S v Radloff

JurisdictionSouth Africa
JudgeRabie AR, Muller AR en Joubert AR
Judgment Date30 May 1978
Citation1978 (4) SA 66 (A)
Hearing Date19 May 1978
CourtAppellate Division

Joubert AR:

Die appellant en Wellington Mzwadile Mgojeni was aangekla as beskuldigdes nrs 1 en 2 onderskeidelik in die landdroshof te Komga van oortreding van art 2 (a) van Wet 41 van 1971 deur in 3 kilogram dagga handel te gedryf het, en, in die alternatief, van oortreding van art 2 (b) van die Wet deur hierdie dagga te besit of gebruik het. Beide het onskuldig op die hoof- en alternatiewe klagte gepleit. Appellant was deur 'n prokureur verdedig terwyl beskuldigde nr 2 (Wellington Mzwadile Mgojeni) geen regsverteenwoordiger gehad het nie. Hulle is verhoor en die

Joubert AR

landdros het albei skuldig bevind op die hoofklag van handel dryf in dagga. Hulle is die verpligte minimum vonnis van vyf jaar gevangenisstraf A opgelê. Hulle het teen hul skuldigbevindings na die Oos-Kaapse Provinsiale Afdeling (KANNEMEYER en SMALBERGER RR) appelleer. By hierdie geleentheid het beskuldigde nr 2 wel 'n regsverteenwoordiger gehad. Die Provinsiale Afdeling het die appellant se appèl van die hand gewys. Met verlof van die Provinsiale Afdeling kom die appellant in hoër beroep teen sy skuldigbevinding na hierdie Hof. Wat beskuldigde nr 2 betref, het sy appèl in die mate geslaag dat die Hof a quo sy skuldigbevinding op die hoofklag B en sy opgelegde vonnis tersyde gestel het en dit vervang het met skuldigbevinding aan 'n oortreding van art 2 (b) van die Wet deur in besit van 'n klein hoeveelheid dagga te wees. Sy vonnis is verander na ses maande gevangenisstraf waarvan helfte voorwaardelik vir drie jaar opgeskort is. Beskuldigde nr 2 het nie in hoër beroep na hierdie Hof gekom nie.

Uit die getuienis van die saak blyk dit dat die appellant 'n C handelsreisiger is wat met sy werkgewer se stasiewa op 'n sakereis na die Transkei was. Toe hy op 16 Junie 1977 vanaf die Transkei terugkeer, is hy teen ongeveer 10 nm by die Kei Brug se beheerpos deur die polisie voorgekeer. Appellant was die bestuurder van die stasiewa waarin beskuldige nr 2 'n passasier was. Konstabel Oates het by die appellant en beskuldigde nr 2 agter die stasiewa gestaan om hulle dop te hou terwyl konstabel Elsdon die stasiewa deursoek het. Konstabel Elsdon het agter die bestuurder se sitplek 'n bruin papiersak gevind wat met 'n groen tou vasgemaak was. Dit het geblyk dat hierdie papiersak 3 kilogram dagga bevat het. Ek sal hierin na wys op die reaksie van die appellant en beskuldigde nr 2 toe hulle met die vonds van die 3 kilogram dagga konfronteer is. E Konstabel Elsdon het die appellant deursoek maar geen dagga aan hom gevind nie. Konstabel Oates het beskuldigde nr 2 deursoek en in die binnesak van sy baadjie 'n klein hoeveelheid dagga gevind. Konstabel Elsdon het beskuldigde nr 2 saam met hom na die polisiestasie te Komga geneem terwyl die appellant hulle op 'n kort afstand met die stasiewa gevolg het. Op 'n F latere geleentheid het konstabel Elsdon die stasiewa by die polisiestasie in die teenwoordigheid van beskuldigde nr 2 deursoek. By hierdie geleentheid het hy 'n paar ongebrande daggapitte tussen die twee voorste sitplekke van die stasiewa gevind. Tussen die regter voordeur en die bestuurder se sitplek het hy sigaret-as en 'n paar gebrande sowel as ongebrande daggapitte gevind. Beskuldigde nr 2 het ook aan hom getoon dat G daar 'n klein hoeveelheid dagga in sy aktetas was. Konstabel Elsdon het die appellant se woonstel deursoek maar geen dagga daar gevind nie.

Die Staat het gesteun op die onbetwiste feit dat die 3 kilogram dagga in die stasiewa gevind is terwyl die appellant die bestuurder van die H stasiewa was waarin beskuldigde nr 2 'n passasier was soos geblyk het uit die getuienis van konstabels Elsdon en Oates wat vir die Staat getuig het. Die Staat het ook gesteun op sommige van die vermoedens vervat in art 10 van die Wet wat daarop gerig is om in sekere gevalle die Staat te help om hom van sy bewyslas te kwyt om skuldigbevindings te verkry deur die bewyslas gedeeltelik ligter te maak. Ek sal hierin na dit behandel. Wat die verdediging betref, is dit duidelik uit die getuienis van appellant en beskuldigde nr 2 dat hulle mekaar oor en weer blameer het vir die aanwesigheid van die papiersak dagga in die stasiewa. Die strekking van die appellant

Joubert AR

se getuienis was dat hy geen kennis van die aanwesigheid van die papiersak dagga in die stasiewa gehad het nie. Daarenteen het beskuldigde nr 2 getuig dat die appellant die papiersak dagga in die Transkei gekoop het.

A Die appellant het getuig dat hy as 'n handelsreisiger met sy werkgewer se stasiewa op Maandag 13 Junie 1977 na die Transkei gegaan het. In Lusikisiki het hy vir beskuldigde nr 2 vir wie hy reeds sedert Oktober 1976 ken, teengekom. Hy het beskuldigde nr 2 gehuur om hom behulpsaam te wees om sy monsterhouers van en na die stasiewa te dra wanneer hy winkels B vir besigheidsdoeleindes besoek. Wanneer hy by 'n hotel oornag moes beskuldigde nr 2 sy persoonlike bagasie van en na die stasiewa dra. Dit was ook beskuldigde nr 2 se taak om die stasiewa skoon te maak. Toe hy op die punt staan om huiswaarts te keer, het beskuldigde nr 2 hom versoek om hom saam na Oos-Londen te neem om vir hom te werk. Hy het ingestem. Hulle C het toe aangedoen by die plek waar beskuldigde nr 2 gewoon het om sy persoonlike besittings op te laai. Hy het vir oefening 'n entjie op en af D gestap terwyl beskuldigde nr 2 besig was om sy persoonlike besittings bymekaar te maak en op die agterste sitplek van die stasiewa te laai. Sonder om die inhoud van beskuldigde nr 2 se persoonlike besittings na te gaan, het hy gesien dat beskuldigde nr 2 twee aktetasse, 'n reisdeken en ander voorwerpe in die stasiewa gelaai het. Die reisdeken het op die agterste sitplek gelê. Hy het nie die bruin papiersak dagga wat beskuldigde nr 2 moes...

To continue reading

Request your trial
21 practice notes
  • S v Tshoko en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 470 (N); R v Moyage en 'n Ander 1958 (3) SA 400 (A); S v Arenstein 1967 (3) SA 366 (A); S v Quinta 1984 (3) SA 334 (K); S v Radloff 1978 (4) SA 66 (A); R v M'Didinbu 1959 (4) SA 373 (K); S v Sikwane 1980 (4) SA 257 (B) I ; Schmidt Bewysreg 2de uitg; Miller v Minister of Pensions [1947] 2......
  • S v Jacobs
    • South Africa
    • Invalid date
    ...ingegaan nie. Die voorvereistes vir die inwerkingtreding van die tweede en derde vermoedens was ter sprake in S v Radloff 1978 (4) SA 66 (A) op 71 - 2. Wat die tweede vermoede betref, is beslis E 'die Staat bo redelike twyfel die voorgeskrewe feitegrondslag (moet) bewys, nl dat die appellan......
  • S v Bhulwana; S v Gwadiso
    • South Africa
    • Invalid date
    ...((1995) (2) SACR 1; 1995 (6) BCLR 665) S v Mhlungu and Others 1995 (3) SA 867 (CC) (1995 (2) SACR 277; 1995 (7) BCLR 793) S v Radloff 1978 (4) SA 66 (A) G S v Sixaxeni 1994 (3) SA 733 (C) (1994 (2) SACR 451; 1994 (3) BCLR S v Williams and Others 1995 (3) SA 632 (CC) (1995 (2) SACR 251; 1995......
  • Gulyas v Minister of Law and Order
    • South Africa
    • Invalid date
    ...seat of the car where accused sat (S v Mulligan and Another 1975 (2) SA 111 (N) at 116H - 117B); (c) and behind the seat (S v Radloff 1978 (4) SA 66 (A) at (d) in the loft of accused's house (S v Cronje 1976 (2) SA 62 (C)); (e) on a rack in a train compartment above accused's head (S v B Mo......
  • Request a trial to view additional results
21 cases
  • S v Tshoko en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 470 (N); R v Moyage en 'n Ander 1958 (3) SA 400 (A); S v Arenstein 1967 (3) SA 366 (A); S v Quinta 1984 (3) SA 334 (K); S v Radloff 1978 (4) SA 66 (A); R v M'Didinbu 1959 (4) SA 373 (K); S v Sikwane 1980 (4) SA 257 (B) I ; Schmidt Bewysreg 2de uitg; Miller v Minister of Pensions [1947] 2......
  • S v Jacobs
    • South Africa
    • Invalid date
    ...ingegaan nie. Die voorvereistes vir die inwerkingtreding van die tweede en derde vermoedens was ter sprake in S v Radloff 1978 (4) SA 66 (A) op 71 - 2. Wat die tweede vermoede betref, is beslis E 'die Staat bo redelike twyfel die voorgeskrewe feitegrondslag (moet) bewys, nl dat die appellan......
  • S v Bhulwana; S v Gwadiso
    • South Africa
    • Invalid date
    ...((1995) (2) SACR 1; 1995 (6) BCLR 665) S v Mhlungu and Others 1995 (3) SA 867 (CC) (1995 (2) SACR 277; 1995 (7) BCLR 793) S v Radloff 1978 (4) SA 66 (A) G S v Sixaxeni 1994 (3) SA 733 (C) (1994 (2) SACR 451; 1994 (3) BCLR S v Williams and Others 1995 (3) SA 632 (CC) (1995 (2) SACR 251; 1995......
  • Gulyas v Minister of Law and Order
    • South Africa
    • Invalid date
    ...seat of the car where accused sat (S v Mulligan and Another 1975 (2) SA 111 (N) at 116H - 117B); (c) and behind the seat (S v Radloff 1978 (4) SA 66 (A) at (d) in the loft of accused's house (S v Cronje 1976 (2) SA 62 (C)); (e) on a rack in a train compartment above accused's head (S v B Mo......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT