Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis

JurisdictionSouth Africa
Judgevan Blerk AR, Jansen AR, Trollip AR, Rabie AR en Muller AR
Judgment Date22 March 1974
Citation1974 (3) SA 148 (A)
CourtAppellate Division

Jansen, A.R.:

Die feite van hierdie geval, die geskilpunte, en die tersaaklike bepalings van die Maatskappywet, 46 van 1926, soos gewysig,

Jansen AR

blyk uit die uitspraak van my Kollega TROLLIP. Om die redes deur hom genoem, stem ek saam dat para. 1 van die bevel van die Hof a quo moet bly soos dit is en dat die appèl teen paras. 2 en 3 afgewys moet word. Ek kan my egter, met eerbied, nie met die handhawing van die appèl teen para. 4 van daardie bevel vereenselwig nie.

A Die begunstigende bepalings van art. 62 quat (4) (a) (ii) van die Maatskappywet beveilig die volle uitoefening van stemreg deur voorkeuraandeelhouers

"ten opsigte van 'n voorgestelde besluit wat regstreeks 'n reg verbonde aan dié aandele of die belange van die houers daarvan raak, insluitende 'n besluit dat die maatskappy gelikwideer word".

B Die begrip "'n reg verbonde aan dié aandele" kan in die algemeen geen moeilikheid oplewer nie - normaalweg sal sodanige regte omskryf word in die akte van oprigting en die statute van die betrokke maatskappy. Die begrip "die belange van die houers" is egter minder vanselfsprekend. "Belange" is klaarblyklik 'n wyer begrip as "regte", en die gebruik van dié C woord deur die Wetgewer toon duidelik 'n bedoeling om die voorkeuraandeelhouer se stemreg oor 'n wyer gebied te handhaaf. Dit is onnodig, en sou moeilik wees, om hierdie gebied noukeurig in die algemeen te omlyn. Dit is egter minstens duidelik dat die belange verband met die "regte" moet hou, en dat daaronder sal val belange in die volle genot van die regte D en hul beveiliging. Die woord "raak" is ook minder duidelik. Dit dra dikwels die betekenis "tref" (deur 'n hou of skoot) maar dit word ook algemeen in die sin van "betref, aangaan, betrekking hê op... aanraak" (HAT ) gebruik. Die Engelse woord "affect" dra moontlik gewoonlik 'n enger betekenis, maar dit is opvallend dat The Concise Oxford Dictionary, benewens betekenisse soos "attach" en "produce (material) effect on", E ook "touch (in mind)" opgee. Dit wil dus voorkom dat daar tog geen wesenlike verskil tussen die Afrikaanse (die ondertekende) en Engelse redaksie van die artikel is nie. Beide "raak" en "affect" kan 'n wye betekenis dra. Gesien dat hier 'n begunstigende bepaling op die spel is, dat die bedoeling is om F in die voorgeskrewe omstandighede die voorkeuraandeelhouers geleentheid te gee om die reg om te stem "ten volle" uit te oefen, wil dit my voorkom dat "raak" hier in daardie wye betekenis gebruik word. Om as voorvereiste vir die bestaan van die stemreg bewys van werklike of waarskynlike (aangenome dat daar wel 'n verskil bestaan tussen dié twee woorde, gesien die aard van die bewys in siviele sake) benadeling as gevolg van G die voorgestelde besluit te verg, en nie slegs potensiële benadeling nie, sou hierdie bedoeling verydel. Behalwe in die mees opvallende gevalle van benadeling sou 'n onsimpatieke voorsitter, bv., telkens die voorkeuraandeelhouers se stemreg t.o.v. hul belange kon ontsê deur bewys te verg dat die betrokke voorgestelde besluit inderdaad regstreeks nadelig op H hulle belange sal inwerk - bewys wat die voorkeuraandeelhouers nie altyd sou kon verskaf nie, gesien die onsekerhede verbonde aan handelstransaksies en die waarskynlike ontoeganklikheid van voldoende gegewens, wat grotendeels tot die uitsluitlike kennis van die direkteure mag bestaan.

Die toevoeging in die artikel van

"insluitende 'n besluit dat die maatskappy gelikwideer word"

doen nie aan hierdie breë vertolking af nie. Dit is toegevoeg òf ex

Jansen AR

abundanti cautela òf omdat die regte en belange deur die Wetgewer beskou is as slegs dié wat aan die voorkeuraandeelhouers eie is, en nie dié wat ook met gewone aandeelhouers gedeel word nie (soos deur my kollega TROLLIP aan die hand gedoen). In die onderhawige geval is dit egter nie A nodig om die ware rede vir die toevoeging te bepaal nie, en ek sou verkies om geen vaste mening daaroor uit te spreek nie. (Vgl. die benadering van Gower t.o.v. 'n analoge vraagstuk: Modern Company Law, 3de uitg., bl. 507 - 8).

Daar moet ook nog verwys word na die woord "regstreeks". Dit word klaarblyklik in sy gewone betekenis gebruik:

B "direk, reguit, sonder omweë, sonder die tussenkoms van iemand, sonder bemiddeling"

(HAT).

Die belange van die voorkeuraandeelhouers in die welsyn van die appellant (hierna "die maatskappy" genoem, teenoor "die Groep", wat die appellant met sy volfiliale sal aandui), gestig op 4 C Februaire 1969, is klaarblyklik. Teenoor die hoogstens R32 200 deur die ongeveer sewe gewone aandeelhouers tot die maatskappy se fondse bygedra, het die ongeveer 450 voorkeuraandeelhouers reeds R582 792,87 (aandele: R67 100; aandelepremie: R306 634,61; bydrae ten opsigte van boukoste van vakansiehuise: R209 D 058,26) gestort en is sommige van hulle bowendien nog aanspreeklik vir onopbetaalde premie ten bedrae van R211 435,39. Die uitgereikte voorkeuraandele (67 100 @ R1) het betrekking op al 671 vakansiehuise (100 aandele per standplaas) wat by die oord beoog word. (Dit is volgens die applikant se repliserende verklaring, en dié bewering word nie in 'n latere beëdigde verklaring namens die maatskappy ontken nie. In 'n E aanhangsel tot 'n beëdigde verklaring van W. P. Lubbe, die maatskappy se ouditeur, ingedien deur die maatskappy as deel van die antwoordende verklarings, kom daar egter die volgende voor:

"Graag wil ons ook meld dat die groep van maatskappye op 30 Junie 1972 nog ± 104 standplase gehad het waarvan okkupasieregvoorkeuraandele en premie van ± R109 260 by F verkoop ontvangbaar is en waarvan R15 600 uitbetaal sal moet word aan buitestaanders t.o.v. kommissie."

Dit blyk nie waar hierdie standplase geleë is nie). Dit is nie duidelik hoeveel voorkeuraandeelhouers op 30 Junie 1972 reeds huise laat bou het nie, maar in April 1973 was daar slegs 90. Vermoedelik is sommige in die voorafgaande nege maande gebou. Hoe dit ook al sy, die oorgrote meerderheid van die G voorkeuraandeelhouers sou, ten einde hul okkupasieregte ten volle te geniet, nog moes bou (wat hulle denkbaar in die omgewing van 'n verdere R2 324 000 sou kos: 581 huise teen, sê, R4 000 elk).

Die likwiditeit van die maatskappy, d.w.s. of daar bates is wat onmiddellik en geredelik beskikbaar is ter betaling van H skuldeisers, het regstreeks betrekking op die veiligheid van die voorkeuraandeelhouers se beleggings en die vraag of hulle kan waag om te bou. Volgens die state (waarvan die jongste tot ons beskikking dié is van die jaar geeindig 30 Junie 1972) is daar netto bedryfslaste (current liabilities) ten bedrae van R57 636,95 (wat 'n oortrokke bankrekening van R37 149,83 insluit). Bowendien word die volgende in die aantekeninge vermeld:

"11. Daar bestaan 'n kapitaalverpligting ten opsigte van boukontrakte wat die maatskappy met een van sy filiaalmaatskappye aangegaan het ten bedrae van R37 950.

Jansen AR

12. Daar bestaan 'n aanspreeklikheid ten opsigte van waarborge van oortrokke bankfasiliteite van die filiaalmaatskappye ten bedrae van R20000."

Teenoor hierdie skulde is die "tasbare" bates van die maatskappy die volgende: (a) die grond waarop die vakansie-oord uitgelê word (ongeveer 115 hektare) met die verbeterings daarop; (b) vakansie-uitrusting, meubels, kantoormasjiene, A linneware, bababeddens en sportuitrusting aangekoop teen R35 167,61, met 'n boekwaarde van R30 910; (c) beleggings in volfiliaalmaatskappye; (d) 'n belegging in 'n toekomstige volfiliaalmaatskappy.

Om die beweerde kerngesondheid van die maatskappy te toon, word o.a. op 'n waardasie van die grond en verbeterings staatgemaak. Die waardasie is gedateer 4 April 1973 en bedra B R732 033,70 - die grond R46 000,20 en die res die verbeterings. Die waarde van die grond word opgegee as die markwaarde sonder verbeterings, en die verbeterings word op vervangingswaarde getakseer

("reproduction cost, new, less accrued depreciation... which is very little as the buildings are more or less newly built").

C Om die grond te verkry is oorspronklik R30 000 (uit die gewone aandelekapitaal) betaal en 'n styging in waarde is nie ondenkbaar nie. Die waardering van die verbeterings skyn egter hoog te wees. Die taksateur gee die vervangingswaarde van die 90 vakansiehuise op as R434 800 terwyl namens die maatskappy beweer word dat die kosprys "vir die respondent" inderdaad D slegs R312 882,35 was. Bowendien is dit te betwyfel of vervangingswaarde 'n korrekte basis is vir bepaling van die markwaarde van die grond en verbeterings as 'n geheel.

Dit is egter onnodig om verder op die kwessie van die huidige waarde van die oord en die toerusting (die artikels genoem onder (b) hierbo) in te gaan, aangesien die E voorkeuraandeelhouers se belange en regte veel verder strek as hoeveel hulle by likwidasie sou ontvang: daarin word ook behels die reg en genot van okkupasie vir 99 jaar (met 'n opsie om te verleng). Lg. sou heeltemal verydel word deur die oord en toerusting in geld om te sit. (Soos ook af te lei is uit die akte van oprigting, art. 65 (xxxii):

"Nieteenstaande enige bepaling in hierdie dokument vervat, mag F die okkupasieregvoorkeuraandeelhouer se bates in hierdie maatskappy op generlei wyse beswaar word nie, behalwe as 25 persent van alle okkupasieregvoorkeuraandeelhouers in hierdie maatskappy op 'n bepaalde datum hul skriftelike toestemming daartoe gee."

Dit volg dat die maatskappy se grootste bate, die grond met alles daarop, hoegenaamd nie by die onderhawige ondersoek in ag geneem moet word as beskikbaar vir betaling van skulde nie. G Dieselfde geld vir die toerusting onder (b) hierbo genoem.

Alvorens bates (c) en (d) behandel word, moet daarop gewys word dat daar skynbaar geen vooruitsig is, en die maatskappy maak ook nie daarop aanspraak nie, dat bedryfslaste uit gewone inkomste betaal kan word nie. Die inkomste, oorwegend H akkommodasiegelde en toegangsgelde ontvang, is ontoereikend. In die boekjaar...

To continue reading

Request your trial
13 practice notes
  • Statutêre minderheidsbeskerming in Suid-Afrika. Hoofstuk 5
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2004-36, January 2004
    • January 1, 2004
    ...waarde van hul aandeelhouding negatief beïnvloedbetaalbaar en opeisbaar deur die aandeelhouers: Utopia Vakansie-OordeBpk v Du Plessis 1974 3 SA 148 (A) 175. Sien egter In re a Company(No 00370 of 1987), ex parte Glossop [1988] 1 WLR 1068 waar die hofweens die volgehoue versuim om dividende ......
  • Identifying the missing link in section 81(1)(d)(iii) of the Companies Act 71 of 2008: A case for innovative approach to handling solvent companies overwhelmed by deadlock
    • South Africa
    • Journal of Comparative Law in Africa No. , August 2019
    • August 16, 2019
    ...Investments 92 (Pty) Ltd v Nkonjane Economic Prospecting Investment (Pty) Ltd 2014 (5) SA (SCA)Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A)Visser Sitrus (Pty) Ltd v Goede Hoop Sitrus Pty Ltd 2014 (5) SA 179 (WCC)Whistler Service Park Ltd v Glacier Creek Development Corp 2005 B......
  • Bibliografie
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2004-36, January 2004
    • January 1, 2004
    ...(Pty) Ltd 1990 2 SA 44 (OK)Turffontein Estates Ltd v Mining Commissioner, Johannesburg1917 AD 419Utopia Vakansie-oorde Bpk v Du Plessis 1974 3 SA 148 (A)Van Rooyen v Commercial Union Assurance Co of SA Ltd 1983 2SA 465 (O)Van Tonder v Pienaar and others 1982 2 SA 336 (OK)Van Zyl v Loucol (P......
  • Advancing the Statutory Remedy for Unfair Prejudice in South African Company Law: Perspectives from International Jurisprudence
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • May 25, 2019
    ...that the relationshipbetween related entities should be a fair one particularly with the45See Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A); Re A Company (No00477 of 1986) [1986] BCLC 376 and Re Sam Weller and Sons Ltd [1990] Ch 682; Re Saul DHarrison & Sons plc [1995] 1 BCLC 1......
  • Request a trial to view additional results
8 cases
  • Tieber v Commissioner for Customs and Excise
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1990 (4) SA 190 (W); Mphosi v Central Board for Co-operative Insurance Ltd 1974 (4) SA 633 (A); Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A); S v Rosenthal 1980 (1) SA 65 (A) H ; The Oxford English Dictionary vol 1 at 981; General Agreement on Tariffs and Trade published in Go......
  • Transnet Ltd v Goodman Brothers (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Hospital [1990] 3 SCR 215 Transvaal Cold Storage Co Ltd v Government 1910 TDP 622 at 628 - 9 Utopia Vakansie-oorde v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A) at 163A - C J 2001 (1) SA p857 Van Huyssteen v Minister of Environmental Affairs and A Tourism 1996 (1) SA 283 (C) at 305 Van Niekerk v City Co......
  • Waters v Khayalami Metropolitan Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Transvaal, and Another 1996 (1) SA 725 (CC) (1995 (2) SACR 761; 1995 (12) BCLR 1593) Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A). Statutes Statutes The following statutes and regulations were considered by the Court: The Constitution of the Republic of South Africa Act 200 of......
  • Grancy Property Ltd v Manala and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...applied Sammel and Others v President Brand Gold Mining Co Ltd 1969 (3) SA 629 (A): referred to Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A): referred to Wightman t/a JW Construction v Headfour (Pty) Ltd and Another 2008 (3) SA 371 (SCA) ([2008] 2 All SA 512): dictum in para [......
  • Request a trial to view additional results
5 books & journal articles
  • Statutêre minderheidsbeskerming in Suid-Afrika. Hoofstuk 5
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2004-36, January 2004
    • January 1, 2004
    ...waarde van hul aandeelhouding negatief beïnvloedbetaalbaar en opeisbaar deur die aandeelhouers: Utopia Vakansie-OordeBpk v Du Plessis 1974 3 SA 148 (A) 175. Sien egter In re a Company(No 00370 of 1987), ex parte Glossop [1988] 1 WLR 1068 waar die hofweens die volgehoue versuim om dividende ......
  • Identifying the missing link in section 81(1)(d)(iii) of the Companies Act 71 of 2008: A case for innovative approach to handling solvent companies overwhelmed by deadlock
    • South Africa
    • Journal of Comparative Law in Africa No. , August 2019
    • August 16, 2019
    ...Investments 92 (Pty) Ltd v Nkonjane Economic Prospecting Investment (Pty) Ltd 2014 (5) SA (SCA)Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A)Visser Sitrus (Pty) Ltd v Goede Hoop Sitrus Pty Ltd 2014 (5) SA 179 (WCC)Whistler Service Park Ltd v Glacier Creek Development Corp 2005 B......
  • Bibliografie
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2004-36, January 2004
    • January 1, 2004
    ...(Pty) Ltd 1990 2 SA 44 (OK)Turffontein Estates Ltd v Mining Commissioner, Johannesburg1917 AD 419Utopia Vakansie-oorde Bpk v Du Plessis 1974 3 SA 148 (A)Van Rooyen v Commercial Union Assurance Co of SA Ltd 1983 2SA 465 (O)Van Tonder v Pienaar and others 1982 2 SA 336 (OK)Van Zyl v Loucol (P......
  • Advancing the Statutory Remedy for Unfair Prejudice in South African Company Law: Perspectives from International Jurisprudence
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • May 25, 2019
    ...that the relationshipbetween related entities should be a fair one particularly with the45See Utopia Vakansie-Oorde Bpk v Du Plessis 1974 (3) SA 148 (A); Re A Company (No00477 of 1986) [1986] BCLC 376 and Re Sam Weller and Sons Ltd [1990] Ch 682; Re Saul DHarrison & Sons plc [1995] 1 BCLC 1......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT