Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis

JurisdictionSouth Africa
Citation1974 (3) SA 148 (A)

Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis
1974 (3) SA 148 (A)

1974 (3) SA p148


Citation

1974 (3) SA 148 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

van Blerk AR, Jansen AR, Trollip AR, Rabie AR en Muller AR

Heard

November 5, 1973; November 6, 1973

Judgment

March 22, 1974

Flynote : Sleutelwoorde

Maatskappye — Algemene vergaderings — Wie kan bywoon en stem — Voorkeuraandeelhouers — Stemreg van — Wet 46 van 1926, art. 62 quat (4) — "Agterstallig en onbetaald" in sub-art. (4) (a) (i) — Betekenis van — "Besluit wat regstreeks 'n reg verbonde aan dié aandele of die belange van die houers daarvan raak" in sub-art. (4) (a) (ii) — Wanneer sodanige regte en belange geraak word.

Headnote : Kopnota

Die appellant, 'n maatskappy wat sake doen as ontwikkelaars en bestuurders van vakansie-oorde, was die eienaar van 'n gedeelte van 'n plaas waarop hy 'n vakansie-oord gestig, ontwikkel en bestuur het. Die maatskappy se gemagtigde aandelekapitaal was R200 000, verdeel in 100000 gewone aandele van R1 elk en 100 000 okkupasieregvoorkeuraandele van R1 elk. Op 'n buitengewone algemene vergadering op 9 Desember 1971 is daar besluit (a) om die akte van oprigting te wysig deur die gewone aandelekapitaal tot R110 000 te verhoog deur die skepping van 10 000 nuwe gewone aandele van R1 elk, en (b) om die statute betreffende die aanstelling van die voorsitter, ondervoorsitter sitter en besturende direkteur te wysig. Hierdie spesiale besluit is op 16 Februarie 1972 geregistreer. Die erkende doel van die verhoging van die gewone aandelekapitaal was om te verseker dat die gewone aandeelhouers die beheer van die maatskappy sou behou en om te voorkom dat die beheer deur die voorkeuraandeelhouers oorgeneem word. Verdere gewone aandele is inderdaad daarna uitgereik. Op die jaarlikse algemene vergadering op 12 Desember 1972, waarvan die voorkeuraandeelhouers kennis gekry het en party van hulle bygewoon het, is beswaar geopper teen die regsgeldigheid van die spesiale besluit aangaande die verhoging van gewone aandelekapitaal. Kragtens die spesiale besluit is 'n voorsitter, ondervoorsitter en besturende direkteur aangestel, maar dit het geskied voor die spesiale besluit geregistreer was. As gevolg hiervan en die geopperde beswaar is dit besluit om die algemene vergadering te verdaag. Dit is vir 19 Maart 1973 herbelê. Op 23 Februarie 1973, het die maatskappy 'n verduidelikende omsendbrief aan die voorkeuraandeelhouers gestuur waarin gemeld is dat 'n regsmening ingewin is aangaande die geldigheid van die spesiale besluit. Volgens die regsmening was die wysiging van die akte van oprigting ongeldig omdat die uitwerking en rede vir die neem van die wysiging nie in die kennisgewing aan aandeelhouers genoem is nie. Die wysiging van die statute was, volgens die regsmening, geldig maar die daaruitvloeiende aanstellings was egter te vroeg gemaak. Die omsendbrief het verder verklaar dat in die toekoms die voorkeuraandeelhouers voorlopig nie meer kennis sal kry van algemene vergaderings nie maar dat gepubliseerde finansiële state nog jaarliks aan hulle gepos sou word. Verder is ook gemeld in die omsendbrief dat volgens die regsmening die voorkeuraandeelhouers op die oomblik nie stemreg het nie en dat hulle dus nie geregtig was om die algemene vergaderings by te woon nie. Kennisgewing van 'n buitengewone algemene vergadering en die derde jaarlikse algemene vergadering wat altwee vir 19 Maart 1973 belê is, is slegs aan die gewone aandeelhouers gestuur. Die doel van die spesiale algemene vergadering was om die skepping van die 10 000 gewone aandele reg te stel en te wettig en die doel van die jaarlikse algemene vergadering was om die jaarlikse balansstaat en rekeninge te ontvang en te oorweeg, die verkiesing van 'n direkteur in die plek van 'n aftredende direkteur, wie herkiesbaar was, die aanstel van 'n voorsitter, ondervoorsitter en besturende direkteur, en om 'n voorgestelde aansoek vir 'n boulening goed te keur. Die respondent, 'n voorkeuraandeelhouer, het deur sy prokureur 'n brief aan die maatskappy gestuur waarin hy geëis het (i) dat die vergadering van 19 Maart 1973 afgelas word, (ii) dat die vergadering behoorlik herbelê word met kennisgewing aan die voorkeuraandeelhouers en (iii) dat die stemreg van die voorkeuraandeelhouers erken word. Die maatskappy het nie aan hierdie eise voldoen nie. Die respondent het toe 'n dringende aansoek aan die Transvaalse Provinsiale Afdeling geloods en die volgende bevel is met koste toegestaan: (1) dat respondent as 'n voorkeuraandeelhouer geregtig is op kennisgewing van algemene vergaderings en om gemelde vergaderings by te woon; (2) dat respondent se voorkeurdiwidend agterstallig en onbetaald bly, soos bedoel in die maatskappy se statute; (3) dat respondent geregtig is om by algemene vergaderings te stem en dat geen opskorting van sy reg om te stem sal plaasvind terwyl sodanige voorkeurdiwidend agterstallig en onbetaald bly nie; en (4) dat respondent geregtig was om by algemene vergaderings te stem ten aansien van die voorgestelde lening, die verkiesing van direkteure en die oorweging en goedkeuring van die finansiële state, asook enige besluit wat respondent se belange as voorkeuraandeelhouer raak. Geen voorkeurdiwidend is ooit deur die maatskappy verklaar of betaal nie aangesien die maatskappy geen winste gemaak het nie. In hoër beroep deur die maatskappy teen paragrawe 2, 3, en 4 van die Hof se bevel,

Beslis, dat artikel 62 quat (4) (a) van die Maatskappywet, 46 van 1926, van toepassing was en vir sover dit die onderhawige saak betref was die juiste uitleg van die artikel dat die bevoegdheid van die houers van kumulatiewe voorkeuraandele om te stem ten volle uitgeoefen kon word gedurende die tydperk in die artikel gemeld as die voorkeurdiwidend daarop òf nie verklaar word nie òf verklaar word maar onbetaald bly.

Beslis, verder, aangesien geen diwidend op die voorkeuraandele verklaar of betaal is nie, dat respondent geregtig was om by algemene vergaderings van die maatskappy te stem en dat die appèl teen paragrawe 2 en 3 van die bevel afgewys moet word.

Beslis, verder, ten opsigte van paragraaf 4 van die bevel (TROLLIP, A.R., en MULLER, A.R., afwykend), dat die onderwerping van die betreklik skrale likwiede bates van die maatskappy aan die risiko van die voorgestelde lening kon nie anders as om in die omstandighede die belange van die voorkeuraandeelhouers deelhouers raak nie en dat die Hof a quo se beslissing op hierdie kwessie korrek was.

Beslis, verder, weens die teenstrydigheid van belange wat tussen die gewone en voorkeuraandeelhouers ontstaan het, dat 'n voorgestelde besluit tot aanstelling van 'n direkteur noodwendig die belange van die voorkeuraandeelhouers sou raak.

Beslis, verder, dat die voorkeuraandeelhouers 'n besondere belang by die inkleding van die finansiële state het en enige voorstel in verband daarmee sou die belange van finansiële voorkeuraandeelhouers regstreeks raak. Die appèl teen paragraaf 4 van die bevel derhalwe ook afgewys.

Die beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling in Utopia Vakansie-Oorde Bpk. v Du Plessis, bevestig.

Flynote : Sleutelwoorde

Companies — General meetings — Who can attend and vote — Preference shareholders — Voting rights of — Act 46 of 1926, sec. 62 quat (4) — "Arrear and unpaid" in sub — Sec. (4) (a) (i) — Meaning of — "Resolution which directly affects any of the rights attached to such shares or the interests of the holders thereof" in sub-sec. (4) (a) (ii) — When such rights or interests are affected.

Headnote : Kopnota

The appellant, a company carrying on business as developers and managers of holiday resorts, was the owner of a portion of a farm upon which it had established, developed and was managing a holiday resort. The authorised share capital of the company was R200 000, divided into 100000 ordinary shares of R1 each and 100 000 right of occupation preferent shares of R1 each. On 9 December 1971, at an extraordinary general meeting, it was resolved (a) to amend the memorandum of association by increasing the ordinary share capital to R110 000 by the creation of 10 000 new ordinary shares of R1 each, and (b) to amend the articles of association concerning

1974 (3) SA p149

the appointment of the chairman, vice-chairman and managing director. This special resolution was registered on 16 February 1972. The admitted purpose of increasing the ordinary share capital was to ensure that the ordinary shareholders would retain control of the company and to prevent the preferent shareholders assuming the control. Further ordinary shares were, in fact, issued thereafter. At the annual general meeting on 12 December 1972 of which the preferent shareholders had received notice and some had attended, objection was raised to the validity of the special resolution regarding the increase of the ordinary share capital. In terms of the special resolution, a chairman, vice-chairman and managing director had been appointed but these appointments had been made before registration of the special resolution. As a result of this and the objection raised, it was decided to adjourn the general meeting, which was reconvened for 19 March 1973. On 23 February 1973 the company sent an explanatory circular to all preferent shareholders in which it was mentioned that legal opinion had been taken concerning the validity of the special resolution. According to the opinion the amendment of the memorandum was invalid because the effect of and reason for the amendment had not been set out in the notice to shareholders. The amendment to the articles was, according to the opinion, valid but the appointments made in consequence thereof had been made too soon. The circular further stated that in future the preferent shareholders would not, provisionally, be given notice of general meetings but that the published financial statements would be posted to them annually. It was further stated in the circular that...

To continue reading

Request your trial
13 practice notes
  • Identifying the missing link in section 81(1)(d)(iii) of the Companies Act 71 of 2008: A case for innovative approach to handling solvent companies overwhelmed by deadlock
    • South Africa
    • Juta Journal of Comparative Law in Africa No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...Investments 92 (Pty) Ltd v Nkonjane Economic Prospecting Investment (Pty) Ltd 2014 (5) SA (SCA)Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A)Visser Sitrus (Pty) Ltd v Goede Hoop Sitrus Pty Ltd 2014 (5) SA 179 (WCC)Whistler Service Park Ltd v Glacier Creek Development Corp 2005 B......
  • Statutêre minderheidsbeskerming in Suid-Afrika. Hoofstuk 5
    • South Africa
    • Sabinet Transactions of the Centre for Business Law No. 2004-36, January 2004
    • 1 January 2004
    ...waarde van hul aandeelhouding negatief beïnvloedbetaalbaar en opeisbaar deur die aandeelhouers: Utopia Vakansie-OordeBpk v Du Plessis 1974 3 SA 148 (A) 175. Sien egter In re a Company(No 00370 of 1987), ex parte Glossop [1988] 1 WLR 1068 waar die hofweens die volgehoue versuim om dividende ......
  • Bibliografie
    • South Africa
    • Sabinet Transactions of the Centre for Business Law No. 2004-36, January 2004
    • 1 January 2004
    ...(Pty) Ltd 1990 2 SA 44 (OK)Turffontein Estates Ltd v Mining Commissioner, Johannesburg1917 AD 419Utopia Vakansie-oorde Bpk v Du Plessis 1974 3 SA 148 (A)Van Rooyen v Commercial Union Assurance Co of SA Ltd 1983 2SA 465 (O)Van Tonder v Pienaar and others 1982 2 SA 336 (OK)Van Zyl v Loucol (P......
  • Advancing the Statutory Remedy for Unfair Prejudice in South African Company Law: Perspectives from International Jurisprudence
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...that the relationshipbetween related entities should be a fair one particularly with the45See Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A); Re A Company (No00477 of 1986) [1986] BCLC 376 and Re Sam Weller and Sons Ltd [1990] Ch 682; Re Saul DHarrison & Sons plc [1995] 1 BCLC 1......
  • Request a trial to view additional results
8 cases
  • Tieber v Commissioner for Customs and Excise
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1990 (4) SA 190 (W); Mphosi v Central Board for Co-operative Insurance Ltd 1974 (4) SA 633 (A); Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A); S v Rosenthal 1980 (1) SA 65 (A) H ; The Oxford English Dictionary vol 1 at 981; General Agreement on Tariffs and Trade published in Go......
  • Transnet Ltd v Goodman Brothers (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Hospital [1990] 3 SCR 215 Transvaal Cold Storage Co Ltd v Government 1910 TDP 622 at 628 - 9 Utopia Vakansie-oorde v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A) at 163A - C J 2001 (1) SA p857 Van Huyssteen v Minister of Environmental Affairs and A Tourism 1996 (1) SA 283 (C) at 305 Van Niekerk v City Co......
  • Waters v Khayalami Metropolitan Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Transvaal, and Another 1996 (1) SA 725 (CC) (1995 (2) SACR 761; 1995 (12) BCLR 1593) Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A). Statutes Statutes The following statutes and regulations were considered by the Court: The Constitution of the Republic of South Africa Act 200 of......
  • Grancy Property Ltd v Manala and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...applied Sammel and Others v President Brand Gold Mining Co Ltd 1969 (3) SA 629 (A): referred to Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A): referred to Wightman t/a JW Construction v Headfour (Pty) Ltd and Another 2008 (3) SA 371 (SCA) ([2008] 2 All SA 512): dictum in para [......
  • Request a trial to view additional results
5 books & journal articles
  • Identifying the missing link in section 81(1)(d)(iii) of the Companies Act 71 of 2008: A case for innovative approach to handling solvent companies overwhelmed by deadlock
    • South Africa
    • Juta Journal of Comparative Law in Africa No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...Investments 92 (Pty) Ltd v Nkonjane Economic Prospecting Investment (Pty) Ltd 2014 (5) SA (SCA)Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A)Visser Sitrus (Pty) Ltd v Goede Hoop Sitrus Pty Ltd 2014 (5) SA 179 (WCC)Whistler Service Park Ltd v Glacier Creek Development Corp 2005 B......
  • Statutêre minderheidsbeskerming in Suid-Afrika. Hoofstuk 5
    • South Africa
    • Sabinet Transactions of the Centre for Business Law No. 2004-36, January 2004
    • 1 January 2004
    ...waarde van hul aandeelhouding negatief beïnvloedbetaalbaar en opeisbaar deur die aandeelhouers: Utopia Vakansie-OordeBpk v Du Plessis 1974 3 SA 148 (A) 175. Sien egter In re a Company(No 00370 of 1987), ex parte Glossop [1988] 1 WLR 1068 waar die hofweens die volgehoue versuim om dividende ......
  • Bibliografie
    • South Africa
    • Sabinet Transactions of the Centre for Business Law No. 2004-36, January 2004
    • 1 January 2004
    ...(Pty) Ltd 1990 2 SA 44 (OK)Turffontein Estates Ltd v Mining Commissioner, Johannesburg1917 AD 419Utopia Vakansie-oorde Bpk v Du Plessis 1974 3 SA 148 (A)Van Rooyen v Commercial Union Assurance Co of SA Ltd 1983 2SA 465 (O)Van Tonder v Pienaar and others 1982 2 SA 336 (OK)Van Zyl v Loucol (P......
  • Advancing the Statutory Remedy for Unfair Prejudice in South African Company Law: Perspectives from International Jurisprudence
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...that the relationshipbetween related entities should be a fair one particularly with the45See Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A); Re A Company (No00477 of 1986) [1986] BCLC 376 and Re Sam Weller and Sons Ltd [1990] Ch 682; Re Saul DHarrison & Sons plc [1995] 1 BCLC 1......
  • Request a trial to view additional results
13 provisions
  • Statutêre minderheidsbeskerming in Suid-Afrika. Hoofstuk 5
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2004-36, January 2004
    • 1 January 2004
    ...waarde van hul aandeelhouding negatief beïnvloedbetaalbaar en opeisbaar deur die aandeelhouers: Utopia Vakansie-OordeBpk v Du Plessis 1974 3 SA 148 (A) 175. Sien egter In re a Company(No 00370 of 1987), ex parte Glossop [1988] 1 WLR 1068 waar die hofweens die volgehoue versuim om dividende ......
  • Identifying the missing link in section 81(1)(d)(iii) of the Companies Act 71 of 2008: A case for innovative approach to handling solvent companies overwhelmed by deadlock
    • South Africa
    • Journal of Comparative Law in Africa No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...Investments 92 (Pty) Ltd v Nkonjane Economic Prospecting Investment (Pty) Ltd 2014 (5) SA (SCA)Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A)Visser Sitrus (Pty) Ltd v Goede Hoop Sitrus Pty Ltd 2014 (5) SA 179 (WCC)Whistler Service Park Ltd v Glacier Creek Development Corp 2005 B......
  • Bibliografie
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2004-36, January 2004
    • 1 January 2004
    ...(Pty) Ltd 1990 2 SA 44 (OK)Turffontein Estates Ltd v Mining Commissioner, Johannesburg1917 AD 419Utopia Vakansie-oorde Bpk v Du Plessis 1974 3 SA 148 (A)Van Rooyen v Commercial Union Assurance Co of SA Ltd 1983 2SA 465 (O)Van Tonder v Pienaar and others 1982 2 SA 336 (OK)Van Zyl v Loucol (P......
  • Advancing the Statutory Remedy for Unfair Prejudice in South African Company Law: Perspectives from International Jurisprudence
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...that the relationshipbetween related entities should be a fair one particularly with the45See Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A); Re A Company (No00477 of 1986) [1986] BCLC 376 and Re Sam Weller and Sons Ltd [1990] Ch 682; Re Saul DHarrison & Sons plc [1995] 1 BCLC 1......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT