S v Dippenaar en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
Citation1990 (1) SACR 208 (T)

S v Dippenaar en 'n Ander
1990 (1) SACR 208 (T)

1990 (1) SACR p208


Citation

1990 (1) SACR 208 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Human Wn R

Heard

October 9, 1989

Judgment

October 9, 1989

Flynote : Sleutelwoorde

Getuienis — Wat uitmaak — Inspeksie ter plaatse en genotuleerde waarnemings daartydens gemaak — Sodanige maak getuienis uit.

G Aanklag — Voeging van beskuldigdes — Vereiste van art 157(1) van Strafproseswet 51 van 1977 dat voeging plaasvind 'voordat enige getuienis ten opsigte van die betrokke aanklag gelei is' — Inspeksie ter plaatse en notulering van waarnemings by inspeksie maak getuienis uit — Voeging van H 'n beskuldigde na sodanige inspeksie en notulering van waarnemings (alhoewel nog geen getuies getuig het nie) in stryd met art 157(1) en ter syde gestel.

Headnote : Kopnota

Die eerste beskuldigde het onskuldig gepleit op 'n aanklag van strafbare manslag, alternatiewelik roekelose of nalatige bestuur. Nadat hy sekere I erkennings kragtens art 220 van die Strafproseswet 51 van 1977 gemaak het, is 'n inspeksie ter plaatse, op versoek van die aanklaer, gehou. Die landdros het sy waarnemings by die inspeksie genotuleer en in die teenwoordigheid van die eerste beskuldigde uitgelees. Daarna is beskuldigde nr 2, op versoek van die aanklaer, kragtens art 157(1) van die Wet as 'n beskuldigde gevoeg. Op hersiening het die Hof na die vereiste van art 157(1), dat voeging moes plaasvind 'voordat enige J getuienis ten opsigte van die betrokke aanklag gelei is', verwys.

1990 (1) SACR p209

A Beslis, ten aansien van die vraag of die hou van die inspeksie en die notulering van die hof se waarnemings by die inspeksie as die lei van getuienis al dan nie beskou moet word, dat dit wel getuienis is en dat daar reeds reële getuienis voor die hof was toe beskuldigde nr 2 as beskuldigde gevoeg was.

Beslis, derhalwe, dat die voeging van beskuldigde nr 2 in stryd met art B 157(1) van die Wet was en nietig verklaar moes word.

Flynote : Sleutelwoorde

Evidence — What constitutes — Inspection in loco and recorded observations thereat — Such constitutes evidence.

Indictment and charge — Joinder of accused — Requirement of s 157(1) C of Criminal Procedure Act 51 of 1977 that joinder take place 'before any evidence has been led in respect of the charge in question' — Inspection in loco and recorded observations at inspection constituting evidence — Joinder of an accused after such inspection and recording of observations (although no witnesses had yet testified) in conflict with s 157(1) and set aside. D

Headnote : Kopnota

The first accused had pleaded not guilty to a charge of culpable homicide, alternatively reckless or negligent driving. After he had made certain admissions in terms of s 220 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, an inspection in loco was held at the request of the prosecutor. The magistrate noted his observations at the inspection on the record and read E them out in the presence of the first accused. Thereafter, accused No 2, at the request of the prosecutor, was joined as an accused. On review, the Court referred to the requirement of s 157(1) that joinder had to take place 'before any evidence has been led in respect of the charge in question'.

Held, as to the question whether the holding of the inspection and the recording of the court's observations thereat should be regarded as the F leading of evidence or not, that it was indeed evidence and that there was already real evidence before the court when accused No 2 was joined as an accused.

Held, accordingly, that the joinder of accused No 2 was in conflict with s 157(1) of the Act and had to be declared to be a nullity. G

Case Information

Hersiening.

Judgment

Human Wn R:

Beskuldigde nr 1 het tereggestaan in die landdroshof te Belfast op aanklagte van (1) strafbare manslag en (2) 'n oortreding van art 138(1) van die Ordonnansie op Padverkeer 21 van 1966 (T) (roekelose/nalatige bestuur).

H Die tweede klagte moes natuurlik 'n alternatiewe klagte tot die eerste klagte gewees het.

Die eerste beskuldigde het onskuldig gepleit op beide aanklagtes en 'n aantal erkennings gemaak ingevolge die bepalings van art 220 van die Strafproseswet 51 van 1977 (hierna verwys as 'die Wet').

Beskuldigde nr 1 was regsverteenwoordig.

I Daarna het die aanklaer aansoek gedoen dat die hof 'n inspeksie ter plaatse doen om vas te stel of die Staat wel 'n tweede of 'n derde beskuldigde gaan voeg.

Beskuldigde nr 1 se regsverteenwoordiger het geen beswaar hierteen geopper nie en die landdros het die aansoek toegestaan, nadat die landdros vasgestel het van die partye dat so 'n inspeksie die hof van hulp sal wees.

Meneer Fick, Adjunk Prokureur-generaal, is van mening dat die rede wat die aanklaer aangevoer het vir die hou van die inspeksie nie 'n grondige J rede kan

1990 (1) SACR p210

Human Wn R

A wees vir die hou van 'n inspeksie nie. Hy is van mening, om die minste daarvan te sê, dat dit ongehoord is van die Staat om vir dié rede 'n inspeksie te kan aanvra.

Daarna het die hof 'n inspeksie gehou. Toe die hof hervat, is sekere waarnemings tydens die inspeksie uitgelees en op rekord geplaas in teenwoordigheid van beskuldigde nr 1. Op dié stadium was beskuldigde nr B 2 buite die hofsaal.

Daarna het die aanklaer versoek om beskuldigde nr 2 ingevolge die bepalings van art 157(1) van die Wet as 'n beskuldigde te voeg welke versoek deur die hof toegestaan is.

Mnr Fick het van die landdros verneem of die tweede beskuldigde, Minnie, as Staatsgetuie die inspeksie bygewoon het maar die landdros C onthou nie of Minnie wel uitwysings gedoen het of bewerings gemaak het tydens die inspeksie nie.

Die...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • S v Sibeko en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...beoordelaar moet wees in die sin dat die enigste feite aangaande die saak wat hy kan inwin is dié wat in die hof voor hom bewys J word 1990 (1) SACR p208 Kriegler A op die gewone wyse. Dit is 'n growwe onreëlmatigheid vir 'n voorsittende beampte wat buitekennis van 'n saak het om self daari......
1 cases
  • S v Sibeko en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...beoordelaar moet wees in die sin dat die enigste feite aangaande die saak wat hy kan inwin is dié wat in die hof voor hom bewys J word 1990 (1) SACR p208 Kriegler A op die gewone wyse. Dit is 'n growwe onreëlmatigheid vir 'n voorsittende beampte wat buitekennis van 'n saak het om self daari......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT