S v Tshoko en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
Citation1988 (1) SA 139 (A)

S v Tshoko en 'n Ander
1988 (1) SA 139 (A)

1988 (1) SA p139


Citation

1988 (1) SA 139 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Grosskopf AR, Jacobs AR and Smalberger AR

Heard

September 17, 1987

Judgment

September 24, 1987

Flynote : Sleutelwoorde B

Strafproses — Appèl — Benadering van Hof waar verhoorhof foutiewe opvatting van ligging van bewyslas gehad het — Appèlhof moet steeds verhoorhof se bevindings omtrent geloofwaardigheid in ag neem. C

Headnote : Kopnota

As 'n verhoorhof 'n foutiewe opvatting van die ligging van die bewyslas gehad het, moet die Appèlhof steeds eersgenoemde se bevindings omtrent geloofwaardigheid in ag neem vir sover dié nie deur sy beskouing van die bewyslas geraak word nie om te bepaal of die party wat wel die bewyslas dra hom daarvan gekwyt het.

D

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Appeal — Approach of Court where trial court has erred in incidence of onus — Court nonetheless to take trial court's credibility findings into account.

Headnote : Kopnota

If a trial court misdirects itself as to where the onus lies, the Court of appeal must nonetheless have regard to the former court's findings E regarding credibility insofar as these are not affected by its view of the onus in order to determine whether the party who actually bore the onus has discharged such onus.

Case Information

Appèl teen die afwysing deur die Kaapse Provinsiale Afdeling (Van Heerden R en Lategan R) van 'n appèl vanaf 'n landdroshof. Die feite F blyk uit die uitspraak van Jacobs AR.

J C Marais namens die appellant het na die volgende gesag verwys: S v Ndlovu 1983 (4) 507 (ZS) te 510D - F; S v Qunta 1974 (1) SA (K) te 544; S v Mkize 1975 (1) SA 517 (A); S v Sikwane 1980 (4) SA 257 (B) te 260; S v G Ngwenya 1979 (2) SA 96 (A) te 103; S v Ndaba 1981 (3) SA 782 (N) te 786; S v Hoffmann 1978 (4) SA 61 (A); S v Botha 1970 (4) SA 407 (T); S v Fass 1980 (4) SA 102 (K); S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A); S v Batshise 1982 (1) SA 966 (A); S v Letsie 1982 (4) SA 225 (O); C W H Schmidt 1973 South African Law Journal te 333.

J de W van Vuuren namens die Staat het na die volgende gesag verwys: R H v Dhlumayo en 'n Ander 1948 (2) SA 677 (A); Van Heerden v De Kock NO en 'n Ander 1979 (3) SA 315 (OK); R v J 1966 (1) SA 88 (SRA); S v Sauls 1981 (3) SA 172 (A); S v Ngwenya 1979 (2) SA 96 (A); S v Pillay 1974 (2) SA 470 (N); R v Moyage en 'n Ander 1958 (3) SA 400 (A); S v Arenstein 1967 (3) SA 366 (A); S v Quinta 1984 (3) SA 334 (K); S v Radloff 1978 (4) SA 66 (A); R v M'Didinbu 1959 (4) SA 373 (K); S v Sikwane 1980 (4) SA 257 (B) I ; Schmidt Bewysreg 2de uitg; Miller v Minister of Pensions [1947] 2 All ER 372 (KB); Ocean Accident and Guarantee Corporation Ltd v Koch 1963 (4) SA 147 (A); S v Revill 1974 (1) SA 743 (A); S v Holder 1979 (2) SA 70 (A); R v S 1958 (3) SA 102 (A); S v Vazzie en 'n Ander 1964 (4) SA 673 (A); S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A); S v Gibson 1974 (4) SA 478 (A) J ; S v Wilson 1962 (2) SA 619 (A).

1988 (1) SA p140

A Cur adv vult.

Postea (September 24).

Judgment

Jacobs AR:

Die twee appellante (voor die verhoorhof was hulle onderskeidelik beskuldigde 1 en beskuldigde 2 en ek sal hulle weer so B noem), is in die Wynbergse landdroshof daaraan skuldig bevind dat hulle, strydig met die bepalings van art 2(a) van Wet 41 van 1977, in dagga met 'n massa van 2,197 kg handel gedryf het. Beskuldigdes is elk gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar voorwaardelik opgeskort is vir 'n tydperk van drie jaar. 'n Appèl deur beskuldigdes teen sowel die skuldigbevindings as die vonnisse is deur die Provinsiale Afdeling C Kaap die Goeie Hoop van die hand gewys asook aansoeke deur hulle om na hierdie Hof te appelleer. Verlof is egter deur hierdie Hof aan beide beskuldigdes toegestaan om teen die skuldigbevindings sowel as die opgelegde vonnisse te appelleer.

Voor die verhoorhof was dit gemene saak dat die twee beskuldigdes, wat D deur 'n prokureur verdedig was, op 16 Augustus 1984 in Militêreweg, Steenberg, in 'n Toyota bakkie gery het. Beskuldigde 1 het bestuur en beskuldigde 2 het langs haar op die voorste sitplek gesit. Die twee beskuldigdes was die enigste insittendes en daar was niks agter op die bakkie nie. Dit was verder gemene saak dat omstreeks 20h50 die aand die voertuig waarin beskuldigdes gery het by 'n padblokkade in Militêreweg E voorgekeer is en dat 'n sak met dagga met 'n massa van 2,197 kg voor in die stuurkajuit van die voertuig gevind is. Die dagga was opgemaak in pakkies wat met koerantpapier toegedraai was. Daar was 50 van die pakkies in die sak. Die beskuldigdes se verweer was dat hulle bewus was van die sak in die stuurkajuit maar dat hulle nie daarvan bewus was dat F die inhoud van die sak uit dagga bestaan het nie.

Die enigste Staatsgetuie was sersant Tidman van die Suid-Afrikaanse Polisie te Mowbray. Hy het getuig dat hy lid was van die groep polisiebeamptes wat die aand die padblokkade in Militêreweg beman het. Op 'n stadium het hy wegbeweeg van die padblokkade en ongeveer tien G meter daarvan in die middel van die pad gaan staan. Terwyl hy daar gestaan het, het hy opgemerk dat die betrokke Toyota bakkie met twee Swart dames daarin stadig deur die blokkade beweeg. Hulle is nie beveel om te stop nie - blykbaar is nie alle voertuie wat deur die blokkade beweeg het gestop nie - maar die getuie het besluit om die voertuig 'van die pad af te trek'. Hy het die nodige teken gegee en die H bestuurder het die voertuig naby waar hy gestaan het, langs die pad tot stilstand gebring. Die sersant het getuig dat hy na die bestuurder van die voertuig gestap het. Dit was beskuldigde 1. Hy het dadelik opgemerk dat beskuldigde 1 se passasier, beskuldigde 2, baie senuweeagtig voorgekom het. Volgens die getuie het sy rondgekyk (aanvanklik het hy die woord 'omgekyk' gebruik) en effens op haar sitplek rondgeskuif. Dit I het hom agterdogtig gemaak en hy het dadelik agterom die voertuig gestap na waar beskuldigde 2 gesit het. Hy het 'n flitslig by hom gehad...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • S v Francis
    • South Africa
    • Invalid date
    ...677 (A); S v Robinson and Others 1968 (1) SA 666 (A); Swain v Society of Advocates, Natal F 1973(4)SA 784 (A); S v Tshoko en 'n Ander 1988 (1) SA 139 (A); Minister van die Suid-Afrikaanse Polisie en 'n Ander v Kraatz en 'n Ander 1973 (3) SA 490 (A) at Cur adv vult. Postea (26 November 1990)......
  • S v Munonjo en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...op 163C-D; S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A) op 299C-H; Schmidt J Bewysreg 2de uitg op 33; S v Tsoko 1990 (1) SACR p363 A en 'n Ander 1988 (1) SA 139 (A) op 142H-143A; S v Mgedezi and Others 1989 (1) SA 687 (A) op 703B-F, 705E-J, 706A-B; S v Safatsa and Others 1988 (1) SA 868 (A) op 896G-89......
  • S v Ramba
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 36 (A); S v Bailey 1982 (3) SA 772 (A); S v Khoza 1982 (3) SA 1019 (A); S v Magubane 1987 (2) SA 663 (A); S v Tshoko en 'n Ander 1988 (1) SA 139 (A); S v Safatsa 1988 (1) SA J 868 (A). 1990 (2) SACR p337 Judgment F H Grosskopf AR: Die familie Klaas het in 'n sinkhuis op die plakkersdorp ......
  • S v Zakay
    • South Africa
    • Eastern Cape Division
    • 22 de outubro de 1990
    ...legal principles is in terms of the principles of our law. See, for example, Botha's case supra at 675D; S v I Tshoko en 'n Ander 1988 (1) SA 139 (A); Twigger v Starweave (Pty) Ltd 1969 (4) SA 369 (N). In the last-mentioned case Harcourt J is reported as follows at 'What, then, is the posit......
  • Request a trial to view additional results
9 cases
  • S v Francis
    • South Africa
    • Invalid date
    ...677 (A); S v Robinson and Others 1968 (1) SA 666 (A); Swain v Society of Advocates, Natal F 1973(4)SA 784 (A); S v Tshoko en 'n Ander 1988 (1) SA 139 (A); Minister van die Suid-Afrikaanse Polisie en 'n Ander v Kraatz en 'n Ander 1973 (3) SA 490 (A) at Cur adv vult. Postea (26 November 1990)......
  • S v Munonjo en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...op 163C-D; S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A) op 299C-H; Schmidt J Bewysreg 2de uitg op 33; S v Tsoko 1990 (1) SACR p363 A en 'n Ander 1988 (1) SA 139 (A) op 142H-143A; S v Mgedezi and Others 1989 (1) SA 687 (A) op 703B-F, 705E-J, 706A-B; S v Safatsa and Others 1988 (1) SA 868 (A) op 896G-89......
  • S v Ramba
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 36 (A); S v Bailey 1982 (3) SA 772 (A); S v Khoza 1982 (3) SA 1019 (A); S v Magubane 1987 (2) SA 663 (A); S v Tshoko en 'n Ander 1988 (1) SA 139 (A); S v Safatsa 1988 (1) SA J 868 (A). 1990 (2) SACR p337 Judgment F H Grosskopf AR: Die familie Klaas het in 'n sinkhuis op die plakkersdorp ......
  • S v Zakay
    • South Africa
    • Eastern Cape Division
    • 22 de outubro de 1990
    ...legal principles is in terms of the principles of our law. See, for example, Botha's case supra at 675D; S v I Tshoko en 'n Ander 1988 (1) SA 139 (A); Twigger v Starweave (Pty) Ltd 1969 (4) SA 369 (N). In the last-mentioned case Harcourt J is reported as follows at 'What, then, is the posit......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT