S v Zambia

JurisdictionSouth Africa
Judgede Vos Hugo R en Jacobs R
Judgment Date18 May 1966
Citation1966 (4) SA 12 (GW)
Hearing Date18 May 1966
CourtGriqualand-West Local Division

H Jacobs, R.:

Die beskuldigde het in die landdroshof op Upington tereggestaan op 'n aanklag van oortreding van art. 19 (3) (in die klagstaat

Jacobs R

staat foutiewelik genoem art. 1963) van Wet 22 van 1913. Die bewerings in die klagstaat wat in Engels is - al die verrigtinge en die landdros se redes is egter in Afrikaans - lees as volg:

'In that the said accused did upon or about the 25th day of February, 1966, and at Upington (Ses Brugge) in the District of Gordonia, being a A person who is not entitled to enter the Republic of SA or a person deemed by the Minister in terms of para. (a) of sub-sec. (1) of sec. 4 to be either individually or as a member of a particular class of persons unsuited to the requirements of the Republic of South Africa or of any Province thereof, who is not entitled to enter any particular Province entered the Republic of South Africa or that Province and did wrongfully and unlawfully fail or neglect to appear as soon as practicable after such entry before an Immigration Officer did wrongfully and unlawfully remain in the Republic of South Africa or the B Cape Province without having obtained a permit which entitled him to remain in the Republic of S.A.'

Die beskuldigde het onskuldig gepleit maar is skuldig bevind en gevonnis tot vier maande gevangenisstraf. Die enigste getuienis vir die Staat was die van Speurdersersant Kruger wat getuig het dat hy beskuldigde gevra het vir 'n bewysboek wat beskuldigde nie kon toon en dat beskuldigde hom C meegedeel het dat hy van Zambia afkomstig is en dat hy geen magtiging kon toon om die Republiek binne te kom nie. Beskuldigde het ook gesê dat hy nie geld het om terug te keer na Zambia nie. Beskuldigde self het geen getuies geroep en wou niks sê nie.

In sy redes vir skuldigbevinding, wat op versoek verstrek is, sê die D landdros dat die Staat twee elemente moes bewys vir 'n skuldigbevinding en dit wel bewys het. Die twee elemente is, volgens die landdros, die volgende:

(a)

dat beskuldigde 'n persoon is wat nie geregtig was om die Republiek binne te kom nie; en

(b)

dat hy in die Republiek gebly het sonder permit of magtiging.

E Die landdros sê dan voorts dat beskuldigde self erken het dat hy van Zambia afkomstig is en dat hy dus 'n 'vreemdeling' is, soos omskryf deur art. 1 van Wet 7 van 1937, en ingevolge art. 2 van daardie Wet nie geregtig is om die Republiek sonder permit binne te kom nie. Die eerste element is dus bewys en, wat die tweede...

To continue reading

Request your trial
3 practice notes
  • S v Fusani
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 29 September 1970
    ...het. Hierdie getuienis ontbreek in die huidige geval. Sien S v Legone [*] (Hersieningsaak, gelewer op 13.8.70 (T)) en S v Zambia, 1966 (4) SA 12 (GW). De Villiers Art. 23 van Wet 22 van 1913, wat 'n bewyslas lê op 'n persoon wat die Republiek van Suid-Afrika of 'n provinsie binnegekom het o......
  • S v Fusani
    • South Africa
    • Invalid date
    ...het. Hierdie getuienis ontbreek in die huidige geval. Sien S v Legone [*] (Hersieningsaak, gelewer op 13.8.70 (T)) en S v Zambia, 1966 (4) SA 12 (GW). 1970 (4) SA p717 De Villiers R Art. 23 van Wet 22 van 1913, wat 'n bewyslas lê op 'n persoon wat die Republiek van Suid-Afrika of 'n provins......
  • S v George en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...335 in die Transkeise gebiede te laat geld indien die Wetgewer nie bedoel het dat sodanige statutêre vorms van die misdrywe nie by die 1966 (4) SA p12 Jacobs misdrywe wat in Deel I genoem word ingesluit moet wees nie. In Menyuka se saak, supra, word die moontlikheid ook deur BEYERS, A.R., g......
3 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT