening toegedaan dat art 6 van die Strafproseswet hoegenaamd geen betrekking op die aangeleentheid gehad het nie, aangesien dit met die aanklaer se bevoegdheid om 'n aanklag terug te trek of 'n vervolging te staak handel. Ek was ook die mening toegedaan dat die toepassing van vermoedens niks met die saak te maak gehad het J nie. Die

Baker R

A beskuldigde het erken dat die dagga syne was; en hoe dit enige saak kon maak dat dit langs sy voete in 'n voertuig gelê het, kon ek nie verstaan nie. Die volgende navraag is derhalwe aan die landdros gerig:

'Die landdros word versoek om redes vir skuldigbevinding aan oortreding art 2(a) Wet 41/71 te verskaf. Waarom het die landdros die relaas van beskuldigde nie geglo nie? Waarom is hy nie slegs aan besit B skuldig bevind nie?'

Die landdros se antwoord op daardie vraag lees soos volg:

'Redes vir skuldigbevinding

1. Beskuldigde, 'n 52-jarige Swart man, het tereggestaan weens handeldryf in dagga; alternatiewelik besit van dagga (oortreding art 2(a) en (b) respektiewelik, Wet 41 van 1971).

C 2. Beskuldigde het skuldig gepleit aan die alternatiewe aanklag en onskuldig ten aansien van die hoofaanklag. Eersgenoemde pleit is nie op hierdie stadium deur die Staat aanvaar nie en al die geskilpunte tussen beskuldigde en die Staat, in soverre dit die hoofaanklag betref, het bly staan.

3. Beskuldigde het aangevoer dat hy die dagga besit/gebruik as medikasie. Ter opheldering van sy pleit van onskuldig, het die D volgende aan die lig gekom:

(a)

dat beskuldigde op 21 Julie 1986 en te Sarel Cilliersstraat, Napier 'n verbode afhanklikheidsvormende medisyne besit het;

(b)

dat die medisyne 'n stof was soos gelys in Deel I van die Bylae tot genoemde Wet, te wete een pak los dagga;

(c)

dat beskuldigde 'n passasier was in voertuig CA 541931 waarop E die dagga gevind was;

(d)

dat die massa van die dagga bepaal was op 90 g;

(e)

dat die besit daarvan onwettiglik was;

(f)

dat beskuldigde vertroud was met die identiteit van die stof; en

(g)

dat beskuldigde oor die vereiste wederregtelikheidsbewussyn beskik het.

F 4. Bovermelde feite is kragtens art 115(2)(b) Wet 51 van 1977 as formele erkennings aangeteken. Sodanige erkennings dien as voldoende bewys van daardie feite in geskil. Vide art 220 (supra ).

5. Op hierdie stadium het die Staat aangedui dat beskuldigde se pleit ten aansien van die alternatiewe aanklag "aanvaar" word. Dit is deur die landdros as strydig met die bepalings van art 6 (supra ) aangemerk. Die Staat het hierop bloot sy saak gesluit.

G 6. Geeneen van hierdie gedraginge is 'n terugtrekking van die hoofaanklag. 'n Terugtrekking word verbied op hierdie stadium: S v Van Wyk 1981 (3) SA 228 (K). Vide art 6(a) (supra ). Beskuldigde het immers onskuldig gepleit die oomblik toe hy dit uitgespreek het.

7. Dit was ook gemene saak dat die aanklaer geen toestemming van die Prokureur-generaal gehad het om die verhoor te staak nie. Bedekte H of gekamoefleerde "staking" is en bly steeds 'n staking waarvoor toestemming van die Prokureur-generaal vereis word. Vgl Prokureur-Generaal, Venda v Magistraat, Streekafdeling, en 'n Ander 1982 (2) SA 659 (V).

8. In casu het die aanklaer vanuit die staanspoor die hoofaanklag teen beskuldigde laat vaar of abandoneer, sonder toestemming van die Prokureur-generaal. Van Rhyn HR beslis, op hersiening, dat die staking, en ook die daaropvolgende vryspraak, nietig was. Sien ook I S v Teele 1979 (4) SA 610 (B) en S v Van Niekerk 1985 (4) SA 550 (B).

9. Die Derde Kumulatiewe Byvoegsel (1985) op 13 tot Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 3de uitg dui gesaghebbend aan dat die aanklaer steeds dominis litis was en die hof geen beheer oor sy aanvaarding gehad het nie. Volgens die Cordoza -uitspraak, aangehaal deur Hiemstra (supra ) het die aanklaer by implikasie die pleit J reeds aan die begin van die pleitstadium aanvaar.

Baker R

A 10. Die landdros moet toegee dat die dictum in S v Ngubane 1985 (3) SA 677 (A) op 683D - F uit die oog verloor is. Daarvolgens is die aanvaarding van 'n pleit deur die aanklaer nie 'n terugtrekking of staking nie, maar 'n sui generis handeling deur die aanklaer.

11. Die landdros het die onderhawige hersieningsnavraag met kollegas van naburige kantore bespreek en daar is kwalik sprake van eenstemmigheid in hierdie opsig. Dit kan weer eens aangedui word B dat die feitlike situasies in die onderhawige geval verskil van S v Ngubane (supra).

12. Gevolglik word daar van die standpunt uitgegaan dat die landdros nie fouteer het deur hom gebonde te hou aan die aanklaer se aanvaarding van die pleit van skuldig nie. Beskuldigde is ook dienooreenkomstig meegedeel.

C 13. Tydens die bespreking van die navraag met kollegas, is dit ook aangevoer dat die landdros fouteer het deur nie die ondervraging te beperk tot die geskilpunte nie - vide art 115(2)(a) en S v Moloyi 1978 (1) SA 516 (O). Aldus die benadering het beskuldigde reeds die basis van sy verweer aangedui deur aan te voer dat hy bloot die dagga besit het.

14. Dit is egter steeds die landdros se submissie dat die ondervraging nie 'n blote "fishing expedition" was wat eerder onder kruisondervraging tuis hoort nie. Die aanklag in sy oorspronklike D vorm het immers beweer dat die dagga vervoer was met 'n motorvoertuig CA 541931 en, gesien in die lig van die massa van die dagga, dat die Staat gesteun het op die vermoedens vervat in art 10(1)(d) en (e) Wet 41 van 1971.

15. By vervolging ingevolge art 2(a) (supra ) word beskuldigde geag handelgedryf het indien bewys word dat hy die dagga vervoer het. Weliswaar is geen vrae ter opheldering van sy pleit gestel met E betrekking tot die vraag of hy dagga vervoer het nie - vgl R v Mattushek 1936 TPD 207 en art 10(1)(d) (supra ).

16. Dit is egter gemene saak dat beskuldigde in die voertuig was en/of dit vergesel het; en dat die dagga in of op die voertuig gevind was. Sien para 3 (supra ) en art 10(1)(e) (supra ). In die onderhawige geval het beskuldigde erken dat dit sy dagga is. S v Pennels 1977 (1) SA 809 (N) mag die indruk wek dat die vermoede slegs toegepas word waar dit nie bevind kan word wie se dagga dit F is nie.

17. Die vermoede vind egter aanwending in alle gevalle waar aan die voorvereistes voldoen word. Die landdros het bevind dat daar aan dié voorvereistes wel voldoen is. Beskuldigde het verkies om geen getuienis af te lê en hom dus nie gekwyt van die weerleggingslas nie. Vgl S v Ntombela 1973 (3) SA 89 (T) op 90E.

G 18. Gegee onder my hand op 13 Oktober 1986 te Bredasdorp.'

Wat betref die landdros se verduideliking het ek die volgende kommentaar:

Re para 2 : Daar is geen indikasie op die oorkonde dat die Staatsaanklaer die pleit van skuldig aan besit aanvanklik nie aanvaar H het nie, maar ek aanvaar dat dit so was.

Paragrawe 3, 4 en 5 is in ooreenstemming met die oorkonde, met ander woorde nadat die beskuldigde ingevolge art 115 (wat handel met die prosedure by 'n pleit van onskuldig) ondervra is, en nadat hy verduidelik het dat hy besit erken en dat hy nie in die dagga wou handel I dryf nie, het hy ingestem dat sy erkenings as formele erkennings ingevolge art 220...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • S v Laubscher
    • South Africa
    • Invalid date
    ...waarvan geweld teen 'n persoon 'n element is nie en ten opsigte waarvan gevangenisstraf sonder J die keuse van 'n boete opgelê word. 1988 (1) SA p174 Joubert (ii) A Op aanklagte 2, 3 en 4 elk een jaar gevangenisstraf wat saamloop met die vonnis op aanklag 1. Botha AR en Nestadt AR het saamg......
  • S v Nyanga
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(O): dictum at 102 h applied S v Gwenya 1995 (2) SACR 522 (E): C referred to S v Hendricks 1995 (2) SACR 177 (A): applied S v Hlokulu 1988 (1) SA 174 (C): referred S v Jacobs 1978 (1) SA 1176 (C): referred to S v Lebokeng en 'n Ander 1978 (2) SA 674 (O): referred to S v Mathe 1981 (3) SA 66......
  • S v Toubie
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Mothlaping en 'n Ander 1988 (3) SA 757 (NC) on the one hand against the decisions of S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) and S v Hlokulu 1988 (1) SA 174 (C). D In the circumstances, and more particularly in view of the aforesaid conflicting views, the question arises whether the trial Court w......
  • S v Toubie
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • Invalid date
    ...v Mothlaping en 'n Ander 1988 (3) SA 757 (NC) on the one hand against the decisions of S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) and S v Hlokulu 1988 (1) SA 174 (C). D In the circumstances, and more particularly in view of the aforesaid conflicting views, the question arises whether the trial Court w......
  • Request a trial to view additional results
8 cases
  • S v Laubscher
    • South Africa
    • Invalid date
    ...waarvan geweld teen 'n persoon 'n element is nie en ten opsigte waarvan gevangenisstraf sonder J die keuse van 'n boete opgelê word. 1988 (1) SA p174 Joubert (ii) A Op aanklagte 2, 3 en 4 elk een jaar gevangenisstraf wat saamloop met die vonnis op aanklag 1. Botha AR en Nestadt AR het saamg......
  • S v Nyanga
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(O): dictum at 102 h applied S v Gwenya 1995 (2) SACR 522 (E): C referred to S v Hendricks 1995 (2) SACR 177 (A): applied S v Hlokulu 1988 (1) SA 174 (C): referred S v Jacobs 1978 (1) SA 1176 (C): referred to S v Lebokeng en 'n Ander 1978 (2) SA 674 (O): referred to S v Mathe 1981 (3) SA 66......
  • S v Toubie
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Mothlaping en 'n Ander 1988 (3) SA 757 (NC) on the one hand against the decisions of S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) and S v Hlokulu 1988 (1) SA 174 (C). D In the circumstances, and more particularly in view of the aforesaid conflicting views, the question arises whether the trial Court w......
  • S v Toubie
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • Invalid date
    ...v Mothlaping en 'n Ander 1988 (3) SA 757 (NC) on the one hand against the decisions of S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) and S v Hlokulu 1988 (1) SA 174 (C). D In the circumstances, and more particularly in view of the aforesaid conflicting views, the question arises whether the trial Court w......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT