Statutêre minderheidsbeskerming in Suid-Afrika. Hoofstuk 5

DOI10.10520/EJC74019
Date01 January 2004
AuthorEstelle Hurter
Published date01 January 2004
Pages234-364
HOOFSTUK 5
STATUTÊRE MINDERHEIDSBESKERMING IN SUID-AFRIKA
5.1 Inleiding
In Suid-Afrika wend min minderheidsaandeelhouers hulself tot die
howe.1Oor die rede hiervoor kan daar alleen gespekuleer word.2
In die algemeen kan gesê word dat ’n maatskappy funksioneer weens
die beginsel van meerderheidsbewind: die houers van die meerder-
heid van die aandele waaraan stemreg gekoppel is, oefen beheer
uit in die maatskappy. Hierdie aandeelhouers is in staat om in die
algemene vergadering hul stemme uit te bring en so maatskappy-
beleid te beïnvloed; hierbenewens is hulle ook in staat om al (of die
meerderheid van) die direkteure aan te stel.3In kleiner private maat-
skappye stel die meerderheid normaalweg hulself en/of hul familie-
lede aan as direkteure.
Omdat die minderheid onderworpe is aan die regmatige uitoefening
van die meerderheidswil,4kan dit gebeur dat die belange van die
meerderheid bots met dié van die minderheid. Die taak van die
maatskappyereg is om ’n afweging van hierdie belange, (en dié van
die direksie), te bewerkstellig.5Die gemene reg het gefaal6in die
daarstel van ’n effektiewe remedie ter beskerming van minderhede,
hoofsaaklik deurdat die gemeenregtelike remedie nie alleen die
1 Sover vasgestel kan word is slegs sowat 9 sake gerapporteer (bene-
wens die een saak wat ook as uitspraak van die Appèlafdeling gerap-
porteer is), sedert die inwerkingtreding van die Maatskappywet 61 van
1973 (hierna die Wet).
2 Golberg “Presentation of the fragile rights for protection of minorities
in company law” in The future development of South African corporate
law (reds Henning Delport en Katz) (1994) 1 CLDS 81 85 voer aan
(spesifiek met verwysing na a 252 van die Wet) dat die koste van die
aansoek en die swaar bewyslas wat die aandeelhouer moet dra, hier-
voor te blameer is. Daar word aan die hand gedoen dat hoewel toe-
gegee word dat hoë koste waarskynlik een van die redes is, die pro-
bleme ten aansien van koste wyer strek as bloot die koste verbonde
aan ’n bepaalde aansoek (sien bv 5.4.3 hierna). Soos hierna in 5.5 sal
blyk, dra probleme ten aansien van die formulering van die bestaande
wetgewing waarskynlik ook hiertoe by.
3Aspek Pipe Co (Pty) Ltd v Mauerberger 1968 1 SA 517 (K) 528.
4 Sien bv Sammel v President Brand Gold Mining Co Ltd 1969 3 SA 629
(A) 678.
5 Daar is natuurlik ook ander belangegroepe by 'n maatskappy betrokke,
bv skuldeisers, werknemers, ens. Hierdie groepe is egter nie vir hier-
die ondersoek van groot belang nie: sien egter ook hfst 2 2.3 hierbo.
6Gibson 427.
234
ruimte geskep het vir misbruikmaking deur die direksie en die meer-
derheidsaandeelhouers nie, maar ook weens prosessuele tekort-
kominge.7
Statutêre minderheidsbeskerming in Suid-Afrika sal vervolgens
ondersoek word. Daar sal, soos aangedui in hoofstuk een, baie
kortliks by gemeenregtelike minderheidsbeskerming stilgestaan
word voordat daar na bepaalde statutêre beskermingsmeganismes
gekyk word. Meer as ’n kort samevatting is hier nie sinvol nie: die
gemeenregtelike posisie is reeds hierbo8bespreek. Verder ontbreek
dit ook nie aan gesaghebbende werke en kommentare oor die on-
derwerp nie,9en daar kan kwalik nuwe perspektiewe aan toegevoeg
word. Die doel van hierdie kort uiteensetting is om die agtergrond
te skets waarteen statutêre beskermingsmeganismes ontwikkel is,
asook om as maatstaf te dien by die evaluering van statutêre reme-
dies om te bepaal in welke mate die tekortkominge van die gemene
reg ondervang is. Hieruit kan moontlik verdere redes blyk ter ver-
klaring van die feit dat min minderheidsaandeelhouers hulle tot die
howe wend.
5.2 Gemeenregtelike beskerming van minderhede
Vroeër is reeds op die histories noue verbintenis tussen die maat-
skappyeregstelsels van Brittanje en Suid-Afrika gewys.10 Verskeie
reëls van die Britse maatskappyregtelike gemene reg is in die Suid-
Afrikaanse maatskappyereg met min of geen verandering oorge-
neem.11 Vir doeleindes van hierdie ondersoek is die vernaamste hier-
van die reël in Foss v Harbottle.12 In wese kom hierdie reël neer
op die erkenning van die beginsel van meerderheidsbewind en die
erkenning van die regspersoonlikheid van ’n maatskappy.
Hierdie reël is onveranderd in die Suid-Afrikaanse reg oorgeneem.
Die basiese beginsels hiervan is reeds behandel gedurende die
ondersoek na die Britse maatskappyereg.13 Daar is ook op gewys
dat ’n konsekwente toepassing van die reël onbillikheid vir die min-
7 Hier word veral gedink aan locus standi.Vir ’n bespreking van die te-
kortkominge in die gemeenregtelike remedie, sien hfst 3 Deel I 1.3.3
hierbo.
8Sien hfst 3 Deel I 1.3.2 en 1.3.3 hierbo.
9 Sien bv Pennington 648ev;Gower 593ev en 643ev; Wedderburn (1957)
194 en Wedderburn (1958) 93; McPherson “Limits of fraud on the
minority” (1960) SALJ 297; Sealy Company law in change (red Pettet)
(1987) 1; Sterling “The theory and policy of shareholder actions in tort”
(1987) MLR 468.
10 Sien hfst 3 Deel I 3.1 hierbo.
11 Cilliers en Benade Korporatiewe reg 14-15.
13 Sien hfst 3 Deel I hierbo.
235
derheid tot gevolg het, en dat daar gevolglik ’n aantal uitsonderings
ontwikkel is deur die howe om hierdie onbillike gevolge te versag.
Minderheidsbeskerming in die gemene reg is dus geleë in die uit-
sonderings op die reël in Foss v Harbottle. Die rede hiervoor is dat
hierdie reël nie ter beskerming dien van minderhede nie, maar veel
eerder meerderheidsmag bevestig.14
Wanneer meerderheidsoptrede egter die grense van regmatigheid
oorskry, het ’n aandeelhouer die keuse, na gelang die geval, om
óf ’n persoonlike aksie teen die maatskappy in te stel, óf om ’n afge-
leide aksie in te stel. Die afgeleide aksie het betrekking op gevalle
waar ’n onreg teenoor die maatskappy gepleeg word en die maat-
skappy nie self kan of wil optree teen die onregplegers nie. Meerder-
heidsoptrede kan aanleiding gee tot die instel van ’n persoonlike
aksie waar
(a) inbreuk gemaak word op ’n lid se regte qua lid, welke regte
aan die akte of statute ontleen word
(b) optrede onwettig is of in stryd is met die gemene reg wat
betrekking het op die persoon se regte as lid en wat nie vat
baar is vir ratifikasie by wyse van ’n gewone meerderheid nie
(c) fraud on the minoritygepleeg word.15
Vervolgens gaan aandag gegee word aan die toepassing van die
reël in Foss v Harbottle deur die Suid-Afrikaanse howe ten einde
te bepaal of die toepassing daarvan verskil van dié van die Britse
howe16 of nie. Daar word aan die hand gedoen dat dit ’n aanduiding
kan gee van die mate waartoe die Suid-Afrikaanse howe bereid is
om af te sien van ’n beperkende uitleg van hierdie en ander ge-
meenregtelike beginsels.
Die howe het van meet af aan die beginsel van meerderheidsbewind
streng toegepas en geweier om in te meng in die interne aangeleent-
hede van maatskappye.In Cohen v Directors of Rand Collier ies Ltd 17
het die vraag ter sprake gekom of die optrede van direkteure deur
’n aandeelhouer aangeval kan word by wyse van ’n hofgeding.Die
14 Dit sal onthou word dat die reël in Foss v Harbottle uit twee dele be-
staan: in die eerste plek moet die maatskappy self optree wanneer ’n
onreg teen die maatskappy gepleeg word en in die tweede plek is die
minderheid gebonde aan die regmatige uitoefening van die meerder-
heidswil: hfst 3 Deel I 1.3.2 hierbo.
15 Vir ’n meer volledige bespreking, sien Cilliers en Benade Korporatiewe
reg 292 - 295; Gibson 426-427; Van Jaarsveld en Oosthuizen 401ev.
Sien ook hfst 3 Deel I 1.3 hierbo.
16 Aangesien die Britse stelsel die moederstelsel is, word alleen na hier-
die stelsel verwys.
17 1906 TS 197.
236

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT