Barnard v Santam Bpk

JurisdictionSouth Africa
Judgevan Heerden AHR, Vivier AR, Nienaber AR, Schutz AR, Scott AR
Judgment Date25 September 1998
Citation1999 (1) SA 202 (SCA)
Docket Number61/97
Hearing Date03 September 1998
CounselMR Hellens namens die appellant JO'D Williams namens die respondent
CourtSupreme Court of Appeal

Van Heerden Ahr:

Op 10 Maart 1991 was die appellant se 13-jarige seun 'n passasier in 'n bus toe dit in die omgewing van Duiwelskloof in 'n botsing met 'n motor betrokke was. Die botsing is veroorsaak deur die nalatigheid van die bestuurder van die motor, ene Laubscher. As gevolg daarvan het die J

Van Heerden Ahr

seun ernstige liggaamlike beserings opgedoen en is hy betreklik kort daarna oorlede. 'n Paar uur later het die A appellant verneem dat hy gesterf het. Dit het gebeur vanweë 'n telefoniese mededeling wat aan haar man gemaak is deur 'n dokter by die hospitaal waarin die seun oorlede is.

Later het die appellant 'n aksie vir skadevergoeding in die Transvaalse Provinsiale Afdeling aanhangig gemaak. B Die respondent (verweerder in die Hof a quo) is aangespreek as benoemde agent ingevolge die bepalings van die Multilaterale Motorvoertuigongelukkefondswet 93 van 1989. Volgens die appellant se weergawe in die besonderhede van haar vordering het die nuus van die dood van haar seun 'n verwoestende effek op haar gehad en bly hê. Bepaaldelik het sy 'erge senuskok' met uiteenlopende sequelae opgedoen, maar vir huidige doeleindes is C dit onnodig om besonderhede daarvan te vermeld. Sy het ook oor haar seun bly treur.

By die aanvang van die verhoor voor Swart R het die partye ingevolge Eenvormige Hofreël 33(1) 'n gestelde saak ingedien. Daarvolgens is die Hof versoek om aanvanklik slegs twee vrae te besleg op die grondslag van aanvaarding van die appellant se genoemde weergawe soos aangevul deur 'n beëdigde verklaring. Vir sover ter D sake het bedoelde vrae soos volg gelui:

'12.1

Of die skok en psigiese trauma van die eiseres (appellant) se verneming van haar seun se oorlye en die gevolge daarvan regtens verhaalbare skade verteenwoordig. . . . E

12.2

Of die eiseres se treuring as gevolg van die verlies van haar seun regtens verhaalbare skade verteenwoordig. . . .'

Wat die eerste vraag betref, was die vernaamste standpunt van die respondent, soos vermeld in die gestelde saak, dat die appellant se vordering nie ontvanklik was nie omdat (i) sy nie by die ongelukstoneel teenwoordig was nie, F en (ii) dit nie as 'n redelike moontlikheid voorsienbaar was dat sy senuskok sou opdoen nie. Hoofsaaklik omdat na sy mening die element van voorsienbaarheid ontbreek het, het Swart R die eerste vraag ontkennend beantwoord. Sonder verdere vermelding van redes is ook die tweede vraag ten gunste van die respondent beantwoord. Daarna G is verlof aan die appellant verleen om na hierdie Hof te appelleer. (Die uitspraak van Swart R is gerapporteer as Barnard v Santam Bank Bpk 1997 (4) SA 1032 (T). Die woord 'Bank' is egter foutiewelik ingevoeg in die naam van die verweerder.)

Voor ons was die advokate dit eens dat die appèl besleg moet word in die veronderstelling dat die appellant senuskok opgedoen het wat tot erkende en beduidende psigiatriese (oftewel psigiese) letsels aanleiding gegee het. H Die vrae of sy inderdaad aldus psigies beseer is en, indien wel, wat die omvang daarvan is, is dus nie tans ter sprake is nie. Indien die appèl slaag, sal daardie vrae deur die verhoorhof beslis moet word.

Soos pas geblyk het, moet veronderstel word dat die appellant wel senuskok met gepaardgaande psigiese letsels I opgedoen het. Gerieflikheidshalwe verwys ek voortaan na so 'n toestand bloot as senuskok. Duidelikheidshalwe meld ek egter dat ek nie die moontlikheid uitsluit nie dat skadevergoeding gevorder kan word in 'n geval waarin 'n persoon 'n psigiese letsel opgedoen het wat nie deur senuskok veroorsaak is nie. Trouens, daar is ongetwyfeld veel te sê vir die standpunt dat 'senuskok' nie net 'n uitgediende benaming sonder enige spesifieke psigiatriese J

Van Heerden Ahr

betekenis is nie, maar ook misleidend kan wees, en dat die enigste tersaaklike vraag is of 'n eiser 'n herkenbare A psigiese letsel opgedoen het. Sien Mullany en Handford Tort Liability for Psychiatric Damage op 14—5.

'n Verdere opmerking is aangewese. Hierdie Hof is nie geroepe om algemene reëls te formuleer wat bepalend is van die omstandighede waarin skadevergoeding vir die nalatige veroorsaking van senuskok in ons reg verhaalbaar B is nie. Dit is nóg nodig nóg gewens om sulks te doen. In casu het 'n mens te doen met 'n situasie met twee besondere kenmerke. Die eerste is dat die appellant die moeder was van 'n seun wat ten tye van sy dood nog in sy vroeë tienderjare was. Die tweede is dat sy nie 'n ooggetuie van die botsing was nie; nie by haar seun was toe hy C gesterf het nie; nie sy lyk in 'n institusie soos 'n hospitaal of 'n lykhuis aangetref het nie, maar slegs vanweë 'n telefoonoproep die nuus van sy dood verneem het. (Gerieflikheidshalwe verwys ek na so 'n soort geval as 'n hoorsê geval, en na die persoon wat senuskok opgedoen het as 'n hoorsê slagoffer.)

Daar is slegs een beslissing van hierdie Hof waarin aanspreeklikheid vir nalatige toediening van senuskok oorweeg D is. In Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk 1973 (1) SA 769 (A) het twee jong broers, Deon en Werner, wat onderskeidelik elf en ses jaar oud was, oor 'n straat gehardloop. 'n Voertuig wat ingevolge die bepalings van die Motorvoertuigassuransiewet 29 van 1942 verseker was, het Werner omgery. As E gevolg van die beserings wat hy opgedoen het, is Werner later dieselfde dag oorlede. Ten tye van die botsing was Deon, wat ongeveer twee meter voor Werner was, pas oor die straat. Omdat hy deur die nalatige bestuur van die voertuig in gevaar gestel was en ook die botsing vlak agter hom aanskou het, het hy egter enstige senuskok opgedoen.

Hierdie Hof het bevind dat skadevergoeding wel ten opsigte van Deon se senuskok verhaalbaar was. Die tans F tersaaklike grondslae van die beslissing (per Botha AR) kan soos volg saamgevat word:

(a)

In die sfeer van deliktuele aanspreeklikheid is daar geen rede om 'n onderskeid tussen senuskok en 'n liggaamlike besering te trek nie. 'n Besering aan die senu- of breinstelsel is inderdaad 'n besering van 'n fisiese organisme (op 779B—C). G

(b)

Dit is nie 'n vereiste dat senuskok met 'n fisiese besering gepaard moet gaan nie (op 779A en G).

(c)

In ons reg is daar geen rede waarom iemand wat as gevolg van die nalatige handeling van 'n dader senuskok of 'n psigiatriese besering opgedoen het, nie op genoegdoening geregtig is nie, mits daardie H gevolg voorsien sou gewees het deur die redelike persoon in die plek van die onregpleger (op 779H). (Hier dien gemeld te word dat oorsaaklikheid nie in geskil was nie: op 776F.)

(d)

In die geval voor die Hof was die persoonlikheidsnadeel wat Deon gely het wel redelik voorsienbaar, al het sy vrees vir die veiligheid van Werner en sy skuldgevoel by aanskouing van die noodlottige botsing I meer as sy vrees vir sy eie veiligheid tot sy toestand bygedra. 'n Redelike bestuurder sou dus stappe geneem het om die veroorsaking van daardie nadeel te verhoed (op 781E—F).

Ek keer later terug na die volgende passasie in die uitspraak van Botha AR (op 781A): J

Van Heerden Ahr

'Dit mag wees dat waar die leed ontstaan uit senuskok wat veroorsaak word deur 'n nalatige handeling van die A onregpleger wat die benadeelde self met gevaar bedreig het, daar meer geredelik tot die gevolgtrekking gekom sou kon word dat die moontlikheid van die veroorsaakte leed deur die onregpleger voorsien moes gewees het, as in die geval waar die senuskok veroorsaak word deurdat die benadeelde die ingevaarstelling van 'n ander moes waarneem of daarvan moes verneem. Dit kan egter nie sonder meer aangeneem word dat in die een geval die veroorsaakte leed B redelik voorsienbaar sou wees, en in die ander geval nie.'

(My beklemtoning.)

Sommige skrywers leer dat Botha AR die vereiste van voorsienbaarheid in die konteks van oorsaaklikheid, en nie C nalatigheid nie, gestel het. In die lig van veral die laaste sin van (d) hierbo, meen ek nie dat dit korrek is nie, maar uit 'n praktiese oogpunt maak dit geen verskil of die een of die ander konstruksie verkies word nie.

Sedert Bester einde 1972 beslis is, het daar nog nie 'n gerapporteerde hoorsê saak (behalwe die onderhawige een) D voor ons Howe gedien nie. Vanweë 'n ietwat analogiese feitekompleks behoort ek egter te verwys na die uitspraak van Cleaver R in Majiet v Santam Ltd [1997] 4 B All SA 555 (K). Die eiseres se negejarige seun het...

To continue reading

Request your trial
34 practice notes
  • Delict
    • South Africa
    • Juta Yearbook of South African Law No. , March 2021
    • 10 Marzo 2021
    ...Ltd [2003] 211 CLR 317 HCA.293 Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk 1973 (1) SA 769 (A); Barnard v Santam Bpk 1999 (1) SA 202 (SCA).294 2002 (2) SA 55 (SCA).295 Road Accident Fund v Sauls (note 294) paras 13, 17.296 [1992] 1 AC 311 (HL).297 Alcock v Chief Constable of......
  • AB and Another v Minister of Social Development
    • South Africa
    • Invalid date
    ...J 2017 (3) SA p572 Barkhuizen A v Napier 2007 (5) SA 323 (CC) (2007 (7) BCLR 691; [2007] ZACC 5): referred to Barnard v Santam Bpk 1999 (1) SA 202 (SCA): referred Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs and Tourism and Others 2004 (4) SA 490 (CC) (2004 (7) BCLR 687; ......
  • Hlomza v Minister of Safety and Security and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Fund (Commission for Gender I Equality Intervening) 1999 (4) SA 1319 (SCA) ([1999] 4 All SA 421): referred to Barnard v Santam Bpk 1999 (1) SA 202 (SCA): referred to Boompret Investments (Pty) Ltd and Another v Paardekraal Concession Store (Pty) Ltd 1990 (1) SA 347 (A): referred to Delphisu......
  • Rape Trauma Syndrome Under South African Law: A focus on Instituting Civil Damages for Male and Female victims of Rape: Part 2
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...263. The term ‘‘nervous shock’’ has been rejected in favour of the use ofthe term ‘‘psychological lesion’’ in Barnard v Santam Bpk 1999 1 SA 202 (SCA) 208-209 due to theformer term being regarded as having no specific psychiatric meaning. See also Burchell ‘‘AnEncouraging Prognosis for Clai......
  • Request a trial to view additional results
25 cases

  • Hawekwa Youth Camp and Another v Byrne
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and [32] at 84D, 88G - H, 93E - F and 94B - C.) Cases Considered Annotations Reported cases Southern Africa D Barnard v Santam Bpk 1999 (1) SA 202 (SCA): referred to Broom and Another v The Administrator, Natal 1966 (3) SA 505 (D): referred to Gouda Boerdery Bk v Transnet 2005 (5) SA 490 (S......
  • Western Cape Department of Social Development v Barley and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...citedB and Another v Moore and Another [2017] 3 All SA 799 (WCC) ([2017]ZAWCHC 70): reversed on appealBarnard v Santam Bpk 1999 (1) SA 202 (SCA): referred toBester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk 1973 (1) SA769 (A): referred toBiowatch Trust v Registrar, Genetic Resourc......
  • Request a trial to view additional results
9 books & journal articles
34 provisions
  • Delict
    • South Africa
    • Yearbook of South African Law No. , March 2021
    • 10 Marzo 2021
    ...Ltd [2003] 211 CLR 317 HCA.293 Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk 1973 (1) SA 769 (A); Barnard v Santam Bpk 1999 (1) SA 202 (SCA).294 2002 (2) SA 55 (SCA).295 Road Accident Fund v Sauls (note 294) paras 13, 17.296 [1992] 1 AC 311 (HL).297 Alcock v Chief Constable of......
  • AB and Another v Minister of Social Development
    • South Africa
    • Invalid date
    ...J 2017 (3) SA p572 Barkhuizen A v Napier 2007 (5) SA 323 (CC) (2007 (7) BCLR 691; [2007] ZACC 5): referred to Barnard v Santam Bpk 1999 (1) SA 202 (SCA): referred Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs and Tourism and Others 2004 (4) SA 490 (CC) (2004 (7) BCLR 687; ......
  • Hlomza v Minister of Safety and Security and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Fund (Commission for Gender I Equality Intervening) 1999 (4) SA 1319 (SCA) ([1999] 4 All SA 421): referred to Barnard v Santam Bpk 1999 (1) SA 202 (SCA): referred to Boompret Investments (Pty) Ltd and Another v Paardekraal Concession Store (Pty) Ltd 1990 (1) SA 347 (A): referred to Delphisu......
  • Rape Trauma Syndrome Under South African Law: A focus on Instituting Civil Damages for Male and Female victims of Rape: Part 2
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...263. The term ‘‘nervous shock’’ has been rejected in favour of the use ofthe term ‘‘psychological lesion’’ in Barnard v Santam Bpk 1999 1 SA 202 (SCA) 208-209 due to theformer term being regarded as having no specific psychiatric meaning. See also Burchell ‘‘AnEncouraging Prognosis for Clai......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT