S v Fusani

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Villiers R en Moll Wn R
Judgment Date29 September 1970
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date29 September 1970
Citation1970 (4) SA 715 (T)

De Villiers, R.:

Hierdie saak kom voor my op hiersiening. Die C beskuldigde was aangekla van 'n oortreding van art. 24 (3) gelees met art. 24 (4) van Wet 22 van 1913 soos ingevoeg deur art. 1 van Wet 30 van 1963 en art. 1 van Wet 8 van 1960, naamlik dat hy op of omtrent die 30ste dag van Julie 1970 en te Hiddendale in die distrik van Belfast, D synde 'n verbode immigrant in die Republiek van Suid-Afrika, was en dat die genoemde beskuldigde, synde 'n persoon oor die ouderdom van 16 jaar en nie geregtig is om die Republiek van Suid-Afrika te mag binnekom, wederregtelik en onwettiglik die Republiek van Suid-Afrika binnegekom het en op versoek van 'n immigrasie of gemagtigde beampte, te wete E konstabel van Wyk, nagelaat het om 'n geldige paspoort en/of visa, en/of identifikasiedokument voor te lê vir sy binnekoms of vertoef in die Republiek van Suid-Afrika. Hy is skuldig bevind en gevonnis tot vyf maande gevangenisstraf.

Die getuienis toon aan dat mnr. Adendorf, 'n inspekteur in diens van die Departement van Bantoe-administrasie en Ontwikkeling, op 30 Julie van F hierdie jaar te Hiddendale Saagmeule, distrik Belfast, die beskuldigde aangetref het. Op aanvraag het die beskuldigde aan die inspekteur 'n paspoort wat as bew. 'A' ingehandig is getoon. Volgens die paspoort is die beskuldigde beskryf as 'n burger van Malawi. Volgens Adendorf kon die beskuldigde aan hom geen dokumente toon wat hom sou magtig om in die G Republiek van Suid-Afrika te wees nie. Die beskuldigde is toe gearresteer en aan sersant van Wyk van die Suid-Afrikaanse Polisie oorhandig, van Wyk het getuig dat hy bewus was daarvan dat die beskuldigde vir die afgelope drie jaar by die saagmeule werksaam was, dat hy in hierdie tydperk die beskuldigde gespreek het en hom gevra om die nodige visa te verkry wat hom sou magtig om in die Republiek van Suid-Afrika te wees. Omdat beskuldigde nie in besit

De Villiers R

van die nodige dokumente was nie het van Wyk hom as 'n verbode immigrant beskou. In 'n onbeëdigde verklaring het die beskuldigde gesê dat sy werkgewer aan hom gesê het dat hy sy paspoort in orde sou bring.

A Vanweë die bewoording van die klagstaat is die landdros gevra of daar getuienis was dat sersant van Wyk 'n paspoortbeheerbeampte was al dan nie, en indien nie, of die skuldigbevinding in orde was. Die landdros het in sy redes aangevoer dat sersant van Wyk nie 'n paspoortbeheerbeampte is nie maar dat dit vir doeleindes van die B skuldigbevinding nie...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • S v Khoza; S v Radebe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to persons who are simply found in the Republic. This interpretation of the section finds support in the case of S. v. Fusani, 1970 (4) SA 715 (T). In my view the facts established by the evidence would not justify the Court substituting a reference to sec. 24 (3) for a C reference to sec. ......
1 cases
  • S v Khoza; S v Radebe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to persons who are simply found in the Republic. This interpretation of the section finds support in the case of S. v. Fusani, 1970 (4) SA 715 (T). In my view the facts established by the evidence would not justify the Court substituting a reference to sec. 24 (3) for a C reference to sec. ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT