Voorinlywingskontrakte : hoofstuk 3

AuthorPierre Jacques Rabie
DOI10.10520/EJC74106
Date01 January 2008
Pages31-74
Published date01 January 2008
31
HOOFSTUK 3
VOORINLYWINGSKONTRAKTE
3.1 Doelwit en werkswyse
Die doel van hierdie hoofstuk is om voorinlywingskontrakte in Suid-
Afrika, Australië, Engeland en die VSA te bestudeer. Uit die studie
sal die probleme wat die onderskeie jurisdiksies met die sluiting van
voorinlywingskontrakte ondervind, duidelik blyk. Daar sal gepoog
word om sinvolle, praktiese voorstelle in verband met die oplossing
van hierdie probleme te maak.
Die doel word bereik deur op ’n regshistoriese en regsvergelykende
grondslag eerstens na die posisies in Engeland, die VSA en daarna
Australië te kyk. Die volgorde waarin hierdie jurisdiksies bespreek
word, ref‌lekteer die nut wat die betrokke jurisdiksie vir die oplossing van
Suid-Afrikaanse probleme bied. Die Australiese posisie is gevolglik van die
grootste waarde, met die Engelse posisie wat weinig hulp verleen.
Die posisie in Suid-Afrika word laastens bespreek weens die uniek-
heid van die Suid-Afrikaanse regsposisie in hierdie verband. Hierdie
uniekheid kan grootliks toegeskryf word aan die statutêre ingryp1 ge-
koppel aan die erkenning van die gemeenreglike stipulatio alteri in
Suid-Afrika.
3.2 Inleiding
Artikel 64(1) van die Maatskappywet 61 van 19732 bepaal soos volg:
By die registrasie van die akte en statute van die maatskappy
endosseer die Registrateur ’n sertif‌ikaat daarop onder sy hand
en seël dat die maatskappy ingelyf is.
Verder word in artikel 65(10) bepaal dat:
Vanaf die datum van inlywing, is die ondertekenaars van die
akte tesame met die ander persone wat van tyd tot tyd lede van
die maatskappy word, ’n regspersoon met die naam vermeld in
die akte, wat al die funksies van ’n ingelyfde maatskappy kan
uitoefen, en met voortdurende regsopvolging, maar met die
aanspreeklikheid (as daar is) van die lede om in die geval van
likwidasie tot die bates van die maatskappy by te dra soos deur
hierdie Wet voorgeskryf.
In artikel 172(1) word dit duidelik gestel dat:
Geen maatskappy met ’n aandelekapitaal mag met besigheid
begin of leningsbevoegdhede uitoefen nie tensy en voordat
1 Artikel 35 van Wet 61 van 1973.
2 Hierna die “Wet”.
32
die Registrateur onder sy hand en seël ’n ser tif‌ikaat wat die
maatskappy magtig om met besigheid te begin, kragtens die
bepalings van hierdie artikel uitgereik het.
As gevolg van bogenoemde bepalings is dit somtyds nodig om
sekere regte vir ’n maatskappy te beding voordat die betrokke
maatskappy met regspersoonlikheid beklee word. Hierdie be-
hoefte word raak saamgevat deur appèlregter Trollip waar hy
hom in Sentrale Kunsmis Korporasie (Edms) Bpk v NKP Kuns-
misverspreiders (Edms) Bpk3 soos volg uitlaat:
Generally a company is formed in order to acquire some bu-
siness, property, or rights, for the exploitation of which it might
require accommodation, equipment, and such ancillary things,
and perhaps also the services of experts or experienced exe-
cutives. Hence, in order to ensure that it will get those benef‌its
on incorporation, it is usually advisable that the terms of the
acquisition of those things and the conditions of the employ-
ment of those persons should be settled in advance of its in-
corporation by contracts that will be binding, as far as legally
possible, on the contracting parties.4
Die kontrakte wat in bogenoemde aanhaling beoog word, sal voor-
taan in hierdie studie gerief‌likheidshalwe “voorinlywingskontrakte”5
genoem word.
Dit is duidelik dat die maatskappy nog nie bestaan wanneer ’n voorin-
lywingskontrak gesluit word nie, aangesien ’n maatskappy eers by
die registrasie van sy akte en statute ingelyf word en gevolglik met
regs persoonlikheid beklee word.6 Die maatskappy as sodanig kan
dus nie ’n party tot ’n voorinlywingskontrak wees nie. Weens die feit
dat die maatskappy nog nie bestaan nie, kan die oprigters van die
maatskappy ook nie gemeenregtelik as verteenwoordigers van die te
stigte maatskappy optree nie.7 Daar kan egter van ’n rakmaatskappy
4 Sentrale Kunsmis Korporasie (Edms) Bpk v NKP Kunsmisversprei-
ders (Edms) Bpk 1970 3 SA 367 A.
5 De Wet en Yeats 1964:464 verkies “voorlopige kontrakte”, terwyl Swart
1974:19 die term “voor-inkorporasie kontrakte” gebruik. Cilliers et al
2000:52 gebruik ook die term “voorinlywingskontrak”.
6 Wet 61 van 1973 artikel 64(1).
7 Ingevolge die gemenereg kan iemand nie as ’n agent van ’n onbe staande
prinsipaal kontrakteer nie, die rede hiervoor is dat die effek van ratif‌ikasie
terugwerkend is. McCullogh v Fernwood Estate Ltd 1920 AD 204:207
per hoofregter Innes: “… the rule that there can be no ratif‌ication by a
principal not in existence at the date of the transaction is recognised by
our law as well as the law of England.” Ex Parte Elands Properties (Pty)
Ltd 1945 TPD 37:39; Semer v Retief & Berman 1948 1 SA 182 K:192;
Sentrale Kunsmis Korporasie (Edms) Bpk v NKP Kunsmisverspreiders
33
gebruik gemaak word ten einde regte en vepligtinge vir die maatskappy
te bekom. Die direkteure en aandeelhouers word bloot gewysig op
die datum waarop die maatskappy dus sy “f‌inale gewaad” aanneem.
’n Volledige bespreking van hierdie aspek val buite die bestek van
hierdie proefskrif.
Die posisie aangaande voorinlywingskontrakte in Suid-Afrika word
sterk beïnvloed deur die Maatskappywet, die Engelse reg en ook die
gemeenregtelike stipulario alteri. Elkeen van hierdie onderwerpe sal
van nader beskou word. Die regsposisies rondom voorinlywingskon-
trakte in Australië en die VSA sal ook op ’n regsvergelykende grond-
slag bestudeer word.
3.3 Posisie in die Engelse reg
3.3.1 Grondslag
Die grondslag van die Engelse reg ten opsigte van voorinlywingskon-
trakte is in Kelner v Baxter8 gelê. In hierdie beslissings van meer as 130
jaar gelede is starre en onbuigsame reëls jeens voorinlywingskontrakte
neergelê.9 Die vernaamste kenmerke van die beslissing is:
die onvermoë van die maatskappy om ’n kontrak wat voor die a.
inkorporasiedatum aangegaan is af te dwing en te ratif‌iseer; en
dat die “agent”, wat voorgegee het om namens die maatskappy b.
op te tree persoonlike aanspreeklikheid op grond van die kontrak
oploop.
Ingevolge die Engelse leerstuk van “valuable consideration” kan daar
slegs van ’n afdwingbare kontrak sprake wees indien al die kontrak-
terende partye tot een of ander teenprestasie verplig kan word.10
Geen persoon kan gevolglik ’n kontrak ten behoewe van ’n derde
sluit tensy hy dit in die hoedanigheid as verteenwoordiger van die
derde doen nie.11 Indien ’n maatskappy dus regte en verpligtinge uit
(Edms) Bpk 1970 3 SA 367 A:369; Nordis Con struction Co (Pty) Ltd v
Theron Burke & Isaac 1972 2 SA 535 D:543; Swart v Mbutzi Develop-
ment (Edms) Bpk 1975 1 SA 544 T:550; Indrieri v Du Preez 1989 2 SA
721 C:727; Twenty Seven Bellevue CC v Hilcove 1992 4 SA 523 N:524-
25; Build-a-Brick BK v Eskom 1996 1 SA 115 O:125-26; Michael v Caro-
line’s Frozen Yoghurt Parlour (Pty) Ltd 1999 1 SA 624 W:634.
9 Delport 1977:299. Vir ’n volledige bespreking in hierdie verband, sien
Easson & Soberman 1992:421-429 sowel as Reith 1983:114-115. Vir
’n volledige bespreking van die verteenwoordigingsreg in die geval
van voorinlywingskontrakte, sien Griff‌iths 1993:241-243.
10 Dixon 1969:35.
11 Newborne v Sensolid 1954 1 QB 45; Black v Smallwood 1966 117 CLR 52;
Hawke’s Bay Milk Corporation v Watson 1974 1 NZLR 236; Marble-
stone Industries v Fairchild 1975 1 NZLR 543.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT