Smit v Abrahams

JurisdictionSouth Africa
Citation1994 (4) SA 1 (A)

Smit v Abrahams
1994 (4) SA 1 (A)

1994 (4) SA p1


Citation

1994 (4) SA 1 (A)

Case No

109/92

Court

Appèlafdeling

Judge

Botha AR, E M Grosskopf AR, Kumleben AR, Van den Heever AR, Mahomed Wn AR

Heard

March 15, 1994

Judgment

May 16, 1994

Flynote : Sleutelwoorde B

Skadevergoeding — Verwyderdheid van — Onvermoëndheid van eiser — Eiser se voertuig in botsing onherstelbaar beskadig — Voertuig deur eiser gebruik in sy besigheid as smous — Ander voertuig deur eiser vir drie maande gehuur om sy besigheid voort te sit — Eiser kon aankoop van 'n ander C voertuig nie bekostig nie — Reël van Engelse reg dat uitgawes wat meegebring is deur eiser se onvermoëndheid nie verhaalbaar is nie het geen bestaansreg in Suid-Afrikaanse reg nie — Strakheid daarvan onbestaanbaar met soepele benadering van Suid-Afrikaanse reg waarvolgens aan die hand van beleidsoorwegings beoordeel word of genoegsame noue verband tussen D handeling en gevolg bestaan — Onvermoëndheid van eiser slegs 'n feit wat tesame met al die ander feite in oorweging geneem moet word — Redelike voorsienbaarheid van skade nie deurslaggewend nie maar kan as 'n ondergeskikte toets gebruik word by toepassing van soepele maatstaf — Gevaarlik om uit proses van vergelyking met ander gevalle vaste of E algemeen-geldende reëls of beginsels te probeer distilleer — Eiser se optrede in huidige saak om ander voertuig te huur, met inagneming van predikament waarin hy hom bevind het, nie onredelik nie — Nie onredelik of onregverdig teenoor verweerder om hom aanspreeklik te hou vir vergoeding van sodanige skade nie. F

Headnote : Kopnota

Daar kan geen twyfel wees nie dat die ratio van Owners of Dredger Liesbosch v Owners of Steamship Edison; The Edison [1933] AC 449 (HL) ([1933] All ER Rep 144), naamlik dat skade bestaande uit uitgawes wat meegebring is deur die eiser se onvermoëndheid in beginsel nie verhaalbaar is nie, geen bestaansreg in die Suid-Afrikaanse reg het nie. Die strakheid daarvan is onbestaanbaar met die soepele benadering wat in die G Suid-Afrikaanse reg gevolg word, soos dit verduidelik

1994 (4) SA p2

A is in S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A) op 39J-41B, in besonder die soepele maatstaf 'waarvolgens aan die hand van beleidsoorwegings beoordeel word of 'n genoegsame noue verband tussen handeling en gevolg bestaan' (op 40I-J). In 'n stelsel waar juridiese kousaliteit bepaal word deur die vraag te stel of daar 'n genoegsame noue verband tussen handeling en gevolg bestaan, en dié vraag beantwoord moet word aan die hand van B beleidsoorwegings en die grense van redelikheid, billikheid en regverdigheid, is daar geen ruimte vir die aanwending van die ratio van The Edison nie. Die onvermoëndheid van die eiser as 'n mede-oorsaak van die skade is maar net nog 'n feit wat tesame met al die ander feite van elke besondere saak in oorweging geneem moet word by die toepassing van die 'oorheersende elastiese maatstaf' (Mokgethi se saak op 40D) waarvolgens bepaal word of die betrokke skade die verweerder toegereken behoort te word. (Op 14E-F, 15E-G.)

Die vraag na die redelike voorsienbaarheid van die skade kan nie beskou C word as die enkele deurslaggewende maatstaf om aanspreeklikheid te bepaal nie. Redelike voorsienbaarheid kan wel as 'n ondergeskikte toets gebruik word by die toepassing van die soepele maatstaf, maar dit kan dit nie verdring nie. (Op 17E-F.)

Die belangrikheid en die krag van die oorheersende maatstaf om vrae van juridiese kousaliteit op te los, lê juis in die soepelheid daarvan. Enige poging om aan die buigsaamheid daarvan afbreuk te doen, moet weerstaan word. Vergelykings tussen die feite van die geval wat opgelos moet word en D die feite van ander gevalle waarin daar alreeds 'n oplossing gevind is, of wat hipoteties kan ontstaan, kan vanselfsprekend nuttig en waardevol, en soms miskien selfs deurslaggewend, wees, maar 'n mens moet oppas om nie uit die vergelykingsproses vaste of algemeen-geldende reëls of beginsels te probeer distilleer nie. Die argument dat die eiser se eis 'in beginsel' verwerp moet word, is misplaas. Daar is net een 'beginsel': om te bepaal of die eiser se skade te ver verwyderd is van die verweerder se handeling E om laasgenoemde dit toe te reken, moet oorwegings van beleid, redelikheid, billikheid en regverdigheid toegepas word op die besondere feite van die saak. (Op 18E-H.)

Die respondent (eiser) se voertuig ('n bakkie) is in 'n botsing met 'n voertuig deur die appellant (verweerder) bestuur, onherstelbaar beskadig. Die bakkie is deur die respondent gebruik in sy besigheid as 'n smous. Die respondent het daarna in 'n landdroshof skadevergoeding van die appellant gevorder. Die respondent het, eerstens, betaling van die markwaarde van F die bakkie geëis en, tweedens, vergoeding van die huurgeld (vir drie maande) wat die respondent betaal het vir die gebruik van 'n ander voertuig wat hy moes verkry ten einde sy besigheid te bedryf. Dit het uit die getuienis geblyk dat die respondent nie geldelik in staat was om 'n ander voertuig te koop nie, of om selfs die deposito daarvoor te betaal nie. Die eiser se eis het in die landdroshof geslaag, en 'n appèl na 'n Provinsiale Afdeling teen die toekenning van skadevergoeding op die tweede eis het misluk. In verdere hoër beroep,

Beslis, dat die respondent in 'n verleentheid geplaas is wat veroorsaak is deur die handeling van die appellant. (Op 17B.) G

Beslis, verder, dat die respondent se optrede in reaksie daarop in alle opsigte redelik was: om sy tekort aan geld en gevolglike onvermoë om 'n bakkie te koop, te beskou as 'n beletsel om sy uitgawe aan huur te verhaal, sou onbillik en onregverdig teenoor hom wees. (Op 17B.)

Beslis, verder, dat die tydperk van drie maande waartydens die respondent H met 'n gehuurde bakkie sy besigheid aan die gang gehou het nie onredelik lank teenoor die appellant was nie: dit was nie onbillik of onregverdig om die appellant verantwoordelik te hou vir die onkoste wat die respondent oor daardie tydperk aangegaan het om sy inkomste te behou nie. (Op 17C-D.)

Beslis, verder, dat hierdie skade van die respondent, as 'n kwessie van beleid, die appellant behoort toegereken te word. (Op 17D.)

Beslis, derhalwe, op die feite, dat die respondent, met inagneming van die I predikament waarin hy hom bevind het, nie onredelik opgetree het deur 'n bakkie te huur vir 'n tydperk van drie maande nie, en dat dit nie onbillik of onregverdig was teenoor die appellant om hom aanspreeklik te hou vir die vergoeding van die respondent se skade nie. (Op 20F.) Appèl afgewys.

Die beslissing in die Kaapse Provinsiale Afdeling in Smit v Abrahams 1992 (3) SA 158 bevestig, maar vir ander redes. J

1994 (4) SA p3

Flynote : Sleutelwoorde

Damages — Remoteness of — Impecuniosity of plaintiff — Plaintiff's vehicle A irreparably damaged in collision — Vehicle used by plaintiff in his business as hawker — Plaintiff hiring another vehicle for three months in order to continue his business — Plaintiff unable to afford purchase of another vehicle — Rule of English law that expenses resulting from plaintiff's impecuniosity are in principle not recoverable having no right of existence in South African law — Rigidity thereof inconsistent with flexible approach of South African law whereby Court considers on basis of policy considerations whether there is sufficiently close connection B between act and consequence — Impecuniosity of plaintiff merely a fact which has to be considered together with all other facts — Reasonable foreseeability of damages not decisive but can be used as subsidiary test in application of flexible criterion — Dangerous to attempt to distill fixed or generally applicable rules or principles from process of comparison with other cases — In present case, plaintiff's conduct in hiring another vehicle not, having regard to predicament in which he found himself, unreasonable — Not C unreasonable or unjust towards defendant to hold him liable for compensation for such loss.

Headnote : Kopnota

There can be no doubt that in South African law the ratio of Owners of Dredger Liesbosch v Owners of Steamship Edison; The Edison [1933] AC 449 (HL) ([1933] All ER Rep 144), ie that damages consisting of expenses incurred as a result of the plaintiff's impecuniosity, has no right of existence. The rigidity of the rule is inconsistent with the flexible approach followed in South African law, as explained in S v Mokgethi en D Andere 1990 (1) SA 32 (A) at 39J-41B, in particular the flexible criterion whereby the Court considers on the basis of policy considerations whether there is a sufficiently close connection between act and consequence (at 401I-J). There is no room for the employment of the ratio of The Edison in a system where legal causality is determined by asking the question whether there is a sufficiently close connection between act and consequence, and that question has to be answered on the basis of policy E considerations and the limits of reasonableness, fairness and justice. The impecuniosity of the plaintiff as a joint cause of the damage is merely one of the facts which, together with all the other facts of each particular case, has to be taken into consideration in the application of the predominating flexible criterion (the 'oorheersende elastiese maatstaf') (Mokgethi's case at 40D) in terms of which the Court determines whether the defendant should be held liable for the damages in question. (At 14E-F, 15E-G.) F

The question as to the reasonable foreseeability of the damages cannot be regarded as the single decisive criterion in determining liability. Reasonable foreseeability can indeed be used as a subsidiary test in the application of the flexible criterion, but it cannot displace it. (At 17E-F.)

The importance and efficacy of the predominating criterion in resolving questions of legal causality lies in its...

To continue reading

Request your trial
60 practice notes
  • Thoroughbred Breeders' Association v Price Waterhouse
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Prinsloo 1997 (2) SA 1 (A): referred to F Shatz Investments (Pty) Ltd v Kalovyrnas 1976 (2) SA 545 (A): considered Smit v Abrahams 1994 (4) SA 1 (A): referred Smith New Court Securities Ltd v Scrimgeour Vickers (Asset Management) Ltd [1996] 4 All ER 769 (HL): referred to Standard Chartere......
  • Ongevallekommissaris v Santam Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): na verwys/referred to Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A): na verwys/referred to J Smit v Abrahams 1994 (4) SA 1 (A): dictum op/at 15E-F toegepas/applied © Juta and Company (Pty) Ltd ONGEVALLEKOMMISSARIS v SANTAM BPK 1999 (1) SA 251 255 SCA Die Spoorbond a......
  • Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...office in London. Group advances in London apparently took the view that para 5 applied and that full recourse would *Now reported at 1994 (4) SA 1 (A)-Eds. J © Juta and Company (Pty) Ltd 766 STANDARD CHARTERED BANK OF CANADA v NEDPERM BANK LTD CORBETT CJ 1994 (4) SA 747 AD A have to be ret......
  • Van der Spuy v Minister of Correctional Services
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2002 ( 1) SA 771 (T): compared Siman & Co (Pty) Ltd v Barclays National Bank Ltd 1984 (2) SA 888 (A): referred to Smit v Abrahams 1994 ( 4) SA 1 (A): dictum at 17E-F applied Standard Chartered Bank of Canada v Nedpemz Bank Ltd 1994 ( 4) SA 7 4 7 (A): dictum at 765A-B applied Titus v Shield ......
  • Request a trial to view additional results
57 cases
  • Thoroughbred Breeders' Association v Price Waterhouse
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Prinsloo 1997 (2) SA 1 (A): referred to F Shatz Investments (Pty) Ltd v Kalovyrnas 1976 (2) SA 545 (A): considered Smit v Abrahams 1994 (4) SA 1 (A): referred Smith New Court Securities Ltd v Scrimgeour Vickers (Asset Management) Ltd [1996] 4 All ER 769 (HL): referred to Standard Chartere......
  • Ongevallekommissaris v Santam Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): na verwys/referred to Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A): na verwys/referred to J Smit v Abrahams 1994 (4) SA 1 (A): dictum op/at 15E-F toegepas/applied © Juta and Company (Pty) Ltd ONGEVALLEKOMMISSARIS v SANTAM BPK 1999 (1) SA 251 255 SCA Die Spoorbond a......
  • Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...office in London. Group advances in London apparently took the view that para 5 applied and that full recourse would *Now reported at 1994 (4) SA 1 (A)-Eds. J © Juta and Company (Pty) Ltd 766 STANDARD CHARTERED BANK OF CANADA v NEDPERM BANK LTD CORBETT CJ 1994 (4) SA 747 AD A have to be ret......
  • Van der Spuy v Minister of Correctional Services
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2002 ( 1) SA 771 (T): compared Siman & Co (Pty) Ltd v Barclays National Bank Ltd 1984 (2) SA 888 (A): referred to Smit v Abrahams 1994 ( 4) SA 1 (A): dictum at 17E-F applied Standard Chartered Bank of Canada v Nedpemz Bank Ltd 1994 ( 4) SA 7 4 7 (A): dictum at 765A-B applied Titus v Shield ......
  • Request a trial to view additional results
3 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT