S v Slabbert en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeVivier R, Tebbut R en Nel R
Judgment Date06 May 1985
Citation1985 (4) SA 248 (C)
Hearing Date06 May 1985
CourtCape Provincial Division

Vivier R:

Die vier beskuldigdes is in die landdroshof skuldig bevind aan roof. Beskuldigde 1 is tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis, beskuldigdes 2 en 4 is elk sewe houe opgelê en beskuldigde 3 is na 'n verbeteringskool verwys ingevolge art E 290 (1) (d) van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet").

Toe hy die saak vir outomatiese hersiening ingevolge art 302 van die Wet deurgestuur het, het die landdros die vraag geopper of die verrigtinge ingevolge die reg geskied het, in die lig van die feit dat beskuldigdes 3 en 4 as beskuldigdes gevoeg is nadat die ander twee reeds gepleit en ingevolge art 112 (1) (b) F van die Wet ondervra is. Die landdros het die vraag geopper na aanleiding van die beslissing in hierdie Afdeling in S v Hulbert and Another 1982 (2) PH H150. Die saak is vir beredenering na 'n Volbank verwys en die advokate word bedank vir hulle hulp.

Volgens die oorkonde van die verrigtinge in die landdroshof het beskuldigdes 1 en 2 aanvanklik verskyn en skuldig gepleit op G die aanklag. Na die ondervraging voormeld is 'n pleit van onskuldig ingevolge art 113 van die Wet aangeteken, en die saak is na 'n latere datum uitgestel. Daarna is beskuldigdes 3 en 4 ingevolge die bepalings van art 157 van die Wet op dieselfde aanklag gevoeg. By die hervatting van die verrigtinge het H laasgenoemde twee onskuldig gepleit, en hulle is toe deur die landdros volledig ingelig oor wat by die eerste verskyning plaasgevind het, in besonder wat beskuldigdes 1 en 2 se pleite was en wat hulle gesê het toe hulle ingevolge art 112 (1) (b) ondervra is. Daarna het beskuldigdes 3 en 4 hul pleitverduidelikings in die teenwoordigheid van beskuldigdes 1 I en 2 gegee.

Artikel 157 (1) van die Wet lees as volg:

"'n Beskuldigde kan by 'n ander beskuldigde in dieselfde strafregtelike verrigtinge gevoeg word te eniger tyd voordat enige getuienis ten opsigte van die betrokke aanklag gelei is."

Die vraag wat gevolglik ontstaan is of die ondervraging ingevolge art 112 (1) (b) van die Wet neerkom op die "lei van enige getuienis" binne die betekenis van daardie woorde in art J 157 (1) van die Wet.

Vivier R

A In die algemeen beskou ons Howe 'n onbeëdigde verklaring van 'n beskuldigde nie as getuienis nie, maar as bewysmateriaal. Sien R v Cele 1959 (1) SA 245 (A) op 252E-G; S v Mokgeledi 1968 (4) SA 335 (A) op 337H; S v Mogoregi 1978 (3) SA 13 (O) op 14E-F en S v Mjoli and Another 1981 (3) SA 1233 (A) waar JANSEN AR die volgende op 1243C-D gesê...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • S v Becket
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of s 220 by resort to the mechanics of s 115(2)(b). The general view was stated by Vivier J (as he then was) in S v Slabbert en Andere 1985 (4) SA 248 (C). That was a case not in D pari materia, being concerned with the validity of a joinder under s 157 of two further accused after the two ......
  • S v Hendricks
    • South Africa
    • Invalid date
    ...J and Another 1982 (2) PH 1995 (2) SACR p191 Marais JA A H150 (C) were wrongly decided, and that the cases of S v Slabbert en Andere 1985 (4) SA 248 (C) and S v Ngobeni 1981 (1) SA 506 (B) were correctly decided. The case of S v Makgolelo en 'n Ander 1995 (1) SACR 386 (T) (1995 (1) PH H4 (T......
  • S v Hlokulu
    • South Africa
    • Invalid date
    ...verduideliking nie getuienis is nie, maar dit het darem 'n sekere bewyswaarde. In die onlangse Volbank beslissing S v Slabbert en Andere 1985 (4) SA 248 (K), aanvaar die Hof op 250 'In die algemeen beskou ons Howe 'n onbeëdigde verklaring van 'n beskuldigde nie as getuienis nie, maar as bew......
  • S v Dippenaar en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1981 (1) SA 506 (B) op 511H-512H; S v Hartkopf en 'n Ander 1981 (1) SA 992 (T) op 993C-E, G-H en 994A; en S v Slabbert en F Andere 1985 (4) SA 248 (K) op Die voeging van Minnie as beskuldigde was ook strydig met die bepalings van art 38 van Wet 51 van 1977 aangesien hy nie in hegtenis was n......
  • Request a trial to view additional results
9 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT