Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeOgilvie Thompson HR, Botha AR, Holmes AR, Jansen AR en Trollip AR
Judgment Date20 November 1972
Citation1973 (1) SA 769 (A)
Hearing Date09 November 1972
CourtAppellate Division

G Botha, AR.:

Onderwyl die twee minderjarige kinders van die appellant, nl. Deon (11 jaar) en Werner (6 jaar), op 3 Januarie 1969 oor Stellaweg, Bellair, Durban, van oos na wes gehardloop het, het 'n sekere motorvoertuig, wat deur S. H. Kruger van suid na noord bestuur was, en deur die respondent, as geregistreerde versekeraar ingevolge Wet 29 van H 1942, verassureer was, met Werner in botsing gekom. As gevolg van beserings wat hy in die botsing opgedoen het, is Werner dieselfde dag oorlede. Toe die botsing plaasgevind het, was Deon, wat ongeveer twee treë voor Werner was, pas die straat oor, en die voertuig het nie met hom in aanraking gekom nie. Die botsing met Werner moes, egter, volgens die getuienis, ongeveer 'n tree agter Deon plaasgevind het, en omdat hy - aldus die bevinding van die Hof a quo - deur die wyse waarop Kruger sy voertuig bestuur het, in gevaar gestel was, en omdat hy die noodlottige botsing met Werner vlak agter hom moes aanskou,

Botha AR

het Deon ernstige skok opgedoen wat hom psigies aangetas en tot 'n angsneurose aanleiding gegee het wat geneeskundige behandeling vereis het.

Na aanleiding van hierdie gebeure het appellant in die Durban en Kus Plaaslike Afdeling van die respondent gevorder -

(a)

A in sy persoonlike hoedanigheid -

(i)

die koste van Werner se begrafnis;

(ii)

R1 167,25 geneeskundige onkoste en toekomstige geneeskundige onkoste vir die behandeling van Deon, en reiskoste en toekomstige reiskoste i.v.m. sodanige behandeling;

(b)

B in sy hoedanigheid as voog van Deon, R2 500 skadevergoeding vir skok en ongeskiktheid.

Die Hof a quo het bevind dat Kruger nalatig was, en dat die respondent derhalwe ingevolge art. 11 (1) van Wet 29 van 1942 aanspreeklik was vir die skadeloosstelling van die appellant ten opsigte van die koste wat hy C i.v.m. Werner se begrafnis aangegaan het. Die vorderings ten opsigte van Deon is egter afgewys, en appellant is beveel om respondent se gedingkoste te betaal min die koste verhaalbaar in 'n landdroshof vir 'n verhoor wat een dag geduur het en waarin uitspraak ten gunste van appellant vir R239 gegee is.

D Teen die afwysing van die vorderings ten opsigte van Deon en die kostebevel is appellant nou in hoër beroep by hierdie Hof.

In die Hof a quo het Regter HENNING tot die gevolgtrekking gekom dat skadevergoeding ten opsigte van senuskok of psigologiese steuring, wat uit 'n onregmatige daad ontstaan, nie volgens die Suid-Afrikaanse reg E verhaalbaar is nie waar die skok of psigologiese steuring nie as gevolg van 'n fisiese besering ontstaan nie, of waar dit nie 'n belemmering van fisiese organisme, d.w.s. fisiese ongeskiktheid of benadeling van liggaamlike gesondheid, tot gevolg het nie. Op grond hiervan is die vorderings ten opsigte van Deon afgewys - 'want sy ongesteldheid is bloot psigologies en staan nie in verband met enige beskadiging van sy F fisiese organisme nie. Dit is die resultaat hoewel sy toestand gedeeltelik die gevolg is van skok weens bedreïging van sy eie veiligheid en gedeeltelik van die lotgeval van sy broertjie'.

Voorts het die geleerde Regter bevind dat die senuskok of psigiatriese besering wat Deon opgedoen het, geen 'liggaamlike besering' binne die bedoeling van art. 11 (1) (a) van Wet 29 van 1942 was wat deur die bestuur van die verassureerde voertuig veroorsaak is of daaruit G voortgevloei het nie, en dat die respondent dus nie ingevolge art. 11 (1) verplig was om Deon of sy vader skadeloos te stel weens die verlies of skade wat hulle as gevolg van Deon se ongeskiktheid gely het nie.

Appellant het getuig dat Deon as gevolg van die ongeluk op 3 Januarie H 1969 'n drastiese persoonlikheidsverandering ondergaan het. Voor die ongeluk was hy 'n lewenslustige kind en sy verhouding met ander kinders was normaal. Op skool het hy besonder goed presteer. Na die voorval het hy afsydig en aggressief geword. Sy skoolwerk het baie agteruitgegaan. Hy kry sedertdien nagmerries en skree in sy slaap.

Vanaf 5 Oktober 1970 word Deon behandel deur dr. Oberholzer, 'n algemene praktisyn wat hom meesal op psigiatrie toelê waarin hy behoorlik gekwalifiseer is. Dr. Oberholzer het Deon fisies ondersoek maar

Botha AR

kon niks fisies verkeerd vind nie. Psigiatries was Deon baie gespanne, hy was baie bewerig en het baie gehuil. Dr. Oberholzer het 'n angsneurose gediagnoseer, wat na sy oordeel voortgespruit het uit 'n A 'psigiatriese besering' of 'senuskok' wat Deon tydens die ongeluk op 3 Januarie opgedoen het, as gevolg van sowel die feit dat Deon self aan gevaar blootgestel was en vir sy eie veiligheid gevrees het, as van die feit dat hy die noodlottige botsing met Werner vlak agter hom moes aanskou, en die vrees en skuldgevoel wat daaruit ontstaan het. Dr. Oberholzer kon nie die mate waarin hierdie faktore onderskeidelik tot die senuskok van Deon bygedra het, bepaal nie, ofskoon hy van oordeel B was dat die tweede faktor die belangriker faktor was, maar dat die een faktor die uitwerking van die ander vererger het. Deon was bewus van die noue ontkoming wat hy gehad het. In sy verhaal van die gebeure aan dr. Oberholzer het hy na die ongeluk van 3 Januarie 1969 verwys as die ongeluk waarin hy en Werner betrokke was.

C Dr. Oberholzer het Deon psigoterapeuties behandel en hom na die Kinderleidingkliniek op Pretoria vir toetse verwys. Volgens dr. Oberholzer sal Deon nog verder psigoterapeutiese behandeling tot minstens sy puberteitsjare nodig hê.

Appellant se aksie is 'n aksie ex delicto om genoegdoening en D skadevergoeding weens skok, pyn, leed en ongeskiktheid. Genoegdoening weens aantasting van liggaamlike integriteit word gevorder met die besondere aksie wat in die Romeins-Hollandse reg, onder invloed van die Germaanse gebruiksreg, ontwikkel het. (Voet, 9.2.11; Grotius, 3.34.2; Union Government v Warneke, 1911 AD 657 op bl. 665 - 6; Hoffa, N.O. E v. S.A. Mutual Fire and General Insurance Co. Ltd., 1965 (2) SA 944 (K) op bl. 950 e.v., en Government of the R.S.A. v Ngubane, 1972 (2) SA 601 (AA) op bl. 606). Wat die vordering om vergoeding van vermoënskade betref, word met die actio legis Aquiliae geageer.

F Die beweerde skuldige onregmatige daad, in casu die nalatigheid van die bestuurder van die verassureerde motor, is nie in hierdie Hof in geskil geplaas nie. Die veroorsaking deur die onregmatige handeling van die beweerde persoonlikheidsnadeel van Deon word ook nie betwis nie. Wat betwis word is slegs die aanspreeklikheid van die respondent vir die gevorderde skadevergoeding en genoegdoening op grond daarvan dat die G veroorsaakte nadele bloot uit die senuskok of psigiatriese besering, wat Deon in die voorval opgedoen het, sou ontstaan het, en nie uit 'n gewone fisiese besering nie, of omdat die senuskok of psigiatriese besering nie op 'n gewone fisiese besering uitgeloop het nie.

Die betoog veronderstel dat 'n psigiatriese besering geen fisiese H besering is nie, en beteken dat, ofskoon genoegdoening weens senuskok of psigiatriese besering wat tot, bv., 'n hartaanval aanleiding gee, verhaalbaar is, dit nie verhaalbaar is waar die senuskok of psigiatriese besering op, bv., kranksinnigheid uitloop nie. Voorts kom die betoog daarop neer dat 'n onregmatige dader nie aanspreeklik is vir skadevergoeding of genoegdoening waar die op-skuldige-wyse-veroorsaakte skade of persoonlikheidsnadeel binne 'n bepaalde kategorie tuisgebring kan word nie. So 'n betoog is uit die aard van die saak vreemd aan die beginsels van ons reg, en ietwat gekunsteld in die lig van die feit dat

Botha AR

volgens die Romeins-Hollandse reg aquiliese aanspreeklikheid sodanig uitgebrei is dat...

To continue reading

Request your trial
67 practice notes
  • Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...F W A Danzfuss) namens die appellante het na die volgende gesag verwys: Bester v Commercial Union F Versekeringsmaatskappy van SA Bpk 1973 (1) SA 769 (A); Kruger v Van der Merwe 1966 (2) SA 266 (A); Ocean Accident and Guarantee Corporation Ltd v Koch 1963 (4) SA 147 (A); Brown v Hoffman 197......
  • General Accident Insurance Co SA Ltd v Summers; Southern Versekeringsassosiasie Bpk v Carstens NO; General Accident Insurance Co SA Ltd v Nhlumayo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...voorsien moes gewees het en nie die presiese aard en omvang daarvan nie. Sien C Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy Bpk 1973 (1) SA 769 (A) te 777D - E. Of skade in 'n bepaalde geval rederlikerwys voorsienbaar was, hang van die besondere omstandighede van die geval af. Sien Bes......
  • AB and Another v Minister of Social Development
    • South Africa
    • Invalid date
    ...NNO 1996 (2) SA 751 (CC) (1996 (4) BCLR 449; [1996] ZACC 2): referred to Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk 1973 (1) SA 769 (A): referred Biowatch C Trust v Registrar, Genetic Resources, and Others 2009 (6) SA 232 (CC) (2009 (10) BCLR 1014; [2009] ZACC 14): dictum i......
  • Administrator, Natal v Edouard
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and General Insurance Co Ltd 1965 (2) SA 944 (C). [38] As explained in Bester v Commercial Union Versekeringsmaatskappy van SA Bpk 1973 (1) SA 769 (A) at [39] Holmdene Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction Co Ltd 1977 (3) SA 670 (A) at 687; Novick v Benjamin 1972 (2) SA 842 (A) at 860......
  • Request a trial to view additional results
60 cases

7 books & journal articles
67 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT