Van Aswegen v Fourie

JurisdictionSouth Africa
Citation1964 (3) SA 94 (O)

Van Aswegen v Fourie
1964 (3) SA 94 (O)

1964 (3) SA p94

Citation

1964 (3) SA 94 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

Erasmus R

Heard

February 20, 1964

Judgment

March 19, 1964

Flynote : Sleutelwoorde

Kontrak — Aansoek om kansellasie weens gebrek — Verweer dat skriftelike kontrak nie die ware kontrak nie — Mondelinge getuienis toelaatbaar — Respondent geregtig om die verweer van exceptio doli op te werp — Kan hom ook aan 'n verweer van rektifikasie beroep.- Moet feite beweer om sulke verwere te ondersteun — Genoeg om feite te beweer waarvan afgelei kan word dat daar 'n gemeenskaplike dwaling was — Onsekerheid, onversigtigheid en nalatigheid in so 'n geval nie ter sprake nie.

Headnote : Kopnota

Applikante in haar hoedanigheid as eksekutriese testamentêr het beweer dat sy die plaas M aan die respondent ingevolge 'n skriftelike koopkontrak verkoop het; dat die respondent die kontrak verbreek het deurdat hy nie soos daarin bepaal 'n bank - of bougenootskap-waarborg vir die koopsom verskaf het nie: dat sy 'n dagvaarding uitgereik het vir kansellasie van die koopkontrak, 'n bevel van uitsetting en skadevergoeding, en dat die respondent verskyning aangeteken het om die geding te verdedig. Sy beweer verder dat die respondent geen bona fide verdediging het nie en dat sy aantekening om te verdedig mala fide, benadelend tot haar regte en 'n misbruik van die Hof proses is. Gevolglik vra sy in haar aansoek 'n bevel wat (a) die verskyning om te verdedig skrap; (b) die kontrak kanselleer; (c) die respondent gelas om die eiendom te ontruim en (d) koste van die hoof geding en die aansoek te betaal. Die respondent het die aansoek op verskillende gronde teengestaan, onder andere, dat op die dag toe die koopkontrak geteken is was dit geensins die bedoeling tussen die respondent en die applikante dat die respondent 'n bank - of bougenootskap-garansie moet verskaf nie. Die respondent het beweer dat die werklike ooreenkoms was dat die respondent die bestaande verbande en laste op die plaas M sou oorneem en aan die applikante binne 'n redelike tyd 'n bankgaransie verskaf vir die balans indien enige nog verskuldig op die eiendom is. Die applikante moes toesien dat die verbandhouers van die verbande op die plaas die respondent as skuldenaar daaronder substitueer. Die applikante in haar repliserende verklaring het dié bewerings van die respondent ontken en het betoog dat sy op 'n geskrewe ooreenkoms steun en dat mondelinge getuenis, strydig met die terme daarvan, ontoelaatbaar is: in die alternatief, dat die bewerings in die beantwoordende verklaring mank gaan om so 'n verweer van rektifikasie doeltreffend te stel; verder, dat daar alleen op rektifikasie gesteun kan word as die opponerende verklaring vergesel word van 'n eis vir rektifikasie en ter slotte dat die respondent se verweer nie bona fide is nie.

Beslis, daar dit by die aansoek vir rektifikasie beweer word dat die bedoeling van die partye anders was as wat deur die geskrewe ooreenkoms weerspieël word, dat getuienis toelaatbaar is al sou dit strydig met die geskrewe ooreenkoms wees.

Beslis, verder, dat die respondent geregtig was om die exceptio doli op te werp.

Beslis, egter, dat in so 'n geval hy feite moet beweer wat die exceptio steun al is die kontrak geskrewe.

Beslis, verder, dat die respondent hom op die verweer van rektifikasie kon beroep.

Beslis, verder, dat dit afdoende is vir die respondent om feite te beweer waarvan dit duidelik afgelei kan word dat hy op 'n gemeenskaplike of onderlinge dwaling vir sy verweer van rektifikasie steun.

Beslis, verder, dat die respondent hom op so 'n verweer kan beroep alhoewel hy nie in 'n teeneis vir rektifikasie vra nie.

Beslis, verder, dat oorwegings van onredelikheid, onversigtigheid en nalatigheid aan die kant van die eiser by rektifikasie nie ter sprake kom waar dit op gemeenskaplike dwaling gegaan het nie.

Flynote : Sleutelwoorde

Contract — Application for cancellation on breach — Defence — That written contract not the real contract — Oral evidence admissible — Respondent entitled to raise the defence of exceptio doli — Can also invoke a defence of rectification — Must allege facts to support such defences — Sufficient to allege facts from which it can be inferred that there was a mutual mistake — Uncertainty, carelessness and negligence are not relevant in such an event.

Headnote : Kopnota

The applicant, in her capacity as executor testamentary, had averred that she had sold a farm M to the respondent in terms of a written deed of sale; that the respondent had breached the contract in that he had failed to provide a bank or building society guarantee for the purchase price as mentioned therein; that she had issued summons for the cancellation of the contract of purchase and sale, an order of ejectment and damages and that the respondent had entered appearance to defend the action. She averred further that the respondent had no bona fide defence and his entry of appearance to defend was mala fide and prejudicial to her rights and was an abuse of the process of the Court. Accordingly she prayed in her application for an order (a) setting aside the entry of appearance; (b) cancelling the contract; (c) ordering the respondent to vacate the property and (d) of costs of the main action and of the application. The respondent had opposed the application on several grounds, inter alia. that on the day when the deed of sale was signed it was in no respect the intention of the respondent and the applicant that the respondent should furnish a bank or building society guarantee. The respondent averred that the real agreement was that the respondent would take over the existing bonds and debts on the farm M and would within a reasonable time furnish to the applicant a bank guarantee for the balance, should there be any. The applicant had to see that the holders of the bonds

1964 (3) SA p95

would substitute the respondent as debtor. The applicant, in her replying affidavit, denied these averments and contended that she relied upon the written agreement and that no oral evidence was admissible which was in conflict with the terms thereof: in the alternative that the averments in the answering affidavit were insufficient to make a defence of rectification competent; further that rectification could only be relied on if the opposing affidavits were accompanied by a claim for rectification, and finally that the respondent's defence was not bona fide.

Held, as it was averred in the application for rectification that the intention of the parties was other than that reflected in the written agreement, that evidence was admissible even though it would be in conflict with the written agreement.

Held, further that the respondent was entitled to raise the exceptio doli.

Held, however, that in such a case he had to allege facts which supported the exceptio even though the contract was in writing.

Held, further, that the respondent could invoke the defence of rectification.

Held, further, that it was sufficient for the respondent to aver facts from which it could be inferred that there had been a common or mutual mistake.

Held, further, that the respondent could invoke such a defence even though he had not asked for rectification in a counterclaim.

Held, further, that considerations of unreasonableness, carelessness and negligence on the part of the plaintiff were not relevant in the case of rectification where it was based upon mutual mistake.

Case Information

Aansoek vir 'n bevel om (a) die verskyning om te verdedig te skrap en G (b) die kansellering van 'n koopkontrak en andere regshulp. Die feite blyk uit die uitspraak.

S. A. Visser, namens die applikante.

J. J. F. Hefer, namens die respondent.

Cur adv vult.

Postea (Maart 19). H

Judgment

Erasmus, R.:

Die applikante in haar hoedanigheid as eksekutriese testamentêr in the boedel van wyle Gert Jacobus van Aswegen, beweer dat sy die plaas 'Morgenzon' in die distrik Vredefort aan die respondent ingevolge 'n skriftelike koopkontrak verkoop het; dat die respondent die kontrak verbreek het deurdat hy nie soos daarin bepaal 'n

1964 (3) SA p96

Erasmus R

bank - of bougenootskap-waarborg op of voor die 19de Oktober 1963, vir die koopsom aan haar verskaf het nie en selfs nou nog verskaf het nie; dat sy toe op die 21ste November 1963, 'n dagvaarding in hierdie Hof teen hom laat uitreik het vir kansellasie van die kontrak; 'n bevel van A uitsetting en skadevergoeding en dat hy op die 2de Desember 1963 verskyning aangeteken het om die geding te verdedig. Sy beweer voorts dat hy geen bona fide verdediging het nie en dat sy aantekening om te verdedig mala fide, benadelend tot haar regte en 'n misbruik van die Hofproses is. Gevolglik vra sy in haar aansoek 'n bevel wat: (a) sy verskyning om te verdedig skrap; (b) die kontrak kanselleer; (c) die B respondent gelas om die eiendom te ontruim en (d) die koste van die hoofgeding en hierdie aansoek te betaal.

Die respondent staan die aansoek op verskillende gronde in sy beantwoordende verklaring teen, maar mnr. Hefer wat namens hom verskyn het, het slegs betoog dat klousule 2 van die koopkontrak in verband met C die betaling nie die ware ooreenkoms tussen, en die bedoeling van, die partye weergee nie, maar dat die partye in werklikheid ooreengekom het soos beweer word in die respondent se verklaring en dat die geskrewe koopkontrak op grond daarvan gerektifiseer moet word.

Klousule 2 van die ooreenkoms lees soos volg:

D 'Die koopprys is die som van R11,750 (elfduisend sewehonderd-en-vyftig rand) watter genoemde som betaalbaar sal wees aan verkoper as volg:

Teen registrasie van transport van die eiendom in die naam van koper. Die koper sal 'n bevredigende bank-of bougenootskapwaarborg op of voor 19 Oktober 1963 vir die koopprys verskaf aan Volkskas Beperk, Vredefort.'

Die respondent se verweer hierbo genoem blyk uit...

To continue reading

Request your trial
10 practice notes
  • Ex parte Van der Spuy, NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...nie maar plaas dit op 'n breë basis, Senekal v Home Sites (Pty.) Ltd. and Another, 1950 (1) SA 139 op bl. 153; van Aswegen v Fourie, 1964 (3) SA 94; Rahim v Minister of Justice, 1966 (3) SA p171 1964 (4) SA 630. Dit is goed denkbaar dat die beginsel toegepas kan word op eensydige ooreenkoms......
  • Oceanair (Natal) (Pty) Ltd v Sher
    • South Africa
    • Invalid date
    ...from the 1980 (1) SA p325 Howard J written contract of sale (of land) which the plaintiff sought to enforce; Van Aswegen v Fourie 1964 (3) SA 94 (O) where the respondent (defendant) was held to be entitled to raise the exceptio doli as the basis for a defence of rectification in answer to a......
  • Ex parte Van der Spuy, NO
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 20 Abril 1966
    ...plaas dit op 'n breë basis. Sien Senekal v Home Sites (Pty.) Ltd. and Another, 1950 (1) SA 139 (W) op bl. 153; van Aswegen v Fourie, 1964 (3) SA 94 (O) op bl. 97 - 100; Rahim v Minister of Justice, 1964 (4) SA 630 (AA) op bl. Dit is goed denkbaar dat die beginsel toegepas kan word op eensyd......
  • Tesven CC and Another v South African Bank of Athens
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(SE) at 861H - 862B Steelmetals Ltd v Truck and Farm Equipment (Pty) Ltd and Another 1961 (2) SA 372 (T) at 376 Van Aswegen v Fourie 1964 (3) SA 94 (O) at 96H - 97B Weinerlein v Goch Buildings Ltd 1925 AD 282 at 291 - 3 I Buchanan (1959) 76 SALJ at 271 - 5 Christie Digest of the Law of Cont......
  • Request a trial to view additional results
10 cases

10 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT