Santamversekering Bpk v Makola

JurisdictionSouth Africa

Santamversekering Bpk v Makola
1985 (4) SA 270 (T)

1985 (4) SA p270


Citation

1985 (4) SA 270 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Myburgh R, Coetzee R en Stegmann R

Heard

August 8, 1984

Judgment

November 13, 1984

Flynote : Sleutelwoorde B

Versekering — Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 — Verjaring van eis — Aansoek om verligting in terme van art 24 (2) (a) van Wet — Onus op applikant om "spesiale omstandighede" te bewys — Behels bewys van C afwesigheid van nalate, versuim of onkunde — Applikant se taak deur sodanige negatiewe bewyslas bemoeilik — Word nie van hom verwag dat hy elke moontlike nalate moet opper slegs om dit uit te skakel nie — Sal nie faal op punte nie deur respondent in antwoordende verklaring (of selfs by wyse van korrespondensie) in geskil geplaas nie. D

Headnote : Kopnota

'n Applikant in 'n aansoek ingevolge art 24 (2) (a) van die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 (soos gewysig) dra die bewyslas om die Hof van die bestaan van "spesiale omstandighede" te oortuig. Die woordomskrywing daarvan lei daartoe om, prosesregtelik, 'n applikant se taak baie te bemoeilik want nou moet hy ook iets negatiefs bewys: E dat daar nie nalate, versuim of onkunde aan sy kant was nie. As iedere keer daar aanvanklik in die ondersteunende verklaring op elke moontlike denkbare aspek van argumenteerbare nalate in 'n komplekse geskiedenis gekonsentreer moes word om dit vooraf te ontsenu, sonder dat dit eers besonderlik in geskil is, lei dit noodsaaklik tot onnodig lywige aansoeke. Die algemene benadering in ons regspraak ten opsigte van behoorlike ingeskilplasing van punte, aleer die litigant op wie die F bewyslas rus, faal by ontstentenis van voorlegging van 'n onvermelde moontlike verweer, behoort dus ook hier toegepas te word. Daar word, met ander woorde, nie van die applikant verwag dat hy moontlike nalate moet opper slegs met die doel om hulle uit te skakel nie; en die applikant sal nie faal op punte wat nie vooraf deur die respondent in sy antwoordende verklaring (of selfs by wyse van korrespondensie) in geskil geplaas is nie.

Flynote : Sleutelwoorde

G Insurance — Compulsory Motor Vehicle Insurance Act 56 of 1972 — Claim under prescribed — Application for relief in terms of s 24 (2) (a) of Act — Onus on applicant to establish "special circumstances" — Comprises proof of absence of neglect, omission or ignorance — Applicant's task complicated by such negative onus — Not expected of him to traverse every possible instance of neglect purely so as to eliminate it — Will not founder on points not placed in H issue by respondent in replying affidavit (or even by way of correspondence).

Headnote : Kopnota

An applicant in an application pursuant to s 24 (2) (a) of the Compulsory Motor Vehicle Insurance Act 56 of 1972 (as amended) bears the burden of convincing the Court that "special circumstances" existed. The definition thereof leads to the procedural complication of the applicant's task, because he now also has to prove a negative: that there was no neglect, I omission or ignorance attributable to him. If, in each case, the applicant at the outset in the founding affidavit had to concentrate on every possible conceivable instance of arguable neglect in a complex history so as to eliminate it in advance, without it even being pertinently in dispute, this would inevitably lead to unnecessarily prolix applications. The general approach in our case law regarding the need to place issues in dispute properly before the applicant bearing the J onus will founder in the absence of the submission of an undisclosed possible defence, should also be applied here. In other words,

1985 (4) SA p271

it is not expected of the applicant to raise possible instances A of neglect l purely so as to eliminate them; and the applicant will not fail on points not previously placed in dispute by the respondent in his answering affidavit (or even by way of correspondence).

Case Information

Appèl na die Volbank van die Transvaalse Provinsiale Afdeling B vanaf 'n beslissing van die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling. Die feite blyk uit die uitspraak.

P P Delport namens die appellant.

H van Rensburg namens die respondent.

Cur adv vult. C

Postea (November 13).

Judgment

Coetzee R:

Die appellant was die versekeraar ingevolge die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 ("die Wet") D van 'n motorvoertuig wat op 21 Maart 1981 op die Swartklip-Northam pad die respondent van agter af aangery het terwyl hy 'n voetganger op die linkerkant van die pad was. Die respondent is erg beseer en het mettertyd prokureurs opdrag gegee om aksie in te stel teen die appellant. Vir redes wat ek meer volledig sal aandui is dit nie betyds gedoen nie. Hierdie aansoek is toe geloods in terme van art 24 (2) van die Wet vir E verlof om 'n eis teen appellant in te stel. Die aansoek is in die Witwatersrandse Provinsiale Afdeling toegestaan. Met verlof van die Hoofregter kom appellant nou in hoër beroep, in hierdie Hof, teen die bevel van die Hof a quo. Geriefshalwe sal ek na die respondent op appèl as die applikant verwys en na die F appellant as respondent.

Geen antwoordende verklarings is in die Hof a quo geliasseer nie. Die enigste vraag (toe en nou) is of in die ondersteunende beëdigde verklaring "spesiale omstandighede" binne die bedoeling van die Wet deur die applikant bewys is.

G Die gebeure kan as volg kronologies opgesom word.

1.

21 Maart 1981: Motorvoertuig BNC 427 T bots met die applikant as gevolg van die bestuurder daarvan se nalatigheid.

2.

Vanaf 21 Maart 1981 tot 8 Mei 1981 is applikant gehospitaliseer as gevolg van ernstige liggaamlike H beserings wat hy in die botsing opgedoen het.

3.

Op of ongeveer 21 April 1982 is die applikant uit sy werk ontslaan op grond daarvan dat hy as gevolg van sy beserings permanent ongeskik is vir werk.

4.

Vanaf ongeveer 8 Mei 1981 tot ongeveer 13 November 1981 was die applikant 'n buitepasiënt. As gevolg van die botsing het die applikant skade gely in 'n totale I bedrag wat bereken word op R125 409.

5.

Ongeveer vroeg in Februarie 1982, toe dit vir die applikant duidelik geword het dat hy sy regterarm nie meer sal kan gebruik nie aangesien die beserings daaraan permanent is, het hy sy prokureurs, mnre Matjila en Makgoatlheng van Phokeng genader en aan hulle opdrag gegee om namens hom skadevergoeding te J eis.

1985 (4) SA p272

Coetzee R

6.

A Op 5 Februarie 1982 het die applikant deur sy prokureurs 'n brief aan die stasiebevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisie van Northam geskrywe en afskrifte van die ongeluksverslag en versekeringsteken van die voertuig versoek.

7.

Op 11 Maart 1982 het die applikant deur sy prokureurs B 'n brief aan die respondent na sy takkantoor op Rustenburg geskrywe en 'n afskrif van die assuransieverklaring in verband met die voertuig versoek en verder bevestiging gevra dat die respondent tydens die botsing op risiko was.

8.

Op 23 Maart 1982 skrywe applikant se prokureurs aan die applikant na sy posadres "Mamodimokwane Primary C School, Private Bag 354, Swartklip" om hom mee te deel dat hulle kantoor verhuis het na "Bafokeng Civil Centre, 3rd Floor, Office No 308 & 309" sedert Februarie 1982. (Applikant verduidelik dat hy hierdie brief nooit ontvang het nie alhoewel hy, totdat hy in Augustus 1982 na Atteridgeville, Pretoria, vertrek D het, gereeld elke week gegaan het om pos te gaan haal. Briewe word gewoonlik nie uitgedeel nie maar word in 'n houer gesit waaruit elkeen sy briewe uithaal.)

9.

Op 26 April 1982 het applikant se prokureurs 'n verdere brief aan die respondent na sy takkantoor op Rustenburg geskrywe aangesien geen antwoord op die E brief van 11 Maart 1982 (in para (7) hiervan na verwys) ontvang is nie en na sodanige brief verwys en die versoeke daarin vervat herhaal.

10.

10 Mei 1982 skrywe applikant se prokureurs weer 'n brief aan die applikant waarin applikant versoek is om die skrywer daarvan te gaan sien maar welke brief die applikant ook nie ontvang het nie.

11.

12 Mei 1982: Brief van Suid-Afrikaanse Polisie F insluitende plan en sleutel tot die plan in antwoord op die brief van 5 Februarie 1982 (in para 6 na verwys).

12.

Op 13 Mei 1982 skrywe applikant se prokureurs 'n derde brief aan die respondent gerig na die...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • President Insurance Co Ltd v Retsos
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Versekeringsmaatskappy Bpk 1984 (1) SA 342 (T); Feni v Protea Assurance Co Ltd 1984 (2) SA 529 (K); Santamversekering Bpk v Makola 1985 (4) SA 270 (T); Coetzee v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1985 (1) SA 389 (A); National Employers D General Insurance Co Ltd v Masilo 1986 (1) SA 265 (T)......
  • Guardian National Insurance Co Ltd v Weyers
    • South Africa
    • Invalid date
    ...appellant is nie geregtig om op appèl vir die eerste keer te steun op hierdie beweerde late nie. Sien Santamversekering Bpk v Makola 1985 (4) SA 270 (T). Daar is in elk geval niks wat dui op 'n verwytbare of relevante nalate in J hierdie verband nie. Selfs al sou die 1988 (1) SA p260 A resp......
2 cases
  • President Insurance Co Ltd v Retsos
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Versekeringsmaatskappy Bpk 1984 (1) SA 342 (T); Feni v Protea Assurance Co Ltd 1984 (2) SA 529 (K); Santamversekering Bpk v Makola 1985 (4) SA 270 (T); Coetzee v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1985 (1) SA 389 (A); National Employers D General Insurance Co Ltd v Masilo 1986 (1) SA 265 (T)......
  • Guardian National Insurance Co Ltd v Weyers
    • South Africa
    • Invalid date
    ...appellant is nie geregtig om op appèl vir die eerste keer te steun op hierdie beweerde late nie. Sien Santamversekering Bpk v Makola 1985 (4) SA 270 (T). Daar is in elk geval niks wat dui op 'n verwytbare of relevante nalate in J hierdie verband nie. Selfs al sou die 1988 (1) SA p260 A resp......
2 provisions
  • President Insurance Co Ltd v Retsos
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Versekeringsmaatskappy Bpk 1984 (1) SA 342 (T); Feni v Protea Assurance Co Ltd 1984 (2) SA 529 (K); Santamversekering Bpk v Makola 1985 (4) SA 270 (T); Coetzee v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1985 (1) SA 389 (A); National Employers D General Insurance Co Ltd v Masilo 1986 (1) SA 265 (T)......
  • Guardian National Insurance Co Ltd v Weyers
    • South Africa
    • Invalid date
    ...appellant is nie geregtig om op appèl vir die eerste keer te steun op hierdie beweerde late nie. Sien Santamversekering Bpk v Makola 1985 (4) SA 270 (T). Daar is in elk geval niks wat dui op 'n verwytbare of relevante nalate in J hierdie verband nie. Selfs al sou die 1988 (1) SA p260 A resp......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT