S v Mokgethi en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Heerden AR, Vivier AR, MT Steyn AR, Kumleben AR, Friedman Wn AR
Judgment Date18 September 1989
Citation1990 (1) SA 32 (A)
Hearing Date22 August 1989
CourtAppellate Division

Van Heerden AR:

Op 19 November 1986 het die vyf appellante in 'n gesteelde voertuig na die middedorp van Rustenburg gereis. Al vyf was G gewapen en hul oogmerk was om die tak van Eerste Nasionale Bank (destyds Barclays Bank) in Pleinstraat te beroof. Die vyfde appellant was die bestuurder van die voertuig (die Toyota) en het dit naby die bankgebou (die bank) geparkeer. Hy het in die Toyota sit en wag terwyl die ander vier appellante die bank binnegegaan het.

H Omstreeks 9 vm het een van die tellers, William Moloto (die oorledene), die hoofdeur van die bank oopgemaak. 'n Aantal persone het toe binnegekom. 'n Ander teller, ene Ndluvu, het in sy hokkie gestaan, gereed om klante van diens te wees. Die personeelgedeelte van die bank was deur 'n toonbank geskei van die area wat deur klante benut is. Toegang tot bedoelde gedeelte is verkry deur 'n deur in die toonbank. I Ndluvu kon die deur ontsluit deur 'n knop in sy hokkie te druk. Terwyl hy besig was om geld van die voorste klant in ontvangs te neem, het die oorledene by die deur in die toonbank opgedaag. Ndluvu het die deur ontsluit. Toe die oorledene egter daaraan vat om dit oop te trek, het 'n Swart man, wat tweede in die ry voor Ndluvu gestaan het, eersgenoemde weggestamp. Daarna het die man self tot in die deuropening beweeg. Dit J was een van

Van Heerden AR

A die eerste vier appellante (X) maar sy identiteit is nie verder bepaalbaar nie. X het vanuit die opening 'n skoot afgevuur wat die glasvenster van Ndluvu se hokkie getref het. Hy en nog een van die eerste vier appellante het later tot agter die toonbank beweeg alwaar hulle meer as R5 000 buitgemaak het en ook vir Ndluvu van 'n rewolwer beroof het.

B Ene Kgomo het net agter X in die ry voor Ndluvu se hokkie gestaan. Toe X die venster raakskiet, sien Kgomo die oorledene na die hoofdeur van die bank hardloop. X skiet weer en die oorledene val. 'n Ander klant, Harmy Mokwalasi, probeer agter Kgomo skuil. X rig sy vuurwapen op hulle en Kgomo val plat. Eersgenoemde vuur 'n derde skoot. Dit tref Mokwalasi.

C Nadat die geld en die rewolwer buitgemaak is, ontvlug die rowers in die Toyota. Nie lank daarna nie is die voertuig deur adjudant-offisier Prinsloo-Pollock voorgekeer. Die resultaat was dat een of meer van die appellante skote op Prinsloo-Pollock gevuur het. Hy is deur een van die skote in sy been getref en het teruggevuur, maar sy dienspistool het onklaar geraak. Een van die appellante stap toe na die gewonde D Prinsloo-Pollock en eis sy dienspistool. Hy gee gehoor waarna die persoon 'n pistool teen sy kop druk en twee keer die sneller trek. Gelukkig verseg die pistool om te vuur. Daarna verwyder van die appellante 'n R1-geweer en ammunisie uit sy voertuig.

E Beide die oorledene en Mokwalasi het gedurende 1987 beswyk. Dit, en die gebeure hierbo geskets, het meegebring dat die appellante in die Transvaalse Provinsiale Afdeling op 'n reeks aanklagte tereg gestaan het. Hulle is naamlik aangekla van moord op die oorledene en Mokwalasi (aanklagte 3 en 5); diefstal van die Toyota (aanklag 1); roof van die voornoemde bedrag en rewolwer in die bank (aanklag 2); poging tot moord F op Ndluvu (aanklag 4); poging tot moord op Prinsloo-Pollock (aanklag 6); diefstal van vuurwapens en ammunisie uit die besit van Prinsloo-Pollock (aanklag 7); wederregtlike besit van 'n aantal vuurwapens (aanklag 8), en wederregtelike besit van ammunisie (aanklag 9). Hulle is ook aangekla van 'n verdere beweerde misdaad wat egter nie direk met bogenoemde gebeure verband gehou het nie, nl ontsnapping uit bewaring (aanklag 10).

G Al die appellante is skuldig bevind op aanklagte 2, 3, 4 en 6. Op aanklag 7 is slegs die eerste appellant skuldig bevind en ook net aan diefstal van die pistool. Betreffende aanklagte 8 en 9, is elke appellant aanspreeklik bevind ten opsigte van die wederregtelike besit van een of meer vuurwapens en 'n hoeveelheid ammunisie. Slegs die vierde appellant is op aanklag 10 skuldig bevind.

H Op aanklag 5 is al die appellante skuldig bevind aan poging tot moord. Die Verhoorhof kon naamlik nie buite redelike twyfel konkludeer dat Mokwalasi se dood in 1987 te wyte was aan die skietwond wat hy in die bank opgedoen het nie.

I Wat aanklag 3 betref, het die skuldigbevinding aan moord daarop berus dat al vyf appellante die moontlikheid voorsien het dat iemand tydens die rooftog noodlottig verwond kon word en onverskillig teenoor die intrede van hierdie gevolg gestaan het, asook dat die oorledene se dood kousaal na sy skietwond teruggevoer kon word. By gebreke aan 'n bevinding dat versagtende omstandighede bestaan het, is al die J appellante gevolglik ter dood veroordeel.

Van Heerden AR

A Op die oorblywende aanklagte is elk van die appellante ten opsigte van elke klag waarop hy skuldig bevind is tot tronkstraf gevonnis. Sekere gedeeltes van die onderskeie vonnisse is samelopend gemaak. Dit is slegs nodig om te meld dat die appellante effektief en kumulatief soos volg gevonnis is: eerste appellant 54 jaar; tweede appellant 48½ jaar; derde appellant 48½ jaar; vierde appellant 56½ jaar, en vyfde appellant 55½ jaar.

B 'n Aansoek om verlof om teen hul vonnisse en sommige van hul skuldigbevindings te appelleer is deur die Verhoorregter afgewys. 'n Soortgelyke aansoek na hierdie Hof was egter gedeeltelik suksesvol. Die appellante het naamlik verlof verkry om te appelleer teen hul skuldigbevindings aan moord op die oorledene asook teen meeste van hul C vonnisse, insluitende die doodvonnisse. Aangaande die skuldigbevindings is verlof egter verleen slegs ten opsigte van die vraag 'of die verlangde oorsaaklikheidsverband tussen die skietwond deur die oorledene op 19 November 1986 opgedoen, en sy dood op 7 Junie 1987, bewys is.'

Dit is dus nodig om uit te wei oor die aard van die oorledene se skietwond en die oorsaak, of oorsake, van sy uiteindelike dood. Die D koeël het hom hoog tussen sy skouerblaaie getref en het senuweebeskadiging meegebring. Dit het tot gevolg gehad dat hy geen vorm van sensasie onder die vlak van sy tepellyn ondervind het nie. Bowendien kon hy geen spierbeheer onder die vlak van sy laaste rib uitoefen nie. By sy opname in die hospitaal kort na die rooftog het sy blaas en rektum E dus nie gefunksioneer nie. Kortom, hy was 'n parapleeg.

Niks kon gedoen word om die senubeskadiging te herstel nie, en behandeling in die hospitaal was dus hoofsaaklik gerig op verbetering van die oorledene se asemhaling. So bv is deur longterapie slym uit sy longe verwyder. Voorts is 'n inblywende kateter in sy blaas geplaas.

F Aanvanklik is die oorledene in 'n bed verpleeg tot sy longprobleme opgelos was en sy bloedvaatstelsel gestabiliseer het. Hy was onder behandeling van 'n ortopediese chirurg, dr Louw, wat by die verhoor getuig het. Volgens dr Louw het die oorledene se algemene toestand teen die einde van November 1986 sodanig verbeter dat op 1 Desember 'n G aanvang met 'n sogenaamde spinale rehabilitasieprogram gemaak kon word. Hy is van vooraf geleer om te urineer en 'n stoelgang te passeer, terwyl hy ook in rolstoelvaardigheid onderrig is. Aangesien voorkoming van druksere in die geval van 'n parapleeg baie belangrik is, is die oorledene veral geleer hoe om hom self te draai en van tyd tot tyd vanaf die sitvlak van 'n rolstoel op te lig ten einde die druk op drukpunte te H versprei. Dit was ook nodig om na die oorledene se psige om te sien omdat hy in 'n depressiewe toestand was - 'n toestand waarin feitlik alle paraplege aanvanklik verkeer. In die geval van die oorledene was die depressiewe fase egter besonder erg en langdurig en 'n ommekeer het eers begin Februarie 1987 plaasgevind. Daarna het die rehabilitasie sneller gevorder totdat die oorledene op 19 Februarie in 'n rolstoel uit I die hospitaal ontslaan is.

Na sy ontslag het die oorledene weer by Eerste Nasionale Bank begin werk - in welke hoedanigheid en tot presies wanneer, blyk nie. Op 20 Maart 1987 is hy as buite-pasiënt ondersoek. Hy het toe gepresenteer as 'n goed gerehabiliteerde parapleeg en het gerapporteer dat hy tuis en by sy werk goed aangepas het. Op 31 Maart, dws 11 dae later, is die J appellant

Van Heerden AR

A egter weer in die hospitaal opgeneem. Op daardie stadium het hy erge druksere en septisemie gehad. Dr Louw verduidelik dat indien 'n normale persoon te lank in een posisie sit, pyn of ongemak hom van posisie laat verander. 'n Parapleeg soos die oorledene ondervind egter geen waarskuwingstekens in die onderste gedeelte van sy liggaam nie en indien hy te lank in een posisie bly sit, word druksere veroorsaak. Die rede is B dat bloedvoorsiening na 'n drukpunt sodanig verminder dat dooie weefsel gevorm word. Dit kan dan lig gebeur dat infeksie intree en septisemie ontwikkel. Organismes kan naamlik by die drukseer of -sere die bloedstroom binnedring. Sodra die sirkulerende organismes begin afbreek, tree septisemie in. Die sirkulerende organismes en toksiene kan omtrent al die persoon se organe aantas en die septisemie kan so erg word dat C medies niks meer vir die persoon gedoen kan word nie.

Dr Louw getuig ook dat die appellant by heropname in die hospitaal baie depressief was. Hy is uitgevra na die oorsaak van die druksere maar 'kon ons nie presies antwoord nie'. Hy het wel gesê dat hy sy bes gedoen D het. Die oorledene en sy familie is voor sy ontslag behoorlik ingelig oor die gevare verbonde aan die ontwikkeling van druksere. So bv het die oorledene geweet dat druksere tot komplikasies kon lei en selfs 'n noodlottige gevolg kon hê. Die getuie was van mening dat die oorledene reeds voor sy heropname weer in 'n depressiewe toestand verval het en dat dit die rede was waarom hy nie behoorlike selfsorg toegepas het nie. E (Hy sê dat 'n drukseer binne enkele ure kan ontstaan as 'n persoon op 'n harde oppervlakte sit sonder om van posisie te verander.) Die oorsaak van die hernude depressie, aldus die getuie, was die omstandighede waaronder die...

To continue reading

Request your trial
124 practice notes
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1996 (3) BCLR 293): dictum in paras [16] - [18] applied S v Mgedezi and Others 1989 (1) SA 687 (A): applied I S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A): referred to S v Motaung and Others 1990 (4) SA 485 (A): referred to S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A): dictum at 593I applied S v Ngobozi 19......
  • Thoroughbred Breeders' Association v Price Waterhouse
    • South Africa
    • Invalid date
    ...E Rowe v Turner Hopkins & Partners [1980] 2 NZLR 550: referred to S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A): referred to S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A): referred Sayers v Harlow Urban District Council [1958] 2 All ER 342 (CA): considered Sentrachem Ltd v Prinsloo 1997 (2) SA 1 (A): refer......
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Rosendorff & Reitz Barry, Bloemfontein. Respondent's Attorneys: Deneys Reitz, Johannesburg; Webbers, Bloemfontein. [*] Reported at 1990 (1) SA 32 (A) ...
  • Ongevallekommissaris v Santam Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): na verwys/ referred to Roberts v London Assurance Co Ltd (3) 1948 (2) SA 841 (W): na verwys/ referred to S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A): na verwys/referred to Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A): na verwys/referred to J Smit v Abrahams 1994 (4) ......
  • Request a trial to view additional results
111 cases
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Rosendorff & Reitz Barry, Bloemfontein. Respondent's Attorneys: Deneys Reitz, Johannesburg; Webbers, Bloemfontein. [*] Reported at 1990 (1) SA 32 (A) ...
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1996 (3) BCLR 293): dictum in paras [16] - [18] applied S v Mgedezi and Others 1989 (1) SA 687 (A): applied I S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A): referred to S v Motaung and Others 1990 (4) SA 485 (A): referred to S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A): dictum at 593I applied S v Ngobozi 19......
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...371; 1996 (3) BCLR 293): dictum in paras [16] - [18] applied S v Mgedezi and Others 1989 (1) SA 687 (A): applied S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A): referred S v Motaung and Others 1990 (4) SA 485 (A): referred to F S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A): dictum at 593I applied S v Ngobozi ......
  • Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...too remote. The principles applied in such an inquiry have recently been expounded by this Court in the cases of S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A) at 39D-41B; International J Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley (supra at 700E-701G); and Smit v © Juta and Company (Pty) Ltd STANDARD CHART......
  • Request a trial to view additional results
13 books & journal articles
  • 2010 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...159, 170-171S v Mohlate 2000 (2) SACR 530 (SCA) ......................................................... 290S v Mokgethi 1990 (1) SA 32 (A) .................................................................. 410S v Mokoena 2009 (2) SACR 309 (SCA) ..................................................
  • 2006 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...91S v Moila 2005 (2) SACR 517 (T) ............................................................... 87 89; 134S v Mokgethi 1990 (1) SA 32 (A)................................................................. 195S v Mokoena 2005 (2) SACR 280 (O) .......................................................
  • 2007 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...391-392S v Mohome 1993 (1) SACR 504 (T) .................................................... 414S v Mokgethi en ’n Ander 1990 (1) SA 32 (A) ..................................... 257S v Molapo 2004 (2) SACR 417 (T) ...................................................... 379S v More 1993 (2) S......
  • The US Debate on the Indirect Purchaser's Claim to Damages in Competition Law Cases: Lessons for South Africa
    • South Africa
    • Southern African Public Law No. 36-2, December 2021
    • 1 Diciembre 2021
    ...Harrison and Rachel Cuff, ‘Private Damages Actions in Competition Law’ (September 2007) The In-House Lawyer 52 at 55. 4 See S v Mokgethi 1990 1 SA 32 (A). Moodaliyar 3 indirect and direct purchasers to claim damages, in turn, affects the amount payable by the defendant firm. Take, for examp......
  • Request a trial to view additional results
124 provisions
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1996 (3) BCLR 293): dictum in paras [16] - [18] applied S v Mgedezi and Others 1989 (1) SA 687 (A): applied I S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A): referred to S v Motaung and Others 1990 (4) SA 485 (A): referred to S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A): dictum at 593I applied S v Ngobozi 19......
  • Thoroughbred Breeders' Association v Price Waterhouse
    • South Africa
    • Invalid date
    ...E Rowe v Turner Hopkins & Partners [1980] 2 NZLR 550: referred to S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A): referred to S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A): referred Sayers v Harlow Urban District Council [1958] 2 All ER 342 (CA): considered Sentrachem Ltd v Prinsloo 1997 (2) SA 1 (A): refer......
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Rosendorff & Reitz Barry, Bloemfontein. Respondent's Attorneys: Deneys Reitz, Johannesburg; Webbers, Bloemfontein. [*] Reported at 1990 (1) SA 32 (A) ...
  • Ongevallekommissaris v Santam Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): na verwys/ referred to Roberts v London Assurance Co Ltd (3) 1948 (2) SA 841 (W): na verwys/ referred to S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A): na verwys/referred to Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A): na verwys/referred to J Smit v Abrahams 1994 (4) ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT