President Insurance Co Ltd v Retsos

JurisdictionSouth Africa
Citation1988 (1) SA 276 (A)

President Insurance Co Ltd v Retsos
1988 (1) SA 276 (A)

1988 (1) SA p276


Citation

1988 (1) SA 276 (A)

Court

Appellate Division

Judge

Rabie ACJ, Corbett JA, Botha JA, Nestadt JA and Boshoff AJA

Heard

August 18, 1987

Judgment

September 29, 1987

Flynote : Sleutelwoorde B

Insurance — Compulsory Motor Vehicle Insurance Act 56 of 1972 — Claim under prescribed — Application for relief in terms of s 24(2)(a)(ii) — 'Special circumstances' in s 24(2)(a)(ii) capable of such a wide meaning C that a limitation has been placed on it by s 1(1) of the Act — Does not include any neglect, omission or ignorance — Secretary in attorney's office not taking out file for attention of new partner who had just arrived at office — Claim prescribing — Court a quo granting relief as secretary's disturbed private life affecting her work — Reversed on appeal as attorney had negligently failed to give claim attention and D supervise the operation of system in their office — Such neglect could not constitute special circumstances.

Headnote : Kopnota

The expression 'special circumstances' in s 24(2)(a) (ii) of Act 56 of 1972 is an elastic concept capable of such a wide meaning that the Legislature thought fit to place some limitation on it. Section 1(1) of E the Act provides that unless inconsistent with the context it does not include any neglect, omission or ignorance. The Appellate Division has held that in the context of s 24(2)(a) (ii) the Legislature intended the words 'neglect, omission or ignorance' to refer to neglect, omission or ignorance due to negligence.

The respondent was injured in a motor vehicle collision on 16 June 1983. She instructed C, a professional assistant with a firm of attorneys in Germiston, to handle her claim for damages. In June 1985 C became a F partner and moved from the Germiston branch to Johannesburg and F took over the practice in Germiston. A secretary, N, had written to respondent in August 1985 and thereafter had not taken out the file relating to the respondent's claim. The matter prescribed in September 1985. The respondent's file was discovered by C in October. The Court a quo, in an application for leave in terms of s 24(2)(a) (ii) of the Act to serve the summons on the appellant after the claim had prescribed, had found that the negligence by the secretary because of her personal domestic problems had amounted to 'special circumstances'. The appellant G appealed against this decision and contended that the circumstances found and relied upon by the Court a quo were not special circumstances of the kind contemplated and required by s 24(2)(a).

Held, that the conclusion was inevitable that, after C had left the firm, the firm in the person of F had negligently failed to give the respondent's claim any attention and, if F was aware of the system which H N was operating, had negligently failed to supervise the operation of the system in their office and had thereby allowed the claim to become prescribed.

Held, further, that the culpable neglect of F could not of course constitute special circumstances.

Held, accordingly, that the appeal should succeed with costs.

The decision in the Witwatersrand Local Division in Retsos v President I Insurance Co Ltd reversed.

Case Information

Appeal from a decision in Witwatersrand Local Division (Esselen J). The facts appear from the judgment of Boshoff AJA.

A M Potgieter for the appellant: Die respondente se aansoek is 'n aansoek ingevolge art 24(2)(a) (ii) van die Wet. In 1977 het die Appèlhof in Webster and Another v Santam Insurance Co Ltd 1977 (2) SA 874 (A) J beslis

1988 (1) SA p277

A dat die 'lack of expedition, fault and negligence' van 'n prokureur, sy klerk en sy bode spesiale omstandige ingevolge art 24(2)(a) (ii) van die Wet kan wees. Waarskynlik as gevolg van die Webster -beslissing het die Wetgewer art 24(2)(a) (ii) van die Wet in 1978 gewysig en ook 'n omskrywing van 'spesiale omstandighede' in die Wet ingevoeg. Die bovermelde wysiging van die Wet is van besondere betekenis by die B beregting van hierdie saak. Die doel van die wysiging is klaarblyklik om dit duidelik te stel dat 'n (nalatige) nalate, versuim of onkunde van 'n prokureur nie spesiale omstandighede kan wees nie. Sien Federated Employers' Insurance Co Ltd v Magubane 1981 (2) SA 710 (A) op 716B. Met betrekking tot art 24(2)(a) (ii) van die Wet is onder meer die volgende beslissings ter sake: Webster and Another v Santam Insurance Co Ltd 1977 (2) SA 874 (A) C ; Federated Employers' Insurance Co Ltd v Magubane 1981 (2) SA 710 (A); Oelofse v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1982 (3) SA 882 (A); Mkhomolo v President Versekeringsmaatskappy Bpk 1984 (1) SA 342 (T); Feni v Protea Assurance Co Ltd 1984 (2) SA 529 (K); Santamversekering Bpk v Makola 1985 (4) SA 270 (T); Coetzee v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1985 (1) SA 389 (A); National Employers D General Insurance Co Ltd v Masilo 1986 (1) SA 265 (T). Alhoewel die Wet ná die Webster -saak gewysig is, is verskeie van die beginsels wat in die Webster -saak neergelê is steeds geldig. Sien Magubane se saak supra op 717B. Die volgende beginsels blyk uit die bovermelde beslissings: Die persoon wat die aansoek doen dra die bewyslas om die Hof van die bestaan E van spesiale omstandighede te oortuig. Makola se saak supra op 276G; Magubane se saak supra op 715A. Ten spyte van die gebruik van die woord 'kan' in art 24(2)(a) (ii) is die artikel gebiedend. Indien die vereistes van art 24(2)(a) (ii) teenwoordig is, moet die Hof die aangevraagde regshulp toestaan. Webster se saak supra op 881H en 882D; Magubane se saak supra op 715D. Die Hof se magte is omskryf. Die Hof het geen F diskresie om regshulp op algemene billikheidsgronde te verleen nie. Tensy aan die vereistes van art 24(2)(a) (ii) voldoen is, het die Hof geen bevoegdheid om regshulp ingevolge die artikel te verleen nie. Webster se saak supra op 881F; Magubane se saak supra op 715D - E. Dit hang van die feite van elke saak af op welke besondere periode of stadium gedurende die loop van verjaring die Hof sy aandag moet fokus om G vas te stel wat die rede is vir die versuim om betyds te beteken en of dié rede 'spesiale omstandighede' daarstel. Webster se saak supra op 883A - B. Met betrekking tot die betekenis van die begrip 'spesiale omstandighede' het ons Howe die volgende riglyne neergelê: 'n Akkurate en omvattende uiteensetting van wat 'spesiale omstandighede' sou H daarstel is ondoenlik. Baie sou afhang van die feite van die besondere saak. Webster se saak supra op 882E; Magubane se saak supra op 715F. Die uitdrukking 'spesiale omstandighede' is 'n buigbare uitdrukking met 'n wye betekenis. Webster se saak supra op 882F; Magubane se saak supra op 715F - G. Deur die gebruik van die uitdrukking 'spesiale omstandighede' sou 'n mens normaalweg ongewone of onverwagte omstandighede in gedagte I hê. Webster se saak supra op 882G; Magubane se saak supra op 715G, 717C; Oelofse se saak supra op 892A; Coetzee se saak supra op 394B. 'Spesiale omstandighede' word deur die Wetgewer omskryf as 'nie ook enige nalate, versuim of onkunde nie'. Die woorde 'nalate', 'versuim' of 'onkunde' in J die woordomskrywing moet eng uitgelê word. Die Wetgewer het nie

1988 (1) SA p278

A skuldlose nalate, versuim of onkunde bedoel nie. Die uitsluiting in die omskrywing is beperk tot 'n nalatige nalate, versuim of onkunde. 'Nalate', 'versuim' of 'onkunde' kan dus saamgevat word as 'nalatigheid'. Waar die optrede van die derde party of sy prokureur nalatig is, mag die regshulp nie verleen word nie. Waar die optrede van die derde party of sy prokureur redelik is, mag die regshulp verleen B word. Magubane se saak supra op 716F - 717A (obiter dictum ); Oelofse se saak supra op 891F; Coetzee se saak supra op 394D - E. Ingevolge art 24(2)(a) (ii) is dit genoeg dat daar 'spesiale omstandighede' aanwesig is nie. Die spesiale omstandighede moet van so aard wees dat daar op grond daarvan nie redelikerwys van die derde party of sy prokureur (of C werknemer aan wie volle of 'n groot mate van verantwoordelikheid opgedra is) verwag kon word om betyds te beteken nie. Die derde party of sy prokureur (of 'n werknemer aan wie volle of 'n groot mate van verantwoordelikheid opgedra is) se optrede moet krities ondersoek word in die lig van die kriterium van redelikheid. Sien weer art 24(2)(a) (ii) van die Wet. Webster se saak supra op 882G; Magubane se saak supra op D 716C, 717D; Coetzee se saak supra op 395F - G. Waar die eis verjaar het as gevolg van nalatigheid van die derde party of sy prokureur (of 'n werknemer aan wie volle of 'n groot mate van verantwoordelikheid opgedra is) is daar geen spesiale omstandighede nie en kan die Hof nie die regshulp verleen nie. Anders gestel: waar nalatigheid van die derde party of sy prokureur (of 'n werknemer aan wie volle of 'n groot mate E van verantwoordelikheid opgedra is) die verjaring van die eis veroorsaak het, is daar geen spesiale omstandighede nie en mag die Hof nie die regshulp verleen nie. Nalatigheid van die derde party of sy prokureur (of 'n werknemer aan wie volle of 'n groot mate van verantwoordelikheid opgedra is) en 'n kousale verband tussen die nalatigheid en die verjaring van die eis sluit spesiale omstandighede en regshulp dus F sonder meer uit. Indien 'n derde party of sy prokureur (of 'n werknemer van die prokureur aan wie volle of 'n groot mate van verantwoordelikheid opgedra is) nalatig is met betrekking tot die betekening van die dagvaarding kan dit kwalik gesê word dat dit nie redelikerwys van hom verwag kon word om betyds te beteken nie (sien art 24(2)(a)(ii)). Bowendien, sodanige nalatigheid word spesifiek uitgesluit deur die nuwe G omskrywing van 'spesiale omstandighede'. Magubane se saak supra op 716D, 719F; Oelofse se saak supra op 891H; Coetzee se saak supra op 395G. Die maatstaf vir skuld is die gewone wat by...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Abbass v Allianz Insurance Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co of South Africa Ltd 1977 (2) SA 499 (C) at 503D; Oelofse v Santam 1982 (3) SA 882 (A) at 890; C President Insurance Co Ltd v Retsos 1988 (1) SA 276 (A) at 284I - J; Guardian National Insurance Co Ltd v Weyers 1988 (1) SA 255 (A) at 283G - H; Fischer v Commercial Union Assurance Co of Sou......
  • Guardian National Insurance Co Ltd v Van der Westhuizen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...or ignorance'. Neglect in this section has been held to mean neglect due to negligence (see President Insurance Co Ltd v Retsos 1988 (1) SA 276 (A) at I 284I - 285A and cases there cited). Neglect in that sense by respondent's attorney would therefore not constitute special circumstances en......
2 cases
  • Abbass v Allianz Insurance Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co of South Africa Ltd 1977 (2) SA 499 (C) at 503D; Oelofse v Santam 1982 (3) SA 882 (A) at 890; C President Insurance Co Ltd v Retsos 1988 (1) SA 276 (A) at 284I - J; Guardian National Insurance Co Ltd v Weyers 1988 (1) SA 255 (A) at 283G - H; Fischer v Commercial Union Assurance Co of Sou......
  • Guardian National Insurance Co Ltd v Van der Westhuizen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...or ignorance'. Neglect in this section has been held to mean neglect due to negligence (see President Insurance Co Ltd v Retsos 1988 (1) SA 276 (A) at I 284I - 285A and cases there cited). Neglect in that sense by respondent's attorney would therefore not constitute special circumstances en......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT