Gedagtes oor die rol van onregmatigheid, nalatigheid en juridiese kousaliteit in die deliktereg

JurisdictionSouth Africa
Pages67-78
Published date29 May 2019
AuthorJohan Potgieter
Date29 May 2019
Gedagtes oor die rol van onregmatigheid, nalatigheid en
juridiese kousaliteit in die deliktereg
2000 Acta Juridica 67
Johan Potgieter *
Universiteit van Suid-Afrika
In Mukheiber v Raath 1 heropen die appèlhof, by monde van app èlregter Olivier, 2 weer
die ou debat oor aanspreekli kheidsbegrensing in die deliktereg. Terwyl daar veral sedert
appèlregter Van Heerden se uitspraak ongeveer tien jaar gelede in S v Mokgethi 3
betreklike eenstemmigheid ontwikkel het dat juridiese kousaliteit as aan spreeklik-
heidsbegrensingsmaatstaf behoort te dien, haal Mukheiber 4 met v erwysing na Boberg 5
weer die sogenaamde relatiewe of konkrete benadering (tot veral nalatigheid) as
alternatiewe beg rensingsmaatstaf na as juridi ese kousali teit op. Volgens die streng
toepassing van die relatiewe benadering word die vraag na die grens e van aanspreeklik-
heid reeds tydens die ondersoek na onregmatigheid en nalatigheid afgehandel en is 'n
afsonderlike ondersoek na juridiese kousaliteit derhalwe onnodig. Die debat word verder
gevoer in Sea Harvest Corporation (Pty) Ltd v Duncan Dock Cold Sto rage (Pty) Ltd. 6
In M okgethi het die appèlhof die sogenaamde soepel benaderi ng tot juridiese
kousaliteit gevestig. Volgens die soepel benadering i s die kernvraag of daar 'n
genoegsaam noue verband tussen die dader se handeling en die gevolg bestaan sodat
die gevolg die dader met inagneming van beleidsoorwegings op grond van redelikheid,
billikheid en regverdigheid toegereken kan word. Die tradisionele juridiese
kousaliteitstoetse soos 'di rect consequences', voorsienbaarheid en adekwate
veroorsaking kan 'n subsidiêre rol speel by die bepaling van juridiese kousaliteit aan die
hand van die soepel benadering. Hierdie benadering is sedertdien in talle gesaghebbende
appèlen hooggeregshofbeslissings
* BIuris LLB LLM (RAU) LLM (Harvard) LLD (Unisa); Professor en Hoof van die Departement Privaatreg,
Universiteit van Suid-Afrika.
2000 Acta Juridica 68
gevolg en uitgebou en, anders as wat in Mukheiber te kenne gegee word, 7 bestaan daar
min onduidelikheid oor die inhoud daarvan. 8
1 1999 (3) SA 1065 (A).
2 Met wie Smalberger AR, StreicherAR, Melunsky WAR en Madlanga WAR saamgestem het.
3 1990 1 SA 32 (A); sien in die algemeen ook J C van der Walt en J R Midgley Delict: Principles and Cases
(1997) 168 ev; J M Burchell Principles of Delict (1993) 119 ev; J Neethling, J M Potgieter en P J Visser Law of
Delict (1999) 181 ev.
4 1078B-E.
5 The Law of Delict; vol 1: Aquilian Liability (1984) 381.
6 [2000] 1 All SA 128 (HHA).
7 1077I.
8 Sien bv International Shipping Co Ltd v Bentley 1990 (1) SA 680 (A) op 700-2; Standard Chartered Bank of
Canada v Nedperm Bank Ltd 1994 4 SA 747 (A) op 763 ev; Smit v Abrahams 1994 (4) SA 1 (A) op 14; Napier
v Collett 1995 (3) SA 140 (A) op 143; Barnard v Santam Bpk 1999 (1) SA 202 (SCA) 215-17; Groenewald v
Groenewald 1998 (2) SA 1106 (A) op 1113; Clinton-Parker & Dawkins v Administrator Transvaal 1996 (2) SA
37 (W) op 55; Vigario v Afrox Ltd 1996 (3) SA 450 (W) op 464; Gibson v Berkowitz 1996 (4) SA 1029 (W) op
1039-40; Ncoyo v Commissioner of Police, Ciskei 1998 (1) SA 128 (CkSC) op 137-9; Bonitas Medical Aid Fund
v Volkskas Bank Ltd 1992 (2) SA 42 (W) op 49; Clarke v Hurst 1992 (4) SA 630 (D) op 659; Ebrahim v
Minister of Law and Order 1993 (2) SA 559 (T) op 564-6; Minister of Police v Skosana 1977 (1) SA 31 (A) op
34-5; Siman & Co (Pty) Ltd v Barclays National Bank Ltd 1984 (2) SA 888 (A) op 914; Standard Bank of South
Africa Ltd v Coetzee 1981 (1) SA 1131 (A) op 1134-40; Majiet v Santam Ltd [1997] 4 All SA 555 (K) op 561-2
en 568-9; Concord Insurance Co Ltd v Oelofsen 1992 (4) SA 669 (A); Meevis v Sheriff, Pretoria East 1999 (2)
SA 389 (T) op 397-8; Thandani v Minister of Law and Order 1991 (1) SA 702 (OK); Minister of Finance v EBN
Trading (Pty) Ltd 1998 (2) SA 319 (N) op 329; die minderheidsuitspraak in Sea Harvest Corporation (Pty) Ltd v
Duncan Dock Cold Storage [2000] 1 All SA 128 (A) op 142ev.
2000 Acta Juridica 67
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT