Santamversekering Bpk v Makola

JurisdictionSouth Africa
JudgeMyburgh R, Coetzee R en Stegmann R
Judgment Date13 November 1984
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date08 August 1984
Citation1985 (4) SA 270 (T)

Coetzee R:

Die appellant was die versekeraar ingevolge die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 ("die Wet") D van 'n motorvoertuig wat op 21 Maart 1981 op die Swartklip-Northam pad die respondent van agter af aangery het terwyl hy 'n voetganger op die linkerkant van die pad was. Die respondent is erg beseer en het mettertyd prokureurs opdrag gegee om aksie in te stel teen die appellant. Vir redes wat ek meer volledig sal aandui is dit nie betyds gedoen nie. Hierdie aansoek is toe geloods in terme van art 24 (2) van die Wet vir E verlof om 'n eis teen appellant in te stel. Die aansoek is in die Witwatersrandse Provinsiale Afdeling toegestaan. Met verlof van die Hoofregter kom appellant nou in hoër beroep, in hierdie Hof, teen die bevel van die Hof a quo. Geriefshalwe sal ek na die respondent op appèl as die applikant verwys en na die F appellant as respondent.

Geen antwoordende verklarings is in die Hof a quo geliasseer nie. Die enigste vraag (toe en nou) is of in die ondersteunende beëdigde verklaring "spesiale omstandighede" binne die bedoeling van die Wet deur die applikant bewys is.

G Die gebeure kan as volg kronologies opgesom word.

1.

21 Maart 1981: Motorvoertuig BNC 427 T bots met die applikant as gevolg van die bestuurder daarvan se nalatigheid.

2.

Vanaf 21 Maart 1981 tot 8 Mei 1981 is applikant gehospitaliseer as gevolg van ernstige liggaamlike H beserings wat hy in die botsing opgedoen het.

3.

Op of ongeveer 21 April 1982 is die applikant uit sy werk ontslaan op grond daarvan dat hy as gevolg van sy beserings permanent ongeskik is vir werk.

4.

Vanaf ongeveer 8 Mei 1981 tot ongeveer 13 November 1981 was die applikant 'n buitepasiënt. As gevolg van die botsing het die applikant skade gely in 'n totale I bedrag wat bereken word op R125 409.

5.

Ongeveer vroeg in Februarie 1982, toe dit vir die applikant duidelik geword het dat hy sy regterarm nie meer sal kan gebruik nie aangesien die beserings daaraan permanent is, het hy sy prokureurs, mnre Matjila en Makgoatlheng van Phokeng genader en aan hulle opdrag gegee om namens hom skadevergoeding te J eis.

Coetzee R

6.

A Op 5 Februarie 1982 het die applikant deur sy prokureurs 'n brief aan die stasiebevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisie van Northam geskrywe en afskrifte van die ongeluksverslag en versekeringsteken van die voertuig versoek.

7.

Op 11 Maart 1982 het die applikant deur sy prokureurs B 'n brief aan die respondent na sy takkantoor op Rustenburg geskrywe en 'n afskrif van die assuransieverklaring in verband met die voertuig versoek en verder bevestiging gevra dat die respondent tydens die botsing op risiko was.

8.

Op 23 Maart 1982 skrywe applikant se prokureurs aan die applikant na sy posadres "Mamodimokwane Primary C School, Private Bag 354, Swartklip" om hom mee te deel dat hulle kantoor verhuis het na "Bafokeng Civil Centre, 3rd Floor, Office No 308 & 309" sedert Februarie 1982. (Applikant verduidelik dat hy hierdie brief nooit ontvang het nie alhoewel hy, totdat hy in Augustus 1982 na Atteridgeville, Pretoria, vertrek D het, gereeld elke week gegaan het om pos te gaan haal. Briewe word gewoonlik nie uitgedeel nie maar word in 'n houer gesit waaruit elkeen sy briewe uithaal.)

9.

Op 26 April 1982 het applikant se prokureurs 'n verdere brief aan die respondent na sy takkantoor op Rustenburg geskrywe aangesien geen antwoord op die E brief van 11 Maart 1982 (in para (7) hiervan na verwys) ontvang is nie en na sodanige brief verwys en die versoeke daarin vervat herhaal.

10.

10 Mei 1982 skrywe applikant se prokureurs weer 'n brief aan die applikant waarin applikant versoek is om die skrywer daarvan te gaan sien maar welke brief die applikant ook nie ontvang het nie.

11.

12 Mei 1982: Brief van Suid-Afrikaanse Polisie F insluitende plan en sleutel tot die plan in antwoord op die brief van 5 Februarie 1982 (in para 6 na verwys).

12.

Op 13 Mei 1982 skrywe applikant se prokureurs 'n derde brief aan die respondent gerig na die respondent se hoofkantoor te Kaapstad en herhaal die versoeke in die G twee vorige briewe waarop geen antwoord ontvang is nie.

13.

Op 21 Mei 1982 skrywe respondent 'n brief aan applikant se prokureurs en sê dat die saak aandag geniet.

14.

Op 3 Junie 1982 skrywe respondent 'n brief aan applikant se prokureurs met assuransieverklaring-afskrif ingesluit en waaruit blyk dat die respondent inderdaad op risiko was tydens H gesegde botsing.

15.

Op 11 Junie 1982 skrywe applikant se prokureurs weer 'n brief aan die applikant om hulle te gaan sien maar welke brief die applikant ook nie ontvang het nie. In die brief spreek die prokureurs verbasing uit dat I applikant hulle briewe nie beantwoord nie en versoek hulle hom op sy vroegste te kom om die MVA 13 vorm te teken.

16.

Ongeveer teen die einde van Julie of begin Augustus 1982, omdat die applikant niks van sy prokureurs verneem het nie, het die applikant na hulle eertydse kantore gegaan maar gevind dat hulle vertrek het. J Navrae is gedoen om vas te stel waarheen hulle is maar sonder sukses.

Coetzee R

17.

Op 5 Augustus 1982 skrywe applikant se prokureurs 'n A verdere brief aan die applikant met die versoek om hulle te gaan sien en 'n waarskuwing dat indien die applikant dit nie doen nie sy eis sal verval. Hierdie brief het die applikant ook nie ontvang nie.

18.

Ongeveer die middel van Augustus 1982 het die applikant na 'n oom van hom gegaan in Atteridgeville, Pretoria, met die doel om geld te probeer leen om van B te lewe maar nie daarin geslaag nie.

19.

Omtrent drie weke later besoek die applikant weer sy prokureurs se eertydse kantore waar hy in die nabyheid daarvan navrae gedoen het om te probeer uitvind waar hulle heen is maar kon geen inligting in hierdie C verband kry nie.

20.

Daarna is die applikant na sy moeder in Burgersfort, Lydenburg waar hy siek aangekom het en vir meer as 'n maand bedlêend was en nadat hy op die been was nog tot ongeveer Maart 1983 siek was. Daarna wou hy weer sy prokureurs gaan soek maar sy moeder het nie die geld gehad om hom te gee om soontoe te reis nie. Eers in Mei 1983 het sy hom R50 gegee met die gevolg dat hy op D of ongeveer 16 Mei 1983 die trein na Rustenburg geneem het waar hy van 'n bekende verneem het dat sy prokureurs na Bafokeng Civic Centre in Phokeng getrek het.

21.

Op 7 Februarie 1983 skrywe die applikant se prokureurs nog 'n verdere brief aan die applikant na sy eertydse posadres waarin hulle meld dat daar net 'n paar dae E oor is alvorens sy eis verjaar, welke brief die applikant ook nie ontvang het nie. In ieder geval was hy toe by sy moeder in Burgersfort, Lydenburg.

22.

Op 21 Maart 1983 het, na berekening, die twee jaar tydperk in art 24 (1) (a) van die Wet na verwys, verstryk. Sodanige eis het verjaar voordat die F applikant aan die bepalings...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • President Insurance Co Ltd v Retsos
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Versekeringsmaatskappy Bpk 1984 (1) SA 342 (T); Feni v Protea Assurance Co Ltd 1984 (2) SA 529 (K); Santamversekering Bpk v Makola 1985 (4) SA 270 (T); Coetzee v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1985 (1) SA 389 (A); National Employers D General Insurance Co Ltd v Masilo 1986 (1) SA 265 (T)......
  • Guardian National Insurance Co Ltd v Weyers
    • South Africa
    • Invalid date
    ...appellant is nie geregtig om op appèl vir die eerste keer te steun op hierdie beweerde late nie. Sien Santamversekering Bpk v Makola 1985 (4) SA 270 (T). Daar is in elk geval niks wat dui op 'n verwytbare of relevante nalate in J hierdie verband nie. Selfs al sou die 1988 (1) SA p260 A resp......
2 cases
  • President Insurance Co Ltd v Retsos
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Versekeringsmaatskappy Bpk 1984 (1) SA 342 (T); Feni v Protea Assurance Co Ltd 1984 (2) SA 529 (K); Santamversekering Bpk v Makola 1985 (4) SA 270 (T); Coetzee v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1985 (1) SA 389 (A); National Employers D General Insurance Co Ltd v Masilo 1986 (1) SA 265 (T)......
  • Guardian National Insurance Co Ltd v Weyers
    • South Africa
    • Invalid date
    ...appellant is nie geregtig om op appèl vir die eerste keer te steun op hierdie beweerde late nie. Sien Santamversekering Bpk v Makola 1985 (4) SA 270 (T). Daar is in elk geval niks wat dui op 'n verwytbare of relevante nalate in J hierdie verband nie. Selfs al sou die 1988 (1) SA p260 A resp......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT