S v Van Rensburg

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Vos Hugo R en Van Rhyn R
Judgment Date22 August 1968
Citation1969 (1) SA 215 (GW)
Hearing Date08 August 1968
CourtGriqualand-West Local Division

F Van Rhyn, R.:

In hierdie appèl kom die appellant in hoër beroep teen sy skuldigbevinding en vonnis in die Landdroshof op Kakamas, waar hy skuldig bevind is op 'n aanklag wat soos volg lees:

'dat voormelde beskuldigde skuldig is aan 'n oortreding van art. 158 (1) (e) gelees met arts. 149 en 162 (1) van Ord. 21 van 1966: - Deurdat op of omtrent of op die 3de dag van Mei 1968 en te Kakamas binne die Landdrosdistrik van Gordonia, die beskuldigde wederregtelik en G verkeerdelik synde die bestuurder of persoon in beheer van 'n voertuig, te wete afleweringswa CFH.191 en toe van hom vereis was om sy naam en adres en enige ander besonderhede wat vir identifikasie benodig word aan Josias Smit 'n provinsiale verkeersinspekteur in diens van die Provinsiale Administrasie te verstrek geweier het, as gevolg waarvan hy die genoemde inspekteur by die uitvoering van sy pligte gedwarsboom, gehinder of belemmer het'.

Ná skuldigbevinding is appellant soos volg gevonnis:

H 'Beboet R20 of 20 dae gevangenisstraf.'

Onder meer is die volgende gronde van appèl namens appellant voorgelê:

'(5)

Dat die klagstaat defektief is en geen misdaad openbaar nie aangesien daar nie beweer word dat die klaer, Josias Smit, 'n inspekteur van lisensies was nie.

(6)

Dat geen misdaad teen die appellant bewys is nie aangesien daar nie bewys is dat die klaer, Josias Smit, 'n inspekteur van lisensies was nie.'

Mnr. Zietsman, namens die appellant, het aangevoer dat die klagstaat onherstelbaar gebrekkig is deurdat daar geen melding gemaak word

Van Rhyn R

in die klagstaat dat Smit 'n inspekteur van lisensies is nie; en bygevoeg dat sou dit die bedoeling van die Staat gewees het om te steun op die bepalinge van art. 159 van die Ordonnansie op Padverkeer, 21 van A 1966, dan was dit noodsaaklik dat daar 'n bewering in die klagstaat moes wees dat Smit in uniform geklee was tydens sy opvraging van appellant se naam en adres. Alternatiewelik, aldus mnr. Zietsman, moes daar 'n bewering gewees het dat Smit 'n identifikasie-kaart aan appellant getoon het tydens die voorval.

Mnr. Zietsman het voorts betoog dat die onherstelbare gebrek in die klagstaat nie deur die getuienis reggestel is nie, en dat die bepalings B van art. 179 bis van die Strafproseswet, 56 van 1955, die Staat niks baat nie.

Mnr. Rossouw, namens die Staat, het aangevoer dat hy toegee dat appellant 'onder die verkeerde artikel aangekla was'. Hy het egter betoog dat art. 179 bis van die Strafproseswet van toepassing is en C verwys na die beslissing in S v Dhludhla, 1968 (1) SA 459 (N) op bl. 462.

Ek haal aan uit die betoogpunte wat deur mnr. Rossouw voorgelê is:

'1. Die onderhawige geval is onderskeibaar van S v Moloinyane, 1965 (2) SA 109 (O) en S v Khan; S v Thabeta, 1966 (1) P.H. H234, juis omdat die handeling van die appellant wat die kern is van 'n oortreding van art. 159 (1) (g) van Ord. 21 van 1966, dieselfde is as wat die kern D van 'n oortreding van art. 158 (1) (e) van die Ordonnansie uitmaak. Die klagstaat is tegnies defektief, maar dit openbaar 'n maklik herkenbare oortreding.

S v Dhludhla, supra, bl. 462B - C.

Dit word betoog dat die appellant geen benadeling sal ly indien die aanklag verander word na 'n oortreding van art. 159 (1) (g) van die Ordonnansie nie, aangesien hy nooit by sy verhoor, waar hy regsverteenwoordig was, die punt geneem het dat Smit nie 'n inspekteur E van lisensies was nie, maar 'n verkeersbeampte. Beide is bevoeg om die naam en adres van 'n persoon wat in die posisie van die appellant in hierdie saak verkeer het, te vereis en die versuim om so 'n opdrag of voorskrif uit te voer, word deur dieselfde artikel (naamlik art. 162 (1)) strafbaar gestel. Dit dien ook daarop gelet te word dat Smit se amp, hoewel verkeerdelik, wel in die klagstaat beskryf is.

Dit word voorts betoog dat, indien die punt by die verhoor geneem is, die klagstaat ingevolge art. 180 van Wet 56 van 1955 reggestel sou gewees het, en dat die klagstaat op appèl gewysig moet word.

F 2. Indien die klagstaat dan so gewysig word dat 'n oortreding van art...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • S v Brink
    • South Africa
    • Invalid date
    ...laste gelê nie en die getuienis suiwer nie die leemte aan nie, kan die skuldigbevinding nie standhou nie. Vergelyk S v Van Rensburg, 1969 (1) SA 215 (GW) op bl. 219. Bygevolg word die skuldigbevinding en vonnis DE VOS HUGO, R.P., het saamgestem. ...
  • Tupper v Tupper
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die standpunt van die Kaapse Provinsiale Afdeling voorkeur verdien. Ek het die aangeleentheid met my Kollega bespreek en op grond van 1969 (1) SA p215 De Vos Hugo die voorgaande oorwegings het ons tot die gevolgtrekking gekom dat die praktyk van die Kaapse Provinsiale Afdeling, soos uiteeng......
2 cases
  • S v Brink
    • South Africa
    • Invalid date
    ...laste gelê nie en die getuienis suiwer nie die leemte aan nie, kan die skuldigbevinding nie standhou nie. Vergelyk S v Van Rensburg, 1969 (1) SA 215 (GW) op bl. 219. Bygevolg word die skuldigbevinding en vonnis DE VOS HUGO, R.P., het saamgestem. ...
  • Tupper v Tupper
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die standpunt van die Kaapse Provinsiale Afdeling voorkeur verdien. Ek het die aangeleentheid met my Kollega bespreek en op grond van 1969 (1) SA p215 De Vos Hugo die voorgaande oorwegings het ons tot die gevolgtrekking gekom dat die praktyk van die Kaapse Provinsiale Afdeling, soos uiteeng......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT